Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Amptelik: Stormers is onnosel verby
Amptelik: Stormers is onnosel verby [boodskap #102654] Ma, 18 April 2005 07:15 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die slimste ding in die Stormers se span Saterdag op Nuweland was De Wet
Barry se skrumpet! Die tradisionele Stormer/WP-rugby is blykbaar deesdae
om te sê te verdedig en druk op hul teenstanders te sit sodat hulle begin
foute maak en dan kapaitaliseer die Stormers se snellers met opportunistiese
onderskeppings en so aan. Vooraan die aanslag staan die losvliegende
missiel De Wet Barry wat probeer om 'n man dood te duik....kop omlaag vlieg
hy onder sy teenstander in met 'n gejuig en geploeg. somtyds vang hy sy
man en somtyds nie, maar 100% plaas hy homself ver oor die verdedigingslyn
en los 'n gat so groot soos Tafelberg in hul verdedigings linie! En die
man is nogal kaptein ook! Dit het duidelik nog nie tot die Stormers en hul
'briljante' afrigter deurgedring dat jy moet te alle tye probeer speel dat
jy so gou moontlik weer daarna weer kan speel nie. Kry die Stormers die
bal, dan storm Bolla Conradie dwars oor die veld en bondel sy agterlyn vas
teen die kantlyn....nie dat dit enige verskil maak in elk geval nie, want
Briljante Barry ken net van een ding met bal in die hand....kop omlaag en
probeer om 'n pad te ploeg deur sy opponente.
En rustyd? Gert Smal: 'Duuh? Ek dink julle moet hulle nog harder
tekkel, De Wet ou seun! Hulle's op die punt om in te gee. Julle maak
hulle sag! Slaat hulle!!!'
En die Crusaders? Hulle het hierdie bondeling van die Stormers
waargeneem en al wat hulle gedoen het was om twee vinnige aangeë na buite te
gee en dan weer een terug....en ghoebaai! 7 drieë!
En die Stormers? Duuuhh, coach! Wat nou? Kom ons vra vir die
skrumpet, dalk weet hy beter?
Oplossing: Raak ontslae van: De Wet Barry, Paulse, Conradie,
Rosseau....eintlik die hele agterlyn en kry nuwe bloed, en sommer 'n nuwe
afrigter daarby. Indien nie, verander die naam na die Stormende Pampoene
toe, want sulke onnosel rugby is lanklaas waargeneem op hierdie planeet.
Re: Amptelik: Stormers is onnosel verby [boodskap #102659 is 'n antwoord op boodskap #102654] Ma, 18 April 2005 14:04 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op vandag se voorblad van Die Burger verklaar Smal hoe verbaas en
teleurgesteld hy is met die skare wat hom uitgejou het....
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:6JGdnZF-C9aAH_7fRVn-jg@is.co.za...
> Die slimste ding in die Stormers se span Saterdag op Nuweland was De Wet
> Barry se skrumpet! Die tradisionele Stormer/WP-rugby is blykbaar deesdae
> om te sê te verdedig en druk op hul teenstanders te sit sodat hulle begin
> foute maak en dan kapaitaliseer die Stormers se snellers met opportunistiese
> onderskeppings en so aan. Vooraan die aanslag staan die losvliegende
> missiel De Wet Barry wat probeer om 'n man dood te duik....kop omlaag vlieg
> hy onder sy teenstander in met 'n gejuig en geploeg. somtyds vang hy sy
> man en somtyds nie, maar 100% plaas hy homself ver oor die verdedigingslyn
> en los 'n gat so groot soos Tafelberg in hul verdedigings linie! En die
> man is nogal kaptein ook! Dit het duidelik nog nie tot die Stormers en hul
> 'briljante' afrigter deurgedring dat jy moet te alle tye probeer speel dat
> jy so gou moontlik weer daarna weer kan speel nie. Kry die Stormers die
> bal, dan storm Bolla Conradie dwars oor die veld en bondel sy agterlyn vas
> teen die kantlyn....nie dat dit enige verskil maak in elk geval nie, want
> Briljante Barry ken net van een ding met bal in die hand....kop omlaag en
> probeer om 'n pad te ploeg deur sy opponente.
> En rustyd? Gert Smal: 'Duuh? Ek dink julle moet hulle nog harder
> tekkel, De Wet ou seun! Hulle's op die punt om in te gee. Julle maak
> hulle sag! Slaat hulle!!!'
> En die Crusaders? Hulle het hierdie bondeling van die Stormers
> waargeneem en al wat hulle gedoen het was om twee vinnige aangeë na buite te
> gee en dan weer een terug....en ghoebaai! 7 drieë!
> En die Stormers? Duuuhh, coach! Wat nou? Kom ons vra vir die
> skrumpet, dalk weet hy beter?
> Oplossing: Raak ontslae van: De Wet Barry, Paulse, Conradie,
> Rosseau....eintlik die hele agterlyn en kry nuwe bloed, en sommer 'n nuwe
> afrigter daarby. Indien nie, verander die naam na die Stormende Pampoene
> toe, want sulke onnosel rugby is lanklaas waargeneem op hierdie planeet.
>
Vorige onderwerp: Rugby
Volgende onderwerp: Rugby se streke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 17:09:33 MGT 2024