Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ontsnappende elektrone
Ontsnappende elektrone [boodskap #102720] So, 24 April 2005 16:59 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Laas Sondagaand, omtrent dieselfde tyd as nou, was daar 'n onverwagse
donderslag en 'n woeste weerligstraal. Ons ligte het binne sekondes
eers heeltemal af gegaan, toe skielik weer halfmas aangekom en daarna
omtrent drie keer helderder begin brand as wat hulle moes. Ek was te
laat by die hoofskakelaar. Resultaat? Rekenaar, monitor, TV stel en
mikrogolfoond in hulle respektiewelike moere in. Toe dink ek aan die
storie hier onder wat daar in die begin van Usenet op een of ander ng
geplaas was. Dit het baie bespreking uitgelok en is wyd aangehaal. 'n
"Classic."

NEW "SMOKE" THEORY OF ELECTRONICS
=================================

While going over old course files in electronic devices, I came across
a sheet of paper, and as I read it, the realization of a basic truth
came over me. So simple! So obvious, yet I had failed to see it.
Lab Kitburnt, the legendary circuits TA, the creator of the field now
known as fried electronics, had discovered how ICs work. He says that
smoke is the thing that makes an IC work because every time you let
the smoke out of it, it stops working. He claims to have verified
this with thorough testing.

I was flabbergasted! Of course! Smoke makes all things electrical
work. Remember the last time smoke escaped from your 6.002 lab kit.
Didn't it quit working? I sat and smiled like an idiot as more of the
truth dawned. It's the wires that carry the smoke from the smoke
supply to the lab kit. So if the wires were to spring a leak, nothing
would work properly because there wouldn't be enough smoke reaching
the lab kit. If there is a large smoke leak, the smoke supply would go
crazy trying to generate all that smoke and would itself spring a
leak. But how could this be? Yes...of course! Smoke comes from a
fire, and more smoke means a larger fire. Kindling the fire too much
would melt the seals, allowing some smoke, and maybe even flames, to
escape. If the fire gets too hot (you bet you can feel it!), the smoke
supply's fuel cuts off, extinguishing the fire and stopping the smoke.

High wattage transistors require more smoke to operate properly, and
that's why the wires going to them are larger. All that smoke also
tends to make them hotter, so they require a heatsink. And yes, when
a power electronic circuit springs a leak, it lets out much more smoke
than a logic circuit.

But wait.. How does this fit in with all the device physics we have
been learning all along? What about all the electrons and such? Could
semiconductor theory be all wrong? Hmmm... I might be at the edge of a
breakthrough... Wow!!! To be able to prove Shockley wrong! On the
other hand, maybe I'm in trouble here. There may be a big loophole...
Wait... I'm getting it... Yes! Of course! How obvious! Electrons are
black.

Groete, Drom
Re: Ontsnappende elektrone [boodskap #102797 is 'n antwoord op boodskap #102720] Di, 03 Mei 2005 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" skryf

> I was flabbergasted! Of course! Smoke makes all things electrical
> work. Remember the last time smoke escaped from your 6.002 lab kit.
> Didn't it quit working?

Dankie dat jy weer jou gesig wys daar uit die geweste
waar die aalwyne wat so hoog soos 'n man staan, seker nou
op die heuwels gloei. ( Ek vergeet, bloei die aalwyne op die
beste in die lente daar by julle, of is hulle op hulle mooiste
in die herfs?. Ek kan onthou dat ek op die heuwels agter
Healdtown die aalwyne gesien het met sneeu op die
ver Winterberge (?) as agtergrond. Dus moet hulle ook
blomme dra in die winter.

By ons is dit natuurlik nou lente. Ons was in San Jose
vir twee weke, en daar is die blomme al vol uit. Dit
verbaas my hoeveel varkblomme daar sommer so
wild langs die strate en in die tuine groei. Ons was
af na Santa Cruz en daar langs die kus groei die
suurvygies welig orals. Ek dink hulle plant dit aan
om hange te versier.

Oor allerhande wetenskaplike teorieë. Het jy al in
fisika van "string theory" gehoor.

As ek reg onthou, is jy in die biologiese wetenskappe?
As jy kans kry, kyk "What the bleep do we know?"
Dit is 'n film, maar is ook al uit op DVD.

