Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
"Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26262 is 'n antwoord op boodskap #26270] Di, 14 September 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

DIE BROMMER
Charl-Pierre Naude

Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde

en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band

met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26263 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> . Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
> omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
> trek van sy swak digkuns . "

Nee, Johan, jy bespreek nie die meriete van die gedig nie. Jy gee jou goedkoopmening
oor letterkunde, gebaseer op hoeveel studie?

> Ek dink nie die gedig regverdig enige verdere mate van uitmekaartrek nie.

Ek daag weer vir jou uit om my te vertel wat in die gedig aangaan.

>

> Soos Opperman wat oor een die betekenis van sy gedigte in Komas gevra is, toe sê
> hy hy het maar net lekker met die woorde gespeel en niks daarmee bedoel nie.

Ja, en "Komas ..." moes nooit verskyn het nie. Dit was die skrywery van iemandwie se
breinselle al afgebreek het van langdurige alkoholisme. Maar ek het
die oorspronklike blaaie gesien waar Opperman sy Brandaan-siklus uitgewerk
het, en ek verseker jou dat "met die woorde" speel 'n baie intensiewe
aktiwiteit is vir die werklike goeie digter, een wat hom soms jare neem voordat
hy die gedig die lig laat sien.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26264 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Sep 1999 21:25:24 GMT, @sympatico.ca wrote:

|
|
|Johan wrote:
|
|> . Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
|> omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
|> trek van sy swak digkuns . "
|
|Nee, Johan, jy bespreek nie die meriete van die gedig nie. Jy gee jou goedkoopmening
|oor letterkunde, gebaseer op hoeveel studie?

Nee, so maklik laat ek my nie vang nie! My mening is net in jou oë goedkoop, en
ek dink dit sê nie veel oor jou mening nie - jy dring daarop aan om voortdurend
bitsig en "bitchy" te wees teenoor ander mense en dit is oneindig onaangenaam.

|
|> Ek dink nie die gedig regverdig enige verdere mate van uitmekaartrek nie.
|
|Ek daag weer vir jou uit om my te vertel wat in die gedig aangaan.

Ek weet jy sal roem op sogenaamde studie in hierdie rigting en ek heg nie veel
waarde daaraan nie. Ek het op universiteit aan 'n skryfkring behoort en daar
met my eie oë en ore ervaar hoe beide studente en iemand soos Prof FHJ van
Rensburg betekenis en waardes en diepere menings uit gedigte kon grawe terwyl
dit nooi daar geplant is nie.
|
Ek lees gedigte vir die genot daarvan - en as die digter se taalgebruik vir my
afstootlik is, hoef ek nie van die gedig te hou nie. Dis soos kuns en musiek -
op die mediaanvlak is dit suiwer persoonlike smaak wat tel (dis nou soos ek
gedigte lees en geniet en waardeer) en is die akademiese studie daarvan nie veel
werd nie.
|>
|Ja, en "Komas ..." moes nooit verskyn het nie. Dit was die skrywery van i=
|emandwie se
|breinselle al afgebreek het van langdurige alkoholisme.

Ek stem saam behalwe dat ek nie bewus was van die alkoholisme nie - ek het dit
altyd aan die halfdood siekte van hom toegeskryf....

|Maar ek het
|die oorspronklike blaaie gesien waar Opperman sy Brandaan-siklus uitgewerk
|het, en ek verseker jou dat "met die woorde" speel 'n baie intensiewe
|aktiwiteit is vir die werklike goeie digter, een wat hom soms jare neem voordat
|hy die gedig die lig laat sien.

Ek (en hy) het nie gesê al sy gedigte was net woordspeling nie.
Maar kyk nou maar hoe begaan is die akademiese wereld vandag nog oor Komas..!
Net omdat dit deur hom geskryf is - nie omdat dit noodwendig goed is nie.
|
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26265 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink ook dit is 'n strondsige gediggie. Gloudina , jy moet 'n verveelde
huisvrou wees om heeldag sulke dinges te tik of 'n afgetrede sekretaresse.

