Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoe is dit met ons boeremense ?????
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10186 is 'n antwoord op boodskap #10073] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Wen wrote in article ...

> At, ek wil jou vra om Habakkuk se skrywe weer te lees. Ek is altyd verstom hoe
> na aan ons huidige situasie sy beskrywing van die omstandighede destyds is
> (Hoofstuk 1). Die vrae wat hy aa God stel is in dieselfde trant as die wat ons
> byna daagliks eggo in hierdie deurmekaar wêreld waarin ons mekaar bevind, en
> wat ook weer in jou vraag hierbo weerklink. Maar, Goddank!, as ons verder
> lees tot by die laaste hoofstuk lees ons die pragtige woorde "Al bot die
> vyeboord nie, en al is daar geen druiwe aan die wingerstok nie ... nog STEEDS
> sal ek die Here prys!" Dit is vir my altyd 'n troos en ek glo dit sal vir jou
> ook wees.
>
> Meer nog, Habakkuk het daardie woorde geskryf in 'n tyd toe hy moes HOOP op
> die Messias wat belowe is; ons lewe in die skadu van die kruis van 'n gestorwe
> Christus wat hierdie harde pad eerste geloop het en wat dit steeds dag tot dag
> saam met ons loop.

Liewe Wen,

Baie dankie vir jou skrywe.

Wat my ontstel, is dat dir orde dalk alreeds omgekeer
het. Dat ons dalk sal teen alle hoop in sal moet glo.

As dit so is, sal dade al wees wat nog tel.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10187 is 'n antwoord op boodskap #10073] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Aug 1997 09:41:53 GMT, "AM de Lange" wrote:

maar weet hoeveel keer ek jou in my gedagtes beswets het. Jy[/color]
> maak mense seer en siek terwyl ons eintlik mekaar moet genees.>>>

Haai At!
En jy het my dan so bitsig uitgekak laas....
Nooit my vrae geantwoord ook nie.
My net met de modder begooi en toe in 'n sulk gegaan!

die snywerk. Ek het self my dae van snywerk gehad. Ek het selfs[/color]
> my tydperk gehad om mense met verspreide hubris chemoterapeties
> te probeer help. Nou is ek maar net besig om die skynbaar hopelose
> gevalle te probeer bystaan. Koos is reg - dis hoekom hy my as
> 'n Swami probeer afkraak het.>>>

Ou At:
1. Jy is 'n swami genoem omdat jy soveel onverstaanbare twak
kwytgeraak het. En omdat jy so 'n aversie gehad het om vrae reguit te
beantwoord.
2. Julle skreeu darem lekker "hubris! hubris!" op iemand anders, he?
Die vingers skiet uit, voor aan die arms, en die stemme klink skielik
op: "hubris! hubris!"
So al asof dit se: "Daar! Heks! Verbrand haar! Moenie na haar luister
nie!"

(Met die aksent op "...moenie na haar luister nie..." )

Wat se hubris-twak is dit?
Ek dink julle hou maar net nie van Gloudina se argumente nie en nou
het julle gelatch op iets wat julle hoop haar "untouchable" sal maak.

Sies.

dat jy van jou hubris genees moet word. Maar jou hubris was tot[/color]
> dusver vir ons 'n baie goeie ding. Dit het die mense skeppend laat
> skryf. Jou hubris skep entropie wat tot chaos lei. Jou hubris is so
> groot dat dit die chaos tot versadiging dryf. Gevolglik moet die chaos
> oorgaan in orde. Soms lei dit tot ontluikings en soms tot verval.
> Maar die punt is - uiteindelik is daar iets besig om te gebeur.
> Die Afrikaner is besig om uit die doodse slaap van ewewig te ontsnap.>>>

Nou watse stront is dit die?
Klap jouself. Drink vier koppies koffie en probeer se wat jy bedoel.

(Ek vermoed dis iets soos: "Gloudina hou asseblief om te dink, want jy
dink - EK IS BAIE SLIM - nie soos ons nie. Of hou ten minste op - EK
IS BAIE SLIM - om te se wat jy dink want ons kan dit nie verdra - EK
IS BAIE SLIM - om jou heldere kritiek te lees nie.")

------------------------------------------------------------ ----------------------------------------------------

"Central themes of the play are the inexorable power of fate and the
tragic destiny of those who fail to exercise moral self-restraint.
Oedipus's downfall results not so much from preordained action as from
his overweening pride (hubris), which morally blinds him. "

Uit Oedipus Rex

Nou, dit lyk vir my of jy en Leendert nou nie juis spaarsaam te werk
gegaan het met julle "moral self-restraint" hier nie.
Albei van julle het sonder om 'n ordentlike saak uit te maak, sonder
om Gloudina te vertel wat die beskuldiging behels en sonder om haar te
vra om daarop te antwoord - en nou kom ek nog nie eers by die aan haar
vra of sy verhoor wil word nie - haar skuldig bevind.

Elders het Leendert die skuldigbevinding met 'n groot gelaai van
beledigings aan haar gestel.
En jy At, jy het dit omhul met 'n selfverheerliking.
Met 'n genotvolle vertel van hoe goed jy is en hoe jy mense van
"hubris genees".

'n Soort "hubris buster".
'n Hubris-inkwisisie.

Wow....

Nerens was daar by julle eers die sweempie van twyfel of selfondersoek
nie. Nie eers om 'n fasade te probeer behou nie!

Sies! Twee ou windgatte wat op"-gang" op iemand in 'n heksejagtery en
mekaar nog in die openaar staan en gelukwens daaroor ook!

En dit omdat hulle nie hou van wat sy sê nie!!
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10202 is 'n antwoord op boodskap #10185] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca wrote in article
...

> Op hierdie stadium het ek seker al wat 'n leser van hierdie nuusgroep
> is uit sy of haar geloof geskok. Hoe kan ek soo gevoelloos wees? Hoe
> kan mens daardie mense soos diere laat doodgaan?
>
> Ons Westerlinge het 'n morele dillema. Ons morele oortuigings wat
> gefundeer is in die Christelike geloof laat ons nie toe om ons medemens
> te sien lei en self niks daaraan te doen nie. Dus doen ons iets om die
> mense te help. Maar deur dit te doen veroorsaak ons dat die
> probleem net groter word. Nou wat moet ons dat doen?
>
> Dis 'n moeilike vraag. Maar ek sou twee goed voorstel. Eerstens sou
> ek sê ons moet liewer nie inmeng waar ons nie verstaan wat aangaan
> nie. Tweedens moet ons uitvind wat aangaan. Nou wat bedoel ek met
> "wat aangaan"? Verstaan ons dan nie wat aangaan in Afrika nie?
>
> Nee, volgens my mening verstaan die Weste (en veral die hier in Noord
> Amerika) nie 'n snars van die Afrika kulture nie. Ek wil so ver gaan om
> te sê dat hulle nie eers besef hoe verskillend kulture kan wees nie.
>
> As voorbeeld van hoe dinge kan verskil wil ek die volgende vertel. Maar
> eers dit: elke kultuur bevat as deel daarvan 'n moraliteit. Dit is die ree"ls
> en beginsels wat bepaal wat reg en verkeerd is. Maar hierdie moraliteit
> kan soos dag en nag verskil tussen die verskillende kulture

Liewe Stef,

Baie dankie vir 'n insiggewende bydare. Dit het my diep en
wyd laat dink. Ek gaan nie daarop kommentaar lewer nie.
Ek gaan blootweg vertel wat eergister gebeur het.

Laas Saterdag het ek, Ockert, Lukas en Frans 'n
900km heen en weer getoer tot agter die Blouberg.
Die Blouberg is wes van die Soutpansberg gelee.
Min van julle sal die wereld van die Blouberg ken. Net
so min ken Blouberg se mense julle wereld.

Ockert is 'n Afrikaner. Ek en hy wou oor kreatiwiteit,
chaos, orde en kompleksiteit gesels. Hy wou ook 'n
naruurskoon onbekend aan hom verken en ek wou dit
weer 'n slag verken. Ek wou ook aan Ockert 'n paar
reuse Adenia spinosa's gaan wys - uiters seldsame
vetplant grenadillas wat elk oor die 1000 kg weeg.

