Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Wat sê julle van die rugby?
Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100369] Di, 23 November 2004 09:06 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis so stil op hierdie ng, mens kan kots daarvan. Waar's julle almal?
Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie? Die Bokke kry 'n
ongelooflike drag slae en niemand sê iets nie. Het die resultate van die
VSA verkiesing die klomp linkses se wiele so pap gemaak dat hul bekke so
wragtag stil is?
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100370 is 'n antwoord op boodskap #100369] Di, 23 November 2004 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" <

Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie? Die Bokke kry 'n
> ongelooflike drag slae en niemand sê iets nie.

Ek kan nie eintlik iets sê nie. Engeland het nou die
dag vir Kanada 70-0 afgestof. Ek weet nie hoekom
hulle toelaat dat "Kanada" teen "Engeland" rugby
speel nie. Die mense wat in Kanada rugby speel,
is essensieel naweekspelers wat oorspronklik van
Engeland of Australië of NZ af kom, en wat uit
heimweë rugby speel.

Gloudina
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100371 is 'n antwoord op boodskap #100369] Di, 23 November 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Het die resultate van die
> VSA verkiesing die klomp linkses se wiele so pap gemaak dat hul bekke so
> wragtag stil is?

Nee-wat jong. Mens slaak eintlik 'n sug van
verligting dat Bush nou uiteindelik sy eie gemors
sal moet opboet. As Kerry gewen het, sou
Kanada in 'n baie moeilike posisie gewees het,
want hulle sou op die kort term vir Kerry moes
ondersteun in sy pogings om die Irak probleem
op te los. ( Met die "Irak probleem" bedoel ek
die duisende der duisende Amerikaners in
Irak wat nou hele stede platskiet.) Ons het
alreeds die probleem met die "Bush refugees."

Gloudina
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100372 is 'n antwoord op boodskap #100370] Di, 23 November 2004 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy dit nie so effe mis nie? Speel meeste van Kanada se spelers nie
klubrugby in Europa, NZ en Oz nie? Dan, as die internasionale seisoen
begin, dan 'roep' Kanada hulle op vir diens aan hul land. Dit het niks met
heimweë te doene nie.......tensy jy geld heimweë noem!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:5aednTG4ec7qpj7cRVn-2Q@rogers.com...
>
> "Suidwester"
> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie? Die Bokke kry 'n
>> ongelooflike drag slae en niemand sê iets nie.
>
> Ek kan nie eintlik iets sê nie. Engeland het nou die
> dag vir Kanada 70-0 afgestof. Ek weet nie hoekom
> hulle toelaat dat "Kanada" teen "Engeland" rugby
> speel nie. Die mense wat in Kanada rugby speel,
> is essensieel naweekspelers wat oorspronklik van
> Engeland of Australië of NZ af kom, en wat uit
> heimweë rugby speel.
>
> Gloudina
>
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100374 is 'n antwoord op boodskap #100371] Di, 23 November 2004 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
The lady speak with a forked tongue! Net na die verkiesing het jy gekraai
oor hoe die mense wil emigreer Kanada toe en hoe welkom hulle daar is?
Nou's hulle nie meer welkom nie?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:gJ6dnTYMnKltoT7cRVn-3g@rogers.com...
>

> Nee-wat jong. Mens slaak eintlik 'n sug van
> verligting dat Bush nou uiteindelik sy eie gemors
> sal moet opboet. As Kerry gewen het, sou
> Kanada in 'n baie moeilike posisie gewees het,
> want hulle sou op die kort term vir Kerry moes
> ondersteun in sy pogings om die Irak probleem
> op te los. ( Met die "Irak probleem" bedoel ek
> die duisende der duisende Amerikaners in
> Irak wat nou hele stede platskiet.) Ons het
> alreeds die probleem met die "Bush refugees."
>
> Gloudina
>
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100376 is 'n antwoord op boodskap #100369] Di, 23 November 2004 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:41a2fd8e.0@news1.mweb.co.za...
> Het die resultate van die
> VSA verkiesing die klomp linkses se wiele so pap gemaak dat hul bekke so
> wragtag stil is?
>

