Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur?
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117761 is 'n antwoord op boodskap #117760] Vr, 20 Junie 2008 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Jun 2008 23:25:46 +0800, "Daniel le Roux"
wrote:

> Albei is ekke! Ek is gedoop Daniel Jan le Roux. In SA is ek geken as Jan.
> Maar toe ek in ozland beland, en mense vra wat my naam is en ek seg 'Jan',
> was die antwoord meer as dikwels "But 'Jan' (soos in die afkorting vir
> Janette onder andere), sounds like a girl's name!" Summier het ek toe hier
> in ozland my keuse van noemnaam verander na Daniel.
>

>> Wie is Jan en wie is Daniël Le Roux?


>

Te veel name kan nogal sielkundig, 'n effek hê op 'n mens.
Ek het nog nooit enige sielkundige dit hoor sê nie, maar dit is 'n
persoonlike ervaring. Ek het groot geword as Dawie.
My oupa, 'n stoere boer, was vrederegter in die omgewing waar ek op sy
groot beesplaas opgegroei het, en ek is na hom vernoem. Later van jare
het sommige omies vir my gesê dat my oupa hom en sy vrou in die
huwelik bevestig het. Ek kan onthou hy was voorsitter op so iets soos
24 of 42 rade of so iets.

Ek het my nooit daaraan gesteur dat my oupa homself voorgestel het as
Oom DaVid nie, (met die klem op die 'v' soos in 'vee'. As klein kind
het ek gedink dat my naam David 'n spelfout moet wees, want mens spel
mos nie Dawid sò nie. En met Oom David se begrafnis het ek gesien dat
sy naam regtig Dywid is en dus myne ook.

Groter geword en mense het my begin Dupie noem (oftewel Doepie) en so
het ek dit aanvaar. Myself op stadiums so voorgestel.

Totdat ek volwasse geword het en 'n eie identiteit ontwikkel het, en
geword het daarvoor om op 'n afkorting van my van aangespreek te word,
terwyl ek 'n naam het. En van toe af het ek Dave geword wat een enkele
aks van my geregistreerde naam af is.

Een dag vra 'n Fransman wat vir enkele dae uit Parys hier was, of dit
wat hy op papier sien regtig my naam is. Toe ek dit bevestig het hy
verwonderd gesê dat dit steeds in Frankryk 'n algemene naam is en net
so gespel word.

Ek het gehoor dat erens in my familie is 'n beker wat van 'n Franse
koning af is en dat ons direkte afstammelinge van die koning is.
Ek het egter eerstens geen kontak met enige familielede nie (nie dat
ons probleme met mekaar het nie:-o maar omdat ons mekaar nie ken nie.
Ek weet nie wie hulle is nie)
Voorts het ek geen gloudiaanse neigings nie, so jy kan my maar sommer
op my naam noem:-)))

Terug na wat ek in die eerste paragraaf gesê het, dit is asof elke
nuwe naam 'n nuwe persoonlikheid is. Wanneer iemand my skakel,
en ek herken nie die stem nie, of iemand groet my in die straat en ek
weet nie wie dit is nie, is die naam waarop hy my groet 'n onmiddelike
aanduiding van hoe lank terug ek in my geheue moet soek na 'n
herinnering.
(hier moet ek miskien, net miskien, byvoeg dat ek na 'n baie lelike
ongeluk met 100% geheue verlies uit 'n hospitaal gestap het.
Byna alles het met tyd ((oor heelwat meer as 'n jaar)) terug gekom
maar behalwe dat die tyd van die ongeluk weggebly het, het ek geen
korttermyn geheue om mee te spog nie.
Dit is egter vir 'n latere hoofstuk. Hou die uitsendings dop)
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117763 is 'n antwoord op boodskap #117758] Vr, 20 Junie 2008 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" skryf

> antie, as ek reg verstaan verwys jy NIE na 'ECT' nie, maar eerder na 'CBT':
> Cognitive Behavioral Therapy'? Of kan dit 'Flooding Therapy' wees waarna jy
> verwys?