Frans ('n Sotho) en sy vrou Rita ('n Tswana) werk
al 6 jaar vir my. Lukas ken ek al 20 jaar. Hy is 'n
Sangoma vir wie botu (ubuntu) baie belangrik is. Daar
is al so baie ubuntu met hom dat hy die laaste paar
jaar selfs skaam word as hy moet praat. Ons het
mekaar sowat 20 jaar gelede een dag in die veld
raakgeloop en besef dat ons 'n gemeenskaplike
belangstelling het. Dis deur my wat Lukas met
Frans en Rita bevriend geraak het.

Frans en Lukas wou graag die wereld sien waar die
die Adenia spinosa wat ek van my eie saad af groei,
vandaan kom. Dis 'n wereld vol van armoede. Droogtes
is so gereeld soos reen. Frans(II) woon in 'n gehuggie
met die naam Windhoek. Al die geboue is ronddawels
met moddermure en rietdakke, behalwe een groot gebou
wat van gebakte stene, sement en sinkdak gemaak is.
Dis nog in die vroee dae van die Lebowa regering gebou.
Dit word die skool genoem, maar dien ook as kliniek,
vergadersaal, ontspanningplek en kerk vir die ZCCs.

Ek en Ockert het voor in my bakkie gerei en geklets
terwyl Frans en Lukas sigbaar agterin geklets het.
Ek is by verre nie ryk genoeg om 'n toegeboude 4x4
te kan bekostig nie, anders sou ons almal saam kon
klets.

Ek wou ook om 'n ander rede daar wees. Sowat 15 jaar
gelede het ek 'n ander swartman, Frans(II) agter die
Blouberg ontmoet terwyl ek en 'n Duitser besig was
om plante te fotografeer. Sedertdien, as ek daar kom,
gaan soek ek Frans(II) op. Laas jaar was ek weer daar
om 'n naweek te kon ontsnap van my beskawing.

Na 'n ruk kom sy dogtertjie by ons. Haar vel was vol
skubbe, haar magie opgeswel en die vleis weggetrek
van die tande. Sy het ernstig gelei aan skeurbuik
(vit C tekort). Ek het vir Frans(II) gevra of hy by
die kliniek was. Ek wou slange vang toe ek sien wat
die Portugese dokter as medisyne gegee het - 'n
botteltjie mediese parafien. (Mens kan net raai wat
Frans(II) met Portugees bedoel het - Spaanssprekende
Kubaan?)

Ek vra hom toe of daar ander kinders was met dieselfde
probleem. Gou-gou het hy 20 laat nader staan. Dis toe
dat ek die bekommerde moeders laat naderstaan het. Ek
het vertel dat die kinders elke dag Maroggo (blaarkos)
moet eet en dat hulle drie soorte maroggo in die week
moes afwissel.

Ek wou kyk hoe dit na meer as 'n jaar met die kinders
van Windhoek gaan.

Wel na 6 ure se gery en praat en plek-plek se gestop
en eet of rondkyk het ons by Frans(II) aangekom.
Hy was by die skool - die dag 'n kliniek vir sekssake
waarby groot en klein betrek is. Ons vyf het lekker
gesels. Sy vrou het ook kom groet - en die dogtertjie.
Sy was pragtig gesond. Ek vra toe of hulle nog elke
dag Marrogo eet. Hy sê toe ja. Ek vra toe wat dink
hy het die kinders gesond gemaak. Hy sê toe dis die
olie. Ek en Ockert was stomgeslaan - ons eerste
kultuurskok van die dag.

Daarna is ons na die plante toe. Na 'n lang gesoek
het ek hulle weer gekry - na omtrent 15 jaar het ek
nie mooi geweet waar hulle groei nie. Die plante was
in 'n wonderlike toestand. Laas somer was weer 'n goeie
jaar. Vir Ockert was hierdie plante die kersie op 'n
hele dag se koek.

Hy vra my toe hoe oud ek dink hulle was. Ek het
saailinge 5 jaar oud, so groot soos 'n hoendereier.
(Ockert het hulle gesien. Frans versorg hulle alreeds
5 jaar saam met my. Hulle verkope help om sy salaris
te vorm.) Na 10 jaar sou hulle so groot soos
'n lemoen wees en na 50 jaar so groot soos 'n pampoen.
Die kleinste plant by daardie kolonie was so groot
soos 'n pampoen, omtrent so oud soos ek. Die groot
oupa en die groot ouma, elk so groot soos 'n bees, maar
net rond met 'n donkergoren lyf, moes oor die 500 jaar
oud wees.

Ockert het my berekeninge gevolg. Hy was verstom oor
die stelling dat die plante reeds daar was voor Dias
die Kaap ontdek het. Frans en Lukas was buite
hoorafstand toe ek die berekeninge gedoen het. Ek vra
Frans toe hoe oud hy dink hulle is. 20 jaar! Lukas
het egter gemeen dat hulle 30 jaar oud is. Toe ek
met my 500 jaar antwoord, was hulle vol ongeloof.
Nog erger, nog ek, nog hulle, kon iets gedokumenteerd
uit hulle geskiedenis oproep om 'n idee te kry van
hoe oud 500 jaar is. Frans en Lukas is albei my oderdom.
Hulle wou nie toegee dat die plant wat so groot soos 'n
pampoen ons drie se ouderdom is nie. Ockert en ek
was stomgeslaan - ons tweede kultuurskok van die dag.

Terug huis toe het ek en Ockert ook oor kreatiwiteit
en armmoede gepraat. Die aand toe ek Frans, na nog 6uur,
by sy huis aflaai, vra ek vir oulaas: "Frans, dink jy
die mense is ryk?". Hy verras my en Ockert deur ewe
ferm "Ja" te antwoord. Ek vra toe hoekom. Hy antwoord:
"Hulle het beeste." Dadelik skiet my ander vriend Ben
se insig my te binne. Hulle woord vir die mens se siel
is 'die-bees-met-die-nat-neus'. Ockert en ek was
stomgeslaan - ons derde kultuurskok van die dag.

Die armoede wat ons raakgesien het, het hulle nie
raakgesien nie. En die rykdom wat hulle raakgesien het,
het ons nie raakgesien nie. Wat 'n chaos in 'n dag wat
daar oor kreatiwiteit, chaos, orde en kompleksiteit
gepraat is.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10203 is 'n antwoord op boodskap #10073] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article

> Nou, dit lyk vir my of jy en Leendert nou nie juis spaarsaam te werk
> gegaan het met julle "moral self-restraint" hier nie.
> Albei van julle het sonder om 'n ordentlike saak uit te maak, sonder
> om Gloudina te vertel wat die beskuldiging behels en sonder om haar te
> vra om daarop te antwoord - en nou kom ek nog nie eers by die aan haar
> vra of sy verhoor wil word nie - haar skuldig bevind.

Koos, ek respekteer jou ridderlike verdediging van Gloudina. Maar jy maak
'n fout.

Gloudina het drie deelnemers aan hierdie nuusgroep by name beskuldig van
persoonlike aandadigheid aan die Heynsmoord. Ek was een van hulle. Ek het
dadelik daaroor beswaar aangeteken, en sedertdien herhaaldelik
geprotesteer. Gloudina het, soos jy ook al gemaak het, verkies om die
aangeleentheid te ignoreer en te reageer deur op verskeie ander punte aan
te val. In die proses het sy onder andere onder die belt begin skop.

Die beskuldiging oor die Heynsmoord is, natuurlik, pure onsin, en geen mens
kan dit ernstig opneem nie - behalwe vir die feit dat dit, dink ek, vir die
meeste mense in Suid-Afrika en vir baie Afrikaners in besonder 'n uiters
troumatiese insident behels, wat intense gevoelens opwek.

Die feit dat die beskuldiging so sinneloos is, het egter opsigself
betekenis. Dit is eintlik deel van eintlik 'n hele reeks soortgelyke half
sinnelose beskuldigings, aantygings en halflasterlike bewerings waarmee
Gloudina haar bydraes deurspek.