Daar is min linkse mense op hierdie groep. Gloudina is byvoorbeeld baie meer
regs as die meeste hier, jy ingesluit (haar siening oor ekonnomie,
staatsinmenging in die ekonomie ens). Die terme "links en "regs" het 'n
verwronge betekenis gekry in die ou Suid-Afrika. Oor Bush dink ek persoonlik
dat dit maar seker beter is so, nou weet ons almal waar ons staan; dit het
dinge baie meer duidelik gemaak (die vorige keer moes mens toegee dat die
telling onder verdenking was). Die linkse skoen pas my, so ek sal dit maar
aantrek (hopelik is die kleur in die mode:-)). Maar soos die man gesê het,
"Hier staan ek. Ek kan nie anders nie".

Lorinda
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100377 is 'n antwoord op boodskap #100376] Di, 23 November 2004 17:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf

. Gloudina is byvoorbeeld baie meer
> regs as die meeste hier, jy ingesluit (haar siening oor ekonnomie,
> staatsinmenging in die ekonomie ens).

Jy laat my darem te veel na 'n Mbeki-Thatcher
kloon klink. Die Liberal Party ( waarvoor ek
op die oomblik stem) hier in Kanada, hou 'n
goeie balans tussen konserwatiewe fiskale
beleid en geld uitgee op sosiale projekte.
Dis daarom dat hulle grootliks suksesvol
is in die oë van die kiesers ( alhoewel ons
nou 'n minderheidsregering het - wat die
Liberals dwing om al meer na die NDP
(New Democratic Party) te laat luister.
Die NDP se agenda is taamlik intens
sosialisties.) Die Konserwatiese Party
bly die prooi van onder-mekaar-veg.

Gloudina
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100378 is 'n antwoord op boodskap #100369] Di, 23 November 2004 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Nov 2004 11:06:07 +0200, "Suidwester" wrote:

> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie?

Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet môre nog 9 gate grawe.
Is hierdie nuus interessant genoeg vir jou?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100379 is 'n antwoord op boodskap #100378] Di, 23 November 2004 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf

> Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
> my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet môre nog 9 gate grawe.

Watter soort vrugtebome plant jy?

Gloudina
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100380 is 'n antwoord op boodskap #100379] Di, 23 November 2004 23:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 23 Nov 2004 16:19:43 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Sterrenkijker" skryf
>
>> Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
>> my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet môre nog 9 gate grawe.
>
> Watter soort vrugtebome plant jy?
>
> Gloudina
>
Daar kom 14 appelbome, 14 bome met pere en 14 bome met pruime. Almal
inheemse soorte! Die Vlaamse regering betaal ons na vyf jaar meer as
die prijs van die bome terug omdat die boere gedurende die laaste jare
daardie soorte verwaarloos het en in die grootskalige landbou was geen
plek nie meer vir die vrugtesoorte nie.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100381 is 'n antwoord op boodskap #100371] Wo, 24 November 2004 01:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:gJ6dnTYMnKltoT7cRVn-3g@rogers.com...

"Suidwester" skryf

Het die resultate van die
> VSA verkiesing die klomp linkses se wiele so pap gemaak dat hul bekke so
> wragtag stil is?

Nee-wat jong. Mens slaak eintlik 'n sug van
verligting dat Bush nou uiteindelik sy eie gemors
sal moet opboet. As Kerry gewen het, sou
Kanada in 'n baie moeilike posisie gewees het,
want hulle sou op die kort term vir Kerry moes
ondersteun in sy pogings om die Irak probleem
op te los. ( Met die "Irak probleem" bedoel ek
die duisende der duisende Amerikaners in
Irak wat nou hele stede platskiet.) Ons het
alreeds die probleem met die "Bush refugees."

Gloudina

Ek het vandag met beide mense van ons Quebec sowel as ons Toronto kantore
gepraat, en veral die mense in Toronto vertel van die Amerikaners wat
sountoe trek. Die vrou se ons is welkom :-)

Gloudina, hoeveel uur se ry is dit van Quebec na Toronto min of meer? Ek
moet dalk opgaan, maar is lus en vat n dag of twee verlof en ry die stuk
pad, sodat ek darem iets kan sien, ek is nie lief vir vlieg nie.

