Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Walvisbaai se 'koning'....
Walvisbaai se 'koning'.... [boodskap #101461] Wo, 16 Februarie 2005 06:54
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is mos sy burgemeester....self aangestel [dis nou die koning-titel!]. Die
vorige burgemeester het al 'n ryk Mercedes gekoop ver bo die vermoë en
status van haar dorp, maar burgemasta is mos burgemasta! Eergister ry die
man en sy entourage in die straat af en hy stop by 'n stopstraat. Agter
hom hou twee vroumense met 'n klein bakkie stil. Om die een of ander rede
'reverse' die 'masta' se kar en stamp die bakkie liggies en daar is nie
eintlik skade nie, maar die 'masta' se kar trek weg en ry weg van 'n
ongelukstoneel af. Die vroumense ry agter sy kar aan en flikker ligte en
blaas toter om sy aandag te trek en om hom te vertel dat hy hulle kar
gestamp het en dat dit teen die wet is om sommermeer van 'n ongelukstoneel
af weg te ry.
Hy stop toe by 'n diensstasie en beide die karre se mense spring uit en
die gesprek is dadelik warm. Die 'masta' trek toe sommer met een moerse
haakhou los en slaan die een vrou in die gesig. Sy's nie links nie en klap
hom dat sy ore sing en hy klap haar weer. Sy val en toe skop hy haar. 'n
Ander vrou by die diensstasie pluk toe 'n sambok uit en looi die 'masta' dat
hy naderhand homself in sy eie Benz toesluit en toe moer sy sy voorruit des
merdes.
Uiteindelik is daar klagte gelê en hy praat van rassistiese aanmerkings
en dat hy nie die vrouens geslaan het nie.....tot gister, toe vind hulle uit
dat die betrokke vulstasie het sekuriteitskameras en hulle wys duidelik hoe
trek hy daai eerste hou van ver af en pot die vrou.
Nog 'n dag in ons bobejaanrepubliek!
Vorige onderwerp: Waar anders
Volgende onderwerp: Special Assignment
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:36:46 MGT 2024