Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar's jy Elaine?
Waar's jy Elaine? [boodskap #102921] So, 08 Mei 2005 18:54 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
is jy besig met die foto's?

Dave
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102933 is 'n antwoord op boodskap #102921] So, 08 Mei 2005 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's nog besig om die fotos te scan. Daar is baie. Ek het net so paar uur
elke dag om dit te doen... Ek het besluit om by die oorlog fotos te begin en
my pad agtertoe te werk. Dis twee bokse vol fotos. Reken dit gaan my 'n paar
jaar vat.

xxx
Elaine

"DD" skryf in boodskap news:p0os71930tjjfhh7hka81fomorcp1jb7fe@4ax.com...
>
> is jy besig met die foto's?
>
> Dave
>
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102934 is 'n antwoord op boodskap #102933] So, 08 Mei 2005 22:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 May 2005 00:46:00 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek's nog besig om die fotos te scan. Daar is baie. Ek het net so paar uur
> elke dag om dit te doen... Ek het besluit om by die oorlog fotos te begin en
> my pad agtertoe te werk. Dis twee bokse vol fotos. Reken dit gaan my 'n paar
> jaar vat.
>
> xxx
> Elaine
>
> "DD" wrote in message
> news:p0os71930tjjfhh7hka81fomorcp1jb7fe@4ax.com...

>> is jy besig met die foto's?

>> Dave


>

wel, as jy daarmee klaar is, gaan jy 'n spesialis wees.
Ek is op die oomblik besig om een te doen.
Sal jou nou nou wys.

DD
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102936 is 'n antwoord op boodskap #102934] So, 08 Mei 2005 22:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
lmga... ja ek reken ek sal 'n foto of twee kan edit na hierdie sarsie. Ek is
maar hier rond :) Is nuuskierig om te sien wat jy doen.

"DD" wrote:

> wel, as jy daarmee klaar is, gaan jy 'n spesialis wees.
> Ek is op die oomblik besig om een te doen.
> Sal jou nou nou wys.
>
> DD
>
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102938 is 'n antwoord op boodskap #102936] So, 08 Mei 2005 23:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 May 2005 00:58:50 +0200, "Elaine" wrote:

> lmga... ja ek reken ek sal 'n foto of twee kan edit na hierdie sarsie. Ek is
> maar hier rond :) Is nuuskierig om te sien wat jy doen.
>
> "DD" wrote:
>
>> wel, as jy daarmee klaar is, gaan jy 'n spesialis wees.
>> Ek is op die oomblik besig om een te doen.
>> Sal jou nou nou wys.

>> DD


>

sal jou vanaand wys.
Dis nou 1:50 vm en nou gaan ek afskakel.

Tot later.

Dave
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102943 is 'n antwoord op boodskap #102933] Ma, 09 Mei 2005 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine,
Indien jy eendag van daardie Foto`s ontslae wil raak onthou tog asseblief om
my te kontak en dan skenk jy dit aan die SA Magte Klub Museum.
Indien jy `n testament het maak ook so.

Daar sal en kan niemand ooit aan hulle vat nie.

Magte Groete
Frikkie

Ps: Ek hoor so terloops deur die kanale dat die nuwe SAW van ons nou darem
(1) EEN diensbare Ratel het in die land. Dit is blykbaar die een waarop
beslag gelê is by die oorlogmuseum....

Elaine skryf in boodskap news:d5m4rk$5jv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek's nog besig om die fotos te scan. Daar is baie. Ek het net so paar uur
> elke dag om dit te doen... Ek het besluit om by die oorlog fotos te begin en
> my pad agtertoe te werk. Dis twee bokse vol fotos. Reken dit gaan my 'n paar
> jaar vat.
>
> xxx
> Elaine
>
> "DD" wrote in message
> news:p0os71930tjjfhh7hka81fomorcp1jb7fe@4ax.com...
>>
>> is jy besig met die foto's?
>>
>> Dave
>>
>
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102957 is 'n antwoord op boodskap #102936] Ma, 09 Mei 2005 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 May 2005 00:58:50 +0200, "Elaine" wrote:

> lmga... ja ek reken ek sal 'n foto of twee kan edit na hierdie sarsie. Ek is
> maar hier rond :) Is nuuskierig om te sien wat jy doen.
>
> "DD" wrote:
>
>> wel, as jy daarmee klaar is, gaan jy 'n spesialis wees.
>> Ek is op die oomblik besig om een te doen.
>> Sal jou nou nou wys.