Ellie
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100382 is 'n antwoord op boodskap #100377] Wo, 24 November 2004 01:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:cfCdnXd2Xp_97T7cRVn-vQ@rogers.com...

"Lorinda" skryf

. Gloudina is byvoorbeeld baie meer
> regs as die meeste hier, jy ingesluit (haar siening oor ekonnomie,
> staatsinmenging in die ekonomie ens).

Jy laat my darem te veel na 'n Mbeki-Thatcher
kloon klink. Die Liberal Party ( waarvoor ek
op die oomblik stem) hier in Kanada, hou 'n
goeie balans tussen konserwatiewe fiskale
beleid en geld uitgee op sosiale projekte.
Dis daarom dat hulle grootliks suksesvol
is in die oë van die kiesers ( alhoewel ons
nou 'n minderheidsregering het - wat die
Liberals dwing om al meer na die NDP
(New Democratic Party) te laat luister.
Die NDP se agenda is taamlik intens
sosialisties.) Die Konserwatiese Party
bly die prooi van onder-mekaar-veg.

Gloudina

Sou ek in Kanada bly, sou ek ook Liberal Party gestem het. Daar is n fyn
lyn tussen intens links en sosialisties dink ek. Fiskaal konserwatief,
sosiaal liberaal is n goeie ewewigtige maatstaf. In my oë natuurlik, ons
dink tog almal anders.

-e-
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100383 is 'n antwoord op boodskap #100378] Wo, 24 November 2004 01:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:ta07q0denc2mjeqr2k5og8g44k810no96m@4ax.com...
On Tue, 23 Nov 2004 11:06:07 +0200, "Suidwester" wrote:

> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie?

Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet môre nog 9 gate grawe.
Is hierdie nuus interessant genoeg vir jou?

Norbert (uit Vlaandere)

Hoe beskerm jy hulle teen die koue in die winter Norbert, sit jy sakke om?
Ek wens die regering wil vir my betaal, maar heelaas, al vrugtebome wat hier
sal aard is perskebome, en hier is oorgenoeg perskeboere dat mens in die
seisoen n groot mandjievol kan koop vir next to nothing. Ek wil volgende
jaar daarvan inle, dis iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar dit lyk so
mooi op die rakke, die flessie vol oranje, a la Martha Stewart.
-e-
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100384 is 'n antwoord op boodskap #100383] Wo, 24 November 2004 01:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Nov 2004 01:13:25 GMT, "Ellie" wrote:

>
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:ta07q0denc2mjeqr2k5og8g44k810no96m@4ax.com...
> On Tue, 23 Nov 2004 11:06:07 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie?
>
> Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
> my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet môre nog 9 gate grawe.
> Is hierdie nuus interessant genoeg vir jou?
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
> Hoe beskerm jy hulle teen die koue in die winter Norbert, sit jy sakke om?
> Ek wens die regering wil vir my betaal, maar heelaas, al vrugtebome wat hier
> sal aard is perskebome, en hier is oorgenoeg perskeboere dat mens in die
> seisoen n groot mandjievol kan koop vir next to nothing. Ek wil volgende
> jaar daarvan inle, dis iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar dit lyk so
> mooi op die rakke, die flessie vol oranje, a la Martha Stewart.
> -e-

Daardie bome kan die kou goed verdra maar ek moet wel hulle wortels
beskerm teen vriesweer. Dis voldoende as ek daarvoor 'n bietjie mis op
die grond lê rond hulle stam.
Jy kan dalk van jou perske ook vonkelwyn maak! Ek weet nie of
vonkelwyn van perske ook in Suid-Afrika gemaak word maar hier in
Vlaandere is mense wat daardie wyn brou. Perskewyn is ligte wyn maar
baie lekker!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100385 is 'n antwoord op boodskap #100384] Wo, 24 November 2004 01:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:9fo7q0hik5nvlob6i7q5i567mg6fbaod0q@4ax.com...
On Wed, 24 Nov 2004 01:13:25 GMT, "Ellie" wrote:

