Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef)
Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef) [boodskap #10266] Do, 07 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
John  is tans af-lyn  John
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
ro...@physics.utoronto.ca wrote:
>
[color=blue]>
Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef) [boodskap #10282 is 'n antwoord op boodskap #10266] Vr, 08 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
John skryf:

> [...] Groei en verandering tas nie
> noodwendig identiteit aan nie. So, al raak jy hoe erg uit voeling met
> Afrikaner-kultuur, sal ek dit bly sien as 'n groeiproses wat nie jou
> identiteit aantas nie.

Ek dink dat ek tog ten spyte van wat ek vroee"r gesê het hier met
jou kan saamstem. As ek na myself kyk dan kan ek my nie indink
dat ek ooit 'n suiwer Kanadees sal kan wees nie. Al is ek op my eie
dan gebruik ek nogsteeds my eie taal. Wanneer ek in my notaboek
aantekeninge maak dan is dit in Afrikaans. Ek maak nogsteeds vir my
graag pannekoek wanneer dit ree"n al ree"n dit hier baie meer
gereeld as in Suid Afrika.

Op hierdie stadium beskou my vriende en familie in Suid Afrika my miskien nog
as deel van hul kultuur. Tog vrees ek die dag wanneer ek eendag dalk
besoek in Suid Afrika afle^ en hulle vertel my hoe ek nie meer reg
Afrikaans praat nie. Of dalk maak hulle ander opmerking wat vir my
duidelik aantoon dat hulle my nie meer as 'n lid van hul kultuur sien
nie. In my hart bly ek steeds nog deel van die kultuur en het 'n steeds
'n Afrikaanse identiteit. Maar deur die oe" van ander het ek dan dalk
'n ander vreemde kultuur.

> Ek dwaal af; waar ek eintlik wou kom is: Gesien teen die agtergrond van
> die kultuurverskille tussen verskillende Afrikaner-generasies, en die
> feit dat iemand wat afgesny word van direkte kontak met kultuur-groei,
> se belewing van die kultuur mettertyd stagneer in die omgewing van die
> afsnypunt, is sommige van die wedersydse belaglikhede wat so gereeld op
> hierdie nuusgroep heen en weer geslinger word tussen plaaslike en
> buitelandse Afrikaners vir my meer verstaanbaar. Ons praat na weerskante
> met mense van ander (kulturele) generasies asof hulle van ons eie
> (kulturele) generasie is, met voorspelbare gevolge.

Ja, dis vir my ook net so terleurstellend dat daar soveel negatiewe
opmerkings op hierdie nuusgroep gepos word, wat lyk my uitsluitlik
daarop gemik is om 'n spesifieke ander persoon af te breek. Maar
miskien is dit maar die medium wat die slegte deel van ons kultuur
na vore bring. Mense vererg hulle vir wat die ander een sê en dan
waai die vonke. Wat ek in my gesprek met At gesien het is dat dit
van kardinale belang is dat mens die terme wat mens gebruik baie
goed definieer. Anders kan daar dalk 'n misverstand ontstaan.

Dankie John vir jou positiewe reaksie.

Stef
Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef) [boodskap #10308 is 'n antwoord op boodskap #10266] Ma, 11 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
ro...@physics.utoronto.ca skryf:

> Ja, dis vir my ook net so terleurstellend dat daar soveel negatiewe
> opmerkings op hierdie nuusgroep gepos word, wat lyk my uitsluitlik
> daarop gemik is om 'n spesifieke ander persoon af te breek. Maar
> miskien is dit maar die medium wat die slegte deel van ons kultuur
> na vore bring. . . .
>

Stef,
Die medium maak dit ongelukkig vir mense moontlik
om lafhartig en soms naamloos, maar met bravade, van
agter 'n elektroniese muur te sit en blaf. As mens die ander
persoon in die gesig moes kyk, sou hy waarskynlik nie die
moed hê om so neerhalend en aanstootlik op te tree nie.
As ek na ander nuusgroepe kyk, is dit baie duidelik dat dit nie
net die slegte in een "kultuur" na vore bring nie, maar miskien
die slegte in "die mens".
Deur 'n persoon aan te val eerder as die persoon se standpunt
vermors en dreineer ons energie wat beter aangewend kon
word. Ek hoop dat jou opmerkings nie op dowe ore val nie.