Ek hoop nie ek het enige spelfoute gemaak nie ( ek sien haar reeds met haar
rooi pen en 'n bolla op die kop)

Ek dink hy moet eerder besluit of sy naam Charl of Pierre is voordat hy
gedigte skryf. Ek dink hy voel verhewe bo ons gewone mense. ( Wel die van
ons wat ons regte name gebruik)

Shame

Moenie worry nie ek stuur vir jou 'n afskrif van die nuutste handdoek
advertensie in SA.......

> Wys jou nou net, nie alles wat onder die naam van letterkunde en gediggies die
> lig sien, is noodwendig mooi nie, né. Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
> omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
> trek van sy swak digkuns .
>
> Netsoos die ouens hier op die nuusgroep wat die persoon aanval in stede van wat
> hy sê en hulle opinie daaroor plaas.

Hier, in 'n neutedop (verskoon nou die anglisisme) het jy jouself opgesomJy
val vir
Naude aan, jy val mense op die nuusgroep aan, alles net sodat
jy jouself kan bewonder. Dit terwyl jy een van die grootste aanvallers van
persone op hierdie nuusgroep is.

Terloops, hierdie gedig is 'n baie goeie gedig. As ek 'n Afrikaanse gedig
moet soek wat sterk met Opperman of NP se bestes kan saamding, dan
sal ek hierdie een kies.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26266 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> My nuusleser was nog nie eers afgesluit nie, toe val Gloudina reg in die trap en
> doen presies wat ek voorspel het: Sy val my aan in stede van om die meriete van
> die gedig te bespreek.....

Asof jy nou bereid was om die meriete van die gedig te bespreek.Vertel nou vir my
waaroor jy dink die gedig gaan. Dan kan ons
begin uitwerk of jy wel bewus is van watter lae en lae van
betekenis in die gedig gemyn word.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26267 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Francois de Wet wrote:

> Ek dink ook dit is 'n strondsige gediggie. Gloudina

Nou begin jy jou uitgee as 'n outoriteit op die gebied van dieletterkunde ook.
Miskien moet jy jou maar hou by die kritiek
van SA se immigrasie-beleid.

> Ek dink hy moet eerder besluit of sy naam Charl of Pierre is voordat hy
> gedigte skryf. Ek dink hy voel verhewe bo ons gewone mense. ( Wel die van
> ons wat ons regte name gebruik)
>
> Shame
>
>

Hoe hou jy van die naam Charlize Theron. Ek verbaas my dat sy so baie
filmrolle in die VSA kry.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26268 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Sep 1999 16:57:15 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Asof jy nou bereid was om die meriete van die gedig te bespreek.

Ek het jou vertel wat ek van die meriete van die berig dink:
"Wys jou nou net, nie alles wat onder die naam van letterkunde en gediggies die
lig sien, is noodwendig mooi nie, né. Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
trek van sy swak digkuns . "

Gloudina, indien jy sukkel, hier is dit weer:
"Wys jou nou net, nie alles wat onder die naam van letterkunde en gediggies die
lig sien, is noodwendig mooi nie, né. Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
trek van sy swak digkuns . "

Stel jou nuusleser op 'n groot font as jy nog sukkel. Of skuif die onderste
paragraaf oor na regs as jy dalk skeel is....

|Vertel nou vir my
|waaroor jy dink die gedig gaan.

Ek dink nie die gedig regverdig enige verdere mate van uitmekaartrek nie.

|Dan kan ons
|begin uitwerk of jy wel bewus is van watter lae en lae van
|betekenis in die gedig gemyn word.
|
Ag boel man, vir al wat jy weet was die digter een middag bietjie te veel onder
inspirasie van Lion Lager en het hy in een van sy hond se spykers getrap en toe
gevoel hy moet uitlating gee aan sy frustrasie. En toe het hy sommer net
geskryf.

Die ENIGSTE een wat die betekenis van die gedig kan "myn", is die digter self -
die res is net spekulasie en gewoonlik heeltemaal "over the top".

