Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Torreke en sy werk.....
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111167] Do, 21 September 2006 14:22 na volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
In nabetragting oor jou "blond" storie...

Ek dink dis net dit - 'n "blond-storie"!

Jy wou nie die verhaal glo van die bestuurder wat uiters suksesvol was omdat
hy geweier het om vir sy ondergeskiktes te besluit nie en hulle gedwing en
bemagtig het om vir hulleself te besluit... Dis nie my storie nie en ek
staan nie vir hom pa nie; ek het jou die teksverwysing gegee. Hierdie is
jóú storie en net joune - ek glo hom nie!

Waarom?

Dit sou moeilik vir 'n professionele aktrise wees om met 'n pruik op die
kop, 'n kort en lae-halsrokkie, haar stem, stembuigings, en kenmerkende
liggaamstaal
sê goed te verbloem dat sy deur 'n hele onderhoud met iemand wat daagliks
met haar saamwerk kan gaan sonder dat die persoon dit agterkom, wat staan
nog 'n "blonde" biblioteekaressetjie 'n personnelbestuurder wat opgelei is
om met mense te werk, op dié manier bluf!!

Ek sê nie jy't alles uit jou duim gesuig nie. Dis moontlik dat julle dit
probeer het... Dis moontlik dat sy wel die afspraak gekry het, dat die ou se
oë byna uit sy oogkaste "gepop" het (ek sou waarskynlik ook moeite gehad het
om oogkontak te behou), en 'n ent met die onderhoud gevorder het voordat sy
uitgevang is... Dis moontlik dat julle agterna lekker gelag het oor die
grappie, dat hy daarop afgekom en 'n opperste gek gevoel het... Méér as
dit, glê ek, is aangedik! - te dik vir 'n daalder om te glo!

Mense dink hulle kan die predikant, maatskaplike werker, sielkundige,
landdros, regter ens, 'n rat voor die oë draai en besef gewoonlik nie
voordat dit te laat is dat die persoon dwarsdeur die kluitjie gesien het
nie. Netsoos kinders nie kan verstaan hoe pa of ma weet hulle het die hand
in die koekieblik gehad nie!

"Suidwester" wrote in message
news:eerj5e$hb8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die string hierbo het te lank geraak. Waarom ek dink jy is in
> personeelbestuur, is uit ondervinding van 'n kollega wat saam met my
> gewerk het so 'n klompie jare gelede. Sy naam en van was beide vanne
> gewees.
> Hierdie man was net so hoogheilig soos jy en het amper met die Bybel
> onder die arm rondgeloop. Hy was die groot stem van vermaning by die
> fasiliteit wat probeer keer het dat ons nie die plek geestelik afbreek
> nie. As 'n werker te hard gestraf word oor hy drooggemaak het, dan kon jy
> hom in jou kantoor verwag [hy kon my nie na sy kantoor toe laat roep nie,
> aangesien hy vir my junior was] en dan het hy vir jou gepreek oor
> menseverhoudinge en hoe die baas eintlik eers 'n werklike volwaardige baas
> word as hy sy werkers ken en hulle behoeftes verstaan...en so aan.
> Die ou het so 'n gewoonte gehad dat, as hy lekker preek, dan maak hy sy
> oë toe soos 'n ou wat 'n lekker stuk vet rib eet. Een van my adjudante
> het met sy preek stilletjies opgestaan en sag verby die ou geloop en agter
> hom gaan staan. Toe die ou uiteindelik sy oë opmaak, toe is sy slagoffer
> weg! Toe die adjudant vir sy konsternasie lag, toe beskyt hy hom!
> Ewenwel, het jy in die algemeen met die man gepraat dan was hy so
> hoogheilig dat jy kon toor met hom. Voor 'n ordergroepvergadering sit ons
> en twak praat en die een ou reken toe dat 'n vrou, as sy slim is en haar
> vroulike voordele aanwend, dan is daar geen man wat sal kan staande bly
> nie. Ons personeelbeampte reken toe dat dit net ons sondige klomp is wat
> kwesbaar is. Dat dit natuurlik 'n slapende hond wakker gemaak het, sou
> hy later tot sy spyt uitvind.
> Daar was 'n bibliotekaresse by ons wat hierdie droommeisie was.
> Blond, lang bene, dun middeltjie en 'n paar, uhm..... wat die manne laat
> drome droom het. Sy het ingestem om saam te werk. Ons het besluit om
> die skynheilige personeelbeampte 'n les te leer. Sy het hom gebel en 'n
> afspraak gemaak vir 'n werksonderhoud as 'n werkswinkel-dame
> [soldeerwerk].
> Die volgende oggend, toe trek sy haarself by die werk ander klere aan.
> 'n Swart pruik, 'n uiters lae hals en 'n uiterse kort rokkie en
> swaai-swaai die gang af na sy kantoor toe. Toe ons man haar sien,
> sekerlik die eerste keer in die geskiedenis, toe storm hy om sy lessenaar
> en trek vir haar 'n stoel nader. Sy gaan sit en sy gaan sit en sy oë kan
> nie wegbly van haar myle bene en die lekkerhede bokant nie. Hulle voer
> die onderhoud en ten spyte van die feit dat sy geen kwalifikasies het om
> in 'n werkswinkel te werk nie, stel hy haar aan 'n posvlak hoër as wat die
> pos in elk geval regverdig en teen veel meer geld as wat vir die pos
> begroot is!
> Sy is daar by hom weg en ons het vir haar in die bib gewag. Ons het
> verskriklik gelag toe sy ons vertel dat hy nie in 'n enkele een van sy
> 'bidsessies' ingegaan het nie. Sy oë was wawyd oop die hele tyd. Toe
> gaan die bib se deur oop en daar staan die man wat die gelag gehoor het.
> Die meisie het klaar die pruik afgehaal en toe kliek die ou hy's vir 'n
> gat gevang......vir die volgende drie jaar wat hy by ons gewerk het, het
> hy nooit weer 'n vrywillige woord met ons gewissel nie.....nie dat dit
> eintlik 'n verlies was nie.
> Die skynheilige se val is verskriklik hard want niemand kan hom help as
> hy val nie.....dis die kern van die storie.
>
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111178 is 'n antwoord op boodskap #111167] Ma, 25 September 2006 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote in message
news:eetq7l$4uc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek is in 'n posisie waar ek, soos jy, alleen bevele kan gee as ek wil en
> almal onder my moet spring! Ek doen nie - lankal nie meer nie! - want 'n
> mens kry baie hoër produktiwiteit as mense vir jou werk omdat hulle lus
> het! - en nie bloot omdat hulle moet nie!
------Verskoon my, maar jy sit die pot sover mis dat hulle die skoonmakers
moet laat kom. As jou mense daavan hou om vir jou te werk, dan sal hulle
sekerlik vir 'n hongerloon ook by jou werk? Hulle hou dan so van jou
bestuurstyl? Twak man! Jy gooi maklik name rond en ek doen dit doelbewus
nie want ek glo nie aan skynheilig wees nie. Ek verskaf werk aan baie
mense [LW ek sê nie meer as jy nie want hierdie is vir my nie 'n vergelyking
om te bepaal wie se voël is die langste nie] en ek moet nog 'n enkele
persoon ontmoet wat sy werkgeleentheid bo sy inkomste stel. Jy sal dit
dalk by uitsondering kry waar mense vir 'n hongeloon werk en moet werk want
daar is nie ander werk nie en hy en sy familie moet eet, maar onder normale
omstandighede het ek virjou 'n groot verassing. Daai werkers 'wat so hou
daarvan om vir jou te werk', het net een lojaliteit. Geld. En dis reg so
want niceties koop nie brood nie.

