Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weermag in 'n krisis, bevind komitee
Weermag in 'n krisis, bevind komitee [boodskap #101986] So, 20 Maart 2005 16:47 na volgende boodskap
Just-me  is tans af-lyn  Just-me
Boodskappe: 37
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Weermag in 'n krisis, bevind komitee

• Christo Retief

NAMIBIë se weermag (NDF) staar 'n krisis in die gesig.
Vir die eerste keer in die 15-jarige bestaan van die NDF het 'n
regeringsverslag die sluier gelig oor toestande in militêre basisse in
die land waar nagenoeg 16 000 soldate 'n bestaan moet voer.
'n Ernstige tekort aan ammuni-sie, verouderde en selfs "gevaarlike"
wapentuig, 'n gebrek aan voertuie, uniforms, skoeisel en beskermende
klerasie, oorbevolkte barakke en geboue wat letterlik uitmekaar val,
is die kruks van die bevindinge van die verslag waarin top militêre
offisiere aangehaal word.
In die verslag word ook 'n dringende hersiening van die salarisse en
diensvoordele van soldate aanbe-veel saam met die werwing van jong
rekrute "om diegene te vervang wat sterf weens ouderdom en siektes,"
luidens die verslag.
Die verslag deur die parlemen-têre vaste komitee oor buitelandse sake,
verdediging en sekuriteit, is in Windhoek openbaar gemaak ten spyte
van heftige teenkanting deur senior ministers weens die "sensitiewe
aard" daarvan.
Die Maart 2005 verslag is uitgereik nadat die komitee onder
voorsitterskap van die voormalige minister van Inligting en
Uitsaaiwese, mnr. Ben Amathila, besoek gebring het aan die militêre
basisse in Windhoek, Luiperdsvallei, Oamites en die militêre skool se
basisse op Okahandja en Osona.
Die verslag bevat skokkende bevindinge oor al die basisse.
In Windhoek, die hoofkwartier van die presidensiële wag, skryf die
komitee van ernstige vervoerprobleme, lekkende baddens, stukkende
pype, lekkende waterverwarmers, gebreekte plafonne, verouderde potte
en stowe waarvan sommige nie meer in 'n werkende toestand is nie en 'n
algemene gebrek aan akkommodasie.
By Luiperdsvallei, hoofkwartier van die 12de Brigade, is 'n
voertuigvloot in "swak toestande" aangetref.
Voorts beskik die soldate by dié basis nie oor ammunisie nie en is die
enigste beskikbare voorraad nog uit die arsenale van Swapo se eertydse
gewapende vleuel, PLAN afkomstig.
Voertuie wat onlangs deur die Chinese regering geskenk is, staan en
verbrand in die son en die meeste wapentuig in die basis is "verouderd
en gevaarlik."
In die verslag word selfs gewaarsku dat sommige rekrute nie met
betroubare wapens toegerus kan word nie, want dit bestaan eenvoudig
nie.
Geboue wat onlangs in die basis gebou is, is deurtrek met krake en die
gas- en elektriese oonde van die basis asook die gasverwarmers is
almal buite werking.
Die kwartiere van die soldate lek ook as dit reën en ernstige
oorbevolking van woonkwartiere word ondervind.
Die menasies vir onderoffisiere en troepe beskik nie oor tafels en
stoele nie.
Die komitee het ten opsigte van die Oamites-basis aanbeveel dat dié
geriewe gesluit word omdat dit soos die ander basisse s'n, vervalle
geraak het en die kwartiere lyk soos die kampong van migrasiewerkers
op 'n myn.
In die verslag word dieselfde probleme ook ten opsigte van die basisse
op Okahandja uitgewys. Waar die mansterkte van die Militêre Skool op
net 701 man staan, het die komitee tydens sy besoek altesaam 1 851
soldate in die basis aangetref.
Die ondersoekspan het onder meer aanbeveel dat die weermag 'n
ontwikkelingsbegroting aan die komitee moet voorlê in 'n poging om die
probleme aan te spreek.
Die Minister van Justisie, dr. Albert Kawana, het tydens die
be-spreking van die verslag sy kommer uitgespreek oor die sensitiewe
inligting wat in die verslag vervat is en die komitee gemaan om liefs
in die toekoms versigtiger te wees met die openbaarmaking daarvan.
Hy sê verdedigingsaangeleent-hede is sake van nasionale belang en moet
omsigtig hanteer word.
Hy het ook die hoop uitgespreek dat wanneer die verdedigingsbegroting
in die vervolg na die Huis gebring word, opposisiepartye die
noodaaklikheid van voldoende befondsing vir dié uiters belangrike
portefeulje sal besef en die begroting sal steun.
Die Minister van die Omgewing en Toerisme en voormalige minister van
verdediging, mnr. Phillemon Malima, het die komitee berispe omdat dit
hulle nou eers aan die einde van die werksaamhede van die huidige
Nasionale Vergadering met so 'n verslag vorendag kom.
Volgens hom moes dit jare gelede reeds gedoen gewees het.
Intussen het geriewe van die weermag sodanig agteruitgegaan, dat dit
nou in die haglike toestand verkeer soos deur die komitee aangetref.
Re: Weermag in 'n krisis, bevind komitee [boodskap #101987 is 'n antwoord op boodskap #101986] So, 20 Maart 2005 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 20 Mar 2005 18:47:51 +0200, Just-me wrote:

