Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regstellende aksie: Naakte rassisme?
Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103560] Do, 02 Junie 2005 10:46 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
'n Interessante storie het in ons pers verskyn die afgelope week met die
skrywer wat vra of regstellende aksie werklik in sy doel dien? Wat is die
doel van regstellende aksie? Dis mos om mense wat benadeel is deur die
onregverdighede van die verlede, nou 'n kans te gee om in te haal. Logies
sou dit beteken dat daar soort van 'n ondersoek moet wees in elke geval om
die meriete van die betrokke geval se 'benadeling' te bepaal en om hom dan
te help. Velkleur behoort nie 'n faktor te wees nie........AS mens die
gehanna-hanna van die politici wil glo. Dis dan mos nou demokrasie en alle
mense is gelyk. Daar bestaan nie meer iets soos rasseskeiding of
onderskeiding nie. Maar wat gebeur in werklikheid? As jou vel swart is,
kwalifiseer jy outomaties vir regstellende aksie en as jou vel wit is, kan
jy NOOIT kwalifiseer daarvoor nie. Die in die middel met bruinvelle, moet
maar hoop die swart mense is hulle genadig.
Nou wat is dit anders as rassisme? Dit waarteen die bevrydingsgroepe
gewerk het, is hulle besig om presies net weer so toe te pas! Wat is dit
anders as wraak? Ek gee nie om dat dit wraak is nie, maar dan moet die
mense nie hoogheilig alle soorte van mooi name daarvoor gee nie. Apartheid
is 'alive en well' dis nog net die amptelike erkenning daarvan wat nog kort!
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103561 is 'n antwoord op boodskap #103560] Do, 02 Junie 2005 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Laat my dink aan "what goes around comes around"...

"Suidwester" skryf in boodskap news:pqSdneznfJi4eQPfRVn-3Q@is.co.za...
> 'n Interessante storie het in ons pers verskyn die afgelope week met die
> skrywer wat vra of regstellende aksie werklik in sy doel dien? Wat is
> die doel van regstellende aksie? Dis mos om mense wat benadeel is deur
> die onregverdighede van die verlede, nou 'n kans te gee om in te haal.
> Logies sou dit beteken dat daar soort van 'n ondersoek moet wees in elke
> geval om die meriete van die betrokke geval se 'benadeling' te bepaal en
> om hom dan te help. Velkleur behoort nie 'n faktor te wees nie........AS
> mens die gehanna-hanna van die politici wil glo. Dis dan mos nou
> demokrasie en alle mense is gelyk. Daar bestaan nie meer iets soos
> rasseskeiding of onderskeiding nie. Maar wat gebeur in werklikheid? As
> jou vel swart is, kwalifiseer jy outomaties vir regstellende aksie en as
> jou vel wit is, kan jy NOOIT kwalifiseer daarvoor nie. Die in die middel
> met bruinvelle, moet maar hoop die swart mense is hulle genadig.
> Nou wat is dit anders as rassisme? Dit waarteen die bevrydingsgroepe
> gewerk het, is hulle besig om presies net weer so toe te pas! Wat is dit
> anders as wraak? Ek gee nie om dat dit wraak is nie, maar dan moet die
> mense nie hoogheilig alle soorte van mooi name daarvoor gee nie.
> Apartheid is 'alive en well' dis nog net die amptelike erkenning daarvan
> wat nog kort!
>
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103563 is 'n antwoord op boodskap #103561] Do, 02 Junie 2005 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Apartheid is 'alive en well' dis nog net die amptelike erkenning daarvan
>> wat nog kort!"

So in die ou regime was apartheid net 'n ander naam vir regstellende aksie?
Wat het hulle toe reg gestel, om Apartheid in te stel?

