Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lekker Gesels
Lekker Gesels [boodskap #10224 is 'n antwoord op boodskap #10225] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Hannes  is tans af-lyn  Hannes
Boodskappe: 33
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met homself
te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die weer,,,Enigiets,
maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Re: Lekker Gesels [boodskap #10225 is 'n antwoord op boodskap #10224] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/4/97 9:35AM, in message , "Hannes"
wrote:

> Kan niemand op die NG lekker gesels nie,
> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
>
Haai Hannes ~~~ hier's 'n uitdaging ...

Skryf iets vir ons oor wat jou interesseer, of waaroor jy graag wil gesels, dan
kyk ons watter tipe antwoorde kry jy. Wanneer ek iets lig of grapperigs
probeer sê, dan kry ek maar min antwoord (ook nie van jou nie). Seker maar flou
grappies. Miskien kry jy dit beter reg as ek.

Maar jy moenie sê At gesels met homself nie. (Dis nie snaaks nie). Ek
waardeer At se antwoorde _Baie_, en hy sit nie net en wag om vermaak te word
nie, hy doen baie moeite op hierdie groep. Hy doen ook wonderlike werk deur
ons almal se emosies in toom te hou.

(By the way, At, ek het Sondag al 'n antwoord op jou pos gestuur, maar dit blyk
of dit êrens in die sisteem verlore geraak het.)

V.
Re: Lekker Gesels [boodskap #10226 is 'n antwoord op boodskap #10225] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Liewe Hannes,

Hannes wrote in article
...
> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met homself
> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
> ........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die weer,,,Enigiets,
> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Hoekom stel jy nie 'n voorbeeld nie! Al daai !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! is
darem
regtig swaar beklemtoon. En jy is darem regtig swartgallig as
jy dink dat ons net vir onsself skryf. In ons swartgalligste dae
dink ons nie eers so nie.

Moet ons gesels oor die Springbokke en Noord Transvaal wat
nou se dae so lekker rugby speel. Vir die eerste keer in jare
hoef die mense nie meer vasgenael voor die TV te sit nie. Hulle
braai liewer vleis en dop dat dit skop, koue of te not. So nou en
dan loer hulle na die TV om te sien hoe dit gaan - net om weer
self weer rof te staan. Rugbykyk het lekker geword.

Die geelwortel van geld in sport laat "die uwe" dink aan die ou wat regtig
die geelwortelkunsie op 'n donkie probeer het. Daar was net patats
- nie 'n enkele geelwortel nie. Dit aard nie in sand nie. Hy het 'n patat
aan 'n stok se punt gebind en die stok aan die donkie se nek
vasgebind. Almal moes net vashou want donkie se kind het die patat
gesoek. Hy spring toe op die donkie an daar draf meneer. Hy en die
donkie het ewehard op die patat gekonsentreer - hy in vervoering
en die donkie in belusting. Toe hulle naby die doringdraad kom,
het die ou te laat besef dat hy die stok liewers moes vasgehou het.
Ewe behendig het donkie by die draad geswenk en toe al teen die
draad afgedraf, weer agter patat aan. Hy het vrede gehad met die
kermende ou op hom.

Ai, wat 'n mens nie alles vir 'n patat moet verduur nie.

Weet jy watter lekker sterk voggies kan 'n mens van gegiste
patats stook? Daar agter die vlakte van Thabazimbi het 'n man ons
gewys hoe dit gedoen word. Daar is nogal 'n geheim aan verbonde.
Ons wed jou dat jy nie die geheim ken nie. Maar net om jou so 'n
klein kansie te gee - dit is dieselfde geheim as wanneer 'n mens
Tequilla wil stook.

Ons kan jou nie lekker navorsing toewens nie want jy wil skynbaar
nie iets wetenswaardig weet nie - sommer net nuus soos op SABC
dit nou bedryf. En eintlik is jy reg. Dit is 'n Nuus Groep NG hierdie.
Dit moet regtig 'n verwaande mens wees wat dink dat slimmiggeit
of geestiggeit nuus is.