. Gits, man, as jy regtig mensekennis gehad het, sou
> jy nie die bal so ver misslaan nie.
----Net die feit dat jy erken dat jy teologiese opleiding gehad het,
bevestig my vermoede steeds! Wat jy sê, pla my nie.
>
> Hoe weet ek dan wat dienslewering in die staatsdiens aan bande lê. My
> geheim.
----Foeitog ja, en jy het seker nog nie baie ondervinding nie?
Kinderagtigheid is ook 'n antwoord!
>
> Presies wat ek doen, ook my geheim. Miskien vertel ek jou wanneer
> dit my pas. Maar ek herhaal: Pasop dat jy nie nog eendag vir my werk nie!
----Net soos wat jy dalk dink jy weet wat ek doen uit afleidings wat jy
maak. Ek vir jou werk? Dan sal jy al my besighede moet koop en ek
aftree. Nie maklik nie, ou bees.

> Die suksesvolle mense waarna ek verwys het, is mense wie se besighede nie
> net op die JSE nie, maar o.a. ook in Londen en NY gelys is - wie se
> borgskappe aan top sportspanne, kultuurliggame, ens gekoppel word.
>
> Speel jy in dieselfde liga?
----Hang af van wat jy definieer as 'jou liga'. Groot name en groot
besighede met miljoene aandeelhouers beïndruk my glad nie. As jy vir
aandeelhouers werk, dan werk jy vir 'n baas. Ek besit al my aandele self.
Elke rand wat ek maak is my eie.
>
> Ek hoogheilig? Verwaand? Arrogant? Dink ek is alleen reg?
>
> Mense wat my nie goed ken nie, kan my moontlik so ervaar. Die mense wat
> my ken, weet as ek
> verkeerd is, erken ek dit daar en dan! Ek hang nie my swakhede aan die
> grootklok op nie, maar ek is ook nie bang om hulle te erken nie - selfs
> nie
> teenoor my kinders en ondergeskiktes nie! As ek gefouteer het, vra ek
> vergifnis - selfs van my jongste wat net 3 jaar oud is. ------Ek soek nie 'n getuigskrif nie. Ek sal jou nie werk aanbied nie!
>
> Terloops, ek slaan nie aan my kinders nie, omdat ek nie aan geweld glo
> nie - hulle weet dit! - en ek het
> ook nie met hulle probleme nie! Ek regéér hulle nie - ek léér hulle!
----So jy maak ook maar deel uit van die verwarde samelewing van vandag?
Het jy al ooit daaraan gedink dat jy jou kinders versaak op pad na
volwassendheid toe. Ss jy nie bereid is om reëls neer te lê en die
oortreder te tug as hy oortree nie, hoe gaan hulle ooit leer wat's reg en
wat's verkeerd? Ek's jammer, ek glo nie aan grys areas nie. 'n Ding is
reg of verkeerd. Doen jy hom reg, is alles wonderlik. Oortree jy, moet
jy jou straf soos 'n man vat. Pens bo gaan lê op die grond en skree, werk
nie met my nie.
>
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111179 is 'n antwoord op boodskap #111167] Ma, 25 September 2006 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote in message
news:eeu7b2$oi0$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit sou moeilik vir 'n professionele aktrise wees om met 'n pruik op die
> kop, 'n kort en lae-halsrokkie, haar stem, stembuigings, en kenmerkende
> liggaamstaal
> sê goed te verbloem dat sy deur 'n hele onderhoud met iemand wat daagliks
> met haar saamwerk kan gaan sonder dat die persoon dit agterkom, wat staan
> nog 'n "blonde" biblioteekaressetjie 'n personnelbestuurder wat opgelei is
> om met mense te werk, op dié manier bluf!!
----Ja en jy kan jou nie weerhou daarvan om die vrou te verklein nie?
Makie sakie, miskien moet ek jou vertel dat 'n Biblioteekgraad heelwat
moeiliker en minder gorrel is as personeelbestuur. Dit beteken dat jy meer
breins nodig het. Verder is 'n bib. graad 'n vier jaar professionele graad
teenoor die BA van die personeelman.....plus natuurlik die feit dat hierdie
ou 'n diploma gehad het. dit maak hom noodwendig nie dommer nie, maar ek
het hom geken en hy was definitief nie 'n 'rocket scientist' nie! Al het
hyself gedink hy's kaas....soos jy!
>
> Ek sê nie jy't alles uit jou duim gesuig nie. Dis moontlik dat julle dit
> probeer het... Dis moontlik dat sy wel die afspraak gekry het, dat die ou
> se oë byna uit sy oogkaste "gepop" het (ek sou waarskynlik ook moeite
> gehad het om oogkontak te behou), en 'n ent met die onderhoud gevorder het
> voordat sy uitgevang is... Dis moontlik dat julle agterna lekker gelag
> het oor die grappie, dat hy daarop afgekom en 'n opperste gek gevoel
> het... Méér as dit, glê ek, is aangedik! - te dik vir 'n daalder om te
> glo!
----Dit het presies so gebeur. êrens in Pretoria is daar 'n gebou op 'n
koppie waaroor geen vliegtuig mag vlieg nie. Nie eers op 'n kaart word die
aard van die area aangedui nie. In die lang gange van die gebou, op die
boonste vloer, versier fotos van Terry die leeu die gange......en so aan.
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111184 is 'n antwoord op boodskap #111179] Di, 26 September 2006 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Liewe Lulu  is tans af-lyn  Liewe Lulu
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Suidwester" < wrote
> Al het
> hyself gedink hy's kaas....soos jy!

Jy sal moeilike bewys dat iemand wat bereid is om na ander te luister, dink
hy's kaas. Dis 'n ander saak met mense soos jy wat blatant sê dat hy alles
weet en dat hy na niemand hoef te luister nie
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111190 is 'n antwoord op boodskap #111184] Wo, 27 September 2006 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:efblbp$3fq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>> Al het
>> hyself gedink hy's kaas....soos jy!
>
> Jy sal moeilike bewys dat iemand wat bereid is om na ander te luister,
> dink
> hy's kaas. Dis 'n ander saak met mense soos jy wat blatant sê dat hy
> alles
> weet en dat hy na niemand hoef te luister nie
---Foeitog....ek wonder wie's die self aangestelde hoogheilige wat vir almal
probeer preek op hierdie forum? die verskil tussen jou en my is dat ek die
probleme in die werklikheid ondervind en mee saamleef....jy teoretiseer en
droom agter jou lessenaar by jou laptop. Plaas dat jy werk vir 'n slag!
>
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111230 is 'n antwoord op boodskap #111190] Ma, 02 Oktober 2006 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" > "Suidwester" < wrote[/color]
>>> Al het
>>> hyself gedink hy's kaas....soos jy!