>> DD


>

http://home.intekom.com/davesplace/1/index.htm

hier is 'n voorbeeld. Ek het nie die pad geloop wat ek
na jou gestuur het nie, maar ge-eksperimenteer met
'n paar dinge. Dit is duidelik dit nie klaar nie, maar ek
probeer iets nuut, en wil kyk hoe dit uitwerk.

DD
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102969 is 'n antwoord op boodskap #102957] Di, 10 Mei 2005 20:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit jy in daai foto DD? Baie nice... ek het nou net gaan kyk.

E

"DD" wrote:
>
> http://home.intekom.com/davesplace/1/index.htm
>
> hier is 'n voorbeeld. Ek het nie die pad geloop wat ek
> na jou gestuur het nie, maar ge-eksperimenteer met
> 'n paar dinge. Dit is duidelik dit nie klaar nie, maar ek
> probeer iets nuut, en wil kyk hoe dit uitwerk.
>
> DD
>
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102972 is 'n antwoord op boodskap #102969] Di, 10 Mei 2005 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 May 2005 22:59:25 +0200, "Elaine" wrote:

> Is dit jy in daai foto DD? Baie nice... ek het nou net gaan kyk.
>
> E
>

Ja Elaine en dankie, maar eintlik het ek dit net vir jou gewys
omdat jy vrae gevra het oor die restorasie van foto's.
Die foto is sowat 20 jaar oud, en ek het 'n gym
besit daardie jare.

Dit gaan nie daaroor nie. Ek neem geweldig foto's,
vandag meer as 'n honderd geneem, met my
huidige kamera al sewe duisend foto's
geneem, en foto's waarop ek is,
hetsy alleen of saam met ander,
is sowat 5 of 7.

Jy het PhotoShop? By elke foto het ek gewys
wat ek gedoen het, en vir die aardigheid het
ek op 'n swart en wit foto, die oë gekleur.
My oë is werklik groen, en jy sal sien dat ek
dit op een van die fotos gedoen het.

Dit was net in opvolg oor ons gesprek oor
die restourasie van foto's. (die grap is dat
dit geneem is nie lank voor die jare wat
Gloudina gedink het ek is iemand in
Noord Amerika, en vertel het hoe vet ek is:-)
Dit was vir my snaaks.

Ek is nou besig om foto's wat ek vanmiddag
geneem het, te verwerk, en miskien wys ek netnou vir
jou een of twee.

Dave
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102973 is 'n antwoord op boodskap #102972] Di, 10 Mei 2005 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het bedoel die werk wat jy aan die foto gedoen het is nice - ek kon sien
hoe jy dit verkeerd kon verstaan, dis my skuld sorry... nie dat jy nie
aantreklik was in jou dae nie :)

Ek het ook al so met swart en wit fotos gespeel op Photoshop maar langs die
pad belangstelling verloor. Jy het goeie werk gedoen :) En dankie ook vir
die verduidelikings... ek is 'n paar keer deur elkeen.

Groete
Elaine

"DD" wrote:
>
> Ja Elaine en dankie, maar eintlik het ek dit net vir jou gewys
> omdat jy vrae gevra het oor die restorasie van foto's.
> Die foto is sowat 20 jaar oud, en ek het 'n gym
> besit daardie jare.
>
> Dit gaan nie daaroor nie. Ek neem geweldig foto's,
> vandag meer as 'n honderd geneem, met my
> huidige kamera al sewe duisend foto's
> geneem, en foto's waarop ek is,
> hetsy alleen of saam met ander,
> is sowat 5 of 7.
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102974 is 'n antwoord op boodskap #102973] Di, 10 Mei 2005 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 May 2005 23:57:12 +0200, "Elaine" wrote:

> Ek het bedoel die werk wat jy aan die foto gedoen het is nice - ek kon sien
> hoe jy dit verkeerd kon verstaan, dis my skuld sorry... nie dat jy nie
> aantreklik was in jou dae nie :)
>
Dis jy wat verkeerd verstaan het;
ek sal jou nooit van swak smaak beskuldig nie!
(ek het daardie foto's afgehaal om jou die versoeking te spaar)

