Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » bottelpos
bottelpos [boodskap #102531] Ma, 11 April 2005 20:48 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit was nou snaaks. Ek skryf die brief,
vergeet daarvan en begin al die nuusgroepe deursoek
vir iets oor dierelewe.
Maak die nuusleser toe en hier word die brief gepos
na een van hulle toe. Dit ek eers later agtergekom:-)
Ek is nie eens lus om te gaan kyk waarheen nie,
maar een of ander anderstalige groep het hierde Afrikaanse brief
ontvang:-)
****************************************************

Die tannie wat amper my buurvrou is, Geraldine,
bring sowat 'n week gelede vir ons 'n paar lekker
koekies. Heel groot koeies, en soos 'n 'TopDeck'
wit sjokolade bo, en donker sjokolade onder.
Heerlik.

Vanmôre het sy vertel waar sy dit vandaan gekry het.

10 Jaar gelede stap sy en Oom Piet in die water
hier by die waterfront. En by haar dryf 'n bottel verby.
Sy haal die bottel uit die water, en daar is toe name van
'n man en vrou, en 'n Hannover adres in.

Sy skryf toe 'n brief daarheen, en van toe af korrespondeer
sy en die vrou in Hannover met mekaar. Vanmôre het ek fotos gesien
en van die briewe gelees, en die mense besoek werklik lande oral in
die wêreld. Ook het ek die eerste brief gelees, waarin sy sê dat hulle
bottels pos oral in die wêreld, en dat tannie Geraldine s'n die
eerste reaksie daarop was.

Sedert toe stuur Heinrich & Christa Knopf -elke einde van die jaar,
uit Hannover in Duitsland, koek na haar en Oom Piet in Suid Afrika.

DD
Re: bottelpos [boodskap #102550 is 'n antwoord op boodskap #102531] Di, 12 April 2005 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Moenie koek verwag nie. Ek dink die ouens in die Oekraïne wat jou brief
ontvang het sit nou nog en "puzzle" daaroor.

"DD" skryf in boodskap news:m3ol515h5f0u7hd3f2bnnt1qsd5eigjq2m@4ax.com...
>
>
>
> Dit was nou snaaks. Ek skryf die brief,
> vergeet daarvan en begin al die nuusgroepe deursoek
> vir iets oor dierelewe.
> Maak die nuusleser toe en hier word die brief gepos
> na een van hulle toe. Dit ek eers later agtergekom:-)
> Ek is nie eens lus om te gaan kyk waarheen nie,
> maar een of ander anderstalige groep het hierde Afrikaanse brief
> ontvang:-)
> ****************************************************
>
>
> Die tannie wat amper my buurvrou is, Geraldine,
> bring sowat 'n week gelede vir ons 'n paar lekker
> koekies. Heel groot koeies, en soos 'n 'TopDeck'
> wit sjokolade bo, en donker sjokolade onder.
> Heerlik.
>
> Vanmôre het sy vertel waar sy dit vandaan gekry het.
>
> 10 Jaar gelede stap sy en Oom Piet in die water
> hier by die waterfront. En by haar dryf 'n bottel verby.
> Sy haal die bottel uit die water, en daar is toe name van
> 'n man en vrou, en 'n Hannover adres in.
>
> Sy skryf toe 'n brief daarheen, en van toe af korrespondeer
> sy en die vrou in Hannover met mekaar. Vanmôre het ek fotos gesien
> en van die briewe gelees, en die mense besoek werklik lande oral in
> die wêreld. Ook het ek die eerste brief gelees, waarin sy sê dat hulle
> bottels pos oral in die wêreld, en dat tannie Geraldine s'n die
> eerste reaksie daarop was.
>
> Sedert toe stuur Heinrich & Christa Knopf -elke einde van die jaar,
> uit Hannover in Duitsland, koek na haar en Oom Piet in Suid Afrika.
>
> DD
>
Re: bottelpos [boodskap #102551 is 'n antwoord op boodskap #102531] Di, 12 April 2005 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit gee mens moed en vertroue in die mensdom om sulke dinge te hoor.
Re: bottelpos [boodskap #102560 is 'n antwoord op boodskap #102551] Di, 12 April 2005 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:d3fkng$f50$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit gee mens moed en vertroue in die mensdom om sulke dinge te hoor.
>

Dit sou my ook moed gegee het as ek dit kon hoor...
Re: bottelpos [boodskap #102584 is 'n antwoord op boodskap #102550] Wo, 13 April 2005 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Apr 2005 15:16:00 +0200, "Koot" wrote:

> Moenie koek verwag nie. Ek dink die ouens in die Oekraïene wat jou brief
> ontvang het sit nou nog en "puzzle" daaroor.
>
> "DD" wrote in message
> news:m3ol515h5f0u7hd3f2bnnt1qsd5eigjq2m@4ax.com...



