Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA Magte Klub 1912 - 1994
SA Magte Klub 1912 - 1994 [boodskap #100822] Do, 30 Desember 2004 22:26 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
SA MAGTE KLUB 1912 - 1994

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om U uit te nooi om deel te word van die SA Magte Klub 1912 - 1994.
Ek hoop van harte dat U die uitnodiging sal aanvaar en dit saam met ons sal geniet.
My Gebed is dat ons saam sal wees sonder enige stuwelinge en dat ons die hand sal uitsteek na mekaar in tye van Nood.

DOEL
1. Die doel van die SA Magte Klub 1912 - 1994 is om 'n vrywillige, nie Politiese, nie winsgewende Organisasie te wees van persone, wat in diens was van die SA Magte tussen 1912 en 1994 en diesulkes bymekaar te kry, teneinde:
a. Trots op wat hulle vermag het te bevorder.
b. Kameraderie tussen lede te behou en te bevorder.
c. By gepaste geleenthede eer aan gestorwe makkers te betoon.
d. Waar moontlik lede by te staan wat probleme het.

ETIEK
2. Die Klub stel hom nie ten doel om in enige kompetisie met enige ander gediende organisasie te staan ten opsigte van die werwing van lede of ten opsigte van die nasstreef van gestelde doelwitte nie.
3. Die Klub sal bestaan uit 'n unieke groep persone wat saamgebonde is asgevolg van 'n besondere tydperk waar sekere ondervindinge gedeel was maar erken ook dat die Klub saamgestel is uit lede van al die Weermagsdele, Korpse en Polisie wie trots is op hulle eie erfenis.

STRUKTUUR
4. Die Klub stel hom ten doel om sy bedrywighede so eenvoudig en so informeel as moontlik te behartig.
a. Samekomste: Daar sal gepoog word om ten minste eenmaal per jaar 'n samekoms te reël vir alle Lede. Daar is egter geen beperking op lede om samekomste te reël soos wat dit hulle pas in die verskeie Streke nie.

LIDMAATSKAP
5. 'n Persoon is 'n lid van die Klub indien hy/sy aan die volgende criteria voldoen;
a. As 'n lid van die destydse Staandemag, Burgermag, Kommandomag of Polisie oor die tydperk van 1912 tot 1994 in die SA Magte van die Republiek van Suid Afrika diens gedoen het;

b. Indien hy/sy oor dieselfde tydperk as individu of as lid van 'n eenheid, formasie of hoofkwartier van die destydse S.A.Weermag, Burgerlike Organisasie of Polisie wat ter ondersteuning van die Magte opgetree het, aktief bygedra het tot die doeltreffendheid of welsyn van die lede van die Mag.

GEBIED VAN OPTREDE
6. Die Klub funksioneer binne die grense van die R.S.A en in enige ander land waar een of meer lede woon.

7. Die amptelike tale van die Klub is Afrikaans en Engels.

Indien U belangstel, stuur slegs `n lee boodskap aan: SA-Magte-Kl...@yahoogroups.com
of kontak my direk.

Beste Magte Groete
Frikkie Potgieter
President
SA Magte Klub 1912 - 1994
pres...@samagte.org
Re: SA Magte Klub 1912 - 1994 [boodskap #100824 is 'n antwoord op boodskap #100822] Vr, 31 Desember 2004 05:57 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van watter Nood praat jy Frikkie?
--
Groetnis
Annette
"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:cr1vba$2mv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
SA MAGTE KLUB 1912 - 1994

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om U uit te nooi om deel te word van die SA Magte Klub 1912 - 1994.
Ek hoop van harte dat U die uitnodiging sal aanvaar en dit saam met ons sal geniet.
My Gebed is dat ons saam sal wees sonder enige stuwelinge en dat ons die hand sal uitsteek na mekaar in tye van Nood.

DOEL
1. Die doel van die SA Magte Klub 1912 - 1994 is om 'n vrywillige, nie Politiese, nie winsgewende Organisasie te wees van persone, wat in diens was van die SA Magte tussen 1912 en 1994 en diesulkes bymekaar te kry, teneinde:
a. Trots op wat hulle vermag het te bevorder.
b. Kameraderie tussen lede te behou en te bevorder.
c. By gepaste geleenthede eer aan gestorwe makkers te betoon.
d. Waar moontlik lede by te staan wat probleme het.

ETIEK
2. Die Klub stel hom nie ten doel om in enige kompetisie met enige ander gediende organisasie te staan ten opsigte van die werwing van lede of ten opsigte van die nasstreef van gestelde doelwitte nie.
3. Die Klub sal bestaan uit 'n unieke groep persone wat saamgebonde is asgevolg van 'n besondere tydperk waar sekere ondervindinge gedeel was maar erken ook dat die Klub saamgestel is uit lede van al die Weermagsdele, Korpse en Polisie wie trots is op hulle eie erfenis.

STRUKTUUR
4. Die Klub stel hom ten doel om sy bedrywighede so eenvoudig en so informeel as moontlik te behartig.
a. Samekomste: Daar sal gepoog word om ten minste eenmaal per jaar 'n samekoms te reël vir alle Lede. Daar is egter geen beperking op lede om samekomste te reël soos wat dit hulle pas in die verskeie Streke nie.

LIDMAATSKAP
5. 'n Persoon is 'n lid van die Klub indien hy/sy aan die volgende criteria voldoen;
a. As 'n lid van die destydse Staandemag, Burgermag, Kommandomag of Polisie oor die tydperk van 1912 tot 1994 in die SA Magte van die Republiek van Suid Afrika diens gedoen het;

b. Indien hy/sy oor dieselfde tydperk as individu of as lid van 'n eenheid, formasie of hoofkwartier van die destydse S.A.Weermag, Burgerlike Organisasie of Polisie wat ter ondersteuning van die Magte opgetree het, aktief bygedra het tot die doeltreffendheid of welsyn van die lede van die Mag.

GEBIED VAN OPTREDE
6. Die Klub funksioneer binne die grense van die R.S.A en in enige ander land waar een of meer lede woon.

7. Die amptelike tale van die Klub is Afrikaans en Engels.

Indien U belangstel, stuur slegs `n lee boodskap aan: SA-Magte-Kl...@yahoogroups.com
of kontak my direk.

Beste Magte Groete
Frikkie Potgieter
President
SA Magte Klub 1912 - 1994
pres...@samagte.org
Vorige onderwerp: Kers- en nuwejaarswense
Volgende onderwerp: Laaste lig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 16:07:18 MGT 2024