>> Jy sal moeilike bewys dat iemand wat bereid is om na ander te luister,
>> dink
>> hy's kaas. Dis 'n ander saak met mense soos jy wat blatant sê dat hy
>> alles
>> weet en dat hy na niemand hoef te luister nie

> ---Foeitog....

Jou herhaalde gebruik van die woordjie "foeitog" begin nou regtig soos 'n
graad eentjie s'n klink! My ervaring is dat mense dit gebruik wanneer hulle
onseker van hulleself voel in 'n stryery.

> ek wonder wie's die self aangestelde hoogheilige wat vir almal probeer
> preek op hierdie forum?

Ek is nie 'n hoogheilige nie en ek probeer nie vir almal preek nie. Jy het
'n probleem met jou Skepper en ek werk op jou senuwees (gewete?) daaroor.
Dit is veelseggend dat jy my pos oor wat jy van jou Mammonsdiens kan verwag
as alles nie met 'n paar vrot bene in die graf eindig nie, geignoreer het.

> die verskil tussen jou en my is dat ek die probleme in die werklikheid
> ondervind en mee saamleef....

Nee, die verskil is dat ek bereid is om te erken dat ek nie alles weet nie,
dat ek bereid is om te lees en van ander te leer, dat ek in afhanklikheid
probeer leef van die Een wat my gemaak het. Jy daarenteen het Hom nie
nodig nie! Jy dink jy weet alles!!! Jy hoef nie te lees nie, jy hoef nie
van ander te leer nie. Wat duisende ander mense in derduisende praktiese
situasies nagevors en bewys het - nie net in personeel bestuur nie, maar in
lynbestuur! - noem jy 'n "spul tjol".

> jy teoretiseer en droom agter jou lessenaar by jou laptop.

Nie net dink jy jy is slimmer as almal nie, jy is nog "heldersiende" ook!
Jy dink jy kan doen wat geen ander mens kan doen nie. d.i. presies weet wat
iemand anders doen wat jy van geen Adamskant ken nie!

> Plaas dat jy werk vir 'n slag!

Geneesheer, genees jouself!
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111234 is 'n antwoord op boodskap #111230] Ma, 02 Oktober 2006 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:efqe16$4l5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" >> Jy sal moeilike bewys dat iemand wat bereid is om na ander te luister,
>>> dink
>>> hy's kaas. Dis 'n ander saak met mense soos jy wat blatant sê dat hy
>>> alles
>>> weet en dat hy na niemand hoef te luister nie
-----Selfs as die realiteite vir jou die antwoorde gee? Jy is die ene wat
nie realiteite kan aanvaar nie omdat dit nie met jou teorie stryk nie.
>
>
>> ---Foeitog....
>
> Jou herhaalde gebruik van die woordjie "foeitog" begin nou regtig soos 'n
> graad eentjie s'n klink! My ervaring is dat mense dit gebruik wanneer
> hulle onseker van hulleself voel in 'n stryery. ----Ek skik my na my geselskap.......
>
>> ek wonder wie's die self aangestelde hoogheilige wat vir almal probeer
>> preek op hierdie forum?
>
> Ek is nie 'n hoogheilige nie en ek probeer nie vir almal preek nie.
----O ja? En wie's die ene wat die geloof by alles wil insleep.

Jy het
> 'n probleem met jou Skepper en ek werk op jou senuwees (gewete?) daaroor.
-----Dis jou opinie en jy probeer jou geloof op my afdwing. Is dit nie
snaaks dat die grootste konflikte ooit tussen mense, juis deur die godsdiens
gekom het nie? Sekerlik is dit omdat mense se breine toeslaan by logika en
dan begin glo, dat hulle nie meer dinge in perspektief kan sien nie.

> Dit is veelseggend dat jy my pos oor wat jy van jou Mammonsdiens kan
> verwag as alles nie met 'n paar vrot bene in die graf eindig nie,
> geignoreer het.
----Want ek glo in dieselfde dinge waarin jy glo nie. Ek oordeel jou nie
omdat jy glo nie, maar jy oordeel my omdat ek nie glo wat jy glo nie, dus
oordeel jy en dit sê vir my jyself oortree een van die groot gebooie: Jy
mag nie oordeel nie! Dis hoekom ek dink dat julle spul kerkers is in elk
geval op pad hel toe want julle verstaan nie lekker waaroor dit alles gaan
nie.
>
> Nee, die verskil is dat ek bereid is om te erken dat ek nie alles weet
> nie, dat ek bereid is om te lees en van ander te leer, dat ek in
> afhanklikheid probeer leef van die Een wat my gemaak het.
-----Ja, en die dag as 'n marsman op die aarde land en hy kan vir jou bewys
waarvandaan die mens op aarde kom, wat gaan jy dan anders doen om die mense
te kry om jou finansiële steun vir jou sosiale klub [die kerk] te gee?
Vertel dat hy gestuur was want julle storie is mos sê aanpasbaar? Toe die
ou Regering ge-apartheid het , toe was die kerk pro-apartheid. Toe die ANC
aan bewind kom, toe wil hulle om verskoning vra en voete begin was.
Huigelaars! Nog rede om hel toe te gaan......

Jy daarenteen het Hom nie
> nodig nie! Jy dink jy weet alles!!! Jy hoef nie te lees nie, jy hoef nie
> van ander te leer nie.
-----Ek het nie 'n probleem om te lees nie....mits die onderwerp my
interesseer en jou sielkunde is myns insiens 'n spul drek wat uitgedink is
deur verveelde mense. Dit werk eenvoudig nie en is die bron oorsaak van
die verwarde spul mense wat die mensdom vandag is.

Wat duisende ander mense in derduisende praktiese
> situasies nagevors en bewys het - nie net in personeel bestuur nie, maar
> in lynbestuur! - noem jy 'n "spul tjol".
-----Watter bewys het nodig as jyuis mense wat werk vir geld en gelukkig is
om hulle geld te kry? Ek het nog nooit 'n staking of arbeidsonrus gehad
nie. Hoekom nie? 99% van alle mense wat werk, is daar vir geld....niks
anders nie. Julle kompliseer die hele storie en in die proses sien julle
julle gatte....of is dit werkskep sodat mense soos julle darem ook 'n
funksie kan kry?

