Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Iets vir Katryn en Ellie
Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100437] Vr, 26 November 2004 08:14 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gaan bietjie na google.com, tik die woord "failure" in en soek. Kyk
wat staan heel bo :-)

Sorry Ellie, maar jy sal dalk vreugde put (mooi Afrikaans!) uit die
tweede een.

Groete, Drom
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100443 is 'n antwoord op boodskap #100437] Vr, 26 November 2004 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0411260014.1bd6c346@posting.google.com...
Gaan bietjie na google.com, tik die woord "failure" in en soek. Kyk
wat staan heel bo :-)

Sorry Ellie, maar jy sal dalk vreugde put (mooi Afrikaans!) uit die
tweede een.

Groete, Drom

Ek het gelag vir al drie, Georgie Bush, Jimmy Carter en Michael Moore
nommers een twee en drie, wow. ;-) Ek sou hulle graag saam in een kamer
wou sien.

-e-
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100446 is 'n antwoord op boodskap #100443] Vr, 26 November 2004 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Ek het gelag vir al drie, Georgie Bush, Jimmy Carter en Michael Moore
> nommers een twee en drie, wow. ;-) Ek sou hulle graag saam in een kamer
> wou sien.

Jimmy Carter was, in die aanloop tot die verkiesing,
baie duidelik oortuig dat die VSA op die verkeerde
pad is en het dit ook in soveel woorde gesê.

Bush gaan glo volgende week 'n besoek aan Ottawa
bring. Maar heelwaarskynlik as gevolg van die feit dat
hulle massa-proteste verwag hier in Ottawa, is daar
besluit dat hy na een dag na Halifax sal vlieg, glo
om vir die Maritimers te gaan dankie sê vir wat
hulle gedoen het die dag met 911, toe alle vliegtuie
in die lug wat vir die VSA bedoel was, in Kanada
moes land.( Baie mense het hulle huise oopgemaak
vir die massas Amerikaners wat nie Amerikaans
vliegruimte kon binnegaan nie.)
Daar is 'n geweldige anti-Bush en nou seker anti-
amerikaanse sentiment hier in Kanada. Veral oor
die kwessie van die "missile shield" wat die Bush
White House wil verkoop. Die federale regering
moet op eiers hier loop. Kanada is deel van Norad
en behoort dus nie uitgesluit te wees van enige
Noord-Amerikaanse verdedigingsplan nie. Maar
daar is baie mense wat totaal gekant is teen
Kanada se deelname in die missile shield-plan,
wat ook glo maar 'n soort wolhaarplan is, wat
biljoene der biljoene dollars sal opeet.

Gloudina
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100447 is 'n antwoord op boodskap #100446] Vr, 26 November 2004 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net op gisteraand se nuus het hulle gewys julle eerste minister gaan na
Washington toe kom, maar ek het net met n halwe oog gekyk, so weet nie
presies waneer nie. Blykbaar het Kanada ook miljoene dollars beloof om toe
te sien dat die verkiesings in Irak volgende Januarie glad sal verloop. Ons
nuus (Peter Jennings, een van julle seuns ;-) het vir ons laat verstaan dat
daar nou baie goeie betrekkinge is tussen Kanada en Amerika, en veral
tussen Bos en Martin.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:zeudnQ3jrJwSpjrcRVn-jQ@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Ek het gelag vir al drie, Georgie Bush, Jimmy Carter en Michael Moore
> nommers een twee en drie, wow. ;-) Ek sou hulle graag saam in een kamer
> wou sien.

Jimmy Carter was, in die aanloop tot die verkiesing,
baie duidelik oortuig dat die VSA op die verkeerde
pad is en het dit ook in soveel woorde gesê.