Soos Opperman wat oor een die betekenis van sy gedigte in Komas gevra is, toe sê
hy hy het maar net lekker met die woorde gespeel en niks daarmee bedoel nie.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26269 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Sep 1999 12:20:18 GMT, @sympatico.ca wrote:

| DIE BROMMER
| Charl-Pierre Naude
|
|Op die lip van die spreekwoord, op die trap
|van =91n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
|van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
|van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
|
Wys jou nou net, nie alles wat onder die naam van letterkunde en gediggies die
lig sien, is noodwendig mooi nie, né. Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
trek van sy swak digkuns .

Netsoos die ouens hier op die nuusgroep wat die persoon aanval in stede van wat
hy sê en hulle opinie daaroor plaas.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26270 is 'n antwoord op boodskap #26262] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Johan wrote:
>
>> My nuusleser was nog nie eers afgesluit nie, toe val Gloudina reg in die trap en
>> doen presies wat ek voorspel het: Sy val my aan in stede van om die meriete van
>> die gedig te bespreek.....
>
> Asof jy nou bereid was om die meriete van die gedig te bespreek.Vertel nou vir my
> waaroor jy dink die gedig gaan. Dan kan ons
> begin uitwerk of jy wel bewus is van watter lae en lae van
> betekenis in die gedig gemyn word.

Hmmmm..... Was dit nie Van Wyk Louw nie, wat effens
sarkasties verwys het na "die ui-gedig" wat so laag vir
laag afgeskil word deur kritikasters van elke rang en stand?

Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26271 is 'n antwoord op boodskap #26270] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

>
>
> | DIE BROMMER
> | Charl-Pierre Naude
> |
> |Op die lip van die spreekwoord, op die trap
> |van =91n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
> |van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
> |van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
> |
> Wys jou nou net, nie alles wat onder die naam van letterkunde en gediggies die
> lig sien, is noodwendig mooi nie, nê. Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
> omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
> trek van sy swak digkuns .
>
> Netsoos die ouens hier op die nuusgroep wat die persoon aanval in stede van wat
> hy sê en hulle opinie daaroor plaas.

Hier, in 'n neutedop (verskoon nou die anglisisme) het jy jouself opgesomJy val vir
Naude aan, jy val mense op die nuusgroep aan, alles net sodat
jy jouself kan bewonder. Dit terwyl jy een van die grootste aanvallers van
persone op hierdie nuusgroep is.

Terloops, hierdie gedig is 'n baie goeie gedig. As ek 'n Afrikaanse gedig
moet soek wat sterk met Opperman of NP se bestes kan saamding, dan
sal ek hierdie een kies.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26272 is 'n antwoord op boodskap #26270] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Sep 1999 14:29:14 GMT, @sympatico.ca wrote:
|>
|> Netsoos die ouens hier op die nuusgroep wat die persoon aanval in stede=
|> van wat hy sê en hulle opinie daaroor plaas.
|
|Hier, in 'n neutedop (verskoon nou die anglisisme) het jy jouself opgesom=
|Jy val vir
|Naude aan, jy val mense op die nuusgroep aan, alles net sodat
|jy jouself kan bewonder. Dit terwyl jy een van die grootste aanvallers va=
|n
|persone op hierdie nuusgroep is.
|
My nuusleser was nog nie eers afgesluit nie, toe val Gloudina reg in die trap en
doen presies wat ek voorspel het: Sy val my aan in stede van om die meriete van
die gedig te bespreek.....
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26273 is 'n antwoord op boodskap #26270] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Hmmmm..... Was dit nie Van Wyk Louw nie, wat effens
> sarkasties verwys het na "die ui-gedig" wat so laag vir
> laag afgeskil word deur kritikasters van elke rang en stand?
>

Ag. ou NP was maar net jaloers dat meeste Ph.D. studente
in Afrikaans Opperman-gedigte gekies het om te analiseer.
Dis nou in die dae toe dit gewoonte was om een gedig te
kies en 'n hele Ph.D. tesis daaroor te skryf.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26274 is 'n antwoord op boodskap #26270] Di, 14 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois de Wet  is tans af-lyn  Francois de Wet
Boodskappe: 226
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Senior Lid
Best method of defence is attack !