>> Dit was nou snaaks. Ek skryf die brief,
>> vergeet daarvan en begin al die nuusgroepe deursoek
>> vir iets oor dierelewe.
>> Maak die nuusleser toe en hier word die brief gepos
>> na een van hulle toe. Dit ek eers later agtergekom:-)
>> Ek is nie eens lus om te gaan kyk waarheen nie,
>> maar een of ander anderstalige groep het hierde Afrikaanse brief
>> ontvang:-)
>> ****************************************************


>> Die tannie wat amper my buurvrou is, Geraldine,
>> bring sowat 'n week gelede vir ons 'n paar lekker
>> koekies. Heel groot koeies, en soos 'n 'TopDeck'
>> wit sjokolade bo, en donker sjokolade onder.
>> Heerlik.

>> Vanmôre het sy vertel waar sy dit vandaan gekry het.

>> 10 Jaar gelede stap sy en Oom Piet in die water
>> hier by die waterfront. En by haar dryf 'n bottel verby.
>> Sy haal die bottel uit die water, en daar is toe name van
>> 'n man en vrou, en 'n Hannover adres in.

>> Sy skryf toe 'n brief daarheen, en van toe af korrespondeer
>> sy en die vrou in Hannover met mekaar. Vanmôre het ek fotos gesien
>> en van die briewe gelees, en die mense besoek werklik lande oral in
>> die wêreld. Ook het ek die eerste brief gelees, waarin sy sê dat hulle
>> bottels pos oral in die wêreld, en dat tannie Geraldine s'n die
>> eerste reaksie daarop was.

>> Sedert toe stuur Heinrich & Christa Knopf -elke einde van die jaar,
>> uit Hannover in Duitsland, koek na haar en Oom Piet in Suid Afrika.

>> DD



>

dink nie daar's 'n kans dat dit vir hulle leesbaar sal wees nie, Koot.
Tensy, natuurlik een of ander Vlaamse taalgroep daarop afkom.
Dit weer, laat my dink aan 'n insident van 'n hele paar jaar terug.

Ek deel heelwat met Nederlandse nuusgroepe, wat meebring dat
ek 'n paar sinsnedes in Nederlands kan aframmel, en heel Hollangs
klink:-)

Die spesifieke keer het iemand my lekker uitgetrap, omdat ek 'n
duidelike Afrikaanse neiging in my taal het. Want ons, wat in
Amsterdam woon, doen nie moeite om Nederlands suiwer te praat
nie.

Rico, (het jy hom geken) het hulle reggehelp en vir die skrywer
vertel dat hy met 'n Suid Afrikaner in Suid Afrika praat.

DD
Re: bottelpos [boodskap #102585 is 'n antwoord op boodskap #102551] Wo, 13 April 2005 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Apr 2005 07:01:40 -0700, "Jonas" wrote:

> Dit gee mens moed en vertroue in die mensdom om sulke dinge te hoor.
>

Vertroue in die mensdom sê jy. Vanmiddag het 'n onbekende vrou dit ook
vir my gesê, en my later by die huis gebel, en dit weer gesê. As ons
rondkyk, kan ons vertroue in die mensdom herstel, maar somtyds
slip ons onwetend op. Wat ek vandag byna gedoen het.

Ons kom vroeg vanmiddag in 'n groot winkelkompleks, waar mense
maal en maal. En as enige van julle die 'Workshop' ken in Durban,
sal julle weet hoe dit daar lyk:-)
En my vrou wys vir my 'n vrou wat met twee inkopiessakke
in haar hande, slinger. Sy steek vas en staar dof voor haar uit.
Probeer een voet versigtig vorentoe skuifel, en steek wankelrig haar
regterhand uit na 'n winkelvenster om daarteen te balanseer.

En my vrou sê vir my: "Die vrou is of smoordronk, of siek. Wat dit
ookal is, ons moet haar help."
Ek stap nader en vra of ek haar kan help. Sy sê vir my met 'n
sleeptong in Engels, dat sy by 'n telefoonhokkie moet kom, om haar
seun te bel. Hy moet haar gaan haal. En haar tong sleep steeds
terwyl ek die sakke uit haar hande neem en vra dat sy aan my skouer
moet vashou. En dink dat die vrou hopeloos dronk is.

En terwyl ons na 'n tafeltjie stap, treetjie vir treetjie, vertel sy
dat sy aan multi sklerose ly.
Ek het al daarvan gehoor, en weet nie wat dit is nie. Sy
het later probeer verduidelik, maar steeds weet ek nie wat dit is nie.
Toe ek haar seun se telefoonnommer vra, en sy my verbaas om die
lang nommer te onthou, het ek haar seun op my selfoon gebel.

Ons het naby haar tafel gebly, weer haar seun gebel, en daar
rondgedrentel om seker te maak dat sy orraait is, en later toe ons by
haar tafel verbyloop, roep sy ons nader, en vra dat ons sit.

Dìt, was sowat twintig minute later. En die vrou is normaal.
En toe besef ek eers dat sy werklik nie gedrink was nie.
Sypraat toe Afrikaans en toe ek haar vra wat haar taal is, toe sy sy
'Duits ook." En vertel dat sy 'n lugwaardin was by Lufthansa en dat
sy die lugwaardin was wat Hendrik Verwoerd bedien het op 'n vlug na
Duitsland. (Sy het toe in Duitsland gewoon.)