> Ek het ook al so met swart en wit fotos gespeel op Photoshop maar langs die
> pad belangstelling verloor. Jy het goeie werk gedoen :) En dankie ook vir
> die verduidelikings... ek is 'n paar keer deur elkeen.
>

Mooi CNTRL/L- CNTRL1 CNTRL2 CNTRL3........- CNTRL/M -

> Groete
> Elaine
>

http://home.intekom.com/davesplace/2/index.htm

Hierdie foto's het ek nou gelaai, en nie eens daarna gekyk nie.
Gaan nou slaap, en sal later daarna kyk. Dit is deel van die foto's
wat ek 'n paar uur gelede geneem het.

As jy net op elke foto kliek, sal dit jou na die volgende neem.
Die 'stonefish' by 8/15 is die gevaarlikste item in die see.
Na bewering sowat 12 minute vir iemand wat daarop trap.
Uiters giftig.

9/15 is 'n scorpionfish. Ook giftig maar nie soveel as die stonefish
nie.

DD
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102976 is 'n antwoord op boodskap #102974] Wo, 11 Mei 2005 10:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl on so van fotos praat, hierdie tyd van die jaar blom die "African Tulips" bome baie mooi. Hulle is baie gewild hir in OZ en hulle enigste
probleem is dat hulle te maklik groei. Gevolglik hou die natuurbewaarings mense nie so baie van hierdie Immerrant uit Suid Afrika nie.

Ek het hierdie outjie sowat n week gelede gefotografeer.

Ek dink in Afrikaans word hy algemeen die flamboom genoem.

Help my reg as dit nie so is nie

http://www.juliusbergh.com/temp/IMGP8308W.jpg
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102983 is 'n antwoord op boodskap #102976] Wo, 11 Mei 2005 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 May 2005 10:12:23 GMT, Julius Bergh
wrote:

> Terwyl on so van fotos praat, hierdie tyd van die jaar blom die "African Tulips" bome baie mooi. Hulle is baie gewild hir in OZ en hulle enigste
> probleem is dat hulle te maklik groei. Gevolglik hou die natuurbewaarings mense nie so baie van hierdie Immerrant uit Suid Afrika nie.
>
> Ek het hierdie outjie sowat n week gelede gefotografeer.
>
> Ek dink in Afrikaans word hy algemeen die flamboom genoem.
>
> Help my reg as dit nie so is nie
>
> http://www.juliusbergh.com/temp/IMGP8308W.jpg
>

werklik 'n goeie foto. Julius.
Baie min diepte, agtergrond geblur, fokus op die blom.
Eintlik 'n heel raambare foto.
Ek hoop iemand anders hier onder die bittereinders wat
nog in die groep belang stel sal die blom kan identifiseer.

DD
Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102985 is 'n antwoord op boodskap #102976] Wo, 11 Mei 2005 18:46 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Inderdaad 'n vlamboom. Ander naam is ook "flamboyant". Spathodea Campanulata.
Hier is 'n skakel met inligting:
http://www.up.ac.za/academic/botany/garden/species/98.html
Dit is eintlik nie 'n boom van SA nie, wel van Afrika en meer tropies van aard.
'n Vreeslike morsige boom, maar darem baie mooi blomme. Hullle vertoon op hul
bestes as daar massas en massas blomme is - die blomme neig om aan die bokant
van die boom te groepeer.

Jou foto is baie goed - beligting net reg met baie detail.

Julius Bergh het geskryf:
> Terwyl on so van fotos praat, hierdie tyd van die jaar blom die "African Tulips" bome baie mooi. Hulle is baie gewild hir in OZ en hulle enigste
> probleem is dat hulle te maklik groei. Gevolglik hou die natuurbewaarings mense nie so baie van hierdie Immerrant uit Suid Afrika nie.
>
> Ek het hierdie outjie sowat n week gelede gefotografeer.
>
> Ek dink in Afrikaans word hy algemeen die flamboom genoem.
>
> Help my reg as dit nie so is nie
>
> http://www.juliusbergh.com/temp/IMGP8308W.jpg
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Vorige onderwerp: Afrikaners moet spyt op alle vlakke wys
Volgende onderwerp: Vrydag 13de
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 18:08:40 MGT 2024