Terloops, vertel ons 'n bietjie van melk, melkkos en dies meer. Ons
sien al hoeka dat julle ISP konneksie "bonnita" genoem word. Dis
hoog tyd dat ons op iets anders as bene en senings getrakteer word.
Soos jy geskryf het. Die woordespel in die gedigte wat Gloudina so
tydsaam intik, gaan v^er oor onse koppe.

Die man het dit reg gekry. Hy het net een keer na homself verwys.
Miskien is dit toelaatbaar ter wille van 'n storie.

Maar ek sal nie meer stories kan vertel oor bobbejane, buffels,
haienas, olifante, skerpioene, pofadders, likkewane, meerkatte,
papegaaie, anakondas, armidillos, amasonerotte. piranhas,
ensovoorts nie. In al hierdie stories was ek ongelukkig een van
die rolspelers. Is dit nou nie jammer nie.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Lekker Gesels [boodskap #10244 is 'n antwoord op boodskap #10225] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met homself
> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
> .........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die weer,,,Enigiets,
> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Maar Hannes,

Pleks van nog klagtes by te voeg, voeg liewer die daad by die woord en dra
iets by oor braaivleis, rugby, die weer ens :-)

Groete, Leendert
Re: Lekker Gesels [boodskap #10245 is 'n antwoord op boodskap #10225] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hannes wrote in article
...
> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met homself
> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
> ........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die weer,,,Enigiets,
> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
>
> Wel as jy oor braaivleis wil gesels kan ek net sê net Suid Afrikaners kan
vleis braai maar oor rugby wil ek nie veel sê
hier uit New Zealand nie, en oor weer kan ons gesels.

Groete.
Stephanus
Re: Lekker Gesels [boodskap #10246 is 'n antwoord op boodskap #10225] Di, 05 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:
> Path:
> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met homself
> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
> .........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die weer,,,Enigiets,
> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
>

Hannes

Nou gaan sommige van die ou spul weer op jou kop dinges omdat jy dit durf waag
om hulle te kritiseer. Sommige sal allerhande politieke konnotasies aan jou
braaivleis en rugby woorde heg. Anyway - waaroor wil jy praat?

Cheers
Lou

Grappie - van za.humour - ek weet dis 'n ou ene.

GATBEWONER - GERHARD BEZUIDENHOUT - 10A

ONS OU DORPIE

Die dorpie waar ek gebore is, het teen 'n vulkaniese berg gestaan, en die
grondformasie was nie so dat jy daarop kon bou nie, die huise het baie
maklik inmekaar gestort. Dus het al die inwoners sommer in gate gebly.

As 'n kind 'n jaar oud geword het, het sy ouers hom begin leer om sy eie
gat te grawe, en sodoende het elkeen sy eie gat gehad.

Die burgermeester het die grootste gat op die dorp gehad. Die dokter se
gat was weer met 'n groot verband op. Die begrafnisondernemer het 'n
lang, donker gat van ses voet diep gehad en die haarkapper se gat het
baie krulle hare om gehad.

Die tuinier se gat was altyd vol mis, en die predikant moes hard werk om
sy gat skoon te hou, want die mense het nie van 'n vuilgat predikant
gehou nie.

Die volksraadlid het teen die hang van die berg gebly waar die wind altyd
gewaai het, daarom het die mense hom sommer ou windgat genoem. Met elke
uitbarsting van die vulkaan het sy gat verstop geraak, en dan moes hy sy
gat weer van vooraf uithol.

Die stadsklerk het altyd in die Burgermeester se gat gekruip totdat hy
uitgevang is, en die mense sy gat toegesteek het en hom die dorp verbied
het.

Die bankbestuurder het eenkant in die harde grond gewoon en is sommer ou
hardegat genoem. Die bakker het hulle sommer ou bakgat genoem. Die
assuransie-agent moes baie rondreis en het sodoende sy gat eenmaal 'n
maand gesien. Eenmaal het 'n bottel brandewyn in die kroegman se gat
gebreek en almal wou toe net sy gat uitlek.