Ja, die uitdrukking is Cognitive Behavioral Therapy.
Dis wat ek op Torreke probeer toepas het. Sommige
mense lyk my egter immuun daarteen. Wat sê jou
statistieke?
Wat is "Flooding Therapy." Het nog nooit daarvan
gehoor nie.

Gloudina
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117775 is 'n antwoord op boodskap #117752] Ma, 23 Junie 2008 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" Torreke, as ek reg onthou het jy 'n tyd gelede die antie op jou 'kill file' [/color]
> geplaas, en genoem dat jy nie meer gaan aandag skenk aan enige van haar
> poste nie.
>
> Hoe dan nou?
>
> Het jy in die lokval geval?
>
> Jan van Perth
>

1.. Dave het jou reeds gesê dat ek nie gesê het dat ek haar "kill file" nie.
2.. Ek het ook nie gesê dat ek haar sal "ignoreer" soos sy probeer voorgee en in my mond lê nie.
Ek haal hieronder uit 'n vorige antwoord aan Hessie oor dié wanvoorstelling aan:

Ek het die volgende vir jou gesê:

" Jy't nie die vermoë om buitekant jou klein boksie te dink nie...
Jy't nie die vermoë om 'n muntstuk om te draai en na die ander kant te
kyk nie...
Jou brilletjie het konkawe lensies - dit kan net binnetoe kyk en gee jou
tonnelvisie...

Voor jy weer met my probeer gesels, gaan besoek 'n oogkundige en laat hy
vir jou 'n beter bril voorskryf."

En later oor jou vir Dave:

"Ek het vir die Antie gesê om van haar oë te laat toets, want sy't 'n
bril met konkawe lensies wat haar tonnelvisie gee. Die dag wanneer sy my
oortuig dat sy bereid is om ook die ander kant van die munt te sien - dat sy
terug kan staan en kan insien dat, om Ferdi se woorde te gebruik, Vorster se
rassisme drek was en dat die ANC s'n steeds drek is - daardie dag sal ek
bereid wees om weer met haar te praat. En ek dink Ferdie ook!"

So, ek het nie gesê dat ek nooit weer met jou sal praat of oor jou sal praat
nie.

Jy het tot dusver NIKS gesê om my opinie oor jou tonnelvisie te verander
nie, inteendeel jy bevestig dit elke keer. Jy't ook nog NIKS gedoen om my
te oortuig dat jy nie met dubbele mate meet nie.

So, Antie Knypbrilletjie van die Eenoog Republiek, druk maar jou simpel
uitdagings so diep in as wat jy dit kan inkry...

3. As jy tyd het om weer te lees, sal jy wel sien dat ek nie met haar in gesprek getree het nie - haar bloot soos 'n lastige vlieg probeer wegwaai het - nie dat sy die boodskap kry nie.
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117777 is 'n antwoord op boodskap #117763] Ma, 23 Junie 2008 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < skryf

Ja, die uitdrukking is Cognitive Behavioral Therapy.
Dis wat ek op Torreke probeer toepas het. Sommige
mense lyk my egter immuun daarteen. Wat sê jou
statistieke?

Kyk hoe ry Ta' Hessie die witperd, Hessie die witperd, Hessie die witperd
Kyk hoe ry Ta' Hessie die witperd, Hessie die witperd so
Julle maak verniet Ta' Hessie se pogings sleg
Ta' Hessie se praatwerk maak die hele nuusgroep reg.
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117781 is 'n antwoord op boodskap #117777] Ma, 23 Junie 2008 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2008 09:47:39 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Hessie" < skryf
>
> Ja, die uitdrukking is Cognitive Behavioral Therapy.
> Dis wat ek op Torreke probeer toepas het. Sommige
> mense lyk my egter immuun daarteen. Wat sê jou
> statistieke?
>
> Kyk hoe ry Ta' Hessie die witperd, Hessie die witperd, Hessie die witperd
> Kyk hoe ry Ta' Hessie die witperd, Hessie die witperd so
> Julle maak verniet Ta' Hessie se pogings sleg
> Ta' Hessie se praatwerk maak die hele nuusgroep reg.