Nou kan mens op twee maniere reageer op so 'n duidelik sinnelose bewering.
Jy kan dit ignoreer en omdat dit ooglopend wind is sal dit wegwaai sonder
om 'n spoor na te laat. Jy kan dit egter ook aanval en daardeur die aandag
vestig op die sinneloosheid van die hele kategorie bewerings wat sy maak.
Ek het hierdie weg gevolg en Gloudina het haar uiterste bes probeer om dit
te ignoreer en die aandag daarvan af te lei.

Jy sal oplet dat sy oor die afgelope naweek inderdaad soos die Gadareense
swyne in alle rigtings begin hol het. Sy het in vyf boodskappe vyf
irrelevante flou aantygings gemaak - sy het van my tydsbestuur tot my
geloofbelydenis bevraagteken, my beskuldig van antisemitisme en vrouehaat.

Die feit is, Koos: Anders as wat jy beweer het ek Gloudina herhaaldelik en
duidelik gekonfronteer met haar haatspraak oor die Heynsmoord. Sy weier om
haar daaroor te verantwoord.

Op die gevaar af om pop psychology te pleeg vermoed ek dat haar weiering
aandui dat al haar aantygings grotendeels min te maak het met my of met ons
wat die teikens van haar wrewel is. Ek dink dit het te maak met bepaalde
keuses wat sy in haar lewe gemaak het (miskien nie heeltemal vrywillig nie)
en waaroor sy nie vrede het nie. Ek vermoed ook dat haar kind se
teenwoordigheid hier die dinge juis nou vir haar baie aktueel maak.

Ek is dus eintlik baie jammer vir Gloudina, maar ek dink dat sy in sommige
van die dinge wat sy (vermoed ek) ervaar 'n voorloper is vir 'n hele geslag
Afrikaners wat die keuse van ballingskap sal moet werwerk. Ek dink dat die
tema van ballingskap nog baie sterk in ons letterkunde en in forums soos
hierdie sal ontwikkel oor die volgende jare. Sommige sal miskien die tema
van ballingskap deur verskeie fases ontwikkel en miskien, soos Gloudina se
amperse tydgenoot Breyten Breytenbach, daaruit kom steeds in staat om te
praat van "ons".

Ander sal miskien probeer om die ballingskap te ignoreer. Maar op bepaalde
tye in hul lewens sal hulle daarmee gekonfronteer word. Juis dan kan dit
gebeur dat hulle, soos die Legio, dit probeer verwerk deur die
verantwoordelikheid vir hul keuses op "julle" of "hulle" te plaas.

In die volgende geslag sal dit verby wees. Net hier en daar sal mens nog 'n
afstammeling van die ballinge kry soos die Jodinnetjie uit San Fransisco
wat teenoor my beken het dat sy en baie van haar tydgenote voel dat hul
grootouers saam met die Amerikaanse "melting pot" veel meer aandadig was
aan die uitsterf van die Jiddischerkultuur as Hitler self. Sy voel dat
hulle geen deel het aan die Amerikaanse erfenis nie, en dat hulle werklik
geen kultuur het nie. Sy voel dat hulle grootouers hulle iets baie kosbaar
en onvervangbaar ontneem het en neem hulle kwalik dat hulle dit so
vrywillig gedoen het. Jy self het al dikwels genoem dat dit vir jou
belangrik is hoe jou kinders hul erfenis ervaar, so ek reken jy verstaan
iets van wat die jodinnetjie bedoel.

Miskien voel Gloudina ook iets hiervan aan. Miskien begin sommige van haar
afstammelinge reeds soek na hul roots. Ek weet nie. Miskien is my pop
psychology heel verkeerd. Miskien glo sy regtig ek het die sneller getrek
wat 'n dum-dum ko�l in Heyns se kop laat ontplof het en sy gesig, sy hare
en sy harsings oor sy kleinkinders gesprinkel het. Ongeag watter een die
regte verklaring is, is dit duidelik dat die Legio haar in besit het.
Daaroor is ek jammer vir haar.

Groete, Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10204 is 'n antwoord op boodskap #10073] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina skryf

> Nee, jy is verkeerd. Ek is nie so arrogant om te dink dat
> ek weet hoe hulle is of hoe hulle dink nie. Maar ek weet
> dat hulle in die laaste analise net soos ek is, met die-
> selfde begeertes en gevoelens. En dat respek al wat nodig
> is. Nie "verstaan" aldag nie.

Ek verskil van jou. Ek voel dit is belangrik dat mens mekaar moet
verstaan. Respek alleen is nie goed genoeg nie. Dit is nodig, maar
dit alleen kan nogsteeds veroorsaak dat misverstande ontstaan.

> Nee, die wrewel teen die mense wat die goeie naam van die
> Afrikaner beswadder het sal nooit ophou nie.

Ek dink iemand soos Nelson Mandela het baie meer rede om 'n
wrewel teen hierdie mense te he^. Hy moes immers 'n groot deel
van sy lewe in 'n gevangenis deerbring. En tog is hy grootmoedig
genoeg om mense te vergeef. Miskien moet mens sy voorbeeld
volg.

> As jy nog nie gehoor het van die Mennonite Central Committee
> nie, dan is jy seker nog nie lank genoeg in die land nie, of nie
> geinteresseerd nie.

Ek is nou al bietjie meer as 'n jaar in Kanada en ek luister gereeld
nuus en ek kan nie onthou dat ek al ooit iets van die MCC en hul
aktiwiteite gehoor het nie. Ek is wel bewus van die Mennonites.
Van hulle bestaan was ek al bewus nog voor ek Kanada toe gekom
het.

As jy so 'n broertjie dood het aan al die
> mense wat hulle medemense wil probeer help, dan is daar seker
> maar nie teveel salf aan jou te smeer nie. Weet altyd beter.

Ek oefen maar net my reg uit om my opinie te lig. Ek is daarvan
bewus dat ek nie alles weet nie en miskien partykeer 'n
skeefgetrekde opinie het. Maar ek sal dit nooit uitvind as ek nie
my opinie lig en ander uitnooi om daarop te reageer nie.

In 'n ander boodskap vra jy die vraag hoekom almal jou so aanval.
Wel as ek dalk bietjie raad mag gee: jy is geneig om "die man te speel
en nie die bal nie". Met ander woorde jy is gedurig besig om op
subtiele (soms katterige) manier mens persoonlik aan te val eerder
as om dit wat mens sê te kritiseer. Dit affronteer almal wat die
boodskap lees.

Stef
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10205 is 'n antwoord op boodskap #10073] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...

> En jy het my dan so bitsig uitgekak laas....
> Nooit my vrae geantwoord ook nie.
> My net met de modder begooi en toe in 'n sulk gegaan!

Liewe Koos

Ek het toentertyd dit duidelik gestel dat ek nie 'n antwoord
kies uit 'n meervoudige-keuse-vraag wat jy vir my opgestel
het nie.

> Ou At:
> 1. Jy is 'n swami genoem omdat jy soveel onverstaanbare twak
> kwytgeraak het. En omdat jy so 'n aversie gehad het om vrae reguit te
> beantwoord.
> 2. Julle skreeu darem lekker "hubris! hubris!" op iemand anders, he?
> Die vingers skiet uit, voor aan die arms, en die stemme klink skielik
> op: "hubris! hubris!"
> So al asof dit se: "Daar! Heks! Verbrand haar! Moenie na haar luister
> nie!"
>
> (Met die aksent op "...moenie na haar luister nie..." )
>
> Wat se hubris-twak is dit?

In 'n ander bydrae jet ek gesê dat "hubris" iets soos
"domastrant" is - miskien net veel erger.

> Nou watse stront is dit die?
> Klap jouself. Drink vier koppies koffie en probeer se wat jy bedoel.

Domastrantheid is 'n belangrike oorsaak waarom
mense mekaar van stront beskuldig.

> (Ek vermoed dis iets soos: "Gloudina hou asseblief om te dink, want jy
> dink - EK IS BAIE SLIM - nie soos ons nie. Of hou ten minste op - EK
> IS BAIE SLIM - om te se wat jy dink want ons kan dit nie verdra - EK
> IS BAIE SLIM - om jou heldere kritiek te lees nie.")

