Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Historiese Vaart (0/1)
Historiese Vaart (0/1) [boodskap #102057] Sa, 26 Maart 2005 09:57 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'Historiese Vaart' noem ek dit!
Taal puriste sou dit eerder 'n geskiedkundige vaart noem.

Gister, toe my vrou en ek op die gondola klim by uShaka Island,
vir 'n vaart op die kanaal, (Lazy River is die naam dink ek) is ons
so terloops deur die gondolier(?) eienaar vertel dat ons die eerste
mense is vir 'n vaart op die rivier. En ons genooi vir nog 'n vaart
gisteraand om die ligte langs die water vanaf die boot te fotografeer.
Ons was dus weer omgewing agtuur op die gondola.

Heel interessante mensgemaakte rivier, waarvan die doel is om die
water in die akwarium te sirkuleer. Die gevolg is dus dat selfs die
grootste tenks in die akwarium elke 90 minute (tyd onder korreksie)
kompleet nuwe water het.

Daar is reeds twee sandhaaie in en menige ander vis in om die alge te
vreet. Omdat die water helder is, is die vis heel sigbaar wanneer dit
verby swem.

DD

Ek dink nie die rivier gaan nou na my vernoem word nie,
maar seker sal daar nou 'n groot foto van my ten toon gestel word,
en boeke oor geskryf word. Ek weet nie eens wie gaan die draaiboek
skryf nie.
Re: Historiese Vaart (0/1) [boodskap #102061 is 'n antwoord op boodskap #102057] Sa, 26 Maart 2005 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
lol

Ek was onlangs daar. Ek het nie geweet mens kan dit doen nie. Die tenks
is logals iets vir die oog en baie geleenthede vir mooi foto's daar
onder in die skip.

;o)

Groete
Plato
Re: Historiese Vaart (0/1) [boodskap #102062 is 'n antwoord op boodskap #102061] Sa, 26 Maart 2005 17:37 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Mar 2005 07:47:53 -0800, "Plato" wrote:
> lol
>
> Ek was onlangs daar. Ek het nie geweet mens kan dit doen nie. Die tenks
> is logals iets vir die oog en baie geleenthede vir mooi foto's daar
> onder in die skip.
>
> ;o)
>
> Groete
> Plato

hi Plato

Jy kòn dit nie toe doen nie. Jy hoor mos ek sê ons was die eerste.
Die gondolier (ek dìnk dit is die grand woord vir die skipper van 'n
gondola) is 'n entrepeneur wat die gondola gekoop het. (dit is
die ou wat jy op die foto's sien roei).

Hy probeer 'n kontrak by Ethekwini stadsraad kry daarvoor
en sou verlede week begin het, maar die weer het dit nie toegelaat
nie. Hy het die week begin, en as hy die kontrak kry, wil hy graag
ses gondolas op die water sit.

Ons kom nou daarvandaan, pas hier ingestap, en hy is nie nou daar nie.
Ek hoop hy slaag met wat hy probeer doen, soos ek alle entrepeneurs
(of byna almal) sukses toewens. (Is daar dan party wat ek nie sukses
toewens nie? Ronnie wil 'n masseersalon begin, en het reeds kom advies
vra oor Geslote Ko-operasie of nie.)

Geleenthede vir mooi foto's sê jy. Ons (my vrou en ek is elke dag daar
wnt dit is die naaste ATM's ens. Voorts het ons kaartjies wat beteken
dat ons kan in en uitstap by die 'Waterworld' en 'Seaworld' soos ons
wil, deur dit net te scan by die hek, en die hek gaan oop:-) Foto's
wat ek neem word in die Gateway op Umhlanga Rocks verkoop.

Die visse swaai al hul sterte soos klein hondjies as ons daar instap.

So byderway, (dit beteken 'tussen hakies' in Engels) dit was ook
toevallig dat ons op die rivier was. Ons het langs die rivier gaan
stap om te kyk hoe ver die nuwe ontwikkelings (hotel en blok
woonstelle) is, toe ons genooi is.

Hagar die Hôrribàle
Vorige onderwerp: Ferdi sien die lig!
Volgende onderwerp: Die "checks and balances" in die ou lewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:57:29 MGT 2024