Gloudina
Re: Ontsnappende elektrone [boodskap #102812 is 'n antwoord op boodskap #102797] Di, 03 Mei 2005 22:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" By ons is dit natuurlik nou lente. Ons was in San Jose
vir twee weke, en daar is die blomme al vol uit. Dit
verbaas my hoeveel varkblomme daar sommer so
wild langs die strate en in die tuine groei. Ons was
af na Santa Cruz en daar langs die kus groei die
suurvygies welig orals. Ek dink hulle plant dit aan
om hange te versier.

Vertel oor jou reis Gloudina. Ek was al by Santa Cruz, maar nog nie San
Jose nie. Is dit bergagtig? Ek het van San Francisco na L.A. gery al langes
die kus. Seker een van die mooiste dele van ons land. Het veral gehou van
Big Sur en Monterey. Sug, ek kan nie eers n pondok bekostig daar nie. Het
die bordjie vir die uitdraaipad na Salinas gesien, en gedink aan daardie
liedjie van Me and Bobby McGee, maar het toe nie by Salinas uitgekom nie,
iemand het my na die tyd gese daar is niks om te sien in elk geval nie.

Ellie
Re: Ontsnappende elektrone [boodskap #102821 is 'n antwoord op boodskap #102812] Wo, 04 Mei 2005 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 3 May 2005 17:42:01 -0500, "news" wrote:

het toe nie by Salinas uitgekom nie,
> iemand het my na die tyd gese daar is niks om te sien in elk geval nie.

Dis waar John Steinbeck vandaan kom.
Re: Ontsnappende elektrone [boodskap #102822 is 'n antwoord op boodskap #102812] Wo, 04 Mei 2005 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Vertel oor jou reis Gloudina. Ek was al by Santa Cruz, maar nog nie San
> Jose nie. Is dit bergagtig? Ek het van San Francisco na L.A. gery al langes
> die kus. Seker een van die mooiste dele van ons land.

San Jose is in 'n vallei. Ek was verbaas dat die mense in Santa Craz
dit " the valley" noem, maar toe merk ek later op dat mens van San
Francisco wel afdaal in 'n vallei in, en dan weer as jy na Santa Cruz
ry ( nie baie ver van San Jose nie) dan ry jy weer deur die heuwels
teen 'n baie styl pas op. So die naam Silicon Valley het seker eers
ontstaan nadat al die high tech ontwikkeling daar. Voor daardie
tyd was dit bekend as "the valley." Dis nou nie te verwar met
die ander valleie van Kalifornië nie, waar die "valley girls"
benaming vandaan kom. (Dié is nader aan Los Angeles.) Ek
dink die valley people is gewoonlik effens ekonomies agter,
en daar is dus 'n eienaardige mengsel van baie welaf mense
en baie agterlike mense in die koopsentrums byvoorbeeld.
Ek merk ook op dat die geboue en woonbuurtes net langs
die gebou waar ons seun werk, ook maar afgerem en vervalle
lyk.
Ons het natuurlik na San Jose gegaan om ons nuutste kleinkind
te sien, wat nou omtrent twee maande oud is. Die baba is
oulik en maklik en die ma lyk baie handig met die baba. Die
vierjaaroue suster is bietjie wilder. Ons skoondogter, wat
'n baie swaar swangerskap gehad het ( sodat sy vir omtrent
vier maande niks kon eet en drink nie, maar binneaars gevoed
moes word, lyk ook baie goed, gladnie maer nie.)
Ons het vier dae in San Francisco deurgebring. Hierdie keer
het ons 'n drie-en-'n-halwe uur toer van die stad gemaak, wat
regtig die moeite werd is. Hulle het ons oor die Golden Gate
Bridge geneem, en toe ons omdraai, toe sien ek 'n bokkie
ver onderkant op die hang van 'n heuwel wei. Ook is ons
op na Twin Peaks, twee baie hoë heuwels, waarvandaan
mens die hele oostelike deel van San Francisco kan sien.
Dan natuurlik na al die ander beroemde en berugte dele
van SF. Daarna 'n hele ruk by Fisherman's Wharf deurge-
bring en toe 'n uurlange bootreis, vlakby Alcatraz, en
onderdeur die Golden Gate Bridge.
Mens loop jou natuurlik katswink in SF so op en af met
die heuwels, veral as jy 'n man het soos ek wat net begin
loop om by 'n sekere punt uit te kom, en nie bereken hoe
ver dit is nie.