"Deneile" skryf in boodskap news:d7mpk5$ng8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Laat my dink aan "what goes around comes around"...
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:pqSdneznfJi4eQPfRVn-3Q@is.co.za...
>> 'n Interessante storie het in ons pers verskyn die afgelope week met die
>> skrywer wat vra of regstellende aksie werklik in sy doel dien? Wat is
>> die doel van regstellende aksie? Dis mos om mense wat benadeel is deur
>> die onregverdighede van die verlede, nou 'n kans te gee om in te haal.
>> Logies sou dit beteken dat daar soort van 'n ondersoek moet wees in elke
>> geval om die meriete van die betrokke geval se 'benadeling' te bepaal en
>> om hom dan te help. Velkleur behoort nie 'n faktor te wees
>> nie........AS mens die gehanna-hanna van die politici wil glo. Dis dan
>> mos nou demokrasie en alle mense is gelyk. Daar bestaan nie meer iets
>> soos rasseskeiding of onderskeiding nie. Maar wat gebeur in
>> werklikheid? As jou vel swart is, kwalifiseer jy outomaties vir
>> regstellende aksie en as jou vel wit is, kan jy NOOIT kwalifiseer
>> daarvoor nie. Die in die middel met bruinvelle, moet maar hoop die
>> swart mense is hulle genadig.
>> Nou wat is dit anders as rassisme? Dit waarteen die bevrydingsgroepe
>> gewerk het, is hulle besig om presies net weer so toe te pas! Wat is
>> dit anders as wraak? Ek gee nie om dat dit wraak is nie, maar dan moet
>> die mense nie hoogheilig alle soorte van mooi name daarvoor gee nie.
>> Apartheid is 'alive en well' dis nog net die amptelike erkenning daarvan
>> wat nog kort!

>
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103564 is 'n antwoord op boodskap #103563] Do, 02 Junie 2005 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Eenvoudig. 'n Minderheid wat wil vorentoe en 'n meerderheid wat nie wil
vorentoe nie. Kom die jare toe kom die probleem dat die lakse meerderheid
eenvoudig die minderheid se vrug van werk net so gaan oorvat en beheer
daaroor uitoefen. Apartheid was die resultaat van 'n poging om 'n
oplossing vir die probleem te vind. Jy moet een ding onthou. Die verskil
tussen toe en nou, was dat toe is werk gereserveer vir blankes, maar dit was
hoofsaaklik voldoende gekwalifiseerde blankes. Nou is die probleem dat
bevoegde mense vervang word met onbevoegde mense. Wie ly daaronder? Die
hele land. Dit is die werklikheid.

"Deneile" skryf in boodskap news:d7mpv1$nri$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "Apartheid is 'alive en well' dis nog net die amptelike erkenning daarvan
>>> wat nog kort!"
>
> So in die ou regime was apartheid net 'n ander naam vir regstellende
> aksie? Wat het hulle toe reg gestel, om Apartheid in te stel?
>
>
>
> "Deneile" wrote in message
> news:d7mpk5$ng8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Laat my dink aan "what goes around comes around"...


>> "Suidwester" wrote in message
>> news:pqSdneznfJi4eQPfRVn-3Q@is.co.za...
>>> 'n Interessante storie het in ons pers verskyn die afgelope week met die
>>> skrywer wat vra of regstellende aksie werklik in sy doel dien? Wat is
>>> die doel van regstellende aksie? Dis mos om mense wat benadeel is deur
>>> die onregverdighede van die verlede, nou 'n kans te gee om in te haal.
>>> Logies sou dit beteken dat daar soort van 'n ondersoek moet wees in elke
>>> geval om die meriete van die betrokke geval se 'benadeling' te bepaal en
>>> om hom dan te help. Velkleur behoort nie 'n faktor te wees
>>> nie........AS mens die gehanna-hanna van die politici wil glo. Dis dan
>>> mos nou demokrasie en alle mense is gelyk. Daar bestaan nie meer iets
>>> soos rasseskeiding of onderskeiding nie. Maar wat gebeur in
>>> werklikheid? As jou vel swart is, kwalifiseer jy outomaties vir
>>> regstellende aksie en as jou vel wit is, kan jy NOOIT kwalifiseer
>>> daarvoor nie. Die in die middel met bruinvelle, moet maar hoop die
>>> swart mense is hulle genadig.
>>> Nou wat is dit anders as rassisme? Dit waarteen die
>>> bevrydingsgroepe gewerk het, is hulle besig om presies net weer so toe
>>> te pas! Wat is dit anders as wraak? Ek gee nie om dat dit wraak is
>>> nie, maar dan moet die mense nie hoogheilig alle soorte van mooi name
>>> daarvoor gee nie. Apartheid is 'alive en well' dis nog net die amptelike
>>> erkenning daarvan wat nog kort!
>