Buite die dorp was die lokasie met die een swart gat op die ander. Na 'n
groot vulkaniese uitbarsting het die dorpie opgehou om te bestaan, want
al die inwoners het net lelik gat skoon gemaak want nie een kon sy eie
gat red nie.
Re: Lekker Gesels [boodskap #10267 is 'n antwoord op boodskap #10225] Do, 07 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 05 Aug 97 08:13:30, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

om hulle te kritiseer. Sommige sal allerhande politieke konnotasies aan jou[/color]
> braaivleis en rugby woorde heg. Anyway - waaroor wil jy praat?
>
> Cheers
> Lou
>
> Grappie - van za.humour - ek weet dis 'n ou ene.>>>

Wat ek se, is wat jy nou doen, Lou.

Ek se: "Hou op moan oor wat ander pos en pos wat jy wil he."
Re: Lekker Gesels [boodskap #10268 is 'n antwoord op boodskap #10225] Do, 07 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
...
>
>
> Annette wrote in article
> ...
>> Lekker gesels.
>> Wel, die Engelse begin altyd met die weer.
>> Nie ons nie.
>> Ons begin gesels oor egte Suid-Afrikaanse kos.
>> As mense van die buiteland kom kuier - wat se egte Suid-Afrikaanse
>> disse word vir die arme mense voorberei?
>> Bobotie -
>> Die arme Amerikaners moes by elke gesin waar hulle bly,
>> Bobotie eet. Vyf aande namekaar!
>> Nuwe advertensie vir toerisme: Besoek Suid-Afrika, Eet Bobotie, verloor
>> gewig.
>
> Wel, as hulle nie wil afval eet nie, wat verwag hulle?

Leendert,

Annete het gepraat van lekker eet. Dis net het waar X en Y
anders optree. Ek bitter min Xse wat afval eet, wat nog van
gebakte pere.

Sien jy. Afrikaans tennis - ek is lief vir afval - ek verpes dit.

Wag totdat ek skryf hoe jy 'n pofadder (nie die slang nie)
voorberi en gaarmaak. Dan sal jy sien hoe daar Afrikaanse
tennis op die NG gespeel word.

At
Re: Lekker Gesels [boodskap #10300 is 'n antwoord op boodskap #10225] So, 10 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Aug 1997 08:57:29 -0400, Henry van Zyl
wrote:

Hannes wrote:[/color]
>
>> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met
>> homself
>> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
>> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
>> ........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die
>> weer,,,Enigiets,
>> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
>> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!>>>

OK.
...ek stap toe vanmiddag uit in die agterplaas en daar le die vleis
toe op die kole en braai. Jong! maar die vet sis so en die kole is
warm. Warm genoeg om die vleis gaar te maak.
Dit laat my toe dink aan my oupa wat altyd gese het dat jou vuur warm
genoeg moet wees om die vleis gaar te maak.
Anders is die vleis rou. En dis nie wat jy wil he nie. Jy wil gaar
vleis he.
In elk geval.
Ek staan toe daar, Vryf oor my maag en dink hoe mooi die vleis so lyk
op die kole.
En toe kyk ek op in die boom.
En daar!
Daar sit n duif!!
En ek kyk toe so na die duif.
En ek dink: "Daai duif beter sy vlerke klap as hy vlieg anders gaan hy
val."
Toe stap ek in en se vir my vrou duiwe beter hulle vlerke klap as
hulle vlieg anders val hulle!
Sy se toe ja. Dit is so en glimlag.
Toe stap ek weer uit en sien die vleis moet omgedraai word.
Toe draai ek die vleis om.
Dis darem lekker om die vleis so om te draai.
Toe dit klaar is, toe neem ek die vleis in die huis in waar my
vroutjie by die tafel sit en wag vir my.
Sy se toe vir my hoe slim ek was oor die duiwe.
En ek se toe: "Nee. Ons moet nederig wees. Moenie vir my se ek is slim
oor die duiwe nie."
Toe stem sy met my saam en ons vergeet van die duiwe.
Toe dink ons aan ag, julle weet wie en wat HULLE altyd doen en so aan.
Toe sluit ons die deure en die hekke, sit die lig aan en begin eet.
Halfpad deur die vleis het ek toe 'n ou Al Debbo fliek op die video
gaan sit.
Maar arrie jong!! was daardie man nie snaaks nie!!!
Onthou julle daar waar hy sy oe so vir Frederik Burgers gerol het.
Ai! Ons het darem 'n mooi taal en 'n sterk kultuur.
Dis so lekker om soos ons te wees.
Die vleis was gaar en ...daar was iets anders...maar ag wat vergeet
dit.
Ou Al is darem soooo snaaks!!!!!
En die "bruin" koeldrank is darem so lekker!
En daar is nog baie bottels in die kas.
Ek is OK Sarel, jy ook. Alles is OK. Dis soooo mooi........
Re: Lekker Gesels [boodskap #10301 is 'n antwoord op boodskap #10225] So, 10 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hoor, hoor!

