Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vryheid van spraak
Vryheid van spraak [boodskap #17803] Wo, 23 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 21 Sep 1998 04:05:14 -0500, "Neels Kriek"
> wrote:
>
>
> genee?>>>
>
> Omdat hulle nie aan die vereistes voldoen het om n lisensie te kry om
> n gedeelte van die beperkte spektrum te gebruik nie?
> Ek weet nie, stel ook nie belang nie. Woon nie in Pta nie.
>
> Maar ek weet dat Radio Pretoria nie die geheel van persvryheid
> verteenwoordig nie.
> En ek weet dat daar nou persvryheid is wat daar in dekades nooit was
> nie.
> Dis werklik en jy kan dit gaan opcheck deur na wetgewing en die gebrek
> aan wetgewing te kyk.

'n Paar feite:

1) Radio Pretoria se lisensie is nog nie onder die huidige bedeling
weggeneem nie - dit is wel onder die vorige bedeling weggeneem.
2) Tot dusver was daar inderdaad onmeetlik groter vryheid van spraak
(insluitend vryheid van die pers) as onder die vorige bedeling, en ferdi is
heeltemal reg waar dit aangaan.

Maar nog 'n paar feite:

Die "Broadcasting Bill" wat deur die kabinet goedgekeur is en tans voor die
portefeuljekomitee dien bevat verskeie ernstige pogings om vryheid van
spraak in te perk. Dit sluit in:

3) "Gemeenskap" van 'n "gemeenskapsradiostasie" word gedefinieer as 'n
geografiese gemeenskap. Radiostasies vir belangegemeenskappe word hierdeur
verbied.

4) Die bestuur van gemeenskapsradiostasies moet verteenwoordigend wees
van die bevolking in die geografiese gebied waar die stasie uitsaai, en die
inhoud van die programme moet die belange/belangstellings van daardie
bevolking weerspieël.

5) "Nasionale" adverteerders mag nie op gemeenskapstasies adverteer nie -
Coca-Cola mag dus byvoorbeeld nie op Radio Fish Hoek adverteer nie.

Hierdie bepalings het geweldige protes by belangegemeenskappe ontlok,
insluitende groepe wat hulle identifiseer as Moslem, Christen, en Afrikaanse
gemeenskappe. Dit het gelei tot protesoptogte van tienduisende mense in
Kaapstad, Durban en Pretoria, en tot vergaderings met die departement wat
ee-uur in die oggend persverklaring uitgereik het.

Die effek van die bepalings is dat belangegemeenskappe die mond gesnoer
word - of hulle Charismatiese Christene, Fundamentele Moslems,
Boere-Afrikaners, of liefhebbers van klassieke musiek is.

Hierdie bepalings sal klaarlblyklik nie die Grondwetlike Hof oorleef nie,
maar hulle sal dit waarskynlik nie eens haal nie - ek dink nie hulle sal die
vloer van die parlement haal nie, want daar is te veel teenkanting teen.

Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak en pers
wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
die groot bespermer daarvan is nie.

Groete, Leendert
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17804 is 'n antwoord op boodskap #17803] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 23 Sep 1998 04:05:25 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> en pers
>> wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
>> die groot beskermer daarvan is nie.>>
>
> So wie se maaksel is dit dan Leendert?

Nou verbaas dit mens geensins om te verneem dat jy nie weet nie, ferdi?
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17805 is 'n antwoord op boodskap #17803] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 21 Sep 1998 04:05:14 -0500, "Neels Kriek"
> wrote:
>
>
> genee?>>>
>
> Omdat hulle nie aan die vereistes voldoen het om n lisensie te kry om
> n gedeelte van die beperkte spektrum te gebruik nie?
> Ek weet nie, stel ook nie belang nie. Woon nie in Pta nie.
>
> Maar ek weet dat Radio Pretoria nie die geheel van persvryheid
> verteenwoordig nie.
> En ek weet dat daar nou persvryheid is wat daar in dekades nooit was
> nie.
> Dis werklik en jy kan dit gaan opcheck deur na wetgewing en die gebrek
> aan wetgewing te kyk.

'n Paar feite:

1) Radio Pretoria se lisensie is nog nie onder die huidige bedeling
weggeneem nie - dit is wel onder die vorige bedeling weggeneem.
2) Tot dusver was daar inderdaad onmeetlik groter vryheid van spraak
(insluitend vryheid van die pers) as onder die vorige bedeling, en ferdi is
heeltemal reg waar dit aangaan.

