Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Globalisasie
Globalisasie [boodskap #103124] Ma, 16 Mei 2005 07:05
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het aan iemand op 'n ander forum gevra wat die definisie van globalisasie is.
In antwoord op die enigste antwoord tot dusver :

Ek is besig met die " Occasional Paper" van die Libeles Institut, geskryf
deur Jo Kwong wat in 2004 vrygestel is:"Globalizastion: Threat or
Opportunity to women in the developing world?"

Jou definisie is so reg en kan so reg wees soos enige ander:
Volgens bl 6 van die boekie se verwysing no 7:
From the internet site http://www.globalisationguide.org, which points out
that " one can be sure that virtually every one of the 2822 academic papers
on globalization written in 1998 included its own definition, as would each
of the 589 new books on the subject published in that year".

Van waar ek tot dusver gelees het, word globalisasie besing as die een rede
waarom markte oopgegaan het vir vroulike entrepeneurs oor kulturele,
politieke en aardrykskundige grense sedert 1998.
Aan die ander kant begin die geskrif met 'n gesprek in 'n taxirit waar twee
Kanadese professors die feit betreur van die McDonalds goue kenteken wat die
straat en die horison oorheers in Cancun, en globalisasie beskuldig vir die
verlies aan etniese en kulturele uniekheid van dorpe, stede en lande. Die
ander insittende in die taxiwas 'n jong Keniaan wat daarop wys dat as hulle
'n McDonalds in hul dorp kry, gaan daar baie meer werksgeleenthede en hoër
inkomste wees vir baie in die gemeenskap.

Ek sien dus dat die twee uiteenlopende sienings aangaande globalisasie selde
of ooit bymekaar sal uitkom.
Wat ek wel weet, en ek praat slegs uit eie ondervinding, is dat McDonalds
konsessiehouers hier nou nie juis in die geld rondrol of as besigheidsmanne
van die jaar benoem sal word nie.
Ek self het al moordende gedagtes gehad hoe om die groot geel M in
Kanaalstap af te breek wat so my uitsig na die skerm belemmer;))
Vorige onderwerp: Pretoria
Volgende onderwerp: Invoere, die Sjinese & Amazon.com
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 23:06:44 MGT 2024