Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die nuwe hoofregter
Die nuwe hoofregter [boodskap #101871] Sa, 12 Maart 2005 16:13 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien dat Mbeki aanbeveel dat Pius Langa die
volgende hoofregter van Suid-Afrika sal word. Hy sal dus
hoofregter Chakalson opvolg.
Vyftig jaar gelede was Pius Langa in my Afrikaanse
klas in Standerd 8 op Adams College. Ek onthou hom as 'n
stil intelligente ou, wat nie 'n voet verkeerd kon sit nie, altyd
sy werk konsensieus gedoen het. Maar ek het altyd die gevoel
gehad dat hy my sit en dophou en nie daarvan sal hou as ek
'n voet verkeerd sit nie.
En die klas was nogal nie 'n maklike klas nie. Daar
was veral twee ander studente wat my aandag baie meer gevang
het. Die een student se naam was Sameul Zondi. Hy was 'n
wiskundige whiz kid wat in sy eerste ses maande op hoërskool
in standerd sewe die hele Junior Sertifikaat sillabus bemeester
het. Vanaf die helfte van standerd 7 tot in die helfte van standerd
8 het hy die hele Senior Sertifikaat ( Cambridge Matriculation)
sillabus deurgewerk. Teen die einde van standerd ag het sekere
onderwysers vir hom universiteits-wiskunde gegee om hom
besig te hou. Ek neem aan dat alhoewel Pius Langa seker baie
goed in wiskunde gedoen het, hy nie maklik kon kers vashou
by Sameul Zondi nie. Ek dink selfs dat Sameul se Afrikaans
beter was as dié van Pius. ( Dit het afgehang van waar die
studente afkom, hoe goed hulle Afrikaans was. )
Dan was daar 'n ander seun in my klas wat veel van
my aandag geverg het. Sy naam was Lynwood Mehlomakulu.
( Dis die Zoeloe vir "groot oë " ) Lynwood was baie mooi
van aansien. Fyn gelaatstrekke. Altyd goed en gesofistikeerd
aangetrek. Baie populêr onder die meisies, selfs die Matriek
meisies. Nie te dom nie. Maar hy het in die eerste maand of so
van die klas dit sy roeping gemaak om die aandag te trek deur
my op subtiele maniere te ondermyn deur te praat in die klas,
of vrae te vra wat die ander studente laat lag of irriteer het.
Ek het dit vir 'n maand of so gevat. Maar eendag toe speel
Lynwood sy kaarte verkeerd. Ek vra hom 'n vraag, en hy
hy antwoord nie, maar maak sy oë oorkruis. Dis toe net daar
dat ek vir die klas sê om iets te vind om te doen, en ek marsjeer
vir Lynwood af na die prinsipaal se kantoor toe. Dit was in die
dae toe prinsipale nog lyfstraf kon toedien. Ek sê toe vir Mr.
Grant ( op sy dae krieketspeler vir Cambridge) dat ek nie vir
hom gaan sê wat Lynwood gedoen het nie, maar dat hy maar
vir hom 'n pak slae moet gee. En ek marsjeer weer by die
deur uit.
Van daardie dag af het daardie standerd ag klas uit
my hande ge-eet. Hulle was al lank moeg vir Lynwood, en ek
was hulle heldin. Ek weet verseker dat Sameul vir die res
van die jaar op my verlief was. Elke keer as ek met hom praat,
kon ek sweer hy bloos. Ek is ook seker dat wat ek met Lynwood
gedoen het, Pius se goedkeuring weggedra het.
Ek weet wat van Pius en Sameul geword het.
Laasgenoemde, die laaste keer toe ek iets van hom gehoor het,
was hoof van 'n kollege in Pietermaritzburg. Maar nou wonder
ek wat van Lynwood geword het. Ek hoop sy jeugdige moeds-
willigheid het hom nie op verkeerde paaie laat beland nie. Ek
is bly dat hy in die geslag was wat uiteindelik in hulle eie land
goeie geleenthede kon kry. Maar mens wonder maar altyd as
jy aan jou vorige studente dink. Hoeveel van hulle het onbeskadig
deur die sewentiger- en tagtigerjare gekom? Hoeveel van hulle
het hulle lewens verloor, nie net teen die outoriteite nie, maar
ook in die gevegte tussen die politieke faksies in Natal.