Ek probeer nie voorgee om BAIE SLIM te wees nie.
Jy lees alweer jou eie gedagtes in wat ek skryf.

Ek het al male sonder tal geskryf dat ek in liefdevolle
harmonie met die res van die werklikheid wil leef.

Ek het 'n lewe vol van ervarings. Daaruit het ek geleer
dat 'n liefdevolle harmonie vereis dat ek moet probeer
om die werklikheid te verstaan.

Ek het veral geleer dat om ander mense te kan
verstaan, moet jy met hulle praat.

As die drie dinge (liesdevolle harmonie, verstaan en
praat) vir jou misterie is, hoekom dit stront noem?

> Nou, dit lyk vir my of jy en Leendert nou nie juis spaarsaam te werk
> gegaan het met julle "moral self-restraint" hier nie.
> Albei van julle het sonder om 'n ordentlike saak uit te maak, sonder
> om Gloudina te vertel wat die beskuldiging behels en sonder om haar te
> vra om daarop te antwoord - en nou kom ek nog nie eers by die aan haar
> vra of sy verhoor wil word nie - haar skuldig bevind.

Koos, Leendert kan iets veel beter as ek doen. Hy kan
Grieks lees, skryf en praat. As hy alles in Grieks sou
gedoen het, sou jy nog steeds met jou bewerings hierbo
volhou? Om hom van dinge te beskuldig wat vir jou Grieks
is, is domastrant.

> Elders het Leendert die skuldigbevinding met 'n groot gelaai van
> beledigings aan haar gestel.
> En jy At, jy het dit omhul met 'n selfverheerliking.
> Met 'n genotvolle vertel van hoe goed jy is en hoe jy mense van
> "hubris genees".

Ek probeer om myself van "hubris" genees te kry. As dit
vir jou na self-verheerliking klink, sal ek seker maar moet
ophou skryf op die manier wat ek dit doen. Dan sal jy seker
alles verstaan en uiteindelik ubuntu ervaar.

Ek skryf inderdaad oor myself. Ek probeer nie myself
daardeur verheerlik nie. Ek weet dat ek myself oopmaak
vir aanvalle soos joune. Ek verwag dit ook. Maar deur
myself oop te maak, weet ek dat ander, selfs jy
daarop sal antwoord. In daardie antwoorde sien ek myself.
Met ander woorde, hier is nou weer een een van my
swami stellings: julle is die ander deel van my.

Ek weet van ander mense wat nooit oor hulleself in die
NG skryf nie. Maak dit hulle helig? Maak dit hulle vry?

Dis vir my lekker om met ubuntu te wees en te werk.
(Let wel, geen mens kan self beweer dat hy/sy ubuntu
HET nie.) Hubris is 'n kanker wat ubuntu vernietig. Ek
het nog nooit die stelling gemaak dat ek hierdie kanker
suksesvol kan beveg nie - jou "Met 'n genotvolle vertel van
hoe goed jy is en hoe jy mense van "hubris genees".".
Jy lees weer jou gedagtes in wat ek skryf.

Laat ek dit nog eens duidelik stel. Ek wil graag 'n
sieketrooster (hospitum) wees vir mense wat aan
enige graad van "hubris" lei, maar veral die wat skynbaar
hopelose gevalle is. Wat is verkeerd daarmee? En as ek
dit nie doen nie, dan neem jy my kwalik dat ek nie
reageer nie!

Die beeld van skipbreukelinge op 'n skip sonder seile of
'n stuur doem by my op. Ek is een van die skipbrekelinge
- ek ly self aan hubris. Maar ek probeer om water te vind
en jy skryf dat ek voorgee dat ek nie dors het nie. Is die
dors nie besig om ons waansiing te maak nie. Ek hoop
dat ek in my eie waansin nie sover sal gaan om seewater
te drink nie.

> 'n Soort "hubris buster".
> 'n Hubris-inkwisisie.
>
> Wow....
>
> Nerens was daar by julle eers die sweempie van twyfel of selfondersoek
> nie. Nie eers om 'n fasade te probeer behou nie!
>
> Sies! Twee ou windgatte wat op"-gang" op iemand in 'n heksejagtery en
> mekaar nog in die openaar staan en gelukwens daaroor ook!

Kyk my vorige twee paragrawe. Miskien is dit wat jy
soek. Miskien drink ek daarmee seewater.

> En dit omdat hulle nie hou van wat sy sê nie!!

Twak man. Ek het van baie dinge gehou wat Gloudina
geskryf het. Partykeer het ek dit nie reguit vir haar gesê
nie. As sy my daaroor kwalik neem, kan sy my dit
self meedeel. Antwoord my egter dit - is dit nie hubris
om onafgespreek namens iemand anders te praat nie?

Ek het ook verskil van Gloudina. Gewoonlik, as ek dit
nie duidelik genoeg doen nie, laat sy my dit goed op
haar manier weet. As ek haar manier verkeerd vertolk, kan
sy my dit weer self meedeel.

Ek is lief vir Gloudina (wat party mense in een kamp
plaas) en lief vir byvoorbeeld Vira (wat party mense weer
duidelik in 'n ander kamp plaas). Vir my is hulle almal in
een "kamp" - 'n kamp wat ek nie eers omhein wil sien nie.
Maar ek is vir jou en Leendert ook lief. Vir my is julle ook
in daardie onomheinde kamp. Ek wil self in daardie kamp
wees. Maar hierdie virtuele heinings wat baie mense na
willekeur oprig en dan almal van die een kamp na die ander
kamp rondjaag, gaan my verstand te bowe.

Ek besef ten volle dat om die kampe as virtueel te beskou,
self as "hubris" beskou kan word. Maar in die ongerepte
natuur is daar geen kampe waarin die diere en plante
ingejaag word nie. Daar is wel kampe wat plante en diere
kies en selfs kampe wat diere met hulle uitskeiding
(mis en pis) gewoontes definieer. Maar hulle sal wragtig
nie ander vorms van lewe daarin dwing nie. Daardie "hubris"
het die natuur nie.

My kleindogter wat 5 jaar oud is, is lief vir 'n rekenaar. Oor
nog 10 jaar sal sy sekerlik ronddwaal in 'n NG soos hierdie.
As haar oupa nog daar is, sal hy haar sekerlik begelei op
'n NG soos hierdie. Ek hoop dat dit dan veiliger vir 'n kind
as vandag is. Sy weet reeds dat die drif om te leer omgekeerd
is aan die drif om te verguis. Want selfs sy het 'n groot
probleem wat sy met my gedeel het. In die kleuterskool
vloek en verguis dit heel erg - en dit pla haar grensloos.

Alles van die beste
At de Lange

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10206 is 'n antwoord op boodskap #10073] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...

> By the way, hoekom waai jy nie?

Verskeie redes. Miskien hou sommige van die volgende daarmee verband:

Ek is nie 'n Jood nie, en Jode is nie Afrikaners nie. Ek onthou 'n baie
sterk antisemitiese uitspraak van Mandela 'n paar jaar gelede. Sedertdien
het hy natuurlik die Seepuntse sinagoge besoek en het ons die gekombineerde
Anne Frank - Hector Petersen reisende uitstalling gehad (en Jill Marcus in
die kabinet). Dit het die antisemitiese uitsprake uit daardie kamp 'n
bietjie gedemp. As ek egter 'n Jood was, was ek ook lankal in New York.

Ek wil my kinders as Afrikaners grootmaak. Ek dink nie dit kan buite
Afrika gedoen word nie.

Ek het ook 'n gevoel dat, juis binne die spanning en stryd wat hierdie
wêrelddeel beleef, die kans bestaan dat kulture meer volwasse mag word in
aanraking met mekaar. Ek het 'n soortgelyke gevoel in Griekeland ervaar.
Selfs onder die ongeletterde dorpsgrieke het ek 'n wysheid teëgekom wat
meesal afwesig is in die intellektuele ivoortorings. 'n Indiese diplomaat
het eenmaal teenoor my opgemerk dat daardie wêrelddeel een van die
wrywingsgebiede tussen die groot kultuurgebiede van die wêreld is, en dit
reeds vir vyfduisend jaar. Op sulke plekke, was sy bewering, leer mens meer
as in veilige kultuurenklawes. Ek vermoed dat Suid-Afrika ook so 'n "fault
line" is.