>
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:ta07q0denc2mjeqr2k5og8g44k810no96m@4ax.com...
> On Tue, 23 Nov 2004 11:06:07 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie?
>
> Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
> my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet môre nog 9 gate grawe.
> Is hierdie nuus interessant genoeg vir jou?
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
> Hoe beskerm jy hulle teen die koue in die winter Norbert, sit jy sakke om?
> Ek wens die regering wil vir my betaal, maar heelaas, al vrugtebome wat hier
> sal aard is perskebome, en hier is oorgenoeg perskeboere dat mens in die
> seisoen n groot mandjievol kan koop vir next to nothing. Ek wil volgende
> jaar daarvan inle, dis iets wat ek nog nooit gedoen het nie, maar dit lyk so
> mooi op die rakke, die flessie vol oranje, a la Martha Stewart.
> -e-

Daardie bome kan die kou goed verdra maar ek moet wel hulle wortels
beskerm teen vriesweer. Dis voldoende as ek daarvoor 'n bietjie mis op
die grond lê rond hulle stam.
Jy kan dalk van jou perske ook vonkelwyn maak! Ek weet nie of
vonkelwyn van perske ook in Suid-Afrika gemaak word maar hier in
Vlaandere is mense wat daardie wyn brou. Perskewyn is ligte wyn maar
baie lekker!

Norbert (uit Vlaandere)

Ek woon eintlik in Amerika Norbert, maar perskewyn klink sommer heerlik.
Nog lekkerder is perskebrandewyn en perskeschnapps. Ek het hoeka n bottel
perskeschnapps nou al vir maande lank in my kas, mens kan net so n bietjie
op n keer drink, soos port of sherrie.

-e-
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100386 is 'n antwoord op boodskap #100381] Wo, 24 November 2004 02:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Gloudina, hoeveel uur se ry is dit van Quebec na Toronto min of meer? Ek
> moet dalk opgaan, maar is lus en vat n dag of twee verlof en ry die stuk
> pad, sodat ek darem iets kan sien, ek is nie lief vir vlieg nie.

Ek neem aan jy bedoel Quebec City wanneer jy van
"Quebec" praat? Quebec City is, dink ek, so twee uur
se ry van Montreal af. Montreal is so twee uur se ry
van Ottawa af. Ottawa is so vyf uur se ry van Toronto
af. ( Jy maak nou so effe van 'n draai as jy oor Ottawa
kom.) Jy moet jouself darem nou so bietjie tyd gee om
dinge in veral Montreal en Ottawa, sowel as Toronto
te besigtig, maar ek dink jy kan dit met twee dae verlof
doen. Onthou dat Niagara Falls vier of vyf uur se ry
van Toronto is, en as jy dit nog nie gesien het nie, nou
is jou kans. Daar is 'n vinnige trein tussen Montreal en
Toronto. Maar die natuurskoon is maar die tipiese
boomlandskap wat die Noord-oostelike Noord Amerka
tipeer, eintlik bietjie boring. Die argitektuur van Quebec
City en Montreal en Ottawa maak dit die moeite werd.