> Nie net dink jy jy is slimmer as almal nie, jy is nog "heldersiende" ook!
> Jy dink jy kan doen wat geen ander mens kan doen nie. d.i. presies weet
> wat iemand anders doen wat jy van geen Adamskant ken nie!
-----Dit vat nie slimgeid nie, net praktiese ervaring. Jy daarenteen, lees
ek sommer lekker uit hierdie ervaring uit. Jy is presies dit wat ek gesien
het in vele vorms in my ondervinding. Loodswaaiers sonder 'n doel....
>
>> Plaas dat jy werk vir 'n slag!
>
> Geneesheer, genees jouself! ----Ja swaer, gelukkig kan ek bekostig want ander mense werk vir my, hm?
>
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111236 is 'n antwoord op boodskap #111234] Ma, 02 Oktober 2006 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

Toe die
> ou Regering ge-apartheid het

Dis interessant om te sien hoe soepel en flink Afrikaans
is. Hier gebruik Suidwester die woord "apartheid" as 'n
werkwoord.
Dis ook interessant om te sien hoe Suidwester
stadig maar seker oor 'n lang tyd van 'n dissipel van
apartheid beweeg na iemand wat hom van apartheid
distansieer. Hy kla ook nie so baie meer oor Afrika
nie. Dis nou seker omdat Angelina Jolie vir Namibië
gekies het om aan haar babetjie geboorte te gee.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111239 is 'n antwoord op boodskap #111234] Ma, 02 Oktober 2006 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote

> -----Selfs as die realiteite vir jou die antwoorde gee? Jy is die ene
> wat nie realiteite kan aanvaar nie omdat dit nie met jou teorie stryk nie.

Jou realiteite en my realiteite is duidelik twee verskillende realiteite

>>> ---Foeitog....

>> Jou herhaalde gebruik van die woordjie "foeitog" begin nou regtig soos 'n
>> graad eentjie s'n klink! My ervaring is dat mense dit gebruik wanneer
>> hulle onseker van hulleself voel in 'n stryery.
> ----Ek skik my na my geselskap.......

Flou verskoning!

>>> ek wonder wie's die self aangestelde hoogheilige wat vir almal probeer
>>> preek op hierdie forum?

>> Ek is nie 'n hoogheilige nie en ek probeer nie vir almal preek nie.
> ----O ja? En wie's die ene wat die geloof by alles wil insleep.

Ek wil nie geloof by alles insleep nie, geloof IS deel van alles! - ook jou
geloof wat God by die agterdeur uitgooi.

>
> Jy het
>> 'n probleem met jou Skepper en ek werk op jou senuwees (gewete?) daaroor.
> -----Dis jou opinie en jy probeer jou geloof op my afdwing.

Nou wat doen jy anders as om jou geloof dat God niks met jou geld, politiek,
werk, hierdie ng, ens. uit te waai het nie op my te probeer afdwing!

> Is dit nie snaaks dat die grootste konflikte ooit tussen mense, juis deur
> die godsdiens gekom het nie? Sekerlik is dit omdat mense se breine
> toeslaan by logika en dan begin glo, dat hulle nie meer dinge in
> perspektief kan sien nie.

Die mense wat Logika uitgevind het was beslis nie ongelowiges nie.

>> Dit is veelseggend dat jy my pos oor wat jy van jou Mammonsdiens kan
>> verwag as alles nie met 'n paar vrot bene in die graf eindig nie,
>> geignoreer het.
> ----Want ek glo in dieselfde dinge waarin jy glo nie. Ek oordeel jou nie
> omdat jy glo nie, maar jy oordeel my omdat ek nie glo wat jy glo nie, dus
> oordeel jy en dit sê vir my jyself oortree een van die groot gebooie: Jy
> mag nie oordeel nie!

Nee, jy sal my nêrens wys waar ek jou geoordeel het nie. Ek het jou bloot
gevra of jy dink God gaan jou met oop arms ontvang nadat jy jou lewe lank
Hom geignoreer het en Mammon gedien het.

> Dis hoekom ek dink dat julle spul kerkers is in elk geval op pad hel toe
> want julle verstaan nie lekker waaroor dit alles gaan nie.

Nou doen jy dit: Jy oordeel en veroordeel! Natuurlik, ons alleswetende
Suidwester weet beter as enigimand anders waaroor geloof gaan!


>> Nee, die verskil is dat ek bereid is om te erken dat ek nie alles weet
>> nie, dat ek bereid is om te lees en van ander te leer, dat ek in
>> afhanklikheid probeer leef van die Een wat my gemaak het.
> -----Ja, en die dag as 'n marsman op die aarde land en hy kan vir jou
> bewys waarvandaan die mens op aarde kom, wat gaan jy dan anders doen om
> die mense te kry om jou finansiële steun vir jou sosiale klub [die kerk]
> te gee?

Ek is bereid om my lewe daarop te verwed dat geen marsman of enige ander
buitenste ruimtelike wese ooit op aarde sal land om aan my te bewys dat die
mens iets anders as die handewerk van 'n lewende Skepper is nie.

Jy praat van logika. Kom ons kyk hoe logies is jou geloof en hoe logies
myne. Uit jou stellings lei ek af dat jy glo dat alle lewe, insluitend die
mens, spontaan d.m.v. evolusie uit die aarde ontstaan het en dat daar geen
lewende God is nie. Jou logika is dus dat lewe uit dooie stof ontstaan het.
Gee vir my 'n enkele bewys dat iets wat dood is lewe kan voortbring? Jy kan
nie, want daar bestaan nie so-iets nie! Ek, daarenteen, glo 'n lewende
Wese het die lewe voortgebring (gegenereer!) - lewe uit lewe! Al die
ontelbare lewende selle, wesens, ens. bewys: Lewe kom net uit lewe te
voorskyn! Jou geloof is onlogies en stry teen alles wat ons elke dag rondom
ons sien. My geloof, daarenteen, is logies en in lyn met wat ons elke dag
ervaar!

> Vertel dat hy gestuur was want julle storie is mos sê aanpasbaar? Toe
> die ou Regering ge-apartheid het , toe was die kerk pro-apartheid. Toe
> die ANC aan bewind kom, toe wil hulle om verskoning vra en voete begin
> was. Huigelaars! Nog rede om hel toe te gaan......

Dit was juis omdat apartheid nie die toets van God se Woord kon deurstaan
nie dat FW geen ander keuse gehad het as om te doen wat hy op 2 Feb. 1990
gedoen het nie - dus: so effe andersom as wat jy nou probeer voorgee!

> Jy daarenteen het Hom nie
>> nodig nie! Jy dink jy weet alles!!! Jy hoef nie te lees nie, jy hoef
>> nie van ander te leer nie.
> -----Ek het nie 'n probleem om te lees nie....mits die onderwerp my
> interesseer en jou sielkunde is myns insiens 'n spul drek wat uitgedink is
> deur verveelde mense. Dit werk eenvoudig nie en is die bron oorsaak van
> die verwarde spul mense wat die mensdom vandag is.

Ons praat nie van sielkunde nie, ons praat van bestuur! - lynbestuur!

> Wat duisende ander mense in derduisende praktiese
>> situasies nagevors en bewys het - nie net in personeel bestuur nie, maar
>> in lynbestuur! - noem jy 'n "spul tjol".
> -----Watter bewys het nodig as jyuis mense wat werk vir geld en gelukkig
> is om hulle geld te kry? Ek het nog nooit 'n staking of arbeidsonrus
> gehad nie. Hoekom nie? 99% van alle mense wat werk, is daar vir
> geld....niks anders nie. Julle kompliseer die hele storie en in die
> proses sien julle julle gatte....of is dit werkskep sodat mense soos julle
> darem ook 'n funksie kan kry?