In die finale instansie: Van Wyk Louw, dink ek, was die een wat daarop
gewys het dat die Afrikaner dit as sy Godgegewe roeping sien om die
Evangelie in Afrika uit te dra. Hy het ook op die noodwendige
gevolgtrekking gewys - as dit sou beteken dat die Afrikaner in die
uitlewing van sy roeping self moet ondergaan, moet hy ook bereid wees om
dit ook te aanvaar. Ek reken Van Wyk Louw het hier 'n punt beet.

(In ligter trant, so met die Jode saam: Ou Prof Piet Cilliers het die
storie vertel uit sy dae by Die Burger. Hy en 'n besoekende Israeliese
redakteur het gesels oor die Afrikaner se persepsie van homself as 'n
uitverkore volk. Die Israeli het opgemerk: "You want to be the Chosen
People? You be the Chosen People. We have been the Chosen People for six
thousand years and look at us!")

Groete, Leendert
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10207 is 'n antwoord op boodskap #10184] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek gaan nou hard probeer om, op grond van klagtes oor lang boodskappe
hierdie een kort te hou.

At skryf:

> Jou en my ervarings het sekere dinge in gemeen terwyl
> die res verskil. Gooi ons al die ander se ervarings
> daarby, het ons voorwaar 'n bonte spul waaruit ons
> sin "moet" probeer maak.

Interessant dat jy die beeld gebruik. Dis min of meer hoe ek die
konsep van 'n kultuur sien. Oorvereenvoudig: die deelversameling van alles
wat in die koppe van die mense iin 'n gemeenskap is.

> Jou sin "Wel ek wil op geen manier [xxx] op enigiemand
> afdwing nie." gryp my aan.

In die algemeen kon ek seker ook gesê het:
"Ek wil nie fascisties wees nie."

> Ongelukkig het ek nie my bron byderhand nie.
> Maar ek belowe dat ek vir jou en al die ander die
> beginsels van die Franse Rewolusie sal vertaal en
> vir ons NG sal intik.

Die beginsels van die Franse Revolusie en die gevolge van
die Franse Revolusie is tog seker twee verskillende aspekte.
Mens kan nou terugkyk en mensself afvra of dit goed was dat
daar 'n Franse Revolusie was en almal sal met eerste opslag
seker sê: Ja inderdaad. Maar iewers het ek gehoor dat daar
mense in Frankryk is wat nie saamstem nie. Dis nie die
beginsels waarmee hulle 'n probleem het nie -- dit kon immers
netsowel as die beginsels van die Franse Evolusie bekend
gestaan het as die geskiedenis anders verloop het. Dis met
die feit dat verandering deur 'n revolusie gekom het
waarmee hierdie Franse 'n probleem het. Dit het baie dinge
tot niet gemaak waarmee daar niks fout was nie. Die gevolg
was 'n gemors. (Ek wil die woord `chaos' gebruik maar
miskien dra hierdie woord vir jou spesiale betekenis.)

> Ek neem aan dat jy
> (net soos ek) as fisikus opgelei is.

Ek is as ingenieur opgelei en poog om nou as fisikus
`heropgelei' te word.

Vir my is die vind van 'n hersiene reel
> wat die uitsondering insluit, altyd 'n rewolusie.

Dit klink vir my asof jy hier na iets verwys wat ek met die
term `paradigma skuif' sou beskryf. Hierdie het met 'n
verandering in denkwyse te doen terwyl revolusie vir my meer
'n fisiese en geweldadige proses is.

> Ek stem met jou saam! Dog, wat jy sopas geskryf
> het, noem ek rewolusie en jy noem dit evolusie.

Dit is vir my verstommend dat ons dieselfde konsept met
presies teenstrydige terme beskryf.

Ek dink ek begin nou verstaan waar ons verskil in begrip le^.
Ek maak 'n onderskeid tussen die proses waardeur nuwe idees
verkry word (innovasie) en aanleiding kan gee tot 'n nuwe
paradigma, en die proses waardeur nuwe idees geimplimenteer
word: wat neerkom op 'n revolusie of 'n evolusie.

As voorbeeld kan mens die verandering in Suid Afrika neem. Die
verandering in die paradigma (van "apartheid is reg" na 'n paradigma
van "apartheid is verkeerd" het feitlik oornag gebeur. Nogtans is
die implimentering daarvan stadig genoeg gedoen dat toe die
verkiesing plaasgevind het die wêreld skoon terleurgesteld was
dat daar nie 'n oorlog uitgebreek het nie.

> Die KUNS is om
> te weet wanneer 'n naam nie meer geldig is nie.

Jy verwys nou hier na die terme konserwatisme en liberalisme
as ek reg verstaan. Op watter manier bedoel jy het hierdie
terme ongeldig geword?

> Gee vir my 'n beter Afrikaanse woord as "moet" en ek
> gebruik hom.

As ek jou reg verstaan wil ek voorstel dat mens die woord
"noodwendig" gebruik. Soos in: "elke mens het noodwendig
'n liberale en 'n konserwatiewe komponent". Is dit wat jy
wou sê?

Mmm, die boodskap is tog nog bietjie lank

Stef.
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10208 is 'n antwoord op boodskap #10073] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 4 Aug 1997 08:52:02 GMT, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>>[/color]

Wat was dit nou weer?
En wat was die konteks nou weer?

Gee dit bietjie - bloot in die belang van objektiwiteit, jy weet.
Ons moet waak teen wat ons losweg se, of hoe?
Kan dalk hubris optel...
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10235 is 'n antwoord op boodskap #10073] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On 4 Aug 1997 08:52:02 GMT, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >>
>
> Wat was dit nou weer?
> En wat was die konteks nou weer?
>
> Gee dit bietjie - bloot in die belang van objektiwiteit, jy weet.
> Ons moet waak teen wat ons losweg se, of hoe?
> Kan dalk hubris optel...

Die Burger 3 Maart 1990

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes het gesê hy wil 'n
ontmoeting met mnr. Mandela reël om die saak te bespreek. Mnr. Mandela het
in Lusaka gesê daar is talle ooreenkomste tussen die stryd van die PBO in
Israel en dié van die ANC in Suid-Afrika. Mnr. Mandela het ook die leier
van die PBO, Jasser Arafat, in Lusaka ontmoet. Volgens berigte sou mnr.
Mandela ook aan joernaliste gesê het
dat indien Suid-Afrikaanse Jode nie van die waarheid hou nie, daar niks aan
te doen is nie.

Die Burger 26 Maart 1990

In 'n ope brief aan mnr. Nelson Mandela het 'n eertydse vriend van hom
gister 'n beroep op die ANC-leier gedoen om die Joodse gemeenskap in
Suid-Afrika daarvan te verseker dat hy vir hul gevoelens en regte omgee.

Mnr. Cecil Eprile, stigtingsredakteur van die eerste groot Sondagkoerant in
Suid-Afrika, het die beroep gedoen nadat hy hom in dieselfde brief skerp
uitgespreek het oor sy teleurstelling in die onlangse uitlatinge van mnr.
Mandela oor die Joodse gemeenskap. Dit volg nadat mnr. Mandela ten tyde van
sy eerste besoek aan die buiteland Jasser Arafat, leier van die Palestynse
Bevrydingsorganisasie (PBO), in Lusaka omhels en gesê het dit traak hom nie
wat die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika daarvan dink nie. ''Jou stelling
dat dit nou maar tot daarnatoe is as die 'magtige Joodse gemeenskap in
Suid-Afrika deur die waarheid vervreem word', dui op 'n ngevoeligheid wat
nie eie aan jou is nie,'' skryf mnr. Eprile onder meer in die brief, wat
gister in die Sunday Times verskyn het.