Gloudina
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100387 is 'n antwoord op boodskap #100384] Wo, 24 November 2004 05:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:9fo7q0hik5nvlob6i7q5i567mg6fbaod0q@4ax.com...
> On Wed, 24 Nov 2004 01:13:25 GMT, "Ellie" wrote:
> Jy kan dalk van jou perske ook vonkelwyn maak! Ek weet nie of
> vonkelwyn van perske ook in Suid-Afrika gemaak word maar hier in
> Vlaandere is mense wat daardie wyn brou. Perskewyn is ligte wyn maar
> baie lekker!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
----Nee wat! Julle kry te koud......in SA mors hulle nie met die vrugte
nie en maak hulle perskemampoer. G'n lekker nie, maar sterk genoeg om verf
van die mure te laat afdop! Net ruik aan die goed is genoeg om jou dronk
te maak...
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100388 is 'n antwoord op boodskap #100387] Wo, 24 November 2004 06:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag nee wat!! Daar is niks lekkerder as 'n snapsie skoon mampoer om alles
binne skoon te maak nie;))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:41a41cf4.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Sterrenkijker" wrote in message
> news:9fo7q0hik5nvlob6i7q5i567mg6fbaod0q@4ax.com...
>> On Wed, 24 Nov 2004 01:13:25 GMT, "Ellie" wrote:
>> Jy kan dalk van jou perske ook vonkelwyn maak! Ek weet nie of
>> vonkelwyn van perske ook in Suid-Afrika gemaak word maar hier in
>> Vlaandere is mense wat daardie wyn brou. Perskewyn is ligte wyn maar
>> baie lekker!
>>
>> Norbert (uit Vlaandere)
> ----Nee wat! Julle kry te koud......in SA mors hulle nie met die vrugte
> nie en maak hulle perskemampoer. G'n lekker nie, maar sterk genoeg om verf
> van die mure te laat afdop! Net ruik aan die goed is genoeg om jou dronk
> te maak...
>
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100389 is 'n antwoord op boodskap #100369] Wo, 24 November 2004 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
FoilCut[1]  is tans af-lyn  FoilCut[1]
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek het fokkol tyd om te pos - loer maar net so af en toe in.
Susan

"Suidwester" skryf in boodskap news:41a2fd8e.0@news1.mweb.co.za...
> Dis so stil op hierdie ng, mens kan kots daarvan. Waar's julle almal?
> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie? Die Bokke kry 'n
> ongelooflike drag slae en niemand sê iets nie. Het die resultate van die
> VSA verkiesing die klomp linkses se wiele so pap gemaak dat hul bekke so
> wragtag stil is?
>
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100390 is 'n antwoord op boodskap #100388] Wo, 24 November 2004 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En dan sit daar sou 'n blou ring om jou 'skesaus van al die skoonbrand?
Hoë oktaan! Bly om te sien jy's darem weer terug. Waar't jy rondgeloop?

"Annette" skryf in boodskap news:co1alf$6uo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ag nee wat!! Daar is niks lekkerder as 'n snapsie skoon mampoer om alles
> binne skoon te maak nie;))
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100391 is 'n antwoord op boodskap #100384] Wo, 24 November 2004 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Nov 2004 02:31:24 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> Daardie bome kan die kou goed verdra maar ek moet wel hulle wortels
> beskerm teen vriesweer. Dis voldoende as ek daarvoor 'n bietjie mis op
> die grond lê rond hulle stam.
> Jy kan dalk van jou perske ook vonkelwyn maak! Ek weet nie of
> vonkelwyn van perske ook in Suid-Afrika gemaak word maar hier in
> Vlaandere is mense wat daardie wyn brou. Perskewyn is ligte wyn maar
> baie lekker!
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Ek het vandag al 6 van daardie bome geplant.
Sien hier vir die liefhebbers:
http://users.skynet.be/fa112974/boompjes.jpg (slegs 45 kB)
en as jy breedband het:
http://users.skynet.be/fa112974/PICT0053.JPG (220 kB)
Ek het hierdie fototjies geneem in die namiddag rond 16.00 u. Jy sal
meteen sien dat die son hier in Vlaandere al baie laag staan (sien die
lange skaduwees) rond daardie tyd! Maar dis nou bykans winter en die
dae is al baie kort hier!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100392 is 'n antwoord op boodskap #100390] Wo, 24 November 2004 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het Ian se niggie van Engeland bietjie Knysna gaan wys.
Ons het die eerste nag oorgeslaap by Agulhas, sodat sy darem kon sê sy was
by die Suidpunt van Afrika.
Ek het selfs vir die eerste keer Knysna Loeries sien rondvlieg sonder dat
hulle in 'n kou was!
Die van julle wat lank laas by die Kangogrotte was, kan gerus weer gaan
kyk - helse imposante gebou nou daar waar die kaartjies verkoop word en
vanwaar jy vertrek vir die toer deur die grotte.
Knysna het nou ook 'n Waterfront inkoopplek.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:41a44700.0@news1.mweb.co.za...
> En dan sit daar sou 'n blou ring om jou 'skesaus van al die skoonbrand?
> Hoë oktaan! Bly om te sien jy's darem weer terug. Waar't jy rondgeloop?
> "Annette" wrote in message
> news:co1alf$6uo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ag nee wat!! Daar is niks lekkerder as 'n snapsie skoon mampoer om alles
>> binne skoon te maak nie;))
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100394 is 'n antwoord op boodskap #100372] Wo, 24 November 2004 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Suidwester heeft ons zojuist aangekondigd :
> Het jy dit nie so effe mis nie? Speel meeste van Kanada se spelers nie
> klubrugby in Europa, NZ en Oz nie? Dan, as die internasionale seisoen
> begin, dan 'roep' Kanada hulle op vir diens aan hul land. Dit het niks met
> heimweë te doene nie.......tensy jy geld heimweë noem!
> "@rogers.com" wrote in message
> news:5aednTG4ec7qpj7cRVn-2Q@rogers.com...