Gloudina
Re: Ontsnappende elektrone [boodskap #102824 is 'n antwoord op boodskap #102822] Wo, 04 Mei 2005 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
En moenie eers praat van die wind nie. Ons was daar vir n konferensie, en
vier van ons het besluit om oor die brug en terug te stap. Die een vroutjie
was klein en dun, en ons was bang sy waai weg. Was julle by Haight Ashbury?
Ons was, en dieselfde hippies wat in die sestigs en sewentigjare daar
rondgehang het, is nou nog daar, net ouer ;-)

Ellie

"@rogers.com" skryf in boodskap news:jKydnUJLNtK1QuXfRVn-hw@rogers.com...

"news" skryf

> Vertel oor jou reis Gloudina. Ek was al by Santa Cruz, maar nog nie San
> Jose nie. Is dit bergagtig? Ek het van San Francisco na L.A. gery al langes
> die kus. Seker een van die mooiste dele van ons land.

San Jose is in 'n vallei. Ek was verbaas dat die mense in Santa Craz
dit " the valley" noem, maar toe merk ek later op dat mens van San
Francisco wel afdaal in 'n vallei in, en dan weer as jy na Santa Cruz
ry ( nie baie ver van San Jose nie) dan ry jy weer deur die heuwels
teen 'n baie styl pas op. So die naam Silicon Valley het seker eers
ontstaan nadat al die high tech ontwikkeling daar. Voor daardie
tyd was dit bekend as "the valley." Dis nou nie te verwar met
die ander valleie van Kalifornië nie, waar die "valley girls"
benaming vandaan kom. (Dié is nader aan Los Angeles.) Ek
dink die valley people is gewoonlik effens ekonomies agter,
en daar is dus 'n eienaardige mengsel van baie welaf mense
en baie agterlike mense in die koopsentrums byvoorbeeld.
Ek merk ook op dat die geboue en woonbuurtes net langs
die gebou waar ons seun werk, ook maar afgerem en vervalle
lyk.
Ons het natuurlik na San Jose gegaan om ons nuutste kleinkind
te sien, wat nou omtrent twee maande oud is. Die baba is
oulik en maklik en die ma lyk baie handig met die baba. Die
vierjaaroue suster is bietjie wilder. Ons skoondogter, wat
'n baie swaar swangerskap gehad het ( sodat sy vir omtrent
vier maande niks kon eet en drink nie, maar binneaars gevoed
moes word, lyk ook baie goed, gladnie maer nie.)
Ons het vier dae in San Francisco deurgebring. Hierdie keer
het ons 'n drie-en-'n-halwe uur toer van die stad gemaak, wat
regtig die moeite werd is. Hulle het ons oor die Golden Gate
Bridge geneem, en toe ons omdraai, toe sien ek 'n bokkie
ver onderkant op die hang van 'n heuwel wei. Ook is ons
op na Twin Peaks, twee baie hoë heuwels, waarvandaan
mens die hele oostelike deel van San Francisco kan sien.
Dan natuurlik na al die ander beroemde en berugte dele
van SF. Daarna 'n hele ruk by Fisherman's Wharf deurge-
bring en toe 'n uurlange bootreis, vlakby Alcatraz, en
onderdeur die Golden Gate Bridge.
Mens loop jou natuurlik katswink in SF so op en af met
die heuwels, veral as jy 'n man het soos ek wat net begin
loop om by 'n sekere punt uit te kom, en nie bereken hoe
ver dit is nie.

Gloudina
Re: Ontsnappende elektrone [boodskap #102826 is 'n antwoord op boodskap #102824] Wo, 04 Mei 2005 22:37 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

Was julle by Haight Ashbury?
> Ons was, en dieselfde hippies wat in die sestigs en sewentigjare daar
> rondgehang het, is nou nog daar, net ouer ;-)

Nee, hierdie keer het ons net op die bustoer daardeur
gery. Twintig jaar gelede, toe ek laas in San Francisco
was, was ons vir 'n langer ruk daar, natuurlik met
vier teenagers. Die gids sê daar is nog 'n taamlike
naglewe daar, maar in die dag dink ek alles is maar
gemik op toeriste en hippies wat heimweë het.

Gloudina
Vorige onderwerp: Vuilis II
Volgende onderwerp: Vlaanderen biedt Zuid-Afrika 22,5 miljoen euro ontwikkelingssteun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 04:04:53 MGT 2024