> Weermag in 'n krisis, bevind komitee
>
> • Christo Retief
>
> NAMIBIë se weermag (NDF) staar 'n krisis in die gesig.
> Vir die eerste keer in die 15-jarige bestaan van die NDF het 'n
> regeringsverslag die sluier gelig oor toestande in militêre basisse in
> die land waar nagenoeg 16 000 soldate 'n bestaan moet voer.
> 'n Ernstige tekort aan ammuni-sie, verouderde en selfs "gevaarlike"
> wapentuig, 'n gebrek aan voertuie, uniforms, skoeisel en beskermende
> klerasie, oorbevolkte barakke en geboue wat letterlik uitmekaar val,
> is die kruks van die bevindinge van die verslag waarin top militêre
> offisiere aangehaal word.
> In die verslag word ook 'n dringende hersiening van die salarisse en
> diensvoordele van soldate aanbe-veel saam met die werwing van jong
> rekrute "om diegene te vervang wat sterf weens ouderdom en siektes,"
> luidens die verslag.
> Die verslag deur die parlemen-têre vaste komitee oor buitelandse sake,
> verdediging en sekuriteit, is in Windhoek openbaar gemaak ten spyte
> van heftige teenkanting deur senior ministers weens die "sensitiewe
> aard" daarvan.
> Die Maart 2005 verslag is uitgereik nadat die komitee onder
> voorsitterskap van die voormalige minister van Inligting en
> Uitsaaiwese, mnr. Ben Amathila, besoek gebring het aan die militêre
> basisse in Windhoek, Luiperdsvallei, Oamites en die militêre skool se
> basisse op Okahandja en Osona.
> Die verslag bevat skokkende bevindinge oor al die basisse.
> In Windhoek, die hoofkwartier van die presidensiële wag, skryf die
> komitee van ernstige vervoerprobleme, lekkende baddens, stukkende
> pype, lekkende waterverwarmers, gebreekte plafonne, verouderde potte
> en stowe waarvan sommige nie meer in 'n werkende toestand is nie en 'n
> algemene gebrek aan akkommodasie.
> By Luiperdsvallei, hoofkwartier van die 12de Brigade, is 'n
> voertuigvloot in "swak toestande” aangetref.
> Voorts beskik die soldate by dié basis nie oor ammunisie nie en is die
> enigste beskikbare voorraad nog uit die arsenale van Swapo se eertydse
> gewapende vleuel, PLAN afkomstig.
> Voertuie wat onlangs deur die Chinese regering geskenk is, staan en
> verbrand in die son en die meeste wapentuig in die basis is "verouderd
> en gevaarlik.”
> In die verslag word selfs gewaarsku dat sommige rekrute nie met
> betroubare wapens toegerus kan word nie, want dit bestaan eenvoudig
> nie.
> Geboue wat onlangs in die basis gebou is, is deurtrek met krake en die
> gas- en elektriese oonde van die basis asook die gasverwarmers is
> almal buite werking.
> Die kwartiere van die soldate lek ook as dit reën en ernstige
> oorbevolking van woonkwartiere word ondervind.
> Die menasies vir onderoffisiere en troepe beskik nie oor tafels en
> stoele nie.
> Die komitee het ten opsigte van die Oamites-basis aanbeveel dat dié
> geriewe gesluit word omdat dit soos die ander basisse s'n, vervalle
> geraak het en die kwartiere lyk soos die kampong van migrasiewerkers
> op 'n myn.
> In die verslag word dieselfde probleme ook ten opsigte van die basisse
> op Okahandja uitgewys. Waar die mansterkte van die Militêre Skool op
> net 701 man staan, het die komitee tydens sy besoek altesaam 1 851
> soldate in die basis aangetref.
> Die ondersoekspan het onder meer aanbeveel dat die weermag 'n
> ontwikkelingsbegroting aan die komitee moet voorlê in 'n poging om die
> probleme aan te spreek.
> Die Minister van Justisie, dr. Albert Kawana, het tydens die
> be-spreking van die verslag sy kommer uitgespreek oor die sensitiewe
> inligting wat in die verslag vervat is en die komitee gemaan om liefs
> in die toekoms versigtiger te wees met die openbaarmaking daarvan.
> Hy sê verdedigingsaangeleent-hede is sake van nasionale belang en moet
> omsigtig hanteer word.
> Hy het ook die hoop uitgespreek dat wanneer die verdedigingsbegroting
> in die vervolg na die Huis gebring word, opposisiepartye die
> noodaaklikheid van voldoende befondsing vir dié uiters belangrike
> portefeulje sal besef en die begroting sal steun.
> Die Minister van die Omgewing en Toerisme en voormalige minister van
> verdediging, mnr. Phillemon Malima, het die komitee berispe omdat dit
> hulle nou eers aan die einde van die werksaamhede van die huidige
> Nasionale Vergadering met so 'n verslag vorendag kom.
> Volgens hom moes dit jare gelede reeds gedoen gewees het.
> Intussen het geriewe van die weermag sodanig agteruitgegaan, dat dit
> nou in die haglike toestand verkeer soos deur die komitee aangetref.