>
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103567 is 'n antwoord op boodskap #103564] Do, 02 Junie 2005 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Let wel daar is baie swart mense wat besig om te excel op akademiese vlakke
wat hulself meer as net 'n matriek sertifikaat wil eien. Kyk maar wie bel in
op Liberty learning channel, kyk na jou tersiere opvoedkundige instansies en
kyk hoeveel jong swart mense onder begin in maatskappye, groot getalle
swartes is besig om die stigma te verbreek...dat hulle daar in 'n top pos is
omdat hy of sy swart is.. Daar is 'n honger vir leer en om te leer onder
swart mense. Daar is ouens wat regtig probeer om bo uit te kom deur hard te
werk en nie van handouts te lewe nie. Soos moenie te gou almal afmaak as
laks, wil nie werkers/leerders wat op die wit man wag vir 'n handout of
regstellende aksie nie.

So destyds was werk gereserveer vir voldoende gekwalifiseerde blankes?...kom
nou dit was soos dit nou is. Wie weet of Jannie werklik so oop kop was? Dit
is dan sy pa of oom, (of pa was bestuurder) se besigheid so pappa of oom sal
voorsien! Wit het vir wit voorgetrek en nou trek swart vir swart voor.

"Suidwester" skryf in boodskap news:Uqidnbsd1bTZlgLfRVn-2Q@is.co.za...
> Eenvoudig. 'n Minderheid wat wil vorentoe en 'n meerderheid wat nie wil
> vorentoe nie. Kom die jare toe kom die probleem dat die lakse
> meerderheid eenvoudig die minderheid se vrug van werk net so gaan oorvat
> en beheer daaroor uitoefen. Apartheid was die resultaat van 'n poging om
> 'n oplossing vir die probleem te vind. Jy moet een ding onthou. Die
> verskil tussen toe en nou, was dat toe is werk gereserveer vir blankes,
> maar dit was hoofsaaklik voldoende gekwalifiseerde blankes. Nou is die
> probleem dat bevoegde mense vervang word met onbevoegde mense. Wie ly
> daaronder? Die hele land. Dit is die werklikheid.
> "Deneile" wrote in message
> news:d7mpv1$nri$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> "Apartheid is 'alive en well' dis nog net die amptelike erkenning daarvan
>>>> wat nog kort!"

>> So in die ou regime was apartheid net 'n ander naam vir regstellende
>> aksie? Wat het hulle toe reg gestel, om Apartheid in te stel?



>> "Deneile" wrote in message
>> news:d7mpk5$ng8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Laat my dink aan "what goes around comes around"...
>
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:pqSdneznfJi4eQPfRVn-3Q@is.co.za...
>>>> 'n Interessante storie het in ons pers verskyn die afgelope week met
>>>> die skrywer wat vra of regstellende aksie werklik in sy doel dien?
>>>> Wat is die doel van regstellende aksie? Dis mos om mense wat benadeel
>>>> is deur die onregverdighede van die verlede, nou 'n kans te gee om in
>>>> te haal. Logies sou dit beteken dat daar soort van 'n ondersoek moet
>>>> wees in elke geval om die meriete van die betrokke geval se
>>>> 'benadeling' te bepaal en om hom dan te help. Velkleur behoort nie 'n
>>>> faktor te wees nie........AS mens die gehanna-hanna van die politici
>>>> wil glo. Dis dan mos nou demokrasie en alle mense is gelyk. Daar
>>>> bestaan nie meer iets soos rasseskeiding of onderskeiding nie. Maar
>>>> wat gebeur in werklikheid? As jou vel swart is, kwalifiseer jy
>>>> outomaties vir regstellende aksie en as jou vel wit is, kan jy NOOIT
>>>> kwalifiseer daarvoor nie. Die in die middel met bruinvelle, moet maar
>>>> hoop die swart mense is hulle genadig.
>>>> Nou wat is dit anders as rassisme? Dit waarteen die
>>>> bevrydingsgroepe gewerk het, is hulle besig om presies net weer so toe
>>>> te pas! Wat is dit anders as wraak? Ek gee nie om dat dit wraak is
>>>> nie, maar dan moet die mense nie hoogheilig alle soorte van mooi name
>>>> daarvoor gee nie. Apartheid is 'alive en well' dis nog net die
>>>> amptelike erkenning daarvan wat nog kort!
>>
>
>


>
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103569 is 'n antwoord op boodskap #103564] Do, 02 Junie 2005 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Jy moet een ding onthou. Die verskil
> tussen toe en nou, was dat toe is werk gereserveer vir blankes, maar dit was
> hoofsaaklik voldoende gekwalifiseerde blankes.