Maar nog 'n paar feite:

Die "Broadcasting Bill" wat deur die kabinet goedgekeur is en tans voor die
portefeuljekomitee dien bevat verskeie ernstige pogings om vryheid van
spraak in te perk. Dit sluit in:

3) "Gemeenskap" van 'n "gemeenskapsradiostasie" word gedefinieer as 'n
geografiese gemeenskap. Radiostasies vir belangegemeenskappe word hierdeur
verbied.

4) Die bestuur van gemeenskapsradiostasies moet verteenwoordigend wees
van die bevolking in die geografiese gebied waar die stasie uitsaai, en die
inhoud van die programme moet die belange/belangstellings van daardie
bevolking weerspieël.

5) "Nasionale" adverteerders mag nie op gemeenskapstasies adverteer nie -
Coca-Cola mag dus byvoorbeeld nie op Radio Fish Hoek adverteer nie.

Hierdie bepalings het geweldige protes by belangegemeenskappe ontlok,
insluitende groepe wat hulle identifiseer as Moslem, Christen, en Afrikaanse
gemeenskappe. Dit het gelei tot protesoptogte van tienduisende mense in
Kaapstad, Durban en Pretoria, en tot vergaderings met die departement wat
een-uur in die oggend persverklarings moes uitreik.

Die effek van die bepalings is dat belangegemeenskappe die mond gesnoer
word - of hulle Charismatiese Christene, Fundamentele Moslems,
Boere-Afrikaners, of liefhebbers van klassieke musiek is.

Hierdie bepalings sal klaarlblyklik nie die Grondwetlike Hof oorleef nie,
maar hulle sal dit waarskynlik nie eens haal nie - ek dink nie hulle sal die
vloer van die parlement haal nie, want daar is te veel teenkanting teen.

Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak en pers
wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
die groot beskermer daarvan is nie.

Groete, Leendert
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17815 is 'n antwoord op boodskap #17803] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> 'n Paar feite:

>> 1) Radio Pretoria se lisensie is nog nie onder die huidige bedeling
>> weggeneem nie - dit is wel onder die vorige bedeling weggeneem.
>> 2) Tot dusver was daar inderdaad onmeetlik groter vryheid van spraak
>> (insluitend vryheid van die pers) as onder die vorige bedeling, en ferdi is
>> heeltemal reg waar dit aangaan.

> Dankie, Leendert. Ek kan altyd staatmaak
> op jou om op te kom vir wat reg is. Ek wil
> jou ook bedank vir al die informasie wat ons
> in die buiteland deur jou noukeurige beskrywings
> kan bekom.

Onthou dit maar volgende keer as ek opkom vir iets wat "reg" is, maar wat
nie ooreenstem met jou vooroordele nie.

Dan skel jy my weer vir al wat sleg is, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17847 is 'n antwoord op boodskap #17803] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Sep 1998 23:31:47 +0300, "Leendert van Oostrum"
wrote:

> die groot beskermer daarvan is nie.>>[/color]
>>
>> So wie se maaksel is dit dan Leendert?
>
>
> Nou verbaas dit mens geensins om te verneem dat jy nie weet nie, ferdi?>>\

Wie se maaksel is dit Leendert?
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17984 is 'n antwoord op boodskap #17803] Wo, 30 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 23 Sep 1998 23:31:47 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >>> die groot beskermer daarvan is nie.>>
>>>
>>> So wie se maaksel is dit dan Leendert?
>>
>>
>> Nou verbaas dit mens geensins om te verneem dat jy nie weet nie, ferdi?>>\
>
> Wie se maaksel is dit Leendert?

Lyk my jy weet regtig nie, ferdi.

Miskien moet jy die koerante begin lees. Ek kan, byvoorbeld, Beeld aanbeveel
in hierdie verband.

Vriendelike groete, Leendert

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Vryheid van spraak [boodskap #18037 is 'n antwoord op boodskap #17803] Vr, 02 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Sep 1998 09:26:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:

Wie se maaksel is dit Leendert?
>
> Lyk my jy weet regtig nie, ferdi.
>
> Miskien moet jy die koerante begin lees. Ek kan, byvoorbeld, Beeld aanbeveel
> in hierdie verband.>>

Wie is dit Leendert?

Ek dink jy is vas in n hoek. Jy kan nie se nie, want dan moet jy jou
regse propaganda-stukkie weerspreek.

n Mens kan jou maar ignoreer wat die kwessie betref. Jy het nie die
guts om te antwoord nie. Slaaf van regse bitterheid wat jy is.