>> "Suidwester" > Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie? Die Bokke kry 'n
>>> ongelooflike drag slae en niemand sê iets nie.

>> Ek kan nie eintlik iets sê nie. Engeland het nou die
>> dag vir Kanada 70-0 afgestof. Ek weet nie hoekom
>> hulle toelaat dat "Kanada" teen "Engeland" rugby
>> speel nie. Die mense wat in Kanada rugby speel,
>> is essensieel naweekspelers wat oorspronklik van
>> Engeland of Australië of NZ af kom, en wat uit
>> heimweë rugby speel.

>> Gloudina



Kon ongelukkig nie ower rugby meepraat,in Belgie is viral soccer die
nationale sport en ons presteer so sleg dat dit geen naam het;in
fietsry gaan dit gelukkig een bietjie beter

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100396 is 'n antwoord op boodskap #100386] Wo, 24 November 2004 22:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:14Gdnf5g1ZzacD7cRVn-uw@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Gloudina, hoeveel uur se ry is dit van Quebec na Toronto min of meer? Ek
> moet dalk opgaan, maar is lus en vat n dag of twee verlof en ry die stuk
> pad, sodat ek darem iets kan sien, ek is nie lief vir vlieg nie.

Ek neem aan jy bedoel Quebec City wanneer jy van
"Quebec" praat? Quebec City is, dink ek, so twee uur
se ry van Montreal af. Montreal is so twee uur se ry
van Ottawa af. Ottawa is so vyf uur se ry van Toronto
af. ( Jy maak nou so effe van 'n draai as jy oor Ottawa
kom.) Jy moet jouself darem nou so bietjie tyd gee om
dinge in veral Montreal en Ottawa, sowel as Toronto
te besigtig, maar ek dink jy kan dit met twee dae verlof
doen. Onthou dat Niagara Falls vier of vyf uur se ry
van Toronto is, en as jy dit nog nie gesien het nie, nou
is jou kans. Daar is 'n vinnige trein tussen Montreal en
Toronto. Maar die natuurskoon is maar die tipiese
boomlandskap wat die Noord-oostelike Noord Amerka
tipeer, eintlik bietjie boring. Die argitektuur van Quebec
City en Montreal en Ottawa maak dit die moeite werd.

Gloudina

Gloudina, ek het nou weer vir my baie dof gehou. Wat ek bedoel het, is die
een kantoor is in Scarborough Toronto, en die ander een in St. Lambert in
Montreal. So dus as ek jou reg verstaan, is dit omtrent 7 uur se ry van die
een na die ander? Ek hou daarvan om te ry, en dan sommer op die ingewing
van die oomblik af te draai en n klein dorpie te besoek en die locals te
sien. As ek gaste uit S.A. het, vat ek hulle altyd na New Orleans (so 5 tot
6 uur se ry) en as ons deur Mississippi ry, stop ek gewoonlik in n klein
dorpie naby die rivier met dieselfde naam en laat hulle (die gaste nou)
katoen pluk op een of ander boer se plaas. Ek weet nie hoekom ek daai
gewoonte begin het nie, maar mense hou nogal daarvan. En dan besoek ons ook
altyd n regte egte diner (ook in Mississippi), en die gaste word dan ook
getiekel deur die outydse spyskaart ens. Beter as om net vinnig te jaag van
een stad na die volgende een.

