Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die 'vermiste' NG artikels
Die 'vermiste' NG artikels [boodskap #10212] Ma, 04 Augustus 1997 00:00
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Nuusgroepe behoort tot die wêreldwye netwerk genaamd UseNet wat deel uitmaak
van die Internet. Die UseNet bestaan bloot uit 'n spul nuusbedieners (news
servers) wat aanmekaar geflans is. Hierdie nuusbedieners se taak is om nuwe
artikels te ontvang van gebruikers wat aan hulle gekoppel is, en dan hierdie
artikels aan al die ander nuusbedieners (wat aan hom bekend is) beskikbaar te
maak. Nie alle nuusbedieners ondersteun alle nuusgroepe nie en,
vanselfsprekend, is alle nuusbedieners nie aan mekaar gekoppel nie - hulle vra
informasie van mekaar aan en so word almal op die ou einde opgedateer
(teoreties). Wat dus kan gebeur is dat ek 'n artikel op
soc.culture.south-africa.afrikaans pos. My nuusbediener is nou al plek waar
die artikel sit en net mense wat ook aan presies dieselfde nuusbediener
gekoppel is sal die informasie kan lees. Van tyd tot tyd sal ander
nuusbedieners nuwe artikels by my nuusbediener aanvra. Nou kan dit maklik
gebeur dat my nuusbediener se enigste skakel met die res van die wêreld 'n
Amerikaanse nuusbediener is. Dit is net wanneer die Amerikaanse nuusbediener
artikels van die res van die wêreld ontvang (selfs van .za) dat ek daardie
artikels in die hande sal kry en dit is net wanneer daardie selfde
nuusbediener my artikel ontvang dat dit aan die res van die wêreld beskikbaar
word. Dit is egter nie so eenvoudig nie, want nuusbedieners sal tipies by meer
as een van sy maats nuus aanvra, so dis glad nie onmoontlik dat ek 'n
opvolgartikel kan ontvang voordat ek die oorspronklike artikel ontvang nie. In
za is ons baie afhanklik van oorsese skakels en dis waar die probleem lê:
ironies genoeg is dit baie moontlik dat die korste pad tussen my en 'n ander
Suid Afrikaner op die nuusgroep via Amerika en Europa is.

Mense wat al op die groot internasionale IRC netwerke gespeel het sal die
situasie goed verstaan: daar word dieselfde probleem as 'lag' ondervind wat,
onder die ergste omstandighede, kan lei daartoe dat jy iets tik, dan ontkoppel
van die bediener, dan weer koppel maar aan 'n ander bediener en JOU EIE getik
voor jou oe sien afspeel en jouself selfs sien ontkoppel! Dis maar diesefde
ding wat hier gebeur, net in 'n ander konteks. Net EEN kinkel in die kabel
(miskien in Amerika) kan tot gevolg hê dat ek en At byvoorbeeld nie mekaar se
artikels vir 'n paar dae kan sien nie en hulle dan een dag almal in 'n bondel
ontvang. Intussen het ander mense die artikels gelees en daarop gereageer.

Die Internet is vinnig besig om te oorlaai en die groot ruggrate bly net-net
voor met die verkaffing van bandbreedte. Ek dink nie ons hoef te bekommerd te
wees nie, net bietjie meer geduldig: die meeste van die tyd is die Internet
immers betroubaar en BAIE beter as enige mededingende kommunikasiestelsel wat
vir Jan Alleman bekostigbaar is.
Vorige onderwerp: Ad hominem aanval
Volgende onderwerp: OORDENKING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 10:16:11 MGT 2024