Bush gaan glo volgende week 'n besoek aan Ottawa
bring. Maar heelwaarskynlik as gevolg van die feit dat
hulle massa-proteste verwag hier in Ottawa, is daar
besluit dat hy na een dag na Halifax sal vlieg, glo
om vir die Maritimers te gaan dankie sê vir wat
hulle gedoen het die dag met 911, toe alle vliegtuie
in die lug wat vir die VSA bedoel was, in Kanada
moes land.( Baie mense het hulle huise oopgemaak
vir die massas Amerikaners wat nie Amerikaans
vliegruimte kon binnegaan nie.)
Daar is 'n geweldige anti-Bush en nou seker anti-
amerikaanse sentiment hier in Kanada. Veral oor
die kwessie van die "missile shield" wat die Bush
White House wil verkoop. Die federale regering
moet op eiers hier loop. Kanada is deel van Norad
en behoort dus nie uitgesluit te wees van enige
Noord-Amerikaanse verdedigingsplan nie. Maar
daar is baie mense wat totaal gekant is teen
Kanada se deelname in die missile shield-plan,
wat ook glo maar 'n soort wolhaarplan is, wat
biljoene der biljoene dollars sal opeet.

Gloudina
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100451 is 'n antwoord op boodskap #100447] Vr, 26 November 2004 15:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Net op gisteraand se nuus het hulle gewys julle eerste minister gaan na
> Washington toe kom, maar ek het net met n halwe oog gekyk, so weet nie
> presies waneer nie. Blykbaar het Kanada ook miljoene dollars beloof om toe
> te sien dat die verkiesings in Irak volgende Januarie glad sal verloop. Ons
> nuus (Peter Jennings, een van julle seuns ;-) het vir ons laat verstaan dat
> daar nou baie goeie betrekkinge is tussen Kanada en Amerika, en veral
> tussen Bos en Martin.

Ja, Kanada sal met die verkiesings help, en help om mense
te trein. Maar met die anti-Bush sentiment sal Paul Martin nie
waag om troepe na Irak te stuur om met die vegtery te help
nie. Ons is in alle geval baie ver gestrek wat ons relatief
klein militêre mag betref, met al die dinge wat ons in
Afghanistan moet doen.
Ek weet nie hoekom Peter Jennings nou skielik die
outoriteit word oor die betrekkings tussen Bush en
Martin nie. Dit amuseer my dat William Safire vir
Peter Jennings aandui as 'n toekomstige vise-president,
indien hulle die wet verander en toelaat dat mense wat
buite die VSA gebore is, president kan word. (Peter
Jennings is 'n Ottawa-boy, en een wat nie eens sy
hoërskool-diploma het nie.)

Gloudina
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100452 is 'n antwoord op boodskap #100451] Vr, 26 November 2004 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:bd-dnZna3P8y1zrcRVn-tg@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Net op gisteraand se nuus het hulle gewys julle eerste minister gaan na
> Washington toe kom, maar ek het net met n halwe oog gekyk, so weet nie
> presies waneer nie. Blykbaar het Kanada ook miljoene dollars beloof om toe
> te sien dat die verkiesings in Irak volgende Januarie glad sal verloop. Ons
> nuus (Peter Jennings, een van julle seuns ;-) het vir ons laat verstaan dat
> daar nou baie goeie betrekkinge is tussen Kanada en Amerika, en veral
> tussen Bos en Martin.

Ja, Kanada sal met die verkiesings help, en help om mense
te trein. Maar met die anti-Bush sentiment sal Paul Martin nie
waag om troepe na Irak te stuur om met die vegtery te help
nie. Ons is in alle geval baie ver gestrek wat ons relatief
klein militêre mag betref, met al die dinge wat ons in
Afghanistan moet doen.
Ek weet nie hoekom Peter Jennings nou skielik die
outoriteit word oor die betrekkings tussen Bush en
Martin nie. Dit amuseer my dat William Safire vir
Peter Jennings aandui as 'n toekomstige vise-president,
indien hulle die wet verander en toelaat dat mense wat
buite die VSA gebore is, president kan word. (Peter
Jennings is 'n Ottawa-boy, en een wat nie eens sy
hoërskool-diploma het nie.)

Gloudina

Dit amuseer my dat jy vir William Safire lees Gloudina, is hy nie bietjie
regs vir jou nie ;-) Ek hou sommer baie van Peter, en hy is nie sleg op die
oog ook nie. Kry jy ooit kans om hom te sien? Ek dink ook Arnie stel sy
visier op presidentskap, hemele behoed ons. Nie dat die man dom is nie,
maar mens kan nie n land regeer op charisma nie.

