Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nogal Hartseer
Nogal Hartseer [boodskap #102697] Do, 21 April 2005 10:36
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dis die eerste dag van die skooljaar en die nuwe Graad Eentjies se
traantjies is afgedroog en almal sit in 'n kring om juffrou.

Om die kleintjies heeltemal op hulle gemak te stel besluit Juffrou Suzette
om 'n speletjie te speel:
'Wat is jou naam en watse werk doen jou pappa?'
Klein Eileen se van is Arends, so sy is eerste aan die beurt.
'My naam is Eileen Arends en my pappa is 'n Posmeester.'
'Dankie Eileen. Jannie, jy is volgende.'

'My naam is Jannie Botha en my pa is 'n mekeniek.'
'Dankie Jannie, maar onthou, die regte Afrikaanse woord is
motorwerktuigkundige.'

Volgende aan die beurt is klein Anton.
My naam is Anton Junior en my pa is 'n .. is 'n .... Hy dans vir ander omies
en trek sy klere uit!'
Woeps, gaan sit Anton Junior, ogies op die mat voor hom...

Juffrou Suzette is amper uit haar Foschini rok uit geskok en as sy nie 'n
wonderbra gedra het nie, was sy dalk meer geskok. Sy begin toe sommer by die
agterkant van die alfabet en vra vir Klein Koos Van der Merwe om te sê wat
sy pa doen, maar dit is 'n storie vir 'n ander dag...

Ná skool sien sy klein Anton by die hek staan en wag en gaan buk by hom.
'Anton, is dit regtig waar dat jou pappa ontkleedanse doen vir ander
Omies?!'
Klein Anton kyk op die grond, na die motors wat ander Graad Eentjies kom
haal, na die ou wat oorkant die straat gras sny, orals, maar net nie na
Juffrou nie.

'Wel Anton, dans jou pappa regtig in 'n gay ........ dans jou pappa
regtig?!'
Anton lig sy traangevulde ogies om na Juffrou te kyk.

'Juffrou, ek was te skaam om te sê my pa speel vir die Stormers, die ander
outjies sal mos nooit met my wil speel nie!'
Vorige onderwerp: Swart leerling vlieenier druip homself teen die grond vas. AA / BEE oorsaak...
Volgende onderwerp: Re: bOER Language is History
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 20:52:19 MGT 2024