Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Gebed beantwoord
Gebed beantwoord [boodskap #10320] Di, 12 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Japie van de Venter  is tans af-lyn  Japie van de Venter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het gevra vir krag...
toe gee God my baie moeilikhede om my sterk te maak.

El het gevra vir wysheid...
toe gee GOD my probleme wat ek moes leer oplos.

Ek het gevra vir voorsoed...
toe gee God my 'n goeie verstand en die wil om te werk.

Ek het gevra vir moed...
toe gee God ym noodlydende mense om te help.

Ek het gevra vir gunste...
toe gee God my geleenthede.

Ek het niks ontvang van wat ek wou he nie, maar...
ek het alles ontvang wat ek nodig gehad het.
Re: Gebed beantwoord [boodskap #10327 is 'n antwoord op boodskap #10320] Wo, 13 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
JP wrote in article
...
> Ek het gevra vir krag...
> toe gee God my baie moeilikhede om my sterk te maak.
>
> El het gevra vir wysheid...
> toe gee GOD my probleme wat ek moes leer oplos.


Wat jy skryf, is so waar.

In my eie lewe het ek dikwels vir 'n slang gevra, denkende
dat ek 'n vis vra. Dan het God my nog 'n vis nog 'n slang
gegee, maar sommer iets anders laat gebeur asof Hy my
nooit gehoor het nie.

Nadat hierdie iets anders gebeur het, het Hy gewoonlik vir
my die vis gegee sonder dat ek daarvoor gevra het asook
die wysheid om nie weer vir daardie slang te vra nie. Dit
wat 'n mens nou Sy trou kan noem, gedryf deur Sy liefde.

Noudat ek meer jare agter die blad het, kom ek deeglik
agter hoe die slang-vra/anders-gebeur/vis-kry patroon
soos 'n web my lewe geweef is. Dit tref my dat hoe giftiger
(komplkeser) die slang was waarna ek gevra het, hoe langer
was die "anders-gebeur" tydperk voordat ek gereed was
om die vis met insig te kon ontvang.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: Hy het onlangs geadverteer dat hy 'n Christen is.
Volgende onderwerp: X-Generasie en Die Kerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:54:53 MGT 2024