Die brief van mnr. Eprile, volgens eie erkenning 'n ou vriend van mnr.
Mandela, het gister onder die opskrif ''Dit is nie die Nelson wat ek onthou
nie'' in die Sondagkoerant verskyn. Volgens mnr. Eprile openbaar mnr.
Nelson se gewraakte woorde ook 'n kilheid wat heeltemal verwyder is van die
beeld van mnr. Mandela wat hy (mnr. Eprile) en ander al so lank in hul
harte dra. Mnr. Eprile, wat tans in die Amerikaanse staat Kalifornië woon,
verwys in die begin van sy brief daarna dat hy een van 'n aantal Jode is
wat daarop kan aanspraak maak dat hulle vriende van mnr. Mandela is. Terwyl
hy redakteur van Post was, het mnr. Mandela daarvoor voorsiening gemaak dat
mnr. Eprile gereeld voorligtingsvergaderings oor die ANC bywoon sodat hy
akkurate berigte oor die ANC kon plaas.

Mnr. Mandela se destydse vertroue in mnr. Eprile spreek ook daaruit dat die
ANC-leier hom kort vóór sy inhegtenisneming byna dertig jaar gelede na sy
skuilplek laat kom het. ''Sedert dié dae het ek jou met trots en
goedgesindheid dopgehou,'' skryf mnr. Eprile. ''Maar as 'n ou vriend moet
ek aan jou
sê dat my hart gesink het, soos baie ander Joodse harte, toe jy die PBO se
Jasser Arafat omhels en gesê het hy veg 'net soos ons teen 'n unieke vorm
van kolonialisme en ons wens hom sukses toe in sy stryd'.''

Mnr. Eprile skryf voorts dat mnr. Mandela nietemin die reg het om
enigiemand te omhels en te sê dat die vyande van Israel nie sy vyande is
nie. ''Maar Arafat word beskou as 'n leier met 'n koelbloedige beleid van
moord op burgerlikes, insluitende kinders - en jy en jou naaste kollegas
spreek reeds lank jul afkeer van moord uit.''

Mnr. Eprile gaan voort om mnr. Mandela daarop te wys dat die Joodse
gemeenskap in Suid-Afrika 'n meer betekenisvolle rol as ander blanke groepe
gespeel het in die stryd teen apartheid en dat ''die
Joodse Helen Suzman'' jare lank die enigste stem in die Parlement was wat
die staat aangespreek het oor die ongeregtighede in die stelsel van
apartheid.

Teen die einde van sy brief skryf mnr. Eprile dat mnr. Mandela 'n
merkwaardige en bemoedigende stelling gemaak het toe hy gesê het die
belange van blanke Suid-Afrikaners moet nie oorgesien word by die uitwerk
van 'n demokratiese politieke proses in Suid-Afrika nie. ''Ek versoek jou
om dit op te volg met 'n versekering aan Suid-Afrika se Jode dat jy vir hul
gevoelens en regte omgee. ''. . . Maar daar is nie meer baie tyd nie. As
gegriefdheid nie dadelik aandag kry nie, word dit erger. Die erhouding
tussen die ANC en die Joodse gemeenskap is 'n toetssteen vir die toekoms
van Suid-Afrika.''

Mnr. Eprile sluit sy brief af: ''Ek spreek die Nelson Mandela aan wat 'n
groot genoeg man was om die goeie raak te sien selfs in dié wat hom gevange
gehou het. ''Laat ek asseblief my beeld van jou behou as 'n geneser van
wonde en 'n baken van hoop in 'n wêreld van spartelende verandering.''

Beeld 29 Augustus 1990

MNR. NELSON, adjunk-president van die ANC, het hom weer die gramskap van
die Jodedom op die hals gehaal deur 'n uitlating waarin hy die Sionisme
bevraagteken en aan rassisme gelyk gestel het.

Suid-Afrika se Joodse gemeenskap is ''uiters ontsteld'' daaroor. Mnr.
Mandela is klaarblyklik totaal oningelig oor die Sionisme, het mnr. Solly
Sacks, nasionale voorsitter van die Suid-Afrikaanse
Sioniste-Federasie in Johannesburg, gister gesê..

Vroeër vanjaar was Jode oor die wêreld heen briesend nadat mnr. Mandela die
leier van die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO), Jasser Arafat, in die
openbaar omhels het en oor sy uitlatinge oor Israel en die Palestyne. Dit
het onder meer daartoe gelei dat mnr. Mandela met sy besoek aan Amerika
deur Joodse leiers gekritiseer is. Mnr. Sacks het gesê die
Sioniste-beweging is die Jode se nasionale bevrydingsbeweging. Dit staan
vir vryheid, demokrasie en verdraagsaamheid. Dit is dus die teenpool van
rassisme.

Die Burger 23 Augustus 1993

Suid-Afrikaanse Jode het niks te vrees van 'n toekomste ANC-regering nie
ondanks dié organisasie se bande met die Palestynse Bevrydingsorganisasie
(PBO), het mnr. Nelson Mandela Saterdagaand gesê op die nasionale kongres
van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes. Hy het benadruk dat
die ANC gekant is teen anti-Semitisme en alle vorme van rassisme. ''Die ANC
dring aan op die reg van die staat Israel om te bestaan binne veilige
grense, maar ons ondersteun die Palestyne se reg tot selfbeskikking met
dieselfde erns.'' Hy het egter erken dat die ANC baie ongelukkig is oor die

militêre samewerking tussen die regerings van Israel en Suid-Afrika. Die
Joodse gemeenskap beskik oor die professionele, kommersiële en
nywerheidsvaardigheid om 'n groot bydrae te lewer.
* Mnr. Mandela het Saterdagaand namens die Joodse gemeenskap die
Nahum Goldmann-toekenning vir geregtigheid aan mev. Helen Suzman,
oud-LP, oorhandig.

>
>
[color=blue]>
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10264 is 'n antwoord op boodskap #10073] Do, 07 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
At skryf:

> As dit reen kla die boere en as dit droog is kla hulle ook.

Die boere moet nou maar kla :-)

> Die essensie van die Franse Revolusie was:
> ons, die onderdane, gaan nie meer die koning se slawe wees nie.
> Alhoewel die essensie eenvoudig was, het dit die komplekse Franse
> kultuur tot in sy fondamente geruk.
[...]

Ja-nee, die Frans Revolusie was beslis 'n groot mylpaal in die
ontwikkeling van die kulture van die mensdom.

>> Dit klink vir my asof jy hier na iets verwys wat ek met die
>> term `paradigma skuif' sou beskryf. Hierdie het met 'n
>> verandering in denkwyse te doen terwyl revolusie vir my meer
>> 'n fisiese en geweldadige proses is.
>
> Ek het geweldig begrip vir jou siening: dat die geestelike en
> die stoflike wereld nie dieselfde is nie.

Wag, verstaan ek nou reg? Assosieer jy die geestelike met
mens se verstand en gedagtes? Dis nie eintlik wat ek bedoel
het nie. Ek verstaan iets anders onder die term `geestelik'.

[...]
> Gestel iemand anders kom en kry net soos Newton die idee
> dat materiele goed (lewend en leweloos) en geestelike goed
> tog dieslefde basiese wet gehoorsaam. Gestel die persoon is
> toe reg. Is dit dan nie dalk moontlike dat 'n materiele revolusie
> en 'n paradigma skuif een en dieselfde ding is, behalwe dat hulle
> op die twee verskillende kante van die werklikheid werk.

Ek stem saam dat daar onderliggend dieselfde meganismes
werksaam kan wees in hierdie twee verskynsels. Maar ek sou
tog twee verskillende terme behou ter wille daarvan dat mense
kan weet waarvan gepraat word. Die rede hiervoor is dat die
gevolge nie die twee nie dieselfde is nie. Terwyl die een goed
en opbouend is, is die ander een afbrekend.

Watter wet is onderliggend tot beide revolusie (soos ek dit
verstaan) en paradigma skuiwe?

> [...] Jy is volkome reg as jy aanvaar dat die geestelike en vleelike
> werelde deur verskillende wette beheer word. Ek het baie soos jy
> gedink. Maar die dag as daar een wet gemeenskaplike aan albei
> werelde gevind word, begin die denkwyse waarmee ek met jou kan
> saamstem, uit mekaar val.

