Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oppivaal fees
Oppivaal fees [boodskap #102718] So, 24 April 2005 15:23
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jislaaik, wat 'n belewenis. Die fees is deur die skole in Sasolburg gereël,
en ons het vas geglo die ding gaan vieslik platval. Eers het hulle
geadverteer dat die fees by Abrahamsrust sal wees en dat hulle 'n verhoog op
die rivier gaan bou. Selfs prentjies en alles van die verhoog uitleg in die
koerant geadverteer. Toe hoor ons hulle gaan die Liquid Lounge as 'n verhoog
gebruik. Die Liquid Lounge is 'n moerse groot ferry of boot of barge of wat
ookal met twee vloere. Die boonste gedeelte sou dan nou dien as verhoog en
die kunstenaars sal op die onderste vlak kuier. In elk geval, toe skuif
hulle, twee weke voor die fees, die hele hooch and caboodle oor na die
Emerald Casino se 'river front' toe.

Die fees het 10:00 begin, ons het so 11:30 se kant daar aangesukkel gekom,
toegegooi onder stoele en komberse, baadjies, kameras en 'n knertsie vir die
koue. Behalwe dat die "verhoog" 'n bietjie ver van die wal af was, was dit
nogal heel netjies uitgelê, die klank was uitstekend. Ons het ons camp
masters staan gemaak, ons kombersies op die grond uitgesprei en gaan loop
kaartjies koop vir 'n drink en eet dingetjie, en ons het onsself geplant...

Black Swart het net met sy optrede begin toe ons daar aangekom het, en hy
was regtig baie entertaining gewees. Net jammer hy was bietjie te vroeg
gewees, want die mense was nog nie 'n party bui nie. Ons het die Liquid
Lounge gesit en loer, meeste kunstenaars was al klaar daar en het op die
onderste dek gesit en kuier... Ou Dozi was al goed aan't drinke gewees :)

Die gronde het so stadig maar seker begin volloop, maar hierso so by 12:30
het dit begin reën... dit was 'n kort buitjie, maar almal het in die
biertent gepas :). Teen die tyd wat Jacques De Coning op die verhoog kon
kom, was die wolke weg en het die son lekker geskyn. Ek het Jacques vreeslik
geniet, hy is 'n goeie entertainer, maar die probleem was dat die
kunstenaars nie so lekker die mense kon hoor daar waar hulle gestaan het
nie. Hy het ons in elk geval aan die sing en lag gekry, hy's ontsettend
skerp en lyk vreeslik oulik. Hy gaan ondertoe om sy CD's te verkoop, te
teken en te pose vir fotos. Dit vat 'n hele 2 ure voordat die laaste ou sy
foto gekry het. Ek hoop om Jacques weer eendag te sien optree. Hy's die
moeite werd. Dozi het nog steed in die onderste dek gesit en drink....

Na Jacques se optrede kondig hulle af dat daar al oor die 9 000 mense deur
die hek gekom het, en ek het nogal gedink dat dit baie goed is, veral as jy
in ag neem dat dit 'n kleinerige area is. Ek het my gesit en verstom aan al
die jong mense wat daar was, selfs 'n paar swartes wat lekker saam geluister
en jive het.

Jennifer Zamudio was op na Jacques, dit was die eerste keer wat ek van haar
gehoor het, en sy sing nie sleg nie... maar sy's bietjie irriterend op die
oor. Sy klink nes ou Anneli van Rooyen, nogal seker nie verbasend as jy in
ag neem dat sy sang afronding my Anneli gekry het nie. Sy't haar beste
probeer om die mense op hulle voete te kry, maar ons wou niks weet nie en in
alle eerlikheid - die Weskus girl het 'n paar kappe weg gehad... sy't effe
dronk geklink. Na Jennifer was dit Shine 4 se beurt. Ek het hulle 2-jaar
terug by die WAM-fees gesien, en hulle is baie goed - maar ook hulle kon nie
die crowd op die voete kry nie. En Dozi sit en suip.

Guillaume, het aan die beurt gekom. Vir hom het ons opgestaan en dans. Hy's
immers 'n local boytjie, en ons is tog te vreeslik lief vir hom!! Hy is ook
'n uitstekende entertainer en weet hoe om 'n gehoor aan die gang te kry. Hy
het net 'n paar songs gedoen, maar vir al wat ek omgee kon hy heeldag daar
bo gebly het :). Die vibe en ons gevat, en Dozi het gesuip.

Jaycee Crous was orraait, bietjie depressing gewees... maar mens hy kan
sing! Dis koud en Dozi kan darem wratag sy dop hou.

Teen 19:30 is daar al lag-lag 12 000 mense deur die hek, ek reken dis meer
maar niemand wil vir ons kom sê nie. Hugo kry sy beurt hier by 20:00 se
kant, en daar skiet die krag. Ons wag 'n volle 30 minute vir die krag om
weer aan te kom, en teen die tyd is ons spoed so bietjie gebreek, en die OBS
botteltjie is leeg. Dis koud en my tone is missing. Dozi drink...

Kurt Darren kry ons weer aan die gang, hy's nogal 'n sweetie. Na sy optrede
kondig hy af dat hy nou beskikbaar sal wees vir handtekeninge, fotos en
drukkies :) En Dozi kuier nog steeds...

Dis hier waar ek besluit het ek het genoeg gehad, dit was pret maar my bene
kramp van die koue en ek dink my longe is al halfpad gevries. Beeskraal vat
ook heeltemal te lank na my sin om hulle soundcheck te doen. Op pad uit sien
ek weerlig en hoor ek Beeskraal se eerste liedjie. Hulle het eers 22:00 op
die verhoog gekom, en hulle moes al 22:30 klaar gemaak het, maar met die
onderbrekings was alles bietjie laat. So in die wegloop sien ek Dozi
strompel toilet toe...

Ek bly net 5 minute van die Emerald Casino af, ek kon so vaagweg die konsert
hoor by my huis. Dozi se kenmerkende stem kan niemand mis nie. Hy't seker
eers 23:00 op die verhoog gekom, en anders as die ander grotes wat net 'n
uur elk gekry het, het Dozi 'n volle uur en 'n half gekry. 23:30 maak die
hemel oop en dit begin stort - Dozi, wat teen die tyd seker nie meer geweet
het of hy Arthur of Marthur is nie, reën in spectacular style van die
verhoog af.

Volgende jaar maak ons weer so, ek hoop ook daar's bietjie meer toilette by
die volgende fees. 12 000 mense kan 10 porta-potties nogal baie vinnig
opgebruik.

Hou julle oë en ore op Kyknet die fees sal seker genuus word op een van die
joernaal programme. Daai Kyknet kamera was hopeloos te lief vir my gewees -
maar ek het ook soos 'n hooligan daar voor gestaan en dans - reg langs die
Antie wat vergeet het om 'n bra aan te trek :))

Groete
Elaine
Vorige onderwerp: Knersus gee opleiding
Volgende onderwerp: klomp na-apers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 15:52:59 MGT 2024