So die Suidwester moet nou maar shutup, Frikkie? Hy't nie eens 'n
armie agter hom nie. Moet asseblief nie ons'n bespreek nie. Dis hoogs
vertroulik.

DD
Re: Ha. Hi. ho! Weermag in 'n krisis, bevind komitee [boodskap #101988 is 'n antwoord op boodskap #101986] So, 20 Maart 2005 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P & L  is tans af-lyn  P & L
Boodskappe: 46
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
So? - is dit nie bester die komplete weermag op te hef nie!
Ek is tog baie jammer om dit te verneem, ag, ek kan myself
nie help nie my gelag donner deur die huis!
Weermag? HA! my voet! - kom tog kommandante gaan speel met die
tin-soldaatjies tuis!
patrick
Re: Ha. Hi. ho! Weermag in 'n krisis, bevind komitee [boodskap #101989 is 'n antwoord op boodskap #101988] So, 20 Maart 2005 22:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Van watter weermag praat julle hierso?

Die SANW:

1) Hulle (ons?) het lelik 2de gekom in Lesotho so paar jaar gelede.

2) Die vloot se seevaardige duikbote word op 'n skip gelaai en na SA
verskeep.

3) Zimbabwe help nou om die SA lugmag se pilote op te lei.

Uit die bogenoemde feite twyfel ek sterk of ons nog iets weerbaar oor het.
Re: Weermag in 'n krisis, bevind komitee [boodskap #102006 is 'n antwoord op boodskap #101986] Di, 22 Maart 2005 06:42 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is nie 'n nuwe storie nie! Doer aan die omswaai na die
onafhanklikheid was daar 'n berig dat die AWB en ou ET Namibië sou kom
'bevry' uit die Suide uit en vang die spul Swapo's 'n moerse skrik en
mobiliseer hul moerse weermag in Grootfontein waar meeste van die Swapo
weermagvoertuie was en vat die pad af Suide toe verby Windhoek [of so het
hulle gehoop!], want geen voertuig kon eers Windhoek haal op eie stoom nie!
Wat ou ET nie besef het nie, hy moes gedoen het wat die berigte gesê het, hy
sou Windhoek in vrede gehaal het!
EN, seker meer as 60% van die Namibiese weermag is op permanente
AWOL....hulle kom net die end van elke maand in om betaling te kom haal.
EN, die Groot generaal Hamaambo is juis die dappere wat weggehol het
saam met sy offisiere by Cassinga toe die SA Magte hulle 10 dae voor die tyd
gewaarsku het dat hulle die kamp gaan bliksem en dat hulle siviele mense uit
die kamp moet wegkry. Wat doen hy? Los die regimentshoere en rou troepe
om vas te staan en hol self dat die stof staan. En wat word hy? Hoof van
die weermag! 100% Gloudina-resep!
In kort, net soos met die res van die Afrika, is die grootste enkele
tekortkoming in die swart regerings die feit dat hulle geen begrip vir die
onderhoud van infrastruktuur het nie.