Jy bewys niks met wat jy beweer jy reggekry het nie. Ek weet van baie
maatskappye wat nog nooit stakings beleef het nie; dit beteken nie dat hulle
werknemers nie onderlangs mor en brom oor die wyse waarop hulle behandel
word nie. Dit beteken nie dat sulke maatskappye se produktiwiteit nie baie
hoër kon gewees het as hulle beter bestuursmetodes gebruik het nie.

>> Nie net dink jy jy is slimmer as almal nie, jy is nog "heldersiende" ook!
>> Jy dink jy kan doen wat geen ander mens kan doen nie. d.i. presies weet
>> wat iemand anders doen wat jy van geen Adamskant ken nie!
> -----Dit vat nie slimgeid nie, net praktiese ervaring. Jy daarenteen,
> lees ek sommer lekker uit hierdie ervaring uit. Jy is presies dit wat ek
> gesien het in vele vorms in my ondervinding. Loodswaaiers sonder 'n
> doel....

Ek herhaal dat jou mensekennis nie veel verder as die Middel Eeue gevorder
het nie!

>>> Plaas dat jy werk vir 'n slag!

>> Geneesheer, genees jouself!
> ----Ja swaer, gelukkig kan ek bekostig want ander mense werk vir my, hm?


En wie sê vir jou dat ek nie dit nie kan bekostig nie. Net jou heldersiende
raaiwerk!
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111242 is 'n antwoord op boodskap #111236] Ma, 02 Oktober 2006 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1159790928.365452.163490@e3g2000cwe.googlegroups.com...

stadig maar seker oor 'n lang tyd van 'n dissipel van
apartheid beweeg na iemand wat hom van apartheid
distansieer. Hy kla ook nie so baie meer oor Afrika
nie. Dis nou seker omdat Angelina Jolie vir Namibië
gekies het om aan haar babetjie geboorte te gee.

Tant Hessie van die Nossob
----Ou anti, as jy nie so met die apartheidsbril opgesit het jou lewe lank
nie, sou jy dalk al lankal agtergekom het ek het nie 'n probleem met die
nuwe bedeling nie. Ek is egter 'n belastingbetaler en daarom eis ek dat
die sosiale dienste van ons land doeltreffend gedoen word en dat die
infrastruktuur onderhou en ontwikkel word. Dit gebeur egter nie en die
staat boer agteruit. Of dit die huidige of die vorige regering was,
hierdie toestand is onaanvaarbaar en ek sou in enige bedeling daaroor gekla
het.
Wat regstellende aksie aanbetref, het ek ook nie eintlik 'n probleem
nie, solank die werk net doeltreffend gedoen word nie. Ook dit gebeur nie
en vandag, is al die mense wat moontlik deur apartheid bevoordeel kan word,
reeds uit die arbeidsmark, maar steeds word regstellende aksie toegepas.
By ons, as jy nie 'n lid van Swapo is nie, kan jy nie 'n werk in die
staatsdiens kry nie. Nou nie dat enigiemand daar sal wil gaan werk nie,
want apartheid in sy omgekeerde vorm vier hoogty, soos ook korrupsie en
nepotisme.
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111244 is 'n antwoord op boodskap #111239] Ma, 02 Oktober 2006 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:efr143$3pf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jou realiteite en my realiteite is duidelik twee verskillende realiteitu
----Ja maar myne is een wat prakties gebeur en almal kan sien en joune een
wat jy DINK gebeur en jy en jou eendersdenkendes HOOP gebeur. Dis tog
waarom dit GELOOF genoem word....ek is seker jy verstaan?

>>> Ek is nie 'n hoogheilige nie en ek probeer nie vir almal preek nie.
>> ----O ja? En wie's die ene wat die geloof by alles wil insleep.
>
> Ek wil nie geloof by alles insleep nie, geloof IS deel van alles!
----Sê jy! Moenie jou 'waarheid' deel van 'n ander se waarheid probeer
maak nie. Die feit dat jy jou geloof aan my probeer opdwing, maak van jou
hoogheilig of self-aangestelde hoogheilige.

> Nee, jy sal my nêrens wys waar ek jou geoordeel het nie. Ek het jou bloot
> gevra of jy dink God gaan jou met oop arms ontvang nadat jy jou lewe lank
> Hom geignoreer het en Mammon gedien het.
------Es jy stupid of wat? Jy probeer my aanmekaar plaas in jou skoene en
dan vra jy my wat dink ek daarvan. dis nie vir my 'n werklikheid soos vir
jou nie. Ek dink godsdiens is bloot 'n emosionele kruk vir swakmoediges.
>
> Nou doen jy dit: Jy oordeel en veroordeel! Natuurlik, ons alleswetende
> Suidwester weet beter as enigimand anders waaroor geloof gaan!
-----Nou redeneer jy soos 'n vroumens! As ek nie jou storie wil byt nie,
dan is ek alleswetend. Het ek enige plek gesê jy, gogga, moet jou geloof
los of dat jy jou uitkyk op die lewe moet verander? Ek het wel gesê dat
jou sig van die lewe is deur die geloofsbril en daarom het jy 'n ander
siening. Ek sê vir jou heeltyd ek werk op dit wat ek voor my sien. Jy
sal dit nie kan doen nie, want dan gaan jou geloof sneuwel.

> Ek is bereid om my lewe daarop te verwed dat geen marsman of enige ander
> buitenste ruimtelike wese ooit op aarde sal land om aan my te bewys dat
> die mens iets anders as die handewerk van 'n lewende Skepper is nie.
-----Ik heb gesegt! Wanneer het jy opgehou tokkelok wees...voor of na jy
jou esse begin fluit het? Jy sal ook moet wag tot jy dood is voor jy jou
stelling kan bewys...so dit tel nie as 'n argument nie.
>
> Jy praat van logika. Kom ons kyk hoe logies is jou geloof en hoe logies
> myne. Uit jou stellings lei ek af dat jy glo dat alle lewe, insluitend
> die mens, spontaan d.m.v. evolusie uit die aarde ontstaan het en dat daar
> geen lewende God is nie. Jou logika is dus dat lewe uit dooie stof
> ontstaan het. Gee vir my 'n enkele bewys dat iets wat dood is lewe kan
> voortbring? Jy kan nie, want daar bestaan nie so-iets nie! Ek,
> daarenteen, glo 'n lewende Wese het die lewe voortgebring (gegenereer!) -
> lewe uit lewe! Al die ontelbare lewende selle, wesens, ens. bewys: Lewe
> kom net uit lewe te voorskyn! Jou geloof is onlogies en stry teen alles
> wat ons elke dag rondom ons sien. My geloof, daarenteen, is logies en in
> lyn met wat ons elke dag ervaar!
----Ek het nooit gesê ek glo aan die evolusie per se nie. Jy wil nou met
'n draai by 'n argument kom waar jy weet jy kan nie verloor nie en ek gaan
jou nie toelaat nie. Wat ek jou egter wil sê is dat so 'n klompie jare was
kloning van diere en mense nie moontlik nie. Vandag doen hulle dit. Die
dag gaan kom dat hulle veel erger gaan doen en jou mensdom [al daai wat
julle so met julle sielkunde bederf het, gaan die merk van die duiwel nodig
hê om hulleself teen hulleself te beskerm]. So begin solank tjank, want jy
gaan nog baie huil. In elk geval, die argument was of mense beter werk vir
meer geld of nie....net vir ingeval jy vergeet het.
>
> Dit was juis omdat apartheid nie die toets van God se Woord kon deurstaan
> nie dat FW geen ander keuse gehad het as om te doen wat hy op 2 Feb. 1990
> gedoen het nie - dus: so effe andersom as wat jy nou probeer voorgee!
-------Nee vriend, as die ommeswaai in regering nie gekom het nie, het die
kerk steeds apartheid ondersteun. Daar isn geen organisasie wat beter kan
'wie se brood man eet, sy gat lek jy' as juis die kerke nie. Teoloë word
juis met onderstebo hande gebore! Vir die bedel, sien, terwyl hyself met
'n blink pak en Mercedes rondry.