Sybrand
Re: Wat is 'n Afrikaner? (vir Stef) [boodskap #10326 is 'n antwoord op boodskap #10266] Wo, 13 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Sybrand Burger skryf in artikel
...
> ro...@physics.utoronto.ca skryf:

> Die medium maak dit ongelukkig vir mense moontlik
> om lafhartig en soms naamloos, maar met bravade, van
> agter 'n elektroniese muur te sit en blaf. As mens die ander
> persoon in die gesig moes kyk, sou hy waarskynlik nie die
> moed hê om so neerhalend en aanstootlik op te tree nie.
> As ek na ander nuusgroepe kyk, is dit baie duidelik dat dit nie
> net die slegte in een "kultuur" na vore bring nie, maar miskien
> die slegte in "die mens".

Wat jy hier skryf, is baie waar. Dit het te doen met 'n
oeroue probleem, naamlik die ongekende verwantskap
tussen inhoud en vorm. Hierdie probleem kan opbouend
of afbrekend benader word.

In 'n opbouende sin het eers kunstenaars, toe filosowe,
later wetenskaplikes en nou selfs programmeerders hierdie
probleem benader om die verwantskap te probeer verstaan.
Hierdie mense het hulle dikwels verwonder aan die
harmonie tussen inhoud en vorm.

Maar daar is mense wat net so hard probeer om die
harmonie tussen inhoud en vorm te probeer vernietig,
mense wat 'n vormlose inhoud of 'n inhoudlose vorm
probeer opdis, mense wat agter die inhoud of die vorm
probeer skuil. Jy lig laasgenoemde geval uit.

> Deur 'n persoon aan te val eerder as die persoon se standpunt
> vermors en dreineer ons energie wat beter aangewend kon
> word. Ek hoop dat jou opmerkings nie op dowe ore val nie.

Jou woorde tref my geweldig. Ek het 'n dierbare vriendin
in die VSA wat hulle "energy vampires" noem. Ek en Sherri
het begin korrespondeer n.a.v. my geskryf oor chaos, orde
en kompleksiteit.

Eintlik moes sy hulle "free energy vampires" genoem het om
presies te se wat hulle is. Wanneer 'n mens die groothede
energie en entropie saamvat, kom 'n mens by die begrip
vryenergie uit. Vryenergie is uiters belangrik omdat dit
die bron van entropieproduksie is. Entropieproduksie lei
tot chaos. As die chaos sodanig verhoog word dat 'n
versadigingpunt bereik word, vind die transformasie van
chaos na orde deur 'n bifurkasie plaas.

Die chaos-orde transformasie word 'n bifurkasie genoem
omdat dit ontluikend (emergent) of terugvallend
(immergent) kan wees. Die ontluiking gebeur nie
onvoorwaardelik nie. As die sisteem self die entropie
produseer totdat die versadigingpunt bereik word, is die
kanse op ontluiking veel beter. Dit is omdat die voorwaardes
vir ontluiking ook van toepassing is op die entropie
produksie. In so 'n geval praat 'n mens van 'n
onomkeerbare selforganiserende sisteem, of ook 'n
komplekse aanpaspare dissipatiewe sisteem.

Maar as die omgewing die entropie produseer, is die
kanse op 'n ontluiking baie klein en dus die kanse op
'n terugval geweldig groot. Dit is presies waar die
vryenergie vampiere in die prentjie kom. Let op dat hulle
altyd 'n entropieproduksie in hulle omgewing bekonkel.
Miskien hoop hulle op daardie uiters skrale kans dat
hulle ook daarby baat sal vind, naamlik dat hulleself
ook sal kan ontluik. 'n Groot probleem ontstaan egter
wanneer hulle nie meer hoop het dat hulle self sal kan
ontluik nie. Dan begin hulle uit weerwraak optree en alle
ontluikings beveg met terugvallings. So word hulle
nihiliste.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: SA trekmaatskappy BREEK ons goed tot in Kanada
Volgende onderwerp: Wij hebben hulp nodig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 06:09:34 MGT 2024