At ek is nou baie nuuskierig oor hierdie gemeeskaplike wet.

> Om net een ding saak uit te wys: innovasie en revolusie is dieselfde
> proses, hulle vind net op verskillende terreine plaas.

Maar ons het verskillende terme soos: innovasie, kreatiwiteit, revolusie
laterale denke, inspirasie, liberalisme. Al hierdie terme bevat 'n element
wat waarskynlik beskryf word deur die onderliggende gemeenskaplike
wet waarvan jy praat. Tog kan ons nie al hierdie terme aan mekaar
gelyk stel nie. Elkeen bevat 'n unieke stukkie informasie wat dit
verskillende betekenisse gee. As ons hierdie verskille verontagsaam
dan pleeg ons die vernietiging van informasie. Want as ons dan
hierdie informasie in 'n gesprek wil oordrae dan moet ons ekstra
byvoeglike naamwoorde gebruik waar ons van tevore slegs die
betrokke term kon gebruik het.

[...]
> Dis in hierdie opsig wat ek die terme revolusie en evolusie eerder
> as respektiewelik liberalisme en konserwatisme gebruik. Die laaste
> twee terme het na die Franse Revolusie hulle beslag gekry -die eerste
> twee lank voor dit. Ongelukkig, as 'n mens die werke van denkers in
> die eerste millenium nC lees, gebruik hulle terme wat vandag nie meer
> gebruik word nie. Om hulle in te voer, sal die taalgebruik van almal
> wat op die etimologie van die Latynse woorde "re-volvo" [terug draai]
> en "e-volvo" [oop draai]. Selfs in die dae van die Romeine met hulle
> Stoisynse (konserwatiewe) denke het hulle net soos jy nie baie van
> die Grieke (liberale) denke gehou nie. 'n Romein draai nie terug nie!

Goed ek dink ek verstaan dit: die terme liberaal en konserwatief het
in die plek gekom van revolusie en evolusie. Daarom verkies jy om
eerder ouer woorde te gebruik. Maar nou: gestel die kultuur het nou
sodanig ontwikkel dat die twee ouer woorde se betekenis in die
volksmond verander het en nou iets effens anders beteken. Gestel
terselfdertyd dat daar twee nuwe woorde ontstaan het wat die vorige
betekenis van die twee ouer woorde aangeneem het. As mens nou
aan die vorige betekenis van die twee ouer woorde gebruik dan gaan
mense wat gewoond is aan die hedendaagse gebruik van die woorde
mens mos nou misverstaan. Sodoende faal die kommunikasie proses.

> Ek sou noodwendig ook kan aanvaar. Maar is dit nie te
> depressief nie. Ek weet dat die woord 'moet' te imperialisties
> (verpligtend, gedwonge) is. Ek soek 'n eenvoudige woord
> wat "absoluut noodsaaklik" is.

Nee goed, 'n beter voorstel het ek nie:-)

Stef
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10274 is 'n antwoord op boodskap #10073] Vr, 08 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
ro...@physics.utoronto.ca wrote in article
...

>> Ek het geweldig begrip vir jou siening: dat die geestelike en
>> die stoflike wereld nie dieselfde is nie.
>
> Wag, verstaan ek nou reg? Assosieer jy die geestelike met
> mens se verstand en gedagtes? Dis nie eintlik wat ek bedoel
> het nie. Ek verstaan iets anders onder die term `geestelik'.

Ek verstaan onder geestelik enigiets wat nie materieel is nie.
Dit behels dus dinge soos siel, hart, verstand, bewussyn,
onderbewussyn, ens.

>> Gestel iemand anders kom en kry net soos Newton die idee
>> dat materiele goed (lewend en leweloos) en geestelike goed
>> tog dieslefde basiese wet gehoorsaam. Gestel die persoon is
>> toe reg. Is dit dan nie dalk moontlike dat 'n materiele revolusie
>> en 'n paradigma skuif een en dieselfde ding is, behalwe dat hulle
>> op die twee verskillende kante van die werklikheid werk.
>
> Ek stem saam dat daar onderliggend dieselfde meganismes
> werksaam kan wees in hierdie twee verskynsels. Maar ek sou
> tog twee verskillende terme behou ter wille daarvan dat mense
> kan weet waarvan gepraat word. Die rede hiervoor is dat die
> gevolge nie die twee nie dieselfde is nie. Terwyl die een goed
> en opbouend is, is die ander een afbrekend.

Natuurlik moet ons hulle onderskei - maar ons mag hulle nooit
skei nie.

'n Uiters belangrike patroon is dat hoe komplekser die vlak
waarop die bifurkasie van chaso na orde moet geskied, hoe
meer en makliker lei die bifurkasie tot 'n terugvalling (immergence)
eerder as 'n ontluiking (emergence). Raai wat. Die geestelike
valk van die werklikheid is meer kompleks as die materieele vlak.
Miskien verklaar dit die depressiewe waarneming in jou laaste
sin.

Msikien vertsaan jy Paulus se woorde beter, naamlik op watter
vlak die stryd eintlik geskied.

> Watter wet is onderliggend tot beide revolusie (soos ek dit
> verstaan) en paradigma skuiwe?

Dat entropie geskep moet word vir einigiets om te kan gebeur.
Hierdie gebeurtenis manifesteer dan die toename in entropie.

>> [...] Jy is volkome reg as jy aanvaar dat die geestelike en vleelike
>> werelde deur verskillende wette beheer word. Ek het baie soos jy
>> gedink. Maar die dag as daar een wet gemeenskaplike aan albei
>> werelde gevind word, begin die denkwyse waarmee ek met jou kan
>> saamstem, uit mekaar val.
>
> At ek is nou baie nuuskierig oor hierdie gemeeskaplike wet.

Ek het die wet hierbo en sy betekenis uiteengesit.
Hier is my definisie vir kreatewiteit (wat mesnlike kreatiwiteit
in die geesteswereld insluit):
Kreatiwiteit is die resultaat van entropie produksie.

>> Om net een ding saak uit te wys: innovasie en revolusie is dieselfde
>> proses, hulle vind net op verskillende terreine plaas.
>
> Maar ons het verskillende terme soos: innovasie, kreatiwiteit, revolusie
> laterale denke, inspirasie, liberalisme. Al hierdie terme bevat 'n element
> wat waarskynlik beskryf word deur die onderliggende gemeenskaplike
> wet waarvan jy praat. Tog kan ons nie al hierdie terme aan mekaar
> gelyk stel nie. Elkeen bevat 'n unieke stukkie informasie wat dit
> verskillende betekenisse gee. As ons hierdie verskille verontagsaam
> dan pleeg ons die vernietiging van informasie. Want as ons dan
> hierdie informasie in 'n gesprek wil oordrae dan moet ons ekstra
> byvoeglike naamwoorde gebruik waar ons van tevore slegs die
> betrokke term kon gebruik het.

Jy is reg. Daar is naby 'n miljoen soorte groen plante. Elke soort
kan tot biljoene van sy eie verteenwoordigers h^e. Alles is
verskillend. Tog het hulle almal een molekuul in gemeen, naamlik
chlorofiel.

Netso met die diereryk en die molekuul hemoglobien.

En ons gee aan al daardie spesies verskillende name. (Ek self
loop met 'n paar duisned vetplantname in my kop rond.)

Die grootste skok van alees is dat beide chlorofiel en hemoglobien
95% dieselfde is, naamlik die komplekse porfirien molekuul. Die
een bevat net 'n Mg ioon ipv 'n Fe ioon terwyl hier en daar 'n ekstra
metiel (CH3) groep.

Dit laat 'n mens dink ne. Hoe groot die verskeidenheid en
kompleksiteit ookal is, daar is altyd gemeenskaplike dinge.