>
> Jy bewys niks met wat jy beweer jy reggekry het nie. Ek weet van baie
> maatskappye wat nog nooit stakings beleef het nie; dit beteken nie dat
> hulle werknemers nie onderlangs mor en brom oor die wyse waarop hulle
> behandel word nie. Dit beteken nie dat sulke maatskappye se
> produktiwiteit nie baie hoër kon gewees het as hulle beter bestuursmetodes
> gebruik het nie.
----Steeds begryp jy boggerall! Die werker kom aan: Ek bied hom 'n werk
aan en sê vir hom wat ek hom gaan betaal vir normale ure, oortyd en verlof.
Ook dat dit sy keuse is of hy wil werk of nie. Werk hy meer, kry hy meer
geld. Werk hy minder, dan kry hy minder. Dis so eenvoudig en op 'n
kontrak vasgevat. Wat anders wil die mense weet? Jy gaan tog nie werk
toe om te gaan sosiaal verkeer nie? Jy gaan soontoe om geld te verdien
sodat jy jou lewe kan bekostig. Ek weet egter wat's jou probleem: Jy wil
nie gedwing word om te werk nie.

> Ek herhaal dat jou mensekennis nie veel verder as die Middel Eeue gevorder
> het nie!
-----Hel, en was die middeleeuse mense produktief! As jy nie werk nie,
ghoebaai! Slaag jou moderne metodes? Nie as ek kyk so na al die
arbeidsverwante probleme wat meeste maatskappye mee sit nie.
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111247 is 'n antwoord op boodskap #111239] Ma, 02 Oktober 2006 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Ek is bereid om my lewe daarop te verwed dat geen marsman of enige ander
> buitenste ruimtelike wese ooit op aarde sal land om aan my te bewys dat die
> mens iets anders as die handewerk van 'n lewende Skepper is nie.
>
> Jy praat van logika. Kom ons kyk hoe logies is jou geloof en hoe logies
> myne. Uit jou stellings lei ek af dat jy glo dat alle lewe, insluitend die
> mens, spontaan d.m.v. evolusie uit die aarde ontstaan het en dat daar geen
> lewende God is nie. Jou logika is dus dat lewe uit dooie stof ontstaan het.

Oppas, Torreke. Jy neem al weer dinge aan omdat
dinge in jou kop verwant hou. Net soos jy aangeneem
het dat ek vír aborsie moet wees, net omdat ek teen
die doodstraf is. Nou neem jy aan dat Suidwester
vir ewolusie is ( en dit impliseer dat jy teen die konsep
van ewolusie is? Oppas, een van die grootste Katolieke
teoloë, Teilhard de Chardin, wat ook 'n wereldbekende
paleontoloog was, het in ewolusie geglo. Ken jy sy
werk?)
Buitendien moet jy ook oppas dat jy nie jou
teologiese konsepte bou op die nie-bestaan van ruimtelike
wesens wat dan jou konsep van "God" in twyfel sal bring
nie. As jou God nie ook die bestaan van ruimtelike wesens
en hulle aksies kan verduidelik en integreer nie, dan is daar
iets verkeerd met jou Gods-konsep.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111248 is 'n antwoord op boodskap #111239] Ma, 02 Oktober 2006 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Jy praat van logika. Kom ons kyk hoe logies is jou geloof en hoe logies
> myne. Uit jou stellings lei ek af dat jy glo dat alle lewe, insluitend die
> mens, spontaan d.m.v. evolusie uit die aarde ontstaan het en dat daar geen
> lewende God is nie. Jou logika is dus dat lewe uit dooie stof ontstaan het.
> Gee vir my 'n enkele bewys dat iets wat dood is lewe kan voortbring? Jy kan
> nie, want daar bestaan nie so-iets nie! Ek, daarenteen, glo 'n lewende
> Wese het die lewe voortgebring (gegenereer!) - lewe uit lewe! Al die
> ontelbare lewende selle, wesens, ens. bewys: Lewe kom net uit lewe te
> voorskyn! Jou geloof is onlogies en stry teen alles wat ons elke dag rondom
> ons sien. My geloof, daarenteen, is logies en in lyn met wat ons elke dag
> ervaar!

Daar is een fatal flaw in jou hele argument hier, Torreke.
Dit is dat jy eintlik 'n closet-materialist is, wat "glo" in
die bestaan van "dooie stof" en "dit wat dood is." Jy is
nie net 'n closet-materialis nie, jy is 'n closet-glo-aan-dit
wat nie-God-is-nie, dus 'n Manigais of soiets, wat
plek het vir "God" en "nie-God." En sover ek die
Calvinisme, selfs die Dopper Calvinisme, verstaan, is
God alles in alles en almal.
Dit beteken ook dat jy maar gerus "ewolusie" kan
aanneem as die wil van God, as jy 'n tradisionele
Protestant is. Daar is niks in die leer van ewolusie
wat sê dat dit nie ook die wil van God is nie. Inteendeel,
dit maak dit baie makliker om aan die wil van God te
glo, as dit Sy wil was dat die mens ontwikkel het soos
hy ontwikkel het. Want die oer-mense, en ook hulle
broers, die ape en die bobbejane en dies meer, is
almal skepsels van God. As jy dit nie glo nie, dink
ek jy is 'n ketter en nie 'n tradisionele Protestant
nie.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111251 is 'n antwoord op boodskap #111247] Di, 03 Oktober 2006 05:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111252 is 'n antwoord op boodskap #111248] Di, 03 Oktober 2006 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111253 is 'n antwoord op boodskap #111244] Di, 03 Oktober 2006 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" >  Jou realiteite en my realiteite is duidelik twee verskillende realiteitu[/color]
>  ----Ja maar myne is een wat prakties gebeur en almal kan sien en joune een
>  wat jy DINK gebeur en jy en jou eendersdenkendes HOOP gebeur.   Dis tog
>  waarom dit GELOOF genoem word....ek is seker jy verstaan?
>
>>>>  Ek is nie 'n hoogheilige nie en ek probeer nie vir almal preek nie.
>>>  ----O ja?   En wie's die ene wat die geloof by alles wil insleep.