Gloudina
Re: Die nuwe hoofregter [boodskap #101873 is 'n antwoord op boodskap #101871] Sa, 12 Maart 2005 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 12 Mar 2005 11:13:05 -0500, "@rogers.com" wrote:

> Ek sien dat Mbeki aanbeveel dat Pius Langa die
> volgende hoofregter van Suid-Afrika sal word. Hy sal dus
> hoofregter Chakalson opvolg.
> Vyftig jaar gelede was Pius Langa in my Afrikaanse
> klas in Standerd 8 op Adams College.
>
> Gloudina
>

Dit is hoever ek die brief gelees het. Die eerste keer
in naastenby vier maande kom ek ek wat gaan aan
op die nuusgroep en werklik, die eerste brief van
jou wat ek lees, begin so:-(!(

So bietjie (baie effe) deur die argiewe geblaai.

uit die argiewe
re 'revolusie'

> , hoekom mense van ander lande in Afrika toelaat
> om in S.A. te gaan plak? Dit maak nie sin uit nie.
>
> Ellie

> bla bla bla

> En wat dink jy van die onlangse gepraat in die VSA van
> permitte uitryk vir sogenaamde onwettige werkers in die
> VSA.

> Gloudina

jy is alles behalwe ryk aan kennis mbt Afrikaanse spelling
As jy met spelling soos dìt skoolgehou het, is dit nie snaaks
dat die Boere jou in 'n swart skool gedruk het nie.

Didi

http://www.ushakamarineworld.co.za/
Re: Die nuwe hoofregter [boodskap #101874 is 'n antwoord op boodskap #101871] Sa, 12 Maart 2005 18:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Just-me  is tans af-lyn  Just-me
Boodskappe: 37
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Jammer om van jou kak te hoor.

On Sat, 12 Mar 2005 11:13:05 -0500, "@rogers.com" wrote:

> Ek sien dat Mbeki aanbeveel dat Pius Langa die
> volgende hoofregter van Suid-Afrika sal word. Hy sal dus
> hoofregter Chakalson opvolg.
> Vyftig jaar gelede was Pius Langa in my Afrikaanse
> klas in Standerd 8 op Adams College. Ek onthou hom as 'n
> stil intelligente ou, wat nie 'n voet verkeerd kon sit nie, altyd
> sy werk konsensieus gedoen het. Maar ek het altyd die gevoel
> gehad dat hy my sit en dophou en nie daarvan sal hou as ek
> 'n voet verkeerd sit nie.
> En die klas was nogal nie 'n maklike klas nie. Daar
> was veral twee ander studente wat my aandag baie meer gevang
> het. Die een student se naam was Sameul Zondi. Hy was 'n
> wiskundige whiz kid wat in sy eerste ses maande op hoërskool
> in standerd sewe die hele Junior Sertifikaat sillabus bemeester
> het. Vanaf die helfte van standerd 7 tot in die helfte van standerd
> 8 het hy die hele Senior Sertifikaat ( Cambridge Matriculation)
> sillabus deurgewerk. Teen die einde van standerd ag het sekere
> onderwysers vir hom universiteits-wiskunde gegee om hom
> besig te hou. Ek neem aan dat alhoewel Pius Langa seker baie
> goed in wiskunde gedoen het, hy nie maklik kon kers vashou
> by Sameul Zondi nie. Ek dink selfs dat Sameul se Afrikaans
> beter was as dié van Pius. ( Dit het afgehang van waar die
> studente afkom, hoe goed hulle Afrikaans was. )
> Dan was daar 'n ander seun in my klas wat veel van
> my aandag geverg het. Sy naam was Lynwood Mehlomakulu.
> ( Dis die Zoeloe vir "groot oë " ) Lynwood was baie mooi
> van aansien. Fyn gelaatstrekke. Altyd goed en gesofistikeerd
> aangetrek. Baie populêr onder die meisies, selfs die Matriek
> meisies. Nie te dom nie. Maar hy het in die eerste maand of so
> van die klas dit sy roeping gemaak om die aandag te trek deur
> my op subtiele maniere te ondermyn deur te praat in die klas,
> of vrae te vra wat die ander studente laat lag of irriteer het.
> Ek het dit vir 'n maand of so gevat. Maar eendag toe speel
> Lynwood sy kaarte verkeerd. Ek vra hom 'n vraag, en hy
> hy antwoord nie, maar maak sy oë oorkruis. Dis toe net daar
> dat ek vir die klas sê om iets te vind om te doen, en ek marsjeer
> vir Lynwood af na die prinsipaal se kantoor toe. Dit was in die
> dae toe prinsipale nog lyfstraf kon toedien. Ek sê toe vir Mr.
> Grant ( op sy dae krieketspeler vir Cambridge) dat ek nie vir
> hom gaan sê wat Lynwood gedoen het nie, maar dat hy maar
> vir hom 'n pak slae moet gee. En ek marsjeer weer by die
> deur uit.
> Van daardie dag af het daardie standerd ag klas uit
> my hande ge-eet. Hulle was al lank moeg vir Lynwood, en ek
> was hulle heldin. Ek weet verseker dat Sameul vir die res
> van die jaar op my verlief was. Elke keer as ek met hom praat,
> kon ek sweer hy bloos. Ek is ook seker dat wat ek met Lynwood
> gedoen het, Pius se goedkeuring weggedra het.
> Ek weet wat van Pius en Sameul geword het.
> Laasgenoemde, die laaste keer toe ek iets van hom gehoor het,
> was hoof van 'n kollege in Pietermaritzburg. Maar nou wonder
> ek wat van Lynwood geword het. Ek hoop sy jeugdige moeds-
> willigheid het hom nie op verkeerde paaie laat beland nie. Ek
> is bly dat hy in die geslag was wat uiteindelik in hulle eie land
> goeie geleenthede kon kry. Maar mens wonder maar altyd as
> jy aan jou vorige studente dink. Hoeveel van hulle het onbeskadig
> deur die sewentiger- en tagtigerjare gekom? Hoeveel van hulle
> het hulle lewens verloor, nie net teen die outoriteite nie, maar
> ook in die gevegte tussen die politieke faksies in Natal.
>
> Gloudina
>
Re: Die nuwe hoofregter [boodskap #101875 is 'n antwoord op boodskap #101874] Sa, 12 Maart 2005 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 12 Mar 2005 20:22:09 +0200, Just-me wrote:

