Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Super 12
Super 12 [boodskap #101905] Ma, 14 Maart 2005 13:58
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ai nog 'n naweek het gekom en nog 'n verloor naweek het gegaan. Van die
spanne self kan 'n mens sien dat ons spanne eintlik fisiek groter en sterker
is en dat die franchise hier voor is die spanne van "Down Under" en Die land
van die Silwer Varing.

Maar ai toggie first time têkkels wat nie gelak word nie, deur die man
hardloop, stil staan ageterlyn bewegings en swak stelskop rugby laat ons
elke naweek soos 'n klomp moeg perde lyk, ten minste probeer die Stormers
darem, maar die Fools sorry die Bulls, die Sandhaaikies en kietsie Cats kom
maar sleg tweede. Ek is nou al moeg om elke te hoor ":nee as die Crusaders
die Reds met 'n bonus punt wen en die Brumbies die Hurricanes wen dan het
ons arme spannetjie die kans om die semi's te haal.....plaas om te speel
sodat hulle verseker te wees nou wag hulle vir genade van ander wedstryde se
uitslae.

Nou met die beplande Super 14 dan kry ons nog 'n têkkel bêg by....O eina nog
'n naweek lê om die draai.......

Groete
D
Vorige onderwerp: Bababloubulletjies
Volgende onderwerp: Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:07:15 MGT 2024