So komies, toe ek van Ta 'Hessie lees
van Ta 'Hessie lees, van Ta 'Hessie lees
Toe lees ek wat jy van Ta 'Hessie skryf
op 'n wysie aangedryf...
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117788 is 'n antwoord op boodskap #117775] Ma, 23 Junie 2008 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

>   2.. Ek het ook nie gesê dat ek haar sal "ignoreer" soos sy probeer voorgee

Luister, Torreke, jy kan praat tot jy blou in die
gesig is, maar daar was 'n stadium wat jy gesê
het dat jy my totsiens sê, en nie weer 'n woord
oor my sal rep nie. Jy is 'n volwassene, neem
ek aan. Jy behoort te weet dat mens nie beloftes
maak wat jy nie kan nakom nie. Ek gaan dus
voort om te vra: ken jy die betekenis van die
woord "ignoreer."

Gloudina
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117789 is 'n antwoord op boodskap #117777] Ma, 23 Junie 2008 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Julle maak verniet Ta' Hessie se pogings sleg
> Ta' Hessie se praatwerk maak die hele nuusgroep reg.

My dierbaarheid, Torreke, as ek reg verstaan
wat jy hier sê, dan beteken dit dat jy vol
bewondering is vir Tant Hessie se pogings.
Wat het die bekering veroorsaak? Ek dink
nie ek kan die skielike adulasie hanteer
nie.

Hessie van Aggenys
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117792 is 'n antwoord op boodskap #117788] Ma, 23 Junie 2008 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Jun 2008 04:49:56 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> "Torreke" skryf
>
>>   2.. Ek het ook nie gesê dat ek haar sal "ignoreer" soos sy probeer voorgee
>
> Luister, Torreke, jy kan praat tot jy blou in die
> gesig is, maar daar was 'n stadium wat jy gesê
> het dat jy my totsiens sê, en nie weer 'n woord
> oor my sal rep nie.

Ta Hessie, kom ek gee jou 'n wenk.
Om jouself oortuigend te maak, (want nie een van ons glo jou nie)
verwys ons na Torreke se woorde. Soek so bietjie en wys dit vir ons.
Jy weet mos dit is hoe dinge werk.
Geen hofsitting laat 'n is, issie, is, issie, toe nie. Dit weet jy
mos. Lê die papiere op die magistraat se tafel en sê, 'kyk daar"
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117796 is 'n antwoord op boodskap #117788] Ma, 23 Junie 2008 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:b224dfac-8d9f-4e46-a712-58bee1a8f441@z72g2000hsb.google groups.com...
"Torreke" skryf

> 2.. Ek het ook nie gesê dat ek haar sal "ignoreer" soos sy probeer voorgee

Luister, Torreke, jy kan praat tot jy blou in die
gesig is, maar daar was 'n stadium wat jy gesê
het dat jy my totsiens sê, en nie weer 'n woord
oor my sal rep nie. Jy is 'n volwassene, neem
ek aan. Jy behoort te weet dat mens nie beloftes
maak wat jy nie kan nakom nie. Ek gaan dus
voort om te vra: ken jy die betekenis van die
woord "ignoreer."

Gloudina

Jy het 'n korrupter staat in stand
gehou as wat vandag in SA bestaan. Ver ver
korrupter. So wie is jy om te praat van korrupsie,
oor baantjies-vir-boeties? As dit reg was voor
1994, hoekom is dit nou skielik verkeerd?

Luister, Ta' Stienie, alias Pendoring van die Piesang Republiek,

Ek DAAG JOU hier voor almal uit: Bewys dat die apartsheidsregime korrupter
was as hierdie spul!!!

Jy sal nie eens probeer om dit te bewys nie, want jy kan nie!!!
En as jy dit nie bewys nie, sê ek nou by voorbaat hier voor almal vir jou:
Jy's in infame leuenaar. Jy LIEG sonder om te blik of te bloos!!!