Bog. Wil jy hê ek moet weer vir jou vertel
van die klompe wit Afrikaners wat ingetrek
het in poste in byvoorbeeld Bantoe-Onderwys
waarvoor hulle minimaal bevoeg was, maar
wel die poste te gekry het omdat hulle iemand
"geken" het?

Gloudina
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103570 is 'n antwoord op boodskap #103567] Do, 02 Junie 2005 15:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het NOOIT gesê dat daar nie swart mense is wat uitstyg bo die gemiddelde
nie. Jy moet egter nie die privaatsektor en die staat met mekaar vergelyk
nie. In die privaatsektor is prestasie gekoppel aan wins en sal dooie hout
vinnig sy gat sien, swart of wit. In die staatsdiens is dit egter 'n ander
storie en die gevolge kan gesien word in die wanbestuur wat aan die orde van
die dag is. Ek het ook gesê dat ek persoonlik nie n probleem met
regstellende aksie nie, want ek werk vir myself en die gevolge van
regstellende aksie en onbevoegde mense wat verkeerde besluite neem, maak dat
ons veel meer geld maak. Kundiges wat laat loop is weens regstellende
aksie, word in baie gevalle weer op kontrak gebruik en hulle maak 10 tot 20
keer meer hulle ou salarisse om die werk te kom doen wat hulle voorheen
gedoen het. Hoekom sal ons kla? Ek redeneer oor die beginsel van die
saak en skynheilige mense wat nie 'n feit in die oog kan staar nie.

