Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » moord
moord [boodskap #101011] Ma, 17 Januarie 2005 18:45
petrus[2]  is tans af-lyn  petrus[2]
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
NUUSKOMMENTAAR: Dinsdag 11 Januarie 2005
Plaasmoorde: 'n Projek wat werk

Die plaasmoorde-veldtog teen ons boerebevolking, gepaard met die
owerhede en die polisie se traagheid om dinamies daarteen op te tree, is
seker die mees traumatiese beproewing waaraan ons mense as gevolg van
die nuwe politieke bedeling onderwerp word. Daarom is enige projek om dit
teen te werk en wat sukses behaal, nie net welkom nie, maar ook 'n riem
onder die hart. Die verskeidenheid maniere waarop ons boere reeds optree
om hulleself en mekaar te help beveilig en in gevalle van plaasaanvalle te
hulp te snel, spreek van die wil om nie bes te gee voor die vyand nie, maar
om terug te veg met al die middele wat ons toegelaat word.

Onlangs het Radio Pretoria berig oor die Soutpansberg DLU se steungroepe
wat reeds sukses behaal het met voorkomende optrede. In die Vrystaat is
daar ook 'n inligtingsnetwerk ontwikkel wat goeie sukses behaal. Volgens mnr
Cobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se komitee vir wet en
orde, het di, organisasie in 2004, die eerste jaar van sy bestaan, daarin
geslaag om minstens 22 aanvalle op plase te verhoed. Vier ondersoeke,
waarin inligting oor verdagtes n aanvalle opgevolg is, het inligting
opgelewer
wat na die polisie of weermag deurgevoer is.

Om plaasmoordenaars vas te trek en aan die polisie uit te lewer, soos
redelik
gereeld gebeur, is uitstekend, maar die heel beste is natuurlik as
plaasaanvalle voorkom kan word. Pogings in die verband stuit dikwels teen
gebrek aan geld.

'n Kenmerk van Vrystaat Landbou se veiligheidsprojek is dat nie net boere
self nie, maar ook sake-ondernemings aktief daarby betrokke is. Borgskappe
verlig die finansi?le las.

Ons aanvaar dat mnr Hennie Gerber wat in beheer is van die projek, korrek
aangehaal is met betrekking tot die oorsaak van sommige van die aanvalle.
Volgens hom speel wraak deur afgedankte of ander werkers met 'n grief teen
die boer 'n groot rol. Dit wil egter ook voorkom uit Vrystaat Landbou se
waarnemings en ook uit wat in Transvaal en elders gebeur het, dat sulke
wraakaanvalle uit dikwels onbenullige geskille spruit, of minstens nie iets
is
wat enige normale mens tot bloedige moord as wraak sal dryf nie.

So byvoorbeeld is 'n boer se opstal afgebrand deur 'n werker wat deur die
boer se vrou oor 'n hemp aangespreek is. Moorde volg soms nadat die boer
teen 'n werker weens diefstal of pligsversuim opgetree of hom ontslaan het.

Die onaangename werklikheid is dat rasseverhoudinge veral in die vorm van
swart gevoelens jeens blankes in Suid-Afrika sedert 1994 ernstig versleg
het.
ANC-leiers, onder wie hulle hoofleier, se aanhoudende rassistiese verwysings
na blankes en slagspreuke soos Kill the Boer, Kill the Farmer, het veel
daarmee te doen om swart haat jeens blankes te laat ontvlam uit selfs die
geringste grief.

Daar is swartes wat nie hierdie haat deel nie. Op hulle en ook op blankes
rus
'n verantwoordelikheid om toe te sien dat ideologie en politieke retoriek
nie
tot bloedvergieting lei nie. Niemand wen daardeur nie.
Vorige onderwerp: Lotto
Volgende onderwerp: Hoekom?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:27:19 MGT 2024