Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog gesels
Nog gesels [boodskap #10368] Sa, 16 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo,
Alweer ekke.

Vanoggend wakker geword om na rugbywedstryd te kyk.
Windstil.
Nie eers koud nie.
Geen verkeer.
Net die geraas van die voëls buite in die bome.
Ek was nie op 'n plaas nie.
Ek was in Kaapstad.

Snaaks, dit was wat ek altyd die eerste gemis het wanneer ek
oorsee gereis het. Mens het nooit die voëls gehoor nie.

-
ann...@fast.co.za
Rooiwyn liefhebber ( en ly vandag na gisteraand)
.
Re: Nog gesels [boodskap #10403 is 'n antwoord op boodskap #10368] Di, 19 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 16 Aug 1997 15:23:19 GMT, "AM de Lange" wrote:

25 mense wat dit oorleef het.>>[/color]

At, dis seriously impressive!! (Rerig)
Was dit seer?
Hoe lank het dit gehou?
Waar het jy dit gekry?
Hoe is dis gediagnoseer?
Het jy self gevoel daar is iets ernstigs verkeerd?
Wat is die eerste simptome?
Was jy afgesonder?
Het jy iets oorgehou?
Is die jig 'n gevolg daarvan?

>>

Nou kry ek jou jammer. Sonder wyn kan ek leef, maar as ek nie tamaties
kan eet nie, sal ek altyd van tyd tot tyd lus word daarvan.
Lekker tamaties is soos perskes.
Re: Nog gesels [boodskap #10404 is 'n antwoord op boodskap #10368] Di, 19 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Annette wrote:
> Snaaks, dit was wat ek altyd die eerste gemis het wanneer ek
> oorsee gereis het. Mens het nooit die voëls gehoor nie.

Ek mis die Piet-my vrou net voor die ree"n en die wonderlike duette van
die bokmakieries.

Die Kanadese dink altyd dat hulle vier seisoene het en dat mense wat nie
sneeu kry nie dus nie regtig 'n winter het nie, maar die blommetjies
is piepklein hier en as mens nie mooi kyk nie dan kyk mens die lente
skoon mis.

Griet
Vorige onderwerp: Oorlewing van Afrikaans
Volgende onderwerp: Re: NEW PAPER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 18:31:47 MGT 2024