En hierdie keer gee ek nie om as jy sê ek ken nie die woord "ignoreer" nie.
Jy weet nie wat die woorde "sweeping statements" en "waarheid" beteken nie!
Re: Enigiets soortgelyk ooit in SA gebeur? [boodskap #117825 is 'n antwoord op boodskap #117754] Ma, 23 Junie 2008 14:19 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" <skryf
> Die San is inderdaad deur swart stamme gejag en doodgemaak. Ook deur
> wittes.
> Die swart stamme wat Suider-Afrika inbeweeg het, het die san uit hul
> gebied verdryf in'n reusagtige kolonialisasie. Later het die wittes
> ook hul deel gedoen.
> Die botsing tussen die San endie swart migrante was voor die hand
> liggend: Die San was jagters en die swart stamme was vee-boere.
>

1) Ek het eintlike die wit setlaars in gedagte gehad, maar my opskrif maak
jou weier interpretasie natuurlik heeltemal legitiem
2) Die swartes was inderdaad ook immigrante en jy is heeltemal reg as jy
beweer dat hulle die Khoisan uitgeroei en verjaag het.
3) Daar is ook 'n ander kant van dié munt. Die Nguni opperhoofde en
'konings' het dit as 'n status-simbool beskou om met 'n Khoi of San vrou
getroud te wees. Die Nguni's van koninklike afkoms se velle is meesal
ligter en wangbene prominent - 'n nalatenskap van die Khoisan gene. En die
klapklanke wat in die Nguni-tale voorkom is ook 'n erfenis van die sterk
Khoisan invloed.
4) Die San het hulle inderdaad in 'n knyptang tussen wit en swart bevind en
moes of assimileer of padgee.
5) Tog is Khoisan wat hulle met die wit setlaars geassosieer en die
Christelike geloof aangeneem het, van die staanspoor af in die "wit"
gemeenskap opgeneem, vgl Eva, wat binne die 1e 10 jaar met 'n Vryburger
getroud is. Hulle asook Indiese meises wat vir die doel ingevoer is, is die
oorgrootmoeders van alle Afrikaanses, wit en bruin - of die regses nou
daarvan hou of nie!
6) Ek het nog nooit probeer voorgee dat die wittes se hande skoon is nie,
maar dié soort vergrype wat in Tasmanië gebeur het, het gewoon nêrens in SA
gebeur nie.
8) Beckett van "Beckett's Trek" wys uit dat daar +- 300k Aborigenes in
Australië was toe die eerste wittes hulle permanent daar gaan vestig het;
dit word ook deur my bron bevestig. Daar is vandag nog steeds net sowat
300k - de facto GEEN aanwas oor 'n tydperk van meer as 200 jaar nie - Gewoon
vanweë die wyse waarop die wittes die Aborigenes behandel het. Daarteenoor
was daar ook sowat 300k swartes suid van die Limpopo teen die einde van die
18e eeu toe die kolonisasie van Australië begin het. Vandag is daar meer as
40m -Ook die gevolg van hoe die wittes teenoor hulle opgetree het.
9) "By the 1930's, the authorities had settled on a program of assimilation
to bring half-caste Aborigines into Society. One well-intentioned, but
breathtakingly cruel, policy was to rob Aboriginal mothers of their babies
and foster them out to white parents in the hope that perhaps the next
generation would forget its Aboriginality. Incredibly, this practice went
on until the 1960s. It left a ghastly legacy of broke families and
heartbreak, but Aboriginal culture refused to dissappear." National
Geographic Traveler Australia, p. 21 Presies die teenoorgestelde van die
apartheidsvarke se optrede wat nie wou toelaat dat wit gesinne swart
weeskinders aanneem en vir hulle 'n liefdevolle en versorgende ouerhuis
verseker nie - minder of meer verkeerd/wreed?
Vorige onderwerp: Dave - Help
Volgende onderwerp: Terug van my kursus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:07:26 MGT 2024