Francois de Wet

> My nuusleser was nog nie eers afgesluit nie, toe val Gloudina reg in die trap en
> doen presies wat ek voorspel het: Sy val my aan in stede van om die meriete van
> die gedig te bespreek.....
>
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26304 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Dit maak byvoorbeeld by my geen duit verskil of 'n gedig "as sonnet misluk of
> slaag" nie (how extremely rediculous!!!). As hy lekker op die tong val en/of
> met mooi en slim woorde tot my spreek, hou ek van hom.

So dit verklaar waarom jy dink country & western lirieke is eintlik gedigte.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26305 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Daniel wrote:

> Gloudina, moet mens dan geswot het om gedigte te kan ontleed/geniet?

Ek praat nie van die digkuns "swot" nie. Maar mens moet darem nie, soosJohan,
'n gedig afkraak net omdat hy "nie daarvan hou" nie. Wanneer ek
'n ekonoom se werk lees, veroordeel ek hom nie tensy ek iets weet van
hoe die ekonomiste hulle dinge doen nie.
Vertel ons of jy van "Die Brommer" hou al dan nie. Gee ons jou opinie.
As jy dink dis 'n goeie gedig, vertel vir Johan hoekom jy so dink.

> 'nie-letterkundige' kan ek tot noem dat ek al reeds 'n digbundel publiseer
> het, asook ook 'n novelle.
>

Pos asseblief van jou gedigte op die nuusgroep. Mag ek dit in my
versameling sit, en later weer pos?
Gloudina

>
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26306 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 16:49:10 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Nou hoekom plaas jy nie 'n gedig wat hulle gekritiseer het nie, en gee vi=
|r onshulle
|kritiek, en vertel vir ons hoekom jy nie met hulle saamgestem het nie.

Want dis dekades gelede, ou tante - ek kan nie meer onthou wat daar by daardie
besprekings presies woordeliks gesê is nie.

|Maar onthou, alleen wat op die papier staan, tel vir die goeie kritikus.

Agterdeur, bly oop, jou ounooi wil kan uithol......

|Opperman het 'n beroemde opstel geskryf: "Die Kuns is Boos." Mens moet
|nie enigiets in 'n gedig aanneem as syne die "opinie" van die digter nie.

Dis wat ek nog die hele tyd probeer sê....

| Want
|hy meet en pas en sy enigste lojaliteit is die kwaliteit van die gedig, n=
|ie sy
|gevoelens nie.

Hoe weet jy 'n digter se gevoelens speel nie 'n rol nie - ek dink juis in 99%
van alle digkuns speel dit 'n baie groot rol.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26308 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Krokkie wrote:

> Ek onthou op skool nog hoe die Afrikaanse ondewyseres (soos Gloudina) ons
> wou wysmaak hoe dit digter se gemoedstoestand was toe hy/sy die gedig gedig
> het.

Nee, die gemoedstoestand van 'n digter het niks te doen met die gedig nie.Dis
alleen wat op die papier is, wat saak maak.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26309 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Dink jy dis die moeite werd? Hoekom maak jy nie jou eie mind op oor die
> gedig
> of Naude se werk nie? Hou JY daarvan?

Sy het reeds dit reeds gedoen en gesê. Jy, aan die ander kant .....
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26310 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Ek weet jy sal roem op sogenaamde studie in hierdie rigting en ek heg nie veel
> waarde daaraan nie. Ek het op universiteit aan 'n skryfkring behoort en daar
> met my eie oë en ore ervaar hoe beide studente en iemand soos Prof FHJ van
> Rensburg betekenis en waardes en diepere menings uit gedigte kon grawe terwyl
> dit nooi daar geplant is nie.

Nou daar het jy dit nou. Johan weet beter as 'n hele klasvol studente en
Professorvan Rensburg. I rest my case.