>> Dis in hierdie opsig wat ek die terme revolusie en evolusie eerder
>> as respektiewelik liberalisme en konserwatisme gebruik. Die laaste
>> twee terme het na die Franse Revolusie hulle beslag gekry -die eerste
>> twee lank voor dit. Ongelukkig, as 'n mens die werke van denkers in
>> die eerste millenium nC lees, gebruik hulle terme wat vandag nie meer
>> gebruik word nie. Om hulle in te voer, sal die taalgebruik van almal
>> wat op die etimologie van die Latynse woorde "re-volvo" [terug draai]
>> en "e-volvo" [oop draai]. Selfs in die dae van die Romeine met hulle
>> Stoisynse (konserwatiewe) denke het hulle net soos jy nie baie van
>> die Grieke (liberale) denke gehou nie. 'n Romein draai nie terug nie!
>
> Goed ek dink ek verstaan dit: die terme liberaal en konserwatief het
> in die plek gekom van revolusie en evolusie. Daarom verkies jy om
> eerder ouer woorde te gebruik. Maar nou: gestel die kultuur het nou
> sodanig ontwikkel dat die twee ouer woorde se betekenis in die
> volksmond verander het en nou iets effens anders beteken. Gestel
> terselfdertyd dat daar twee nuwe woorde ontstaan het wat die vorige
> betekenis van die twee ouer woorde aangeneem het. As mens nou
> aan die vorige betekenis van die twee ouer woorde gebruik dan gaan
> mense wat gewoond is aan die hedendaagse gebruik van die woorde
> mens mos nou misverstaan. Sodoende faal die kommunikasie proses.

Jy is reg. Dis presies wat besig is om te gebeur. Daarom
is twee dinge baie nodig. Eerstens, om te weet wat die
outentieke behels. Tweedens, om te weet wanneer die
outentieke nie meer gekonserveer kan word nie. Albei
die twee dinge vereis dat 'n hond uit 'n bos gepraat sal moet
word.

Die volgende saak is uiters belangrik. Kommunikasie
faal finaal wanneer mense nie meer met mekaar WIL
praat nie omdat hulle nie meer vir mekaar OMGEE nie.

Daar is vyf dinge wat uitsonderlik by die mens se kreatiwiteit
ontluik het:
1 Om die bestaan nie-spontane dinge deur WERK te forseer.
2 Om met eerbied, verwondering en nuuskierigheid met die
EKSEMPLAAR te peuter.
3 Om PROBLEEM-OPLOSsend die toekoms te probeer
beinvloed
4 Om deur SPEL die essensies van die lewe te geniet.
5 Om medemense deur GESPREK op te roep tot ubuntu.
Die dag wanneer ons een of meer van hierdie vyf dinge as
benede ons menswees ag, het ons finaal androgene geword.

Dis die vyf dinge wat ek bitter graag op hierdie NG sal wil sien
gebeur. Is hierdie vorige paragraaf wat ek geskryf het werklik
so ingewikkeld en somber as wat sommige nuwelinge wil
beweer dit is? Moet ons nie liewer bekommerd wees dat ons
dalk androgene deur terugvalling gaan word nie?

'n Boere Afrikaner sal nie terugval tot 'n androgeen nie. Dis
nie hulle soort "science fiction" nie. Maar hulle het wragtig
net betyds opgetree.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Hoe is dit met ons boeremense ????? [boodskap #10303 is 'n antwoord op boodskap #10073] Ma, 11 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
At skryf:

> Ek verstaan onder geestelik enigiets wat nie materieel is nie.
> Dit behels dus dinge soos siel, hart, verstand, bewussyn,
> onderbewussyn, ens.

Sluit dit informasie in? Informasie is tog nie iets materieels nie
en dit is volgens my waarby die verskil tussen die brein en
verstand le^. Tog is nie elektroniese media vrot van al die
informasie.

> 'n Uiters belangrike patroon is dat hoe komplekser die vlak
> waarop die bifurkasie van chaso na orde moet geskied, hoe
> meer en makliker lei die bifurkasie tot 'n terugvalling (immergence)
> eerder as 'n ontluiking (emergence). Raai wat. Die geestelike
> valk van die werklikheid is meer kompleks as die materieele vlak.
> Miskien verklaar dit die depressiewe waarneming in jou laaste
> sin.

Mmm, At, ek dink ons sal eers moet ooreenkom wat ons met terme
soos chaos, entropie, ens. bedoel word. Ek het so bietjie teoretiese
kennis van wetenskaplike definisies van chaos. (Ek vermoed dis die
wetenskaplike definisie wat jy gebruik in jou bespreking.) Hierdie term is nie
dieselfde as die term wat in die algemeen gebruik word om 'n gemors
of wanorde voor te stel nie. (Ek dink dit weet jy.) Die wetenskaplike
chaos is iets wat voorkom in nie-linee^re stelsels. Bekende voorbeeld is
die bane van die planete rondom die son en die weer. Nogtans kan
mens nie maklik sê wanneer 'n stelsel chaoties optree nie. Baie
stelsels mag lyk asof dit chaoties is maar in die tussentyd is dit maar
net kompleksiteit.

Entropie daarinteen is baie meer algemeen. Dit is bloot die mate
van wanorde wat in 'n geslote stelsel bestaan. Die 2de wet van
termodinamika sê dat die wanorde (entropie) in enige geslote
stelsel noodwendig sal vermeerder of dieselfde bly.

(At, ek dink nie enigiets wat ek hierbo gesê het is vir jou nuut
nie, maar ek sê dit vir die ander moontlike lesers wat ons
besprekeing dalk duister vind.)

>> Watter wet is onderliggend tot beide revolusie (soos ek dit
>> verstaan) en paradigma skuiwe?
>
> Dat entropie geskep moet word vir einigiets om te kan gebeur.
> Hierdie gebeurtenis manifesteer dan die toename in entropie.

Uit die definisie van entropie volg hierdie wet as 'n noodwendigheid.
Maar dit impliseer dat dieselfde waar is vir wanneer ek kos maak :-).
Dus is dit wat onderliggend is aan beide 'n revolusie en 'n paradigma
skuif ook onderliggend aan my kosmaakproses.

> Hier is my definisie vir kreatewiteit (wat mesnlike kreatiwiteit
> in die geesteswereld insluit):
> Kreatiwiteit is die resultaat van entropie produksie.

Ek kan vir jou voorbeelde gee waat entropie geproduseer word, wat
niemand as kreatiwiteit sal definieer nie. Eenkeer toe ek haastig vir
my wou koffie maak het ek die suikerpot teen die kas se deur gestamp
toe ek dit wou terugsit. Die gevolg was dat die suikerpot uit my hand
val en suiker oor die hele kombuis strooi. Dis voorwaar 'n groot
toename in entropie, maar dit onsbreek aan enige vorm van kreatiwiteit.

> Die grootste skok van alees is dat beide chlorofiel en hemoglobien
> 95% dieselfde is, naamlik die komplekse porfirien molekuul. Die
> een bevat net 'n Mg ioon ipv 'n Fe ioon terwyl hier en daar 'n ekstra
> metiel (CH3) groep.

Dis interessant. Ek het nooit geweet dat hierdie twee molekules so
dieselfde is nie.

> [...] Is hierdie vorige paragraaf wat ek geskryf het werklik
> so ingewikkeld en somber as wat sommige nuwelinge wil
> beweer dit is? Moet ons nie liewer bekommerd wees dat ons
> dalk androgene deur terugvalling gaan word nie?

At, daar is twee aspekte van die lewe wat volgens in balans
moet wees. Die een is om lekker te lewe en dit ander een is
om sinvol te lewe. Party mense wil net lekker lewe. Hulle
hou van partykies en wil die hele tyd net grappe maak. Dit
lei daartoe dat hulle baie oppervlakkig word. Ek kan net 'n
ruk lank met sulke mense kommunikeer dan word ek verveeld.

Dis goed dat nie alle boodskappe op die nuusgroep stroef is
nie en dat daar so bietjie ligsinnigheid ook is, maar dit alleen
maak dat dinge verveeld en oppervlakkig raak. Ek het ook
behoefte aan dieper gesprekke. Dis wat ek so baie
waardeer van hierdie gesprek wat ek met jou kan he^. Ek
wens daar was meer mense wat wou deelneem.

Stef
Vorige onderwerp: Re: die woord hotnot
Volgende onderwerp: Nuwe bydraer.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 05:39:32 MGT 2024