Hannes wrote:

> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met
> homself
> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
> ........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die
> weer,,,Enigiets,
> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Re: Lekker Gesels [boodskap #10322 is 'n antwoord op boodskap #10225] Di, 12 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 8/11/97 12:53AM, in message , Koos
wrote:

>
> OK.
> ...
> Ek is OK Sarel, jy ook. Alles is OK. Dis soooo mooi........
>
snip

hehehe
Jy't versuim om ons te vertel of die sonnetjie ook lekker warm was? Ek sien
uit na die volgende spannende episode.

Al naelbytend,
V.
>
Re: Lekker Gesels [boodskap #10331 is 'n antwoord op boodskap #10225] Wo, 13 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Aug 1997 08:57:29 -0400, Henry van Zyl
wrote:

Hannes wrote:[/color]
>
>> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met
>> homself
>> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
>> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
>> ........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die
>> weer,,,Enigiets,
>> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
>> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!>>>

OK.
...ek stap toe vanmiddag uit in die agterplaas en daar le die vleis
toe op die kole en braai. Jong! maar die vet sis so en die kole is
warm. Warm genoeg om die vleis gaar te maak.
Dit laat my toe dink aan my oupa wat altyd gese het dat jou vuur warm
genoeg moet wees om die vleis gaar te maak.
Anders is die vleis rou. En dis nie wat jy wil he nie. Jy wil gaar
vleis he.
In elk geval.
Ek staan toe daar, Vryf oor my maag en dink hoe mooi die vleis so lyk
op die kole.
En toe kyk ek op in die boom.
En daar!
Daar sit n duif!!
En ek kyk toe so na die duif.
En ek dink: "Daai duif beter sy vlerke klap as hy vlieg anders gaan hy
val."
Toe stap ek in en se vir my vrou duiwe beter hulle vlerke klap as
hulle vlieg anders val hulle!
Sy se toe ja. Dit is so en glimlag.
Toe stap ek weer uit en sien die vleis moet omgedraai word.
Toe draai ek die vleis om.
Dis darem lekker om die vleis so om te draai.
Toe dit klaar is, toe neem ek die vleis in die huis in waar my
vroutjie by die tafel sit en wag vir my.
Sy se toe vir my hoe slim ek was oor die duiwe.
En ek se toe: "Nee. Ons moet nederig wees. Moenie vir my se ek is slim
oor die duiwe nie."
Toe stem sy met my saam en ons vergeet van die duiwe.
Toe dink ons aan ag, julle weet wie en wat HULLE altyd doen en so aan.
Toe sluit ons die deure en die hekke, sit die lig aan en begin eet.
Halfpad deur die vleis het ek toe 'n ou Al Debbo fliek op die video
gaan sit.
Maar arrie jong!! was daardie man nie snaaks nie!!!
Onthou julle daar waar hy sy oe so vir Frederik Burgers gerol het.
Ai! Ons het darem 'n mooi taal en 'n sterk kultuur.
Dis so lekker om soos ons te wees.
Die vleis was gaar en ...daar was iets anders...maar ag wat vergeet
dit.
Ou Al is darem soooo snaaks!!!!!
En die "bruin" koeldrank is darem so lekker!