> |
> Ek lees gedigte vir die genot daarvan - en as die digter se taalgebruik vir my
> afstootlik is, hoef ek nie van die gedig te hou nie. Dis soos kuns en musiek -
> op die mediaanvlak is dit suiwer persoonlike smaak wat tel (dis nou soos ek
> gedigte lees en geniet en waardeer) en is die akademiese studie daarvan nie veel
> werd nie.

Ha, ha, ha.

> |Ek stem saam behalwe dat ek nie bewus was van die alkoholisme nie - ek het dit
> altyd aan die halfdood siekte van hom toegeskryf....

Wat was jou opinie oor Opperman se "halfdood siekte", Johan.Jou wetenskaplike
professionele opinie.

> Maar kyk nou maar hoe begaan is die akademiese wereld vandag nog oor Komas..!
> Net omdat dit deur hom geskryf is - nie omdat dit noodwendig goed is nie.
>

Ek twyfel of die akademiese wereld begaan is oor "Komas.."Dis maar jy wat die opinie
opdroom.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26311 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina skryf:

> Jy gee jou goedkoopmening
oor letterkunde, gebaseer op hoeveel studie?<

Gloudina, moet mens dan geswot het om gedigte te kan ontleed/geniet? Ek self
het 'n graad (niks te doen met die digkuns nie) en voel dat die graad niks
help om digkuns te kan geniet nie. Ek het al as baie jong kind 'n waardering
vir die letterkund ontwikkel - lank voordat ek gaan swot het. Ja, as
'nie-letterkundige' kan ek tot noem dat ek al reeds 'n digbundel publiseer
het, asook ook 'n novelle.

My Ouma het altyd gesê "My kind, moenie krap waar dit nie jeuk nie".....

Jan van Perth.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26312 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina kom ons vra jou om die gedig te ontleed, dan kan ek ook weet
waaroor dit gaan.

@sympatico.ca wrote in message
...
Johan wrote:

> |Wanneer ek
> |'n ekonoom se werk lees, veroordeel ek hom nie tensy ek iets weet van
> |hoe die ekonomiste hulle dinge doen nie.
>
> As hy sy oorsig sê byvoorbeeld oor die begroting sou begin met:
> "Dis was maar 'n k@k begroting hierdie...." , sou jy werklik baie waarde aan sy
> opinie geheg het???

Wel, dis presies wat jy met Naude se gedig gedoen het. Dis daarom dat ekniks
waarde
aan jou oordeel oor die gedig heg nie. As jy nou die sintaksis
gekritiseer het, of besluit het dat dit as sonnet misluk het, of besluit
het dat
wat dit probeer uitdruk nou nie die moeite werd is om as digwerk beskou
te word nie, dan sal ek jou ernstiger opgeneem het. Maar jou baie dom
veralgemening, dat "slegte taal" die teken is van letterkundige
nikswerdheid,
is naief en belaglik. Vele Franse digters en hele genres word deur met die
badwater uitgegooi.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26313 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 16:41:17 GMT, @sympatico.ca wrote:
|te word nie, dan sal ek jou ernstiger opgeneem het. Maar jou baie dom
|veralgemening, dat "slegte taal" die teken is van letterkundige nikswerdh=
|eid,
|is naief en belaglik

...en seker in meeste gevalle waar......
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26314 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> On Wed, 15 Sep 1999 12:31:03 GMT, @sympatico.ca wrote:
>
> |Ek twyfel of die akademiese wereld begaan is oor "Komas.."
>
> Hoe sal jy dan nou ook hier van die buiteland af daaroor opinie kan vorm, né...