E
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100458 is 'n antwoord op boodskap #100437] Vr, 26 November 2004 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
ddu...@ufh.ac.za (Drom) skryf:

> Gaan bietjie na google.com, tik die woord "failure" in en soek. Kyk
> wat staan heel bo :-)

LOL! Skaam jou Drom. ;-)
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100459 is 'n antwoord op boodskap #100452] Vr, 26 November 2004 22:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Dit amuseer my dat jy vir William Safire lees Gloudina, is hy nie bietjie
> regs vir jou nie

Ek lees nou nie eintlik sy rubrieke nie, maar ek is altyd
geinteresseerd in sy opinies, wanneer hulle onderhoude
met hom op TV het. En sy rubriek oor Jennings is hier
in ons koerante aangehaal.
Ek waag om te sê dat ek eintlik meer van Amerikaanse
politiek weet as van die Kanadese politiek, danksy die
feit dat ons met kabel so direk met die Amerikaanse
TV stasies verbind is.
Ek is ook altyd geinteresseerd in wat die werklike
konserwatiewe joernaliste en politici te sê het. Hulle
sit in baie opsigte nie eintlik langs dieselfde vuur as
Bush nie. Hy is nie 'n werklike konserwatiewe
president nie. Hy sê daar moet minder regering wees,
maar hy maak die regerings groter en groter. Hy sê
regerings moet fiskaal konserwatief wees, maar hy
spandeer geld asof dit op bome groei. Al wat hy
aan glo, is belasting sny ( wat eintlik beteken vir
die rykes. As mens hoor wat hy vir die gewone
middelklas familie in die sak bring deur belastings
sny, dat moet jy lag.)

Gloudina
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100460 is 'n antwoord op boodskap #100452] Vr, 26 November 2004 22:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Ek hou sommer baie van Peter, en hy is nie sleg op die
> oog ook nie. Kry jy ooit kans om hom te sien?

Nee, ek het hom nog nie in lewende lywe
gesien nie. Sy pa was 'n baie goeie TV
joernalis voor hom.

Gloudina
Re: Iets vir Katryn en Ellie [boodskap #100466 is 'n antwoord op boodskap #100452] Sa, 27 November 2004 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Ek hou sommer baie van Peter, en hy is nie sleg op die
> oog ook nie. Kry jy ooit kans om hom te sien?

En hoe hou jy van Brian Williams, wat ook 'n
Kanadees is, en wat nou gaan oorneem as
hoofaanbieder by NBC.

Gloudina
TV mense [boodskap #100473 is 'n antwoord op boodskap #100466] So, 28 November 2004 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:7sKdnV8E9_dqIjXcRVn-oQ@rogers.com...

"Ellie" skryf

Ek hou sommer baie van Peter, en hy is nie sleg op die
> oog ook nie. Kry jy ooit kans om hom te sien?

En hoe hou jy van Brian Williams, wat ook 'n
Kanadees is, en wat nou gaan oorneem as
hoofaanbieder by NBC.

Gloudina

Ek hou nogal van hom, is hy ook n Kanadees? Hy is bietjie serieus, en sy
neus is erg skeef , maar hy is n baie aantreklike man met n twinkel in sy
oog, slim ook, maar ek kyk nog maar liewer vir Peter. Dankie tog ook dat
Dan Rather weg gaan, hy is pateties.
Re: TV mense [boodskap #100474 is 'n antwoord op boodskap #100473] Ma, 29 November 2004 00:13 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Dankie tog ook dat
> Dan Rather weg gaan, hy is pateties.

Ek lees in die koerant dat John Roberts,
nog 'n Kanadees van geboorte, op die
kortlys is om vir Dan Rather op te volg.

Ja, ek het nooit van Dan Rather gehou
nie. Sy opgepofte manier van praat sit
my af. Ek het egter nie geweet hoe 'n
intense anti-Bush persoon hy was, tot
die onlangse persskandaal wat hom
betrek het nie. Hy was egter glo 'n
Nixon nemesis en Nixon het hom met
'n giftige haat gehaat.

Gloudina
Vorige onderwerp: Geldmors
Volgende onderwerp: Re: Tutu. En toe .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 10:49:45 MGT 2024