Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Vrede" deur J.C. Steyn
"Vrede" deur J.C. Steyn [boodskap #10088] Sa, 26 Julie 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
VREDE
J.C.Steyn

As en puin is opgeruim, fabrieke is weer
op dreef; spanne het selfs 'n keer
dubbelskofte oortyd moes werk,
granaat en krismisroos bloei om die kerk,
koffie word nie meer gerantsoeneer nie,
koerante berig reeds in kleur
van skandale, verskyn in groot formaat,
universiteite doseer die nuwe grondwet van die staat,
herskryf die geskiedenis en heldedade.
Opgeruimd eet kinders na skool tjips en sjokolade.

Maar die taal
is nou verbode, -
hier en daar het woorde oorgeskiet
leenargaïsmes vir uitgediende begrippe
en om plekname te verander
is naand net 'n beslommernis
'n enkele taaleiland stagneer geïsoleer
'n meevallertjie waarvan tolke floreer
en ballinge gegaan oor die oseaan
hou soms reënies, lees gedigte,
maar dit bots al meer met sakebelange
en ná die eerste emosionele suksesse
loop die heimwee-geselsies dood
'n enkeling treur nog maar appliseer
om 'n nuwe van vir die kinders
wat mooier pas in die nuwe moeder se taal

in biblioteke vergaar duisende bande
stof uit die klassiekstes is vertaal
ander is, maar al minder, verstaanbaar
vir sentimenteles in die stamlande
en vir linguiste wag daar
'n kosbare gegewe - die materiaal
vir die analise van 'n taal
wat in die moderne tyd ontstaan
het en laat sterf is.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: APARTHEID: E.T. gly op 'n koekie seep.....
Volgende onderwerp: 'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 01 05:38:15 MGT 2024