En daar is nog baie bottels in die kas.
Ek is OK Sarel, jy ook. Alles is OK. Dis soooo mooi........
Re: Lekker Gesels [boodskap #10347 is 'n antwoord op boodskap #10225] Do, 14 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
fe...@is.co.za (Koos) writes: > On Sun, 10 Aug 1997 08:57:29 -0400, Henry van Zyl
> wrote:
>
>
>> Hannes wrote:
>>
>>> Kan niemand op die NG lekker gesels nie, as At nie besig is om met
>>> homself
>>> te gesels nie , dan Is Gloudina besig om al wat 'n gedig is op te
>>> grawe..En dan is daar naturlik ons politieke vriende, ..........ai ai
>>> ........Wat van lekker gesels, braaivleis, rugby, tot die
>>> weer,,,Enigiets,
>>> maar om vadersnaam moet net nie so swaar en swartgallig wees nie
>>> !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!>>>
>
>
> OK.
> ...ek stap toe vanmiddag uit in die agterplaas en daar le die vleis
> toe op die kole en braai. Jong! maar die vet sis so en die kole is
> warm. Warm genoeg om die vleis gaar te maak.
> Dit laat my toe dink aan my oupa wat altyd gese het dat jou vuur warm
> genoeg moet wees om die vleis gaar te maak.
> Anders is die vleis rou. En dis nie wat jy wil he nie. Jy wil gaar
> vleis he.
> In elk geval.
> Ek staan toe daar, Vryf oor my maag en dink hoe mooi die vleis so lyk
> op die kole.
> En toe kyk ek op in die boom.
> En daar!
> Daar sit n duif!!
> En ek kyk toe so na die duif.
> En ek dink: "Daai duif beter sy vlerke klap as hy vlieg anders gaan hy
> val."
> Toe stap ek in en se vir my vrou duiwe beter hulle vlerke klap as
> hulle vlieg anders val hulle!
> Sy se toe ja. Dit is so en glimlag.
> Toe stap ek weer uit en sien die vleis moet omgedraai word.
> Toe draai ek die vleis om.
> Dis darem lekker om die vleis so om te draai.
> Toe dit klaar is, toe neem ek die vleis in die huis in waar my
> vroutjie by die tafel sit en wag vir my.
> Sy se toe vir my hoe slim ek was oor die duiwe.
> En ek se toe: "Nee. Ons moet nederig wees. Moenie vir my se ek is slim
> oor die duiwe nie."
> Toe stem sy met my saam en ons vergeet van die duiwe.
> Toe dink ons aan ag, julle weet wie en wat HULLE altyd doen en so aan.
> Toe sluit ons die deure en die hekke, sit die lig aan en begin eet.
> Halfpad deur die vleis het ek toe 'n ou Al Debbo fliek op die video
> gaan sit.
> Maar arrie jong!! was daardie man nie snaaks nie!!!
> Onthou julle daar waar hy sy oe so vir Frederik Burgers gerol het.
> Ai! Ons het darem 'n mooi taal en 'n sterk kultuur.
> Dis so lekker om soos ons te wees.
> Die vleis was gaar en ...daar was iets anders...maar ag wat vergeet
> dit.
> Ou Al is darem soooo snaaks!!!!!
> En die "bruin" koeldrank is darem so lekker!
> En daar is nog baie bottels in die kas.
> Ek is OK Sarel, jy ook. Alles is OK. Dis soooo mooi........

Nou het ons nog nie uitgevind of die son geskyn het daardie
dag nie...

Vertel ook meer oor Hubris du Plessis.
Vorige onderwerp: Wij hebben hulp nodig
Volgende onderwerp: Hier is 'n Afrikaner.....!!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:53:30 MGT 2024