"Deneile" skryf in boodskap news:d7n4eb$c3p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Let wel daar is baie swart mense wat besig om te excel op akademiese
> vlakke wat hulself meer as net 'n matriek sertifikaat wil eien. Kyk maar
> wie bel in op Liberty learning channel, kyk na jou tersiere opvoedkundige
> instansies en kyk hoeveel jong swart mense onder begin in maatskappye,
> groot getalle swartes is besig om die stigma te verbreek...dat hulle daar
> in 'n top pos is omdat hy of sy swart is.. Daar is 'n honger vir leer en
> om te leer onder swart mense. Daar is ouens wat regtig probeer om bo uit
> te kom deur hard te werk en nie van handouts te lewe nie. Soos moenie te
> gou almal afmaak as laks, wil nie werkers/leerders wat op die wit man wag
> vir 'n handout of regstellende aksie nie.
>
> So destyds was werk gereserveer vir voldoende gekwalifiseerde
> blankes?...kom nou dit was soos dit nou is. Wie weet of Jannie werklik so
> oop kop was? Dit is dan sy pa of oom, (of pa was bestuurder) se besigheid
> so pappa of oom sal voorsien! Wit het vir wit voorgetrek en nou trek swart
> vir swart voor.
>
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:Uqidnbsd1bTZlgLfRVn-2Q@is.co.za...
>> Eenvoudig. 'n Minderheid wat wil vorentoe en 'n meerderheid wat nie wil
>> vorentoe nie. Kom die jare toe kom die probleem dat die lakse
>> meerderheid eenvoudig die minderheid se vrug van werk net so gaan oorvat
>> en beheer daaroor uitoefen. Apartheid was die resultaat van 'n poging
>> om 'n oplossing vir die probleem te vind. Jy moet een ding onthou.
>> Die verskil tussen toe en nou, was dat toe is werk gereserveer vir
>> blankes, maar dit was hoofsaaklik voldoende gekwalifiseerde blankes.
>> Nou is die probleem dat bevoegde mense vervang word met onbevoegde mense.
>> Wie ly daaronder? Die hele land. Dit is die werklikheid.
>> "Deneile" wrote in message
>> news:d7mpv1$nri$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> "Apartheid is 'alive en well' dis nog net die amptelike erkenning
>>> daarvan
>>>> > wat nog kort!"
>
>>> So in die ou regime was apartheid net 'n ander naam vir regstellende
>>> aksie? Wat het hulle toe reg gestel, om Apartheid in te stel?
>
>
>
>>> "Deneile" wrote in message
>>> news:d7mpk5$ng8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Laat my dink aan "what goes around comes around"...
>>
>>
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:pqSdneznfJi4eQPfRVn-3Q@is.co.za...
>>>> > 'n Interessante storie het in ons pers verskyn die afgelope week met
>>>> > die skrywer wat vra of regstellende aksie werklik in sy doel dien? Wat
>>>> > is die doel van regstellende aksie? Dis mos om mense wat benadeel is
>>>> > deur die onregverdighede van die verlede, nou 'n kans te gee om in te
>>>> > haal. Logies sou dit beteken dat daar soort van 'n ondersoek moet wees
>>>> > in elke geval om die meriete van die betrokke geval se 'benadeling' te
>>>> > bepaal en om hom dan te help. Velkleur behoort nie 'n faktor te wees
>>>> > nie........AS mens die gehanna-hanna van die politici wil glo. Dis
>>>> > dan mos nou demokrasie en alle mense is gelyk. Daar bestaan nie meer
>>>> > iets soos rasseskeiding of onderskeiding nie. Maar wat gebeur in
>>>> > werklikheid? As jou vel swart is, kwalifiseer jy outomaties vir
>>>> > regstellende aksie en as jou vel wit is, kan jy NOOIT kwalifiseer
>>>> > daarvoor nie. Die in die middel met bruinvelle, moet maar hoop die
>>>> > swart mense is hulle genadig.
>>>> > Nou wat is dit anders as rassisme? Dit waarteen die
>>>> > bevrydingsgroepe gewerk het, is hulle besig om presies net weer so toe
>>>> > te pas! Wat is dit anders as wraak? Ek gee nie om dat dit wraak is
>>>> > nie, maar dan moet die mense nie hoogheilig alle soorte van mooi name
>>>> > daarvoor gee nie. Apartheid is 'alive en well' dis nog net die
>>>> > amptelike erkenning daarvan wat nog kort!
>>>
>>
>
>


>
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103571 is 'n antwoord op boodskap #103569] Do, 02 Junie 2005 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, jy is soos 'n ou 78-plaat wat uitgespeel is en op een tema vashaak.
Ek het 'n direkte familielid wat vir jare self in die swart onderwys was en
vir meeste van die swart Swapo-leiers van vandag op skool gehad het. Wat
ek wel weet, is dat weinig van die swart onderwysers in die jare vyftig tot
sestig gegradueerde was, of selfs 'n diploma gehad het....dis nou behalwe
die twee jaar diploma wat hulle by 'n plaaslike onderwyskollege kon doen.
Meeste blanke onderwysers wat ek geken het, was gegradueerd. Ek stry nie
oor die feit dat die blankes voorgetrek is nie! Dit is 'n feit, maar my
redenasie gaan oor die algemeen.....

"@rogers.com" skryf in boodskap news:hbGdnbeqqeP0vwLfRVn-2A@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Jy moet een ding onthou. Die verskil
>> tussen toe en nou, was dat toe is werk gereserveer vir blankes, maar dit
> was
>> hoofsaaklik voldoende gekwalifiseerde blankes.
>
> Bog. Wil jy hê ek moet weer vir jou vertel
> van die klompe wit Afrikaners wat ingetrek
> het in poste in byvoorbeeld Bantoe-Onderwys
> waarvoor hulle minimaal bevoeg was, maar
> wel die poste te gekry het omdat hulle iemand
> "geken" het?
>
> Gloudina
>
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103572 is 'n antwoord op boodskap #103571] Do, 02 Junie 2005 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Wat
> ek wel weet, is dat weinig van die swart onderwysers in die jare vyftig tot
> sestig gegradueerde was, of selfs 'n diploma gehad het....dis nou behalwe
> die twee jaar diploma wat hulle by 'n plaaslike onderwyskollege kon doen.
> Meeste blanke onderwysers wat ek geken het, was gegradueerd.