> Jammer om van jou kak te hoor.
>

ja Koos, lekker om van jou te hoor:-)
Hier's 'n storie wat jy sal geniet - ek het,
veral toe ek die regter se naam sien:-)

(seker sal hy ook nou beskuldig word van rassisme)

http://www.themercury.co.za/index.php?fSectionId=282&fAr ticleId=2439964

Sort it out, judge orders minister

Clean up social welfare or pay, court rules March 9, 2005

By Tania Broughton

KwaZulu-Natal Social Welfare Minister Nyanga Ngubane has four and a
half months to clear a backlog of 34 500 applications and appeals for
welfare grants - or he will have to pay legal costs of more than R100
000 personally.

This was the "punitive" ruling of Durban High Court Judge Jan Combrink
yesterday who, while stopping short of calling the minister
incompetent, said that he had shirked his responsibilities and
obligations.

The judge said if he had to impose the costs order when the matter
came back to court on July 27, he would ensure that the minister "and
not the taxpayer" paid.

The ruling, said Durban Legal Resources Centre attorney
J P Purshotam, was a "loud and clear message to lazy and incompetent
officials who do nothing but draw their salaries".

"The judge was saying: 'Do your job effectively and efficiently or you
will be made to pay thousands of rands for your bungling,' " Purshotam
said.

In January, the judge, fed up with the province's courts being flooded
with applications by people desperate for welfare grants, ruled that
Ngubane should give reasons why such a cost order should not be
issued.

State attorney Krish Govender disclosed that since January 2000 his
office had dealt with 26 000 such cases, costing R70 million. This
year, another 51 000 cases were expected, costing a further R133
million.

The Black Sash, through the Legal Resources Centre, also submitted an
affidavit, asking that the judge place the department under judicial
supervision to address its "endemic and abysmal failures".

The minister opposed the order, saying he had inherited a bad
department and the problems were not his fault.

Lifeblood

In his ruling yesterday, the judge said the grants and pensions were
the "lifeblood of the poorest of the poor".

"If you deprive people of them, then you have to accept that they will
go hungry," he said. "It has been argued on behalf of the minister
that he relies on officials and that he should not be penalised for
the wrongs of others.

"But the law makes it clear that he is responsible... Should he
delegate responsibility then he must make sure that the person is
competent... If he does not choose well, then he bears the
consequences."

The fact that in the past four years only one of the thousands of
cases before the court had been taken to trial implied that the
department had no defence.

"The fact that these applications were not approved can only be
attributable to incompetence or gross mismanagement," the judge said.

He said this year already 18 500 cases had been enrolled or lodged,
which would push other commercial matters off the motion court rolls.