Daar is natuurlik letterkundige tydskrifte met kritiek deur mense in SA geskryfwat
mens "hier in die buiteland" kan kry. Een van die kritici het met die hoogste
lof van Naude se bundel gepraat. Ek moet dit tog gaan soek en vir jou intik.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26315 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote in message
...
> Krokkie wrote:
>
>> Ek onthou op skool nog hoe die Afrikaanse ondewyseres (soos Gloudina) ons
>> wou wysmaak hoe dit digter se gemoedstoestand was toe hy/sy die gedig gedig
>> het.
>
> Nee, die gemoedstoestand van 'n digter het niks te doen met die gedig nie.Dis
> alleen wat op die papier is, wat saak maak.
>
> Gloudina
>

In die meeste gevalle nie, maar ek sal vir jou een gee wat my ma gedoen het
so 20 jaar gelede genaamd "Toe Ouma Dood IS". Sal dit kry wanneer ek haar
weer sien.

Krokkie
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26316 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 12:31:03 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Ek twyfel of die akademiese wereld begaan is oor "Komas.."

Hoe sal jy dan nou ook hier van die buiteland af daaroor opinie kan vorm, né...
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26317 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Sep 1999 18:53:01 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
|
|So dit verklaar waarom jy dink country & western lirieke is eintlik gedigte.

Jy het seker die kat aan die stert beet - ek weet nie waarvan jy praat nie....
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26318 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 12:25:20 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Krokkie wrote:
|
|> Ek onthou op skool nog hoe die Afrikaanse ondewyseres (soos Gloudina) ons
|> wou wysmaak hoe dit digter se gemoedstoestand was toe hy/sy die gedig gedig
|> het.
|
|Nee, die gemoedstoestand van 'n digter het niks te doen met die gedig nie.Dis
|alleen wat op die papier is, wat saak maak.
|
Jy is hier 'n hogere uitsondering, Gloudina - dis nie wat op skool en op
universiteit die geval is en in die media waar nuwe publikasies bespreek word
nie. Baie opvoedkundiges gaan heeltemaal oorboord met die ontleding van
letterkunde en doen so baie skade.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26319 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou op skool nog hoe die Afrikaanse ondewyseres (soos Gloudina) ons
wou wysmaak hoe dit digter se gemoedstoestand was toe hy/sy die gedig gedig
het. Wou nog altyd weet waar hulle aan die info kom.
En die snaakste van alles was dat die "toestand" verander het tussen 2
verskillende onderwyseresse. Seker iets met PMS te doen

Se maar net
Krokkie

Daniel wrote in message ...
> Gloudina skryf:
>
>> Jy gee jou goedkoopmening
> oor letterkunde, gebaseer op hoeveel studie?
> Gloudina, moet mens dan geswot het om gedigte te kan ontleed/geniet? Ek self
> het 'n graad (niks te doen met die digkuns nie) en voel dat die graad niks
> help om digkuns te kan geniet nie. Ek het al as baie jong kind 'n waardering
> vir die letterkund ontwikkel - lank voordat ek gaan swot het. Ja, as
> 'nie-letterkundige' kan ek tot noem dat ek al reeds 'n digbundel publiseer
> het, asook ook 'n novelle.
>
> My Ouma het altyd gesê "My kind, moenie krap waar dit nie jeuk nie".....
>
> Jan van Perth.
>
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26320 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 16:44:07 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Daar is natuurlik letterkundige tydskrifte met kritiek deur mense in SA g=
|eskryfwat
|mens "hier in die buiteland" kan kry. Een van die kritici het met die hoo=
|gste
|lof van Naude se bundel gepraat. Ek moet dit tog gaan soek en vir jou int=
|ik.
|
|Gloudina
|
|
Dink jy dis die moeite werd? Hoekom maak jy nie jou eie mind op oor die gedig
of Naude se werk nie? Hou JY daarvan?
Netso was daar ouens wat baie gaande was oor die da-da kuns - en dit was nie
eers kuns nie - net statements....
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26321 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> |Wanneer ek
> |'n ekonoom se werk lees, veroordeel ek hom nie tensy ek iets weet van
> |hoe die ekonomiste hulle dinge doen nie.
>
> As hy sy oorsig sê byvoorbeeld oor die begroting sou begin met:
> "Dis was maar 'n k@k begroting hierdie...." , sou jy werklik baie waarde aan sy
> opinie geheg het???