Meeste blanke onderwysers wat vir blanke laerskool-
kinders in die jare vytig en sestig skoolgehou het, het
ook nie grade gehad nie. Hulle het na Opleidings-
kolleges gegaan en hulle onderwysdiploma behaal.
Hoërskoolonderwysers het wel grade gehad. Wit en
swart. Jy moet onthou dat swart studente na Kaapstad
en Wits kon gaan en grade kry voor 1948, en daarna
kon hulle dit behaal by Fort Hare.
Toe "Bantoe-Onderwys" vir Adams College oor-
geneem het, toe kom daar skielik 'n klomp ou omies
klasgee, wat ook nie grade gehad het nie. Ook omdat
hulle iemand "geken" het.

Gloudina
Re: Regstellende aksie: Naakte rassisme? [boodskap #103587 is 'n antwoord op boodskap #103572] Vr, 03 Junie 2005 06:59 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:yP-dnbDQTN6D3ALfRVn-2Q@rogers.com...
> Meeste blanke onderwysers wat vir blanke laerskool-
> kinders in die jare vytig en sestig skoolgehou het, het
> ook nie grade gehad nie. Hulle het na Opleidings-
> kolleges gegaan en hulle onderwysdiploma behaal.
-----Jy is reg, want 'n laerskoolonderwyser het nie 'n graad nodig nie. 'n
Graad is ook nie 'n rigtingwyser na die hemel nie en is tog maar slegs 'n
verwysingsagtergrond vir sy draer. Nêrens in laerskoolonderwys is dié
verwysing eintlik nodig nie. Die met grade in die laerskole, is gewoonlik
die hoofde en onder-hoofde. Kyk jy egter na wit en swart, dan was die
blanke onderwysers in laerskole mense met matriek en toe 'n onderwysdiploma
by 'n onderwyskollege. Baie van die swart onderwysers het direk na 'n
skool gegaan waar, as hulle skool klaargemaak het, was hulle gekwalifiseer
om onderwyser ook te wees. Veral op die platteland waar swart ouers hul
kinders nie veel langer as 4 jaar toegelaat het om skool te gaan nie. Dan
moet hulle werk en geld verdien om al die monde te voed.
> Hoërskoolonderwysers het wel grade gehad. Wit en
> swart. Jy moet onthou dat swart studente na Kaapstad
> en Wits kon gaan en grade kry voor 1948, en daarna
> kon hulle dit behaal by Fort Hare.
----En hier dag ek jy reken nog al die tyd dat die swart mense nie hoër
opvoedingsgeleenthede gehad het nie!
> Toe "Bantoe-Onderwys" vir Adams College oor-
> geneem het, toe kom daar skielik 'n klomp ou omies
> klasgee, wat ook nie grade gehad het nie. Ook omdat
> hulle iemand "geken" het.
-----Hier wil ek net vir jou een ding sê, en dit is dat jy tipies
staatsamptenaar te veel waarde heg aan 'gegradueerd' wees. 'n Onderwyser,
'n suksesvolle een, het g'n graad nodig nie. Hy het 'n passie vir onderwys
nodig as die hoofbestanddeel. Ek het 'n wiskundeonderwyser geken wat
Standerd 8 wiskunde gegee het en self op skool nie matriekwiskunde kon slaag
nie. Tog het hy 'n begrip gehad van wat dit vir 'n kind moeilik maak om
wiskunde te begryp en hy het dit verwerk en so goed klas gegee dat hy die
meeste onderskeidings in wiskunde 'losgeboer' het tussen al die
gegradueerdes. Daarteenoor was daar mense met meestersgrade wat nie hul
kennis kon oordra nie. Ek sou reken 'n suksesvolle onderwyser is 90%
aanbieding en net 10% kwalifikasies.
Snaaks genoeg is dit in besigheid ook so! As ek 'n ou moet aanstel,
kyk ek eers na sy ondervinding voor ek na sy kwalifikasies. Wat help dit
hy 'n doktor en hy kan nie die basiese dinge reg doen nie? Daarom, miskien
het jou 'ou omies' dalk jare se ondervinding gehad?
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Ek hoor
Volgende onderwerp: Waar is die dae?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 05:36:13 MGT 2024