>>  Ek wil nie geloof by alles insleep nie, geloof  IS deel van alles!
>  ----Sê jy!   Moenie jou 'waarheid' deel van 'n ander se waarheid probeer
>  maak nie.   Die feit dat jy jou geloof aan my probeer opdwing, maak van
>  jou hoogheilig of self-aangestelde hoogheilige.

Ek het vantevore vir jou gesê: Ook die ateïs het 'n geloofstandpunt waarmee
hy begin!  Hy glo daar is nie 'n god nie en alles het vanself ontstaan!  As
jy sê "God en die Bybel hoort nie in die werkplek nie" is dit ook 'n
geloofstandpunt!

Elke huis begin met 'n plan in die kop! - elke uitvinding met 'n idee!
Kreatiewe mense sien iets wat nie bestaan nie asof dit reeds bestaan en maak
dit dan werklikheid!  Voor enige suksesvolle praktyk is daar 'n suksesvolle
teorie!

Die natuurwetenskappe het begin met godsdiens! - teologie!   Die antieke
mense het algebra, meetkunde, boumetodes uitgevind om tempels en grafkelders
te kan bou. Die antieke Grieke het al stoomkrag gebruik - om hulle tempels
se deure oop en toe te maak!  In die Middel Eeue het die messelaarsgildes
ontstaan wat verstommende bouwerke tot stand gebring het - om kerke te
bou! - volgens baie bronne die oorsprong van die Vrymesselaarsbeweging!
Die Zimbabwe ruïnes is die oorblyfsels van Indiese tempels!  Die Indiërs se
liefde vir goud en die rol wat dit in hulle godsdiens speel, het hulle na
Afrika laat kom om dit hier te kom myn!   Kyk na die verstommende
argitektuur van Islam - geinspireer deur godsdiens!  Om nie te praat van
Oosterse argitektuur aangedryf deur die geloof in Bhuddha, ens. nie.

Archimedes en Pythagoras kom uit dieselfde tydvak as die groot Griekse
filosowe
Sokrates, Plato en Aristoteles, die grondleggers van die filosofie.    Alle
moderne wetenskappe (ook sielkunde) is in werklikheid direkte of indirekte
afstammelinge van teologie en filosofie!

Die Romeine het gesê: 'n Gesonde gees binne 'n gesonde liggaam!  Sparta wat
op spierkrag gebou is, het in die korttermyn Athene getroef.   Athene wat op
die intelektuele prestasies van sy filosowe en denkers staatgemaak het,
staan vandag nog, terwyl Sparta al vir baie eeue net murasies is!

Om te dink dink dat jy natuurwetenskap kan bedryf sonder geesteswetenskap,
praktyk sonder teorie, is presies netso so slim as wat die Spartane was!

>>  Ek dink godsdiens is bloot 'n emosionele kruk vir
>  swakmoediges.

Daardie een klink soos Nietsche!  Glo jy in God?

>>  Nou doen jy dit: Jy oordeel en veroordeel!  Natuurlik, ons alleswetende
>>  Suidwester weet beter as enigimand anders waaroor geloof gaan!
>  -----Nou redeneer jy soos 'n vroumens!   As ek nie jou storie wil byt nie,
>  dan is ek alleswetend.

Jy vertel my dat my godsdiens my pylreguit hel toe sal laat gaan.  Dan gee
jy
mos voor om beter te weet waaroor die godsdiens gaan as wat ek weet!

> Het ek enige plek gesê jy, gogga, moet jou geloof
>  los of dat jy jou uitkyk op die lewe moet verander?   Ek het wel gesê dat
>  jou sig van die lewe is deur die geloofsbril en daarom het jy 'n ander
>  siening.   Ek sê vir jou heeltyd ek werk op dit wat ek voor my sien.   Jy
>  sal dit nie kan doen nie, want dan gaan jou geloof sneuwel.

Natuurlik werk ek met wat ek voor my oë sien.  Voor my oë sien ek dat geen
dooie mens lewend word nie!  Geen dooie sel verdeel nie, maar vrot! - geen
dooie saad ontkiem nie!   Ek glo presies wat ek sien! - dis dat 'n dooie
ding nie lewe kan voortbring nie! - dat net 'n lewende iets lewe kan
voortbring.
Daarom glo ek wat die Bybel vir my sê, d.i. dat 'n lewende Wese wat ons God
noem, lewe geskep het!

>   Jy sal ook moet wag tot jy dood is voor jy jou
>  stelling kan bewys...so dit tel nie as 'n argument nie.

Dis waar!

Maar die waarskynlikheid dat God is, is soveel as wat daar lewende
organismes is - dus: biljoene! - teen 5! (die 5 sintuie waarmee ons God nie
kan waarneem nie).

En as God is, eindig alles beslis nie met 'n paar vrot bene in 'n graf nie!
God is
lewe!  En Hy is 'n God van lewendes, nie van dooies nie!  As God is, gaan
ons
moet rekenskap gee van elke woord wat ons gesê het!

>  ----Ek het nooit gesê ek glo aan die evolusie per se nie.

Dis waar!  Maar wat glo jy dan?  Waar kom alles vandaan?  Daar is net een
van 2 moontlikhede: Of 'n Wese wat ons God noem het dit geskep, of dit het
vanself ontstaan; 'n middeweg is nie moontlik nie!

> Jy wil nou met 'n draai by 'n argument kom waar jy weet jy kan nie verloor
> nie en ek gaan jou nie toelaat nie.   Wat ek jou egter wil sê is dat so 'n
> klompie jare was kloning van diere en mense nie moontlik nie.   Vandag doen
> hulle dit.   Die dag gaan kom dat hulle veel erger gaan doen en jou mensdom
> [al daai wat julle so met julle sielkunde bederf het, gaan die merk van die
> duiwel nodig hê om hulleself teen hulleself te beskerm].   So begin solank
> tjank, want jy gaan nog baie huil.

Kloning is basies 'n operasietegniek wat soos alle ander
operasietegnieke bou op die inligting en lewe wat reeds in die sel aanwesig
is.  Wetenskaplikes is nie 'n tree nader daaraan om "lewe" te skep nie, al
weet hulle presies watter boustene nodig is en hoe dit in mekaar pas!

Trouens, die hele mediese wetenskap berus hoofsaaklik op die inherente
vermoë van die liggaam om self te genees!  Stel jou voor dat die liggaam nie
littekenweefsel geproduseer het om wonde te heg nie - operasies sou
onmoontlik gewees het!  Stel jou voor 'n liggaam sonder
imminuteitstelsel! - nie moeilik met VIGS rondom ons nie! - dood op massiewe
skaal!

>  In elk geval, die argument was of mense beter werk vir meer geld of
>  nie....net vir ingeval jy vergeet het.

