Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Geluk Haaie!!
Geluk Haaie!! [boodskap #102063] Sa, 26 Maart 2005 18:04 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai, watter lekker wedstryd om na te kyk!.
Daar spring die Haaie toe met 1 wedstryd bo-oor die Bababloubulletjies op
die punteleer:)) ( eintlik trek hulle nou gelyk)
Die Katte het ook eintlik goed gespeel, as mens in aanmerking neem dat daar
etlike grondonnosel spelers in die span is:))
Arme Stormers - hulle speel met 'n wil om te verloor:)

--
Groetnis
Annette
Re: Geluk Haaie!! [boodskap #102072 is 'n antwoord op boodskap #102063] Ma, 28 Maart 2005 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moet sê dit was 'n lekker wedstryd om na te kyk. Klein Pienaar'tjie het 'n
droom-wedstryd gehad en ek hoop die rugbyskrywers maak hom nou al klaar 'die
beste in die wêreld' nie en gee hom 'n billike kans om met die tyd te
ontwikkel. Dis die grootste probleem met rugby hier aan die suidepunt van
Afrika: Ons wag vir 'n rugby-messias om ons te kom red uit die
rugbywoestyn van verloor. Dit werk nie so nie..........NIKS werk so nie!

"Annette" skryf in boodskap news:d2488s$esd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ai, watter lekker wedstryd om na te kyk!.
> Daar spring die Haaie toe met 1 wedstryd bo-oor die Bababloubulletjies op
> die punteleer:)) ( eintlik trek hulle nou gelyk)
> Die Katte het ook eintlik goed gespeel, as mens in aanmerking neem dat
> daar
> etlike grondonnosel spelers in die span is:))
> Arme Stormers - hulle speel met 'n wil om te verloor:)
>
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Geluk Haaie!! [boodskap #102078 is 'n antwoord op boodskap #102063] Di, 29 Maart 2005 01:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Wonderwerk. (Ek dink dis hoe die games daar Bo sal uitsien.)
Suidwester - ek is dit eens met jou. 'n Versugting na 'n enkel
rugby-Messiahs sal nie werk nie - en ek hoop die outjie word kans gegun om
mooi groot te word. Plaaslik (Noord-Transvaal) lê die lyke kniediep van die
sg. tweede Naas-sindroom. Die nuutste is Hougaardt wie se koppie, dink ek,
uitgehaak het. Vroeg ryp, vroeg vrot, vroeg wys vroeg sot ...
Re: Geluk Haaie!! [boodskap #102080 is 'n antwoord op boodskap #102078] Di, 29 Maart 2005 05:59 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis mos in ons kultuur, is dit nie? Van kindsbeen word ons vertel jy kan
maar droogmaak soos jy wil, daar's altyd daardie 'delete' knoppie wat jy by
die kerk kan gaan druk om 'sorry-sorry' te sê en alles is vergewe.
Intussen kan jy die grootste vark wees in jou persoonlike lewe of in
besigheid verneuk dat die sop spat, solank jy net daai 'sorry' kan sê, dan
is jy OK. Iewers, êrens sal dit tot die afrigtingspanne moet deurdring dat
hulle van 'n kant af sal moet begin om die spelers [huidige ook!], sekere
vaardighede sal moet aanleer as SA rugby ooit weer op werklike kompeterende
vlak internasionaal wil kom. Kyk net hoe die NZ en die OZ spelers hardloop
as hulle hul opponente wil aanvat. Ons manne het g'n 'clue' watter kant sy
opponente gaan aftrap nie en dit maak elke duikslag 'n 50-50 besluit.
Daarenteen, hol ons manne reguit vir die verdedigers en het hulle 'n amper
100% kans op eerste kontak. Jarre gelede het 'n top-atletiekafrigter vir
my gesê as jy wil vinnig hardloop, dan moet jy jou ritme regkry. Omtrent
enige mens kan dit aanleer. Die NZ en Oz-manne word geleer om af te trap
van enige voet af en jy hol net nooit in 'n reguit lyn nie..............en
jy vermy kontak sover moontlik......EN jy laat speel die bal, nie die man
nie.

"Jonas" skryf in boodskap news:d298g8$6qn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Wonderwerk. (Ek dink dis hoe die games daar Bo sal uitsien.)
> Suidwester - ek is dit eens met jou. 'n Versugting na 'n enkel
> rugby-Messiahs sal nie werk nie - en ek hoop die outjie word kans gegun om
> mooi groot te word. Plaaslik (Noord-Transvaal) lê die lyke kniediep van
> die
> sg. tweede Naas-sindroom. Die nuutste is Hougaardt wie se koppie, dink ek,
> uitgehaak het. Vroeg ryp, vroeg vrot, vroeg wys vroeg sot ...
>
Vorige onderwerp: Rugby
Volgende onderwerp: Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 23:48:19 MGT 2024