Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » hubris galore
hubris galore [boodskap #10168] Sa, 02 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:

ek jou in my gedagtes beswets het. Jy
> maak mense seer en siek terwyl ons eintlik mekaar moet genees.
> Leendert is 'n snydokter wat van bloed en derms hou. Sy
> "katterigheid" met jou is niks anders as dodelike akkurate snywerk
> nie. En as ek hom reg bekyk, doen hy dit nie vir geld en status
> nie.
>
> Leendert wil die hubris uit jou sny. Hubris is soos kanker, net
> geestelik. In gevalle waar die kanker nie versprei het nie, werk
> die snywerk. Ek het self my dae van snywerk gehad. Ek het selfs
> my tydperk gehad om mense met verspreide hubris chemoterapeties
> te probeer help. Nou is ek maar net besig om die skynbaar hopelose
> gevalle te probeer bystaan. Koos is reg - dis hoekom hy my as
> 'n Swami probeer afkraak het.

> En tog skryf ek alles hierbo met gemengde gevoelens. Ek wil he
> dat jy van jou hubris genees moet word. Maar jou hubris was tot
> dusver vir ons 'n baie goeie ding. Dit het die mense skeppend laat
> skryf. Jou hubris skep entropie wat tot chaos lei. Jou hubris is so
> groot dat dit die chaos tot versadiging dryf. Gevolglik moet die chaos
> oorgaan in orde. Soms lei dit tot ontluikings en soms tot verval.
> Maar die punt is - uiteindelik is daar iets besig om te gebeur.
> Die Afrikaner is besig om uit die doodse slaap van ewewig te ontsnap.
>
> Belowe my een ding - as jou van jou hubris genees is - kyk of daar
> nog iemand is soos jy was. Indien nie, sal jy met 'n groot toneelspel
> moet begin. Dan sal jy moet maak of jy hubris het. Jy sal dit so goed
> moet doen soos dit nou die geval is. Eintlik sal jy dit nog beter moet
> doen, want die fyngevoelige sal deur jou spel kan sien. Wie van ons
> is eintlik nie akteurs nie? Wie van ons speel die lewe opreg?
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>

At, ek wonder of jy (as jy eerlik is en intelligent genoeg
is), besef hoeveel jou eie argument dat ander-hubris-besit
en jy nou gelukkig skoon is daarvan, 'n element vorm in jou
hele gedagtegang. Anders val die ou argumentjie natuurlik
ondertussen plat op sy gesig.
Ek dink jy moet ook in ag neem dat hierdie nuusgroep deur
'n geweldige verskeidenheid van mense gelees word, nie net
Afrikaners van 'n sekere kleur nie: Nederlanders en Vlaminge,
Engelssprekendes binne en buite SA, om net 'n paar te noem.
'n Engelssprekende predikant in Suid-Afrika skryf vir my nou
die dag en bedank my, nie net vir die pos van die gedigte
nie, maar ook vir die verwysing na Dietrich Bonhoffer. Ek
neem aan dat so 'n mens eintlik nuwe respek vir Afrikaners
kry wanneer hy sien dat iemand haarself 'n Afrikaner noem,
maar haar dissosieer van die skandalige dinge wat deur
Afrikaners en in die naam van Afrikanerskap in die laaste
halfeeu gedoen is. Was dit nou hubris of wat?
Gloudina
Re: hubris galore [boodskap #10190 is 'n antwoord op boodskap #10168] So, 03 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

> At, ek wonder of jy (as jy eerlik is en intelligent genoeg
> is), besef hoeveel jou eie argument dat ander-hubris-besit
> en jy nou gelukkig skoon is daarvan, 'n element vorm in jou
> hele gedagtegang. Anders val die ou argumentjie natuurlik
> ondertussen plat op sy gesig.

Liewe Gloudina,
Ja, jy wys 'n groot probleem aan my uit - een waarvan
ek maar te deeglik bewus is.

