Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die week in die RSA ...
Die week in die RSA ... [boodskap #103444] So, 29 Mei 2005 14:42 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Drie gebeure, van mindere belang het in die afgelope week plaasgevind:

1. 'n Aansoek om die (tot nou toe) hoofstad se naam van Pretoria na
Tswhane te verander is "eenparig" deur die pleknaam kommissie (of so iets)
te aanvaar. (Dienstegelde deur die Pretoria/Tswhane belastingbetalers word
aansienlik verhoog - seker om o.a. die advertensieveldtog wat die
registrasie vooraf gegaan is te borg.)

2. 'n Linkse weekblak (Mail & Guardian) is deur die Hoërhof in
Johannesburg gemuilband om inligting te publiseer waarvolgens 'n
staatsinstelling PetroSA (voorheen Mossgas) miljoene aan 'n swart
bemagtigingsinstansie (Imvume) betaal is en dat Imvume die fondse na die ANC
se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
wêreld sou die regering reeds bedank het.)

3. Daar is besluit dat die slaagsyfer vir matriek eersdaags na 33%
verlaag word. (Ons beweeg nader aan die "pass one, pass all" slagspreuk.)

Nog 'n gebeurtelose week in Suid-Afrika.

O ja, hondemis is by Gatsha Buthelezi (IVP leier) se sitplek in die
parlement geplaas.
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103451 is 'n antwoord op boodskap #103444] So, 29 Mei 2005 18:18 Na vorige boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:d7cpa2$ckr$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi Annette - die regte spelling is bepaald Tshwane - ek het dit doelbewus
> gedoen om reaksie te toets.
> Ek was daaro op kerkplein om saam teen die naamsverandering te betoog. Dit
> was heel interessant gewees. Daar was 'n paar manne in kakie wat die
> vierkleur geswaai het. (Persoonlik het ek niks teen die ou landsvlag of die
> vierkleur nie.) Maar wat veral interessant was was die dat die meerderheid
> mense normale ouens was wat nie 'n politieke party ondersteun het nie. Jong
> vrouens met babas in stootwaentjies, ou omies en baie jong mense. Die gevoel
> dink ek is redelik sterk.
> Myns insiens was dit die grootste protesoptog deur blankes sedert die ANC
> oorname. Ek verstout my om te sê dat die naamsverandering 'n issue is wat
> nuie sommer sal gaan lê nie. Dis baie duidelik dat dit nie om die
> bevordering van Tshwane gaan nie, maar eerder om met die naam Pretoria weg
> te doen. Baie graffiti het ook al die lig begin sien in die verband - die
> afkorting "PTA" verskyn op baie verkeerstekens en naamborde. (Niemand het
> beswaar gemaak toe die metropool Tshwane genoem is nie - so waarom die
> beheptheid met Pretoria is nie duidelik nie.)
> Persoonlik glo ek die tyd het aangebreek om sterker standpunt in te neem
> teen sinnelose argumente en besluite van 'n onbevoegde en korrupte
regering.

Dit gaan enorm veel geld kos en kom op die rug van die belastingbetaler wat
uit 80% blanke bestaan,die swartes betaal min belasting daar hulle minder
verdien
Die blankes is teen die naamsverandering maar moet daarvoor opdraai tot
plesier van die swart leiers!as Pretorius dit verneem draai hy om in sy graf
Vorige onderwerp: Vermaak in Nederland
Volgende onderwerp: Vryheid van spraak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 04:51:19 MGT 2024