Dit was alles net so terloops bygevoeg, maar toe jy praat van
'vertroue in die mensdom' en sy vanmiddag geskakel het met dieselfde
woorde, toe dog ek, kom ek vertel jou die storie.

Koebaai

DD
Re: bottelpos [boodskap #102589 is 'n antwoord op boodskap #102560] Wo, 13 April 2005 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As die EXIF data van hierdie foto's gelees word
sal dit lyk asof ek die fotos op nuwejaarsdag 2003
geneem het. Ek het dit egter gister geneem maar,
toe ek omdraai en sien dat die passasiersboot so naby
is, en ek moes nuwe batterye insit, was daar nie tyd
om datum en tyd te stel nie.
Waarom ek dit onder 'bottelpos' pos, is omdat die tannie
in blou by 6757 'Geraldine' is, wat die bottel in die water
gekry het. Sy weier om 'tannie' genoem te word, en ek
noem haar 'G' soos haar kleinkinders.

Na ek die passasiersskip gekliek het, het ek omgedraai
en 6771 & 6772 geneem.

http://home.intekom.com/davesplace/DSCF6757.jpg
http://home.intekom.com/davesplace/DSCF6771.jpg
http://home.intekom.com/davesplace/DSCF6772.jpg

DD
Re: bottelpos [boodskap #102592 is 'n antwoord op boodskap #102584] Do, 14 April 2005 06:19 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
So het 'n ou op 'n Duitse nuusgroep hom bloedig vererg oor my laag-Duits en
verklaar dat hy my nou op sy "killfile" sit. Ek wroeg nou nog daaroor.

"DD" skryf in boodskap news:2aqq51dq0v52fp9upm0rhlh6brb6r25aoo@4ax.com...
> On Tue, 12 Apr 2005 15:16:00 +0200, "Koot" wrote:
>
>> Moenie koek verwag nie. Ek dink die ouens in die Oekraïne wat jou brief
>> ontvang het sit nou nog en "puzzle" daaroor.
>>
>> "DD" wrote in message
>> news:m3ol515h5f0u7hd3f2bnnt1qsd5eigjq2m@4ax.com...
>
>
>
>>> Dit was nou snaaks. Ek skryf die brief,
>>> vergeet daarvan en begin al die nuusgroepe deursoek
>>> vir iets oor dierelewe.
>>> Maak die nuusleser toe en hier word die brief gepos
>>> na een van hulle toe. Dit ek eers later agtergekom:-)
>>> Ek is nie eens lus om te gaan kyk waarheen nie,
>>> maar een of ander anderstalige groep het hierde Afrikaanse brief
>>> ontvang:-)
>>> ****************************************************
>
>
>>> Die tannie wat amper my buurvrou is, Geraldine,
>>> bring sowat 'n week gelede vir ons 'n paar lekker
>>> koekies. Heel groot koeies, en soos 'n 'TopDeck'
>>> wit sjokolade bo, en donker sjokolade onder.
>>> Heerlik.
>
>>> Vanmôre het sy vertel waar sy dit vandaan gekry het.
>
>>> 10 Jaar gelede stap sy en Oom Piet in die water
>>> hier by die waterfront. En by haar dryf 'n bottel verby.
>>> Sy haal die bottel uit die water, en daar is toe name van
>>> 'n man en vrou, en 'n Hannover adres in.
>
>>> Sy skryf toe 'n brief daarheen, en van toe af korrespondeer
>>> sy en die vrou in Hannover met mekaar. Vanmôre het ek fotos gesien
>>> en van die briewe gelees, en die mense besoek werklik lande oral in
>>> die wêreld. Ook het ek die eerste brief gelees, waarin sy sê dat hulle
>>> bottels pos oral in die wêreld, en dat tannie Geraldine s'n die
>>> eerste reaksie daarop was.
>
>>> Sedert toe stuur Heinrich & Christa Knopf -elke einde van die jaar,
>>> uit Hannover in Duitsland, koek na haar en Oom Piet in Suid Afrika.
>
>>> DD
>
>
>
>>
>
>
> dink nie daar's 'n kans dat dit vir hulle leesbaar sal wees nie, Koot.
> Tensy, natuurlik een of ander Vlaamse taalgroep daarop afkom.
> Dit weer, laat my dink aan 'n insident van 'n hele paar jaar terug.
>
> Ek deel heelwat met Nederlandse nuusgroepe, wat meebring dat
> ek 'n paar sinsnedes in Nederlands kan aframmel, en heel Hollangs
> klink:-)
>
> Die spesifieke keer het iemand my lekker uitgetrap, omdat ek 'n
> duidelike Afrikaanse neiging in my taal het. Want ons, wat in
> Amsterdam woon, doen nie moeite om Nederlands suiwer te praat
> nie.
>
> Rico, (het jy hom geken) het hulle reggehelp en vir die skrywer
> vertel dat hy met 'n Suid Afrikaner in Suid Afrika praat.
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Haarsnyer erken vernedering
Volgende onderwerp: Namib beskadig deur motorfietse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:53:35 MGT 2024