-e-
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100397 is 'n antwoord op boodskap #100378] Wo, 24 November 2004 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Sterrenkijker was zeer hard aan het denken :
> On Tue, 23 Nov 2004 11:06:07 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie?
>
> Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
> my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet mÃŽre nog 9 gate grawe.
> Is hierdie nuus interessant genoeg vir jou?
>
> Norbert (uit Vlaandere)

opgepas vir jou rug he Norbert

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100398 is 'n antwoord op boodskap #100396] Wo, 24 November 2004 22:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Gloudina, ek het nou weer vir my baie dof gehou. Wat ek bedoel het, is die
> een kantoor is in Scarborough Toronto, en die ander een in St. Lambert in
> Montreal. So dus as ek jou reg verstaan, is dit omtrent 7 uur se ry van die
> een na die ander?

Ja, ek neem aan dit sal omtrent sewe uur se ry van
Montreal na Toronto wees. Dit is nou as jy direk
uit Montreal op die 401 na Toronto ry.
Maar, alhoewel jy op die 401 nooit ver weg is van
die St. Lawrence Seaway en Lake Ontario nie, sien
jy eintlik net klompe bome aan albei kante van die
pad, en nie veel meer nie. ( Ten spyte van die feit
dat jy verby die Thousand Islands ry - waarvandaan
die naam van die Thousand Islands Salad Dressing
kom.)
Dink jy om dit in die nabye toekoms, dus in die
middel van die winter te doen? Dan word dit
vroeg donker. As jy dit egter doen wanneer die
dae langer word, stel ek voor dat jy, na jy jou
dag in Montreal voltooi het, die twee uur se ry
met die 417 na Ottawa ry, en dan die aand in
Ottawa slaap. Selfs as jy net 'n paar uur het om
in Ottawa deur te bring, kan jy binne tien minute
van mekaar, die Houses of Parliament, die vreeslike
mooi National Art Gallery of Canada en die
Museum of Civilization sien. ( Laasgenoemde is
die werk van Douglas Cardinal, die Metis argitek
wat ook die oorspronklike werk vir die Museum
in Washington, D.C. gedoen het.
Vanaf Ottawa kan jy dan afdaal met 'n
dubbelhoofpad na 401, of ( stadiger) op 7 en
115 na Toronto gaan. ( 115 is dubbel.)
Probeer egter tyd maak vir Niagara Falls,
wat so drie vier uur anderkant Toronto is. ( As
jy dit nog nie gesien het nie.)

Gloudina
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100399 is 'n antwoord op boodskap #100397] Wo, 24 November 2004 22:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 24 Nov 2004 22:17:07 GMT, P_65 wrote:

> Sterrenkijker was zeer hard aan het denken :
>> On Tue, 23 Nov 2004 11:06:07 +0200, "Suidwester"
>> wrote:

>>> Gebeur daar niks in die wêreld wat interessant is nie?

>> Tog! Ek het vandag 33 gate in die grond gegrawe om verder in die week
>> my nuwe vrugtebome daarin te plant. Moet môre nog 9 gate grawe.
>> Is hierdie nuus interessant genoeg vir jou?

>> Norbert (uit Vlaandere)
>
> opgepas vir jou rug he Norbert

Ja-ja, ek was baie moeg!

Norbert
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100400 is 'n antwoord op boodskap #100398] Do, 25 November 2004 00:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:35WdnfeKbswNkTjcRVn-sg@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Gloudina, ek het nou weer vir my baie dof gehou. Wat ek bedoel het, is die
> een kantoor is in Scarborough Toronto, en die ander een in St. Lambert in
> Montreal. So dus as ek jou reg verstaan, is dit omtrent 7 uur se ry van die
> een na die ander?