Wel, dis presies wat jy met Naude se gedig gedoen het. Dis daarom dat ekniks waarde
aan jou oordeel oor die gedig heg nie. As jy nou die sintaksis
gekritiseer het, of besluit het dat dit as sonnet misluk het, of besluit het dat
wat dit probeer uitdruk nou nie die moeite werd is om as digwerk beskou
te word nie, dan sal ek jou ernstiger opgeneem het. Maar jou baie dom
veralgemening, dat "slegte taal" die teken is van letterkundige nikswerdheid,
is naief en belaglik. Vele Franse digters en hele genres word deur met die
badwater uitgegooi.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26322 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 16:41:17 GMT, @sympatico.ca wrote:
|te word nie, dan sal ek jou ernstiger opgeneem het. Maar jou baie dom
|veralgemening, dat "slegte taal" die teken is van letterkundige nikswerdh=
|eid,
|is naief en belaglik. Vele Franse digters en hele genres word deur met d=
|ie
|badwater uitgegooi.
|
Ag ek kan net sien hoe word jou ou klein literere wereldjie geskok as ek vir jou
sê dat as dit die geval was, daardie babas dalk nooit eers "gebore" moes gewees
het nie.

Maar moenie laat ek jou te veel ontstel nie, Gloudina. Ek glo dat estetiese
dinge soos digkuns en prosa, die beeldende en uitvoerende kunste NIE so
uitmekaar-trekkend bestudeer moet word nie.

Dit maak byvoorbeeld by my geen duit verskil of 'n gedig "as sonnet misluk of
slaag" nie (how extremely rediculous!!!). As hy lekker op die tong val en/of
met mooi en slim woorde tot my spreek, hou ek van hom. As hy nie met die
volgende persoon spreek nie, moet daardie persoon nie van hom hou nie.

Die enigste studie wat sinvol oor enige gedig gedoen kan word, is 'n gesprek met
die digter waarin dié dan vertel van die gedig - ander kommentaar is elke
persoon se individuele siening. En dis vir my belangrik dat elke persoon sy of
haar EIE opinie oor so iets moet vorm - en nie agter akademiese besprekings moet
aanhardloop nie.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26324 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 12:23:30 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Ek praat nie van die digkuns "swot" nie. Maar mens moet darem nie, soosJohan,
|'n gedig afkraak net omdat hy "nie daarvan hou" nie.

Ek dink darem dit was net een tree weg van bloot nie daarvan hou nie - dis
persoonlike smaak, maar hierdie ou wou aandag trek met sy onsmaaklike taal. Ek
het gesê:
"Wys jou nou net, nie alles wat onder die naam van letterkunde en gediggies die
lig sien, is noodwendig mooi nie, né. Ek dink altyd sulke swak taalgebruik is
omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af te
trek van sy swak digkuns . "

|Wanneer ek
|'n ekonoom se werk lees, veroordeel ek hom nie tensy ek iets weet van
|hoe die ekonomiste hulle dinge doen nie.

As hy sy oorsig sê byvoorbeeld oor die begroting sou begin met:
"Dis was maar 'n k@k begroting hierdie...." , sou jy werklik baie waarde aan sy
opinie geheg het???
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26325 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Jy het seker die kat aan die stert beet - ek weet nie waarvan jy praat
> nie....

:-)
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26326 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Ek dink nie die gedig regverdig enige verdere mate van uitmekaartrek nie.
>

Omdat dit 'n "swak"gedig is - en die gedig is "swak" omdat dit "swak
taalgebruik", te wete "vloekwoorde" gebruik. Liewe hemel.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26327 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Iets wat ek jare terug aan/vir iemand baie besonders geskryf het.... in die
dae toe ek nog geweet het wat dit beteken om verlief te wees....