"Just-me" skryf in boodskap news:m7ar31tu11r08sb5b6slgrjaaj7s9bkdrm@4ax.com...
> Weermag in 'n krisis, bevind komitee
>
> . Christo Retief
>
> NAMIBIë se weermag (NDF) staar 'n krisis in die gesig.
> Vir die eerste keer in die 15-jarige bestaan van die NDF het 'n
> regeringsverslag die sluier gelig oor toestande in militêre basisse in
> die land waar nagenoeg 16 000 soldate 'n bestaan moet voer.
> 'n Ernstige tekort aan ammuni-sie, verouderde en selfs "gevaarlike"
> wapentuig, 'n gebrek aan voertuie, uniforms, skoeisel en beskermende
> klerasie, oorbevolkte barakke en geboue wat letterlik uitmekaar val,
> is die kruks van die bevindinge van die verslag waarin top militêre
> offisiere aangehaal word.
> In die verslag word ook 'n dringende hersiening van die salarisse en
> diensvoordele van soldate aanbe-veel saam met die werwing van jong
> rekrute "om diegene te vervang wat sterf weens ouderdom en siektes,"
> luidens die verslag.
> Die verslag deur die parlemen-têre vaste komitee oor buitelandse sake,
> verdediging en sekuriteit, is in Windhoek openbaar gemaak ten spyte
> van heftige teenkanting deur senior ministers weens die "sensitiewe
> aard" daarvan.
> Die Maart 2005 verslag is uitgereik nadat die komitee onder
> voorsitterskap van die voormalige minister van Inligting en
> Uitsaaiwese, mnr. Ben Amathila, besoek gebring het aan die militêre
> basisse in Windhoek, Luiperdsvallei, Oamites en die militêre skool se
> basisse op Okahandja en Osona.
> Die verslag bevat skokkende bevindinge oor al die basisse.
> In Windhoek, die hoofkwartier van die presidensiële wag, skryf die
> komitee van ernstige vervoerprobleme, lekkende baddens, stukkende
> pype, lekkende waterverwarmers, gebreekte plafonne, verouderde potte
> en stowe waarvan sommige nie meer in 'n werkende toestand is nie en 'n
> algemene gebrek aan akkommodasie.
> By Luiperdsvallei, hoofkwartier van die 12de Brigade, is 'n
> voertuigvloot in "swak toestande" aangetref.
> Voorts beskik die soldate by dié basis nie oor ammunisie nie en is die
> enigste beskikbare voorraad nog uit die arsenale van Swapo se eertydse
> gewapende vleuel, PLAN afkomstig.
> Voertuie wat onlangs deur die Chinese regering geskenk is, staan en
> verbrand in die son en die meeste wapentuig in die basis is "verouderd
> en gevaarlik."
> In die verslag word selfs gewaarsku dat sommige rekrute nie met
> betroubare wapens toegerus kan word nie, want dit bestaan eenvoudig
> nie.
> Geboue wat onlangs in die basis gebou is, is deurtrek met krake en die
> gas- en elektriese oonde van die basis asook die gasverwarmers is
> almal buite werking.
> Die kwartiere van die soldate lek ook as dit reën en ernstige
> oorbevolking van woonkwartiere word ondervind.
> Die menasies vir onderoffisiere en troepe beskik nie oor tafels en
> stoele nie.
> Die komitee het ten opsigte van die Oamites-basis aanbeveel dat dié
> geriewe gesluit word omdat dit soos die ander basisse s'n, vervalle
> geraak het en die kwartiere lyk soos die kampong van migrasiewerkers
> op 'n myn.
> In die verslag word dieselfde probleme ook ten opsigte van die basisse
> op Okahandja uitgewys. Waar die mansterkte van die Militêre Skool op
> net 701 man staan, het die komitee tydens sy besoek altesaam 1 851
> soldate in die basis aangetref.
> Die ondersoekspan het onder meer aanbeveel dat die weermag 'n
> ontwikkelingsbegroting aan die komitee moet voorlê in 'n poging om die
> probleme aan te spreek.
> Die Minister van Justisie, dr. Albert Kawana, het tydens die
> be-spreking van die verslag sy kommer uitgespreek oor die sensitiewe
> inligting wat in die verslag vervat is en die komitee gemaan om liefs
> in die toekoms versigtiger te wees met die openbaarmaking daarvan.
> Hy sê verdedigingsaangeleent-hede is sake van nasionale belang en moet
> omsigtig hanteer word.
> Hy het ook die hoop uitgespreek dat wanneer die verdedigingsbegroting
> in die vervolg na die Huis gebring word, opposisiepartye die
> noodaaklikheid van voldoende befondsing vir dié uiters belangrike
> portefeulje sal besef en die begroting sal steun.
> Die Minister van die Omgewing en Toerisme en voormalige minister van
> verdediging, mnr. Phillemon Malima, het die komitee berispe omdat dit
> hulle nou eers aan die einde van die werksaamhede van die huidige
> Nasionale Vergadering met so 'n verslag vorendag kom.
> Volgens hom moes dit jare gelede reeds gedoen gewees het.
> Intussen het geriewe van die weermag sodanig agteruitgegaan, dat dit
> nou in die haglike toestand verkeer soos deur die komitee aangetref.
>
Vorige onderwerp: Re: vir jou plesier, Annette
Volgende onderwerp: Dan Roodt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 20:28:27 MGT 2024