Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » SPRINGBOK RUGBY?
SPRINGBOK RUGBY? [boodskap #10305] Ma, 11 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
meg1093c  is tans af-lyn  meg1093c
Boodskappe: 13
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Help asb., weet julle miskien van iemand wat kan help om ons oorle-bokke
weer die "spring" aan te leer soos in SPRINGBOKKE !!!

Ek het die grootste agting vir Carel, maar die arme man kan werklik nie so
in die diepkant gegooi word nie. Ek kan aanvaar dat hulle(SARVU) iemand op
verdienste gekies het, maar die 70/80's is verby en die jaar 2000 is op ons.

Tye en taktieke verander, en ons rugby is en bly vir my stereotiep.

Laat SA.RUGBY 'n bosberaad(!) hou en laat daar weer terug gegaan word na
die tekenborde, want iets - of is dit iemand, is die kluts kwyt!

Groetnis

EMC :-)
Re: SPRINGBOK RUGBY? [boodskap #10317 is 'n antwoord op boodskap #10305] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Japie van de Venter wrote in article
...
> Ek staan vroeg op, kyk die rugby en kan my self skop. Wat gaan aan. Ek dink
> ons moet nou begrafnis hou. Kom ons kry die manne wat dit kan doen terug in
> ons rugby
>
>
*SUG* Ja Swaer *SUG*

Miskien is dit tyd... Daai bul met die seer bal ... Hmmmmm..... Die Luyt
en die rugbymafia moet miskien maar gaan sodat ons *KAN* werk daaraan om
teen die draai van die eeu dalk 'n rugbyspan bymekaar kan hê wat teen
Argentinié of een van daai spanne kan meeding.

My seun wil hoeka sy togs ophang en baletskoene kry

*SUG*
Re: SPRINGBOK RUGBY? [boodskap #10318 is 'n antwoord op boodskap #10305] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Japie van de Venter  is tans af-lyn  Japie van de Venter
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek staan vroeg op, kyk die rugby en kan my self skop. Wat gaan aan. Ek dink
ons moet nou begrafnis hou. Kom ons kry die manne wat dit kan doen terug in
ons rugby
Vorige onderwerp: Bokke
Volgende onderwerp: Re: Die Vrystaat en WP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 13:30:18 MGT 2024