Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Help asseblief
Help asseblief [boodskap #102515] Ma, 11 April 2005 14:31 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom" hier
plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil vreeslik
graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied, en die
vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
verantwoordelikheid...

Baie Dankie
Elaine
Re: Help asseblief [boodskap #102519 is 'n antwoord op boodskap #102515] Ma, 11 April 2005 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ou Gesang 177: "Ek sien 'n nuwe hemel kom".

:-)

TJ

"Elaine" skryf in boodskap news:d3e1oe$c3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom" hier
> plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil vreeslik
> graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied, en die
> vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
> verantwoordelikheid...
>
> Baie Dankie
> Elaine
>
Re: Help asseblief [boodskap #102520 is 'n antwoord op boodskap #102515] Ma, 11 April 2005 16:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Openbaring 21.
http://www.statenvertaling.net/bijbel/open/21.html

gezang 114 (Openbaring 21:1-4)
http://home.wanadoo.nl/warners/pr/16nov2003.htm

Ik zag een nieuwe hemel zich verheffen, een nieuwe aarde ontstond
om het geheim des levens te beseffen, niet meer in zee gegrond.
Ik zag een stad verblindend naderkomen, een middelpunt van feest,
Jeruzalem, zoals het in Gods dromen vanouds moet zijn geweest.

Jeruzalem is als een bruid getreden voor God in wit en goud
en in haar heldre ogen staat een vrede door niemand ooit aanschouwd.
Een stem roept in het rond: nu gaat beginnen de koninklijke tijd,
de koning zal de koningin beminnen die Hem is toegewijd.

De Koning die zijn troon heeft in den hoge, houdt bij de mensen hof
en alle tranen zal Hij van hun ogen afwissen tot zijn lof.
Er zal geen rouw, er zal geen dood meer wezen, nergens verdriet meer zijn,
de eerste dingen werden uitgewezen, voorbij ging alle pijn.

Ook vreemd dat die Afrikaanse Bybel en Gesange nie op die Internet is nie?

:-)

TJ

"Elaine" skryf in boodskap news:d3e1oe$c3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom" hier
> plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil vreeslik
> graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied, en die
> vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
> verantwoordelikheid...
>
> Baie Dankie
> Elaine
>
Re: Help asseblief [boodskap #102521 is 'n antwoord op boodskap #102515] Ma, 11 April 2005 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Innige Simpatie Elaine.
((((((((((Elaine))))))))))))))))))
--
Groetnis
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:d3e1oe$c3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom" hier
> plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil vreeslik
> graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied, en die
> vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
> verantwoordelikheid...
>
> Baie Dankie
> Elaine
>
Re: Help asseblief [boodskap #102522 is 'n antwoord op boodskap #102515] Ma, 11 April 2005 17:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ges 177: ( Openbaring 21)

Ek sien 'n nuwe hemel kom,
'n aarde nuut en vry.
Die see en al wat wat skei, verdwyn.
God self kom by ons bly.

Die nuwe stad, Jerusalem,
daal uit die hemel neer;
skoon soos 'n bruid in heerlikheid-
geliefde van die Heer.

Die Heer droog al die die trane af,
verby is droefheid, dood.
Ja, pyn en smart wyk uit die hart -
ons moeite, angs en nood.

"Kyk ek maak alles nuut", sê God.
" Laat hom wat dors het kom.
En hy sal vind, Hy is my kind
Ek is 'n God vir hom!"

Oorwinnaars, sal ons alles erf
en drink uit die fontein
van lewenswater, heerlik, rein.
En God sal oor ons skyn.

> Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom" hier
> plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil vreeslik
> graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied, en die
> vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
> verantwoordelikheid...
>
> Baie Dankie
> Elaine
>
Re: Help asseblief [boodskap #102524 is 'n antwoord op boodskap #102520] Ma, 11 April 2005 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan[3]  is tans af-lyn  jan[3]
Boodskappe: 7
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
Probeer Google "Bible Database" vir alle vertalings in alle tale
Jan

"TJ" skryf in boodskap news:ttudnUFtt4I9NcffRVn-2g@is.co.za...
> Openbaring 21.
> http://www.statenvertaling.net/bijbel/open/21.html
>
> gezang 114 (Openbaring 21:1-4)
> http://home.wanadoo.nl/warners/pr/16nov2003.htm
>
> Ik zag een nieuwe hemel zich verheffen, een nieuwe aarde ontstond
> om het geheim des levens te beseffen, niet meer in zee gegrond.
> Ik zag een stad verblindend naderkomen, een middelpunt van feest,
> Jeruzalem, zoals het in Gods dromen vanouds moet zijn geweest.
>
> Jeruzalem is als een bruid getreden voor God in wit en goud
> en in haar heldre ogen staat een vrede door niemand ooit aanschouwd.
> Een stem roept in het rond: nu gaat beginnen de koninklijke tijd,
> de koning zal de koningin beminnen die Hem is toegewijd.
>
> De Koning die zijn troon heeft in den hoge, houdt bij de mensen hof
> en alle tranen zal Hij van hun ogen afwissen tot zijn lof.
> Er zal geen rouw, er zal geen dood meer wezen, nergens verdriet meer zijn,
> de eerste dingen werden uitgewezen, voorbij ging alle pijn.
>
>
> Ook vreemd dat die Afrikaanse Bybel en Gesange nie op die Internet is nie?
>
> :-)
>
> TJ
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:d3e1oe$c3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom"
> hier
>> plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil vreeslik
>> graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied, en die
>> vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
>> verantwoordelikheid...

>> Baie Dankie
>> Elaine


>
Re: Help asseblief [boodskap #102525 is 'n antwoord op boodskap #102515] Ma, 11 April 2005 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> My pa word Donderdag begrawe

Ons dink aan jou. Ek hoop dat sy laaste dae
gemaklik gemaak is.

Gloudina
Re: Help asseblief [boodskap #102534 is 'n antwoord op boodskap #102525] Ma, 11 April 2005 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nie eers die dokter het dit gesien kom nie... hy het glad nie pyn gehad nie.
Op die einde het sy organe maar net eenvoudig opgehou werk. Hy het so
saggies weg geglip, hy was nog daar die een oomblik en die volgende oomblik
was hy net weg.

Dankie Gloudina, ons sal daar deurkom :)

Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> Ons dink aan jou. Ek hoop dat sy laaste dae
> gemaklik gemaak is.
>
> Gloudina
>
Re: Help asseblief [boodskap #102535 is 'n antwoord op boodskap #102522] Ma, 11 April 2005 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag baie dankie Annette, ek waardeer dit vreeslik baie.

Elaine

"Annette" wrote:
> Ges 177: ( Openbaring 21)
>
> Ek sien 'n nuwe hemel kom,
> 'n aarde nuut en vry.
> Die see en al wat wat skei, verdwyn.
> God self kom by ons bly.
Re: Help asseblief [boodskap #102536 is 'n antwoord op boodskap #102521] Ma, 11 April 2005 22:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie :)

"Annette" wrote:
> Innige Simpatie Elaine.
> ((((((((((Elaine))))))))))))))))))
> --
> Groetnis
> Annette
Re: Help asseblief [boodskap #102544 is 'n antwoord op boodskap #102515] Di, 12 April 2005 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, alle simpatie met jou pa se afsterwe hier vanuit Namibië. Sterkte
vir julle.

"Elaine" skryf in boodskap news:d3e1oe$c3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom"
> hier plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil
> vreeslik graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied,
> en die vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
> verantwoordelikheid...
>
> Baie Dankie
> Elaine
>
Re: Help asseblief [boodskap #102548 is 'n antwoord op boodskap #102534] Di, 12 April 2005 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
... en hier van 'down under' dink ek ook aan jou Elaine... my Pa het
dieselfde paatjie gevolg.