Ja, ek neem aan dit sal omtrent sewe uur se ry van
Montreal na Toronto wees. Dit is nou as jy direk
uit Montreal op die 401 na Toronto ry.
Maar, alhoewel jy op die 401 nooit ver weg is van
die St. Lawrence Seaway en Lake Ontario nie, sien
jy eintlik net klompe bome aan albei kante van die
pad, en nie veel meer nie. ( Ten spyte van die feit
dat jy verby die Thousand Islands ry - waarvandaan
die naam van die Thousand Islands Salad Dressing
kom.)
Dink jy om dit in die nabye toekoms, dus in die
middel van die winter te doen? Dan word dit
vroeg donker. As jy dit egter doen wanneer die
dae langer word, stel ek voor dat jy, na jy jou
dag in Montreal voltooi het, die twee uur se ry
met die 417 na Ottawa ry, en dan die aand in
Ottawa slaap. Selfs as jy net 'n paar uur het om
in Ottawa deur te bring, kan jy binne tien minute
van mekaar, die Houses of Parliament, die vreeslike
mooi National Art Gallery of Canada en die
Museum of Civilization sien. ( Laasgenoemde is
die werk van Douglas Cardinal, die Metis argitek
wat ook die oorspronklike werk vir die Museum
in Washington, D.C. gedoen het.
Vanaf Ottawa kan jy dan afdaal met 'n
dubbelhoofpad na 401, of ( stadiger) op 7 en
115 na Toronto gaan. ( 115 is dubbel.)
Probeer egter tyd maak vir Niagara Falls,
wat so drie vier uur anderkant Toronto is. ( As
jy dit nog nie gesien het nie.)

Gloudina

Nee, as dit gebeur, sal dit nie voor April./Mei volgende jaar wees nie. Ek
was nog nie by die Niagara Falls nie, maar was wel by die Bridal Falls en
Vic Falls, wil mens NOG valle sien? Dalk wil ek liewers drie dae afvat en
deur die fingerlake distrik van upstate NY ry, ek het vriende in Albany en
Rochester, en ek kan daar oornag. Jammer ons het nie n kantoor in
Vancouver nie, daar sou ek nou graag wou uitkom.

-e-
Re: Wat sê julle van die rugby? [boodskap #100401 is 'n antwoord op boodskap #100400] Do, 25 November 2004 01:55 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Nee, as dit gebeur, sal dit nie voor April./Mei volgende jaar wees nie. Ek
> was nog nie by die Niagara Falls nie, maar was wel by die Bridal Falls en
> Vic Falls, wil mens NOG valle sien? Dalk wil ek liewers drie dae afvat en
> deur die fingerlake distrik van upstate NY ry, ek het vriende in Albany en
> Rochester, en ek kan daar oornag. Jammer ons het nie n kantoor in
> Vancouver nie, daar sou ek nou graag wou uitkom.

Wel, as jy Toronto besoek het, dan is die Niagara Valle eintlik
op jou pad na Rochester. Ek dink die valle is werklik die moeite
werd om te sien, juis omdat dit 'n Amerikaanse en Kanadese
kant het. Kyk dit maar van die Kanadese kant af. Voor jy
by die valle kom, is daar die wynerye van die Niagara Peninsula,
waar deesdae baie goeie wyne verbou word. Daar is ook 'n
permanente George Bernard Shaw Festival aan die gang
by Niagara-on-the-Lake.
April/Mei sal mooi wees - die blomme uit, die dae lank.
Dan moet jy definitief 'n bootreis maak deur die Thousand
Islands. ( Dis nie net 'n duisend eilande nie. Daar is meer
as dit. Sommige van die eilandjies is net omtrent so groot
soos 'n huis met 'n werf daarom. Maar daar staan 'n huis
op. Dit was dié vakansieplek vir die New York elite
gedurende die nineteen twenties. Vandaar die naam van
die salad dressing.)

Gloudina
Vorige onderwerp: Wat sê mens oor die Bokke?
Volgende onderwerp: Krieket kwinkslae (oftewel, "cricket quips...")
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 22:08:45 MGT 2024