Maar se my, moes jy nie voor die WVK gewees het nie, Leendert? Oor die
verlede.
Re: Vryheid van spraak [boodskap #18094 is 'n antwoord op boodskap #17803] So, 04 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 30 Sep 1998 09:26:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> Wie se maaksel is dit Leendert?
>>
>> Lyk my jy weet regtig nie, ferdi.
>>
>> Miskien moet jy die koerante begin lees. Ek kan, byvoorbeld, Beeld aanbeveel
>> in hierdie verband.>>
>
> Wie is dit Leendert?
>
> Ek dink jy is vas in n hoek. Jy kan nie se nie, want dan moet jy jou
> regse propaganda-stukkie weerspreek.

Hmmm?

Is dit nou die stukkie oor die konsep Broadcast Bill?

Dis regse propaganda om daarop te wys dat die Broadcast Bill vryheid van
spraak - en mediavryheid in besonder - drasties sal inperk indien dit wet
word?

Of is dit bloot dat jy ten gunste is daarvan dat bepaalde belangegroepe
(luisteraars en aanbieders van christen- moslem- en afrikaanse
radio-uitsendings) se vryheid van spraak en inligting ingeperk word?

>
> n Mens kan jou maar ignoreer wat die kwessie betref. Jy het nie die
> guts om te antwoord nie. Slaaf van regse bitterheid wat jy is.
>
> Maar se my, moes jy nie voor die WVK gewees het nie, Leendert? Oor die
> verlede.

Ek veronderstel dat die twee paragrawe hierbo veronderstel is om inligting
te weer te gee.

Of miskien is dit nie.

Miskien is dit net veronderstel om op propagandistiese wyse suggesties te
vestig?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Vryheid van spraak [boodskap #103441 is 'n antwoord op boodskap #17803] So, 29 Mei 2005 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vryheid van spraak - beteken dat as mens grondige feite het, jy die waarheid
mag publiseer sonder vrees van vervolging, of dat jy gekeer sal word om dit
bekend te maak.

--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:d7bkpp$jd1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wie het 'n goeie definisie - of beteken dit bloot elke ou kan sê en skryf
> net wat hy wil?
>
Re: Vryheid van spraak [boodskap #103448 is 'n antwoord op boodskap #17803] So, 29 Mei 2005 16:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf:

> Katryn - is dit nav die Koran-episode?

Yep. Wat is jou opinie daaroor, Jonas?
Rumsfeld se reaksie daarop was dat mense moet versigtig wees wat hulle
sê.
Re: Vryheid van spraak [boodskap #103449 is 'n antwoord op boodskap #103448] So, 29 Mei 2005 16:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Rumsfeld se reaksie daarop was dat mense moet versigtig wees wat hulle
> sê.

Miskien moet hy dit vir sy baas en 'n klomp ander
Republikeine sê, wat so verkondig het hoe daar
wapens van massa-vernietiging in Irak rondlê.

Gloudina
Re: Vryheid van spraak [boodskap #103457 is 'n antwoord op boodskap #103449] Ma, 30 Mei 2005 00:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

>> "Katryn" skryf
>> Rumsfeld se reaksie daarop was dat mense moet versigtig wees wat hulle
>> sê.
>
> Miskien moet hy dit vir sy baas en 'n klomp ander
> Republikeine sê, wat so verkondig het hoe daar
> wapens van massa-vernietiging in Irak rondlê.

Ja nee, juis daarom dat ek ook gedink het dit was so snaaks.
Soos daardie buffel, Jim West in Spokane, WA wat altyd sulke skerp en
haatvolle uitsprake gemaak het teen homoseksueles en gay regte. 'n
Tipiese "family values Republican". Yeah right. Toe kom dit uit dat
hy eintlik van jong seuntjies veral hou.
Die tweegesig skermunkels.
Re: Vryheid van spraak [boodskap #103461 is 'n antwoord op boodskap #103448] Ma, 30 Mei 2005 02:08 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Katryn - ek het die sage van 'n afstand gevolg. Wat my egter verbaas het (en
ek is seker nie die enigste nie) die geweldige sterk reaksie deur Muslims op
'n die betrokke Newsweek berig.
Op 'n ander noot - wat my stomslaan van die VSA militêre-owerhede is hulle
absolute laksheid mbt sekerheid in hul tronke en plekke van aanhouding. Hoe
gebeur dit dat daar kort-kort foto's van aangehoudenes in die media verskyn?
Vorige onderwerp: Vryheid van spraak
Volgende onderwerp: Re: Afrikaner Nuclear Weapon Update
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:23:00 MGT 2024