Danieljan.

"Elaine" skryf in boodskap news:d3esrn$200$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nie eers die dokter het dit gesien kom nie... hy het glad nie pyn gehad
> nie. Op die einde het sy organe maar net eenvoudig opgehou werk. Hy het so
> saggies weg geglip, hy was nog daar die een oomblik en die volgende
> oomblik was hy net weg.
Re: Help asseblief [boodskap #102549 is 'n antwoord op boodskap #102534] Di, 12 April 2005 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sterkte, Elaine. Sterkte ook by die begrafnis. Ek dink aan jou.

Ek het die voorreg gehad om darem vir my pa te kon sê ek is lief vir hom
voor hy heengegaan het, en dit het sy oë vir 'n oomblik laat oopgaan.

Ek wens ek het dit meer vir hom gesê "in the living years".

Koot.

"Elaine" skryf in boodskap news:d3esrn$200$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nie eers die dokter het dit gesien kom nie... hy het glad nie pyn gehad nie.
> Op die einde het sy organe maar net eenvoudig opgehou werk. Hy het so
> saggies weg geglip, hy was nog daar die een oomblik en die volgende oomblik
> was hy net weg.
>
> Dankie Gloudina, ons sal daar deurkom :)
>
> Elaine
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Ons dink aan jou. Ek hoop dat sy laaste dae
>> gemaklik gemaak is.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Help asseblief [boodskap #102555 is 'n antwoord op boodskap #102544] Di, 12 April 2005 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sterkte Elaine! Ook vir jou familie.

"Suidwester" skryf in boodskap news:KdSdnSgpfNz5OsbfRVn-vw@is.co.za...
> Elaine, alle simpatie met jou pa se afsterwe hier vanuit Namibië. Sterkte
> vir julle.
> "Elaine" wrote in message
> news:d3e1oe$c3m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Kan iemand asseblief vir my die woorde vir "Ek sien 'n nuwe hemel kom"
>> hier plaas of vir my email? My pa word Donderdag begrawe en my ma wil
>> vreeslik graag hê ons moet die lied sing... ongelukkig is dit 'n NG lied,
>> en die vader weet ek kry die woorde nêrens nie. Die begrafnisbrief is my
>> verantwoordelikheid...
>>
>> Baie Dankie
>> Elaine
>>
>
Re: Help asseblief [boodskap #102557 is 'n antwoord op boodskap #102520] Di, 12 April 2005 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"TJ"
> Ook vreemd dat die Afrikaanse Bybel en Gesange nie op die Internet is nie?
>
> :-)
>
> TJ
>

Dis nie heeltemal waar nie, TJ, http://www.bybel.co.za

Ek geniet veral die soekfunksie (jy kan selfs kies of jy in die 1983 of 1953
vertaling wil soek.)

Psalms en Gesange het ek nog nie gevind nie. Ek het wel 'n verskriklike
oulike site gevind. http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/index.html
Klomp FAK liedjies ens. Al wat ek jammer vind is dat jy nie met een link die
musiek kan hoor en die woorde sien nie, jy moet twee links gelyk oopmaak.
Maar, dis fantasties, ek en my vrou het al ure op die site deurgebring,
terwyl ons uit volle bors al die ou treffertjies sing. Die maker van hierdie
site verdien 'n pluimpie!

Daar's ook 'n paar gewyde liedere...

Max
Re: Help asseblief [boodskap #102608 is 'n antwoord op boodskap #102515] Do, 14 April 2005 18:00 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie aan julle almal. Die begrafnis is verby, en nou kan ons weer vorentoe
kyk :)

Groete
Elaine
Vorige onderwerp: Namib beskadig deur motorfietse
Volgende onderwerp: Joke of the Day
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 19:45:43 MGT 2024