Kan ons oor :hubris" praat as ons almal "hubris" pleeg
tot die dag van ons dood. Om nee te sê. is die een ding
wat ek nie kan aanvaar nie. Dan maak ons asof ons nie
mense is nie. Mense "moet" praat. (Stef sou in die "moet"
hubris sien. Ek weer sien in die "moet" dat praat 'n essensie
van menswees is. Mense wat nooit praat nie, is nie mense
nie.)

As ons dan so oor "hubris" moet praat, is daar drie groepe
mense waaraan ek kan aan dink:
1 mense wat nie iets soos "hubris" wil of kan erken nie.
2 mense wat graag "hubris" inspan tot hulle voordeel.
3 mense wat probeer om "hubris" te vermy.
Ek behoort tot groep 3, maar dit staan enigeen vry om bewys
te lewer dat ek lieg.

> Ek dink jy moet ook in ag neem dat hierdie nuusgroep deur
> 'n geweldige verskeidenheid van mense gelees word, nie net
> Afrikaners van 'n sekere kleur nie: Nederlanders en Vlaminge,
> Engelssprekendes binne en buite SA, om net 'n paar te noem.

Weet ek dit nie. My begeerte is dat 'n nog groter verskeidenheid
mense sal deelneem. Hoe groter die kompleksiteit waarmee ons
te doen kry, hoe makliker herken ons ons eie "hubris".

> 'n Engelssprekende predikant in Suid-Afrika skryf vir my nou
> die dag en bedank my, nie net vir die pos van die gedigte
> nie, maar ook vir die verwysing na Dietrich Bonhoffer. Ek
> neem aan dat so 'n mens eintlik nuwe respek vir Afrikaners
> kry wanneer hy sien dat iemand haarself 'n Afrikaner noem,
> maar haar dissosieer van die skandalige dinge wat deur
> Afrikaners en in die naam van Afrikanerskap in die laaste
> halfeeu gedoen is. Was dit nou hubris of wat?

Ek wil niks wat skandalig is, ooit goed praat nie. Net so min wil
ek ooit daaraan deelneem. Ongelukkig doen ek dikwels iets
skandaligs terwyl ek dit nie wou doen nie. Daarom kan ek my
nie van ander mense se skandalige dinge dissosieer nie. Ek
moet probeer verstaan hoekom hulle dit gedoen het sodat ek
myself beter kan verstaan.

My groot probleem is om te weet wanneer ek of iemand
anders iets skandaligs gedoen het? Met ander woorde,
hoe ontsnap ek van my eie "hubris". Dikwels word iets gedoen
wat nog ek nog iemand anders as skandalig eien. Dikwels
vind die teenoorgestelde plaas - iemand doen iets wat ons
almal as skandalig eien en dan is dit nie. Wen sal met tereg
hier kan se dat ons die Woord nodig het om te weet wat gaan
vir wat. Maar ongelukkig is ons gebruik van die Woord die
skandaligste van alles.

'n Ander groot probleem vloei hieruit voort. Die regstellende
optrede vir een skandalige daad is dikwels 'n skandalige daad
self. Gelukkig sien ek vandag die rede vir hierdie probleem -
"hubris"! Ons neem aan dat die regstellende optrede self nie
skandalig kan wees nie. Die gevolg is dat die regstellende
uiteindelik self 'n skandalige daad blyk te wees. Ons is dus
weer terug by die begin. Hoe herken ons "hubris"? Deur in
liefde met mekaar te praat.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: hubris galore [boodskap #10214 is 'n antwoord op boodskap #10168] Ma, 04 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek behoort tot groep 3, maar dit staan enigeen vry om bewys[/color]
> te lewer dat ek lieg.>>

Ja At, een van die goeie goed aan my is ook dat ek so nederig is...
Re: hubris galore [boodskap #10278 is 'n antwoord op boodskap #10168] Vr, 08 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
>
> > Ek behoort tot groep 3, maar dit staan enigeen vry om bewys
>> te lewer dat ek lieg.>>
>
> Ja At, een van die goeie goed aan my is ook dat ek so nederig is...

Probeer jy my faks?
At
Vorige onderwerp: Wat is 'n Afrikaner?
Volgende onderwerp: Re: "Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:38:49 MGT 2024