Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Nou word rassisme GEKWEEK!
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10093] Ma, 28 Julie 1997 00:00
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
AM de Lange skryf:

> . . . Maar daar is ander tyd van benoudheid
> wat op die res van die wereld wag.
> . . .
> Om te kan oorleef in Suid Afrika, sal ons moet leer hoe
> om die beste met die minste te kan maak. Dis wat almal
> oor die hele wereld gaan tref so 'n 50 jaar van nou af.
>

At, jy skets 'n somber prentjie. Wat uitputting van hulpbronne
betref, is dit duidelik dat probleme voorlê, maar jy verwys dalk
na iets anders. Lig bietjie toe asb.

Jammer om die gespreksdrade te meng, maar
jy sê elders:

" 'n Afrikaner is iemand wat net nie begaan kan wees
oor die toekoms van Afrikaanssprekendes nie."

Ek wil dit nie glo nie, maar dit kom to so voor. Hoe jammer.

Groete
Sybrand
Re: Nou word rassisme GEKWEEK! [boodskap #10094 is 'n antwoord op boodskap #10093] Ma, 28 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Sybrand J Burger skryf in artikel:
...
> Andre Barnard wrote:

>> Dit, my vriende, is wat voorle vir Suid Afrika... 'n eenpartystaat na
>> die volgende verkiesing, met dieselfde pad wat julle sien in Zaire,
>> Zimbabwe en noem maar op!!

> Ek is nie heeltemal so pessimisties nie. Kyk ook na Namibië. Dit is
> moontlik 'n verblydende uitsondering. Of ons dieselfde pad as sommige
> Afrika-state sal loop, hang baie van onsself af. Dit is al gesê dat:

Andre het miskien tog reg om so pessimisties te wees.

Al die mense wat die land verlaat het, het die daad by
die woord gevoeg.

Maar oorlewing is iets meer as om net te vlug waar die
oorlewing makliker is. Ons het beslis 'n groot probleem
in oorlewing hier. Maar daar is ander tyd van benoudheid
wat op die res van die wereld wag. Ek dink dat my kinders
se kinders daarby betrokke sal wees. Ek dink dat hulle hier
in Suid Afrika baie meer waardevolle lesse gaan kry.

Om te kan oorleef in Suid Afrika, sal ons moet leer hoe
om die beste met die minste te kan maak. Dis wat almal
oor die hele wereld gaan tref so 'n 50 jaar van nou af.

> "All that needs to happen for evil to triumph, is for good men to do
> nothing".
>
> Dit was waar vir Nazi-Duitsland, Rusland en ook vir Suid-Afrika.
> As ons te lank stilbly, gaan ons weer wakker word as die volgende
> "empire of fear" in plek is. Teen daardie tyd het min "goeie" mense
> die moed om te praat of iets te doen. Ek glo dat ons 'n uitsondering
> kan wees. Of is ek nou te optimisties?

Ja, tensy ons ten minste daaoor praat. Waaroor?
Die "empire" bouers wat hulle medemens wil verslaaf.

Dankie vir jou bydraes.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: 'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!!
Volgende onderwerp: Die HOU-JOU-BEK-WET...........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 14:15:51 MGT 2024