"And the minister has not a single legal defence to any of these."

The judge said the only conclusion was that the department was being
mismanaged "at a gross scale" with "rife incompetence".

While some of the minister's explanations were entertainable, others
were not. A business plan, apparently implemented two years ago, was
"not worth the paper it was written on".

Another document submitted to the court by the minister was equally
damning. This gave details of how the backlog in applications would be
wiped out by October last year, "which obviously did not happen".

The report had stated that there was a backlog of 16 000 appeals.

"Appeals are a ministerial function. What was the minister doing?" the
judge asked.

"This alone makes his conduct deserving of a penalty costs order. He
claims that he has not had sufficient time in office - I don't believe
it. The evidence suggests to the contrary."

A costs order was the only tool available to him, the judge said, but
he proposed suspending it until July 29 to give Ngubane a chance to
"assume the responsibility he was given politically and in terms of
the Act".

Welcome

The judge ordered that the minister, the Black Sash and the state
attorney report to him on the backlog of applications and appeals by
that day.

"If it is not wiped out or substantially reduced, the costs order will
be made immediately effective," he ruled.

The costs order relates to more than 25 welfare grant applications now
before the judge and the legal costs of this hearing which,
collectively, are estimated at more than R100 000.

The Durban Regional Director of the Black Sash, Marie-Therese Naidoo,
said the ruling was welcome.

"We got what we wanted... It puts the minister on terms to ensure that
there is proper service delivery for the poor and the vulnerable."

Ngubane said last night he did not want to comment before he had been
briefed by his lawyers.

http://www.themercury.co.za/index.php?fSectionId=282&fAr ticleId=2439964

http://www.ushakamarineworld.co.za/
Re: Die nuwe hoofregter [boodskap #101878 is 'n antwoord op boodskap #101873] Sa, 12 Maart 2005 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Didi" skryf

> jy is alles behalwe ryk aan kennis mbt Afrikaanse spelling
> As jy met spelling soos dít skoolgehou het, is dit nie snaaks
> dat die Boere jou in 'n swart skool gedruk het nie.

As ek na 39 jaar buite SA ( in twee sessies) nog net
hier en daar 'n spelfoutjie maak, dan dink ek dis 'n
goeie rekord. Sal ek in die argiewe ingaan en gaan
kyk hoe jy spel, wat nou nog in SA sit? Dis nou
bo en behalwe die soort dinge soos voorgee om
iemand anders op die nuusgroep te wees, ensovoorts,
ensovoorts.

Tant Hessie van Umkomaas
Re: Die nuwe hoofregter - Ongetem.jpg (0/1) [boodskap #101880 is 'n antwoord op boodskap #101878] Sa, 12 Maart 2005 20:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 12 Mar 2005 15:37:17 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Didi" skryf : die soort dinge soos voorgee om
> iemand anders op die nuusgroep te wees, ensovoorts,
> ensovoorts.
>
> Tant Hessie van Umkomaas
>
>

http://www.ushakamarineworld.co.za/
Re: Die nuwe hoofregter - Ongetem.jpg (0/1) [boodskap #101882 is 'n antwoord op boodskap #101878] Sa, 12 Maart 2005 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Didi  is tans af-lyn  Didi
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 12 Mar 2005 15:37:17 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Didi" skryf
> : die soort dinge soos voorgee om
> iemand anders op die nuusgroep te wees, ensovoorts,
> ensovoorts.
>
> Tant Hessie van Umkomaas
>
>

op 'n Nederlandse nuusgroep is ek gevra
hoe ek aangespreek moet word as ek slegs
voorletters noem. Ter wille daarvan het ek
op die groep klinkers bygevoeg en dit ook
op ander nuusgroepe waar ek deel gebruik.

Ek heg indentifikasie aan:-)

http://www.ushakamarineworld.co.za/
Re: Die nuwe hoofregter [boodskap #101885 is 'n antwoord op boodskap #101871] So, 13 Maart 2005 09:18 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 Mar 2005 11:13:05 -0500, "@rogers.com"
wrote:

> Ek sien dat Mbeki aanbeveel dat Pius Langa die
> volgende hoofregter van Suid-Afrika sal word. Hy sal dus
> hoofregter Chakalson opvolg.

Wat jy van Langa skryf vind weerklank in wat die regsberoep van hom
dink.
Hy is hoog aangeskrewe.
Vorige onderwerp: wie kan my se?
Volgende onderwerp: AFRIKA DIGKUNS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 04:36:50 MGT 2024