"Kom ons dans, op die dundraadweb van ons seesandlos emosies"

Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
squa...@perspiration.com.au
http://www.perspiration.com.au
ICQ 21792471

skryf in boodskap news:37DF9029.41338C72@sympatico.ca...
> Pos asseblief van jou gedigte op die nuusgroep. Mag ek dit in my
> versameling sit, en later weer pos?
> Gloudina

Met plesier mag jy dit by jou versameling hou....pas dit net mooi op!
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26328 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Hoekom maak jy nie jou eie mind op oor die gedig
> of Naude se werk nie? Hou JY daarvan?

Ek het vir jou van die begin af aangedui dat ek nie net van die gedig
hou nie, maar dit ook gelykstel met van Opperman en NP se gedigte.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26329 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Wys jou nou net, nie alles wat onder die naam van letterkunde en gediggies
> die
> lig sien, is noodwendig mooi nie, nê. Ek dink altyd sulke swak taalgebruik
> is
> omdat die ou nie kan dig nie, nou moet hy iets anders insit om die aandag af
> te
> trek van sy swak digkuns .

So jy dink hierdie is 'n "swak"gedig? En jou rigsnoer vir sodanige beoordeling
is "swak taalgebruik"? Liewe hemel.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26330 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Jy is heeltemaal reg - ek weet beter as hy, sy assistent wat ook daar gesit het
> en die hele skryfkring, want ek sê bostaande op grond van my eie gedigte wat ook
> onder die was wat bespreek is. Ek het dus presies geweet watter betekenis
> gegaan het in die skryf daarvan en ook gehoor watter betekenisse hulle alles
> daaruit gehaal het. Ons het die gedigte "naamloos" bespreek, maw niemand
> behalwe die skrywer self het geweet wie se gedig bespreek word nie.

Nou hoekom plaas jy nie 'n gedig wat hulle gekritiseer het nie, en gee vir onshulle
kritiek, en vertel vir ons hoekom jy nie met hulle saamgestem het nie.
Maar onthou, alleen wat op die papier staan, tel vir die goeie kritikus.
Opperman het 'n beroemde opstel geskryf: "Die Kuns is Boos." Mens moet
nie enigiets in 'n gedig aanneem as syne die "opinie" van die digter nie. Want
hy meet en pas en sy enigste lojaliteit is die kwaliteit van die gedig, nie sy
gevoelens nie. Die tema is waaroor die hele Brandaan-siklus van Opperman
gaan. Dis oor hierdie tema wat ek my laaste verhandeling geskryf het.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26331 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> My nuusleser was nog nie eers afgesluit nie, toe val Gloudina reg in die trap
> en
> doen presies wat ek voorspel het: Sy val my aan in stede van om die meriete
> van
> die gedig te bespreek.....
>

En jy het dit wel gedoen - die meriete van die gedig bespreek. Liewe hemel.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #26332 is 'n antwoord op boodskap #26270] Wo, 15 September 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Sep 1999 12:31:03 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Johan wrote:
|
|> Ek weet jy sal roem op sogenaamde studie in hierdie rigting en ek heg nie veel
|> waarde daaraan nie. Ek het op universiteit aan 'n skryfkring behoort en daar
|> met my eie oë en ore ervaar hoe beide studente en iemand soos Prof FHJ van
|> Rensburg betekenis en waardes en diepere menings uit gedigte kon grawe terwyl
|> dit nooi daar geplant is nie.
|
|Nou daar het jy dit nou. Johan weet beter as 'n hele klasvol studente en
|Professorvan Rensburg. I rest my case.
|
Jy is heeltemaal reg - ek weet beter as hy, sy assistent wat ook daar gesit het
en die hele skryfkring, want ek sê bostaande op grond van my eie gedigte wat ook
onder die was wat bespreek is. Ek het dus presies geweet watter betekenis
gegaan het in die skryf daarvan en ook gehoor watter betekenisse hulle alles
daaruit gehaal het. Ons het die gedigte "naamloos" bespreek, maw niemand
behalwe die skrywer self het geweet wie se gedig bespreek word nie.
Vorige onderwerp: "'n Kleinvers vir Ma" deur ANNE-MARIE CONRADIE
Volgende onderwerp: Vir Reisiger: 'n Gedig van KABIR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:26:11 MGT 2024