Ek het nooit beweer dat mense nie "beter werk vir meer geld nie", ek het
gesê geld is nie al faktor wat produktiwiteit beinvloed nie.  En jy het gesê
geld is al wat tel, die res is 'n "spul tjol".

>>  Dit was juis omdat apartheid nie die toets van God se Woord kon deurstaan
>>  nie dat FW geen ander keuse gehad het as om te doen wat hy op 2 Feb. 1990
>>  gedoen het nie - dus: so effe andersom as wat jy nou probeer voorgee!
>  -------Nee vriend, as die ommeswaai in regering nie gekom het nie, het die
>  kerk steeds apartheid ondersteun.

Jy het nie mooi geluister wat FW op 2 Februarie 1990 en herhaaldelik daarna
gesê het nie: dat innerlike oortuiging, en nie sanksies en die gewapende
konflik nie, gelei het tot die ommekeer.  Jy het op die PUK geswot, maar was
klaarblyklik salig onbewus van die hewige kritiek wat "Woord en Daad"
alreeds in die sestigs en sewentigs op die apartheidsbeleid uitgespreek het,
die "Koinonia Verklaring" pas voor die verkiesing van 1978, die kritiek van
Prof Tjaart v d Walt (tydgenoot en vriend van FW) en ander teoloë en
filosowe reeds in die sewentiger jare, Theuns Eloff, Bennie v d Walt, Johan
Snyman, Johan Heyens en talle ander - te veel om op te noem.   Waarom is
Johan Heyens doodgeskiet?  Oor die wesenlik invloed wat hy uitgeoefen het om
apartheid tot 'n val te bring en net daaroor!  Sover ek weet, het net die NG
en NH Kerke aparte kerke vir swartes geskep! - die Doppers, AGS, Volle
Evangelies, ens. het nie!

> Daar isn geen organisasie wat beter
>  kan 'wie se brood man eet, sy gat lek jy' as juis die kerke nie.   Teoloë
>  word juis met onderstebo hande gebore!   Vir die bedel, sien, terwyl
>  hyself met 'n blink pak en Mercedes rondry.

Ek het jou vantevore 'n lys van mense gegee wat alle persoonlike rykdom en
gerief prysgegee het om die evangelie uit te dra en hulle medemens te dien -
o.a. Moeder Teresa! - en al wat jy gedoen het was om dit smalend van die
tafel te vee.  Natuurlik is daar baie wat die evangelie "soos sop en
seep verkoop" en dit as geldmaak skema gebruik (Ek kan aan 'n hele paar in
ons land dink) - Paulus het al vir Timotheus
vertel dat daar sulkes sal wees! - maar daar is netso baie, indien nie die
meeste nie, wat hulle eie behoeftes opgeoffer het ter wille van God se
saak!  Jy het klaarblyklik nie die vaagste benul watter geldelike
opofferings dit vra om vir 6 of 7 jaar voltyds te studeer, die akademiese
insette wat nodig is om tale soos Latyn, Grieks, Hebreeus en Aramees en
vakke soos Tekskritiek, Hermeneutiek, Eksegese onder die knie te kry, om
daarna vir 'n "traktement" te gaan werk wat hoegenaamd nie kompeteer met die
vergoedings van soortgelyke beroepe wat soortgelyke studie geverg het (bv.
dokters, sielkundiges, prokureurs en advokate) nie!  Dis 'n ander saak as
ouens met lekekennis of  'n 2 of 3 jaar "Bible College" opleiding, 'n
opswepende stem, meesleurende musiek en oop bordjies wat rondgaan terwyl die
prediker sê "God vra nie munte nie, Hy vra note" sg. godsdiens bedryf!


>>  Jy bewys niks met wat jy beweer jy reggekry het nie.  Ek weet van baie
>>  maatskappye wat nog nooit stakings beleef het nie; dit beteken nie dat
>>  hulle werknemers nie onderlangs mor en brom oor die wyse waarop hulle
>>  behandel word nie.  Dit beteken nie dat sulke maatskappye se
>>  produktiwiteit nie baie hoër kon gewees het as hulle beter
>>  bestuursmetodes gebruik het nie.
>  ----Steeds begryp jy boggerall!   Die werker kom aan:   Ek bied hom 'n
>  werk aan en sê vir hom wat ek hom gaan betaal vir normale ure, oortyd en
>  verlof. Ook dat dit sy keuse is of hy wil werk of nie.   Werk hy meer, kry
>  hy meer geld.   Werk hy minder, dan kry hy minder.   Dis so eenvoudig en
>  op 'n kontrak vasgevat.   Wat anders wil die mense weet?   Jy gaan tog nie
>  werk toe om te gaan sosiaal verkeer nie?   Jy gaan soontoe om geld te
>  verdien sodat jy jou lewe kan bekostig.   Ek weet egter wat's jou
>  probleem:   Jy wil nie gedwing word om te werk nie.

Jy beskou werkers as masjiene, nie as mense nie!  En daarom kan ons net
sowel die gesprek laat vaar - ons gaan nie mekaar oortuig nie!

Dis maklik om met dié soort benadering weg te kom in 'n land waar
werkloosheid hoog is!  Gaan probeer dit in 'n land waar daar 2 of 3%
werkloosheid is en kyk hoe ver jy daarmee wegkom?

>>  Ek herhaal dat jou mensekennis nie veel verder as die Middel Eeue
>>  gevorder het nie!
>  -----Hel, en was die middeleeuse mense produktief!   As jy nie werk nie,
>  ghoebaai!   Slaag jou moderne metodes?   Nie as ek kyk so na al die
>  arbeidsverwante probleme wat meeste maatskappye mee sit nie.

Miskien sal jy so goed wees om vir ons die statistiese gegewens oor mense se
produktiwiteit in die Middel Eeue hier te verskaf!

Kenners in die arbeidsreg (Mense soos Jonathan Goldberg en sy vennote, ouens
wat betrokke is by arbeidsgeskille van die grootste maatskappy in SA) sal
vir jou sê dat sg. loongeskille selde slegs oor lone gaan - dit gaan oor al
die ander onopgeloste probleme in die werksplek! - maar lone en stakings is
die enigste hefboom wat gebruik kan word om bestuur te dwing om aan al die
griewe aandag te gee!  Het jy al 'n enkele kursus van dié mense bygewoon of
'n enkele boek gelees wat hulle gepubliseer het?  Ek glo nie!

Onthou jy nog waarop die verdrukking van die werkersklas in die Middel Eeue
uitgeloop het?
Die Franse en Russies Revolusies!   Die gepeupel het die soldate met hulle
gaffels afgemaai en die selfvoldane landhere se koppe met die guillotines
afgekap, omdat hulle net jou antwoorde
met hulle ondersgeskiktes geken het!   In SA het dié benadering van die ou
wit base in die nuwe bedeling gelei tot arbeidswetgewing wat werkers se
regte oorbeskerm!

########################################################

Ek is nou DIK vir hierdie gesprek wat na nêrens lei nie!  Dis duidelik dat
dat niks jou sal oortuig dat ander mense (Hewlett, Packard, Drucker,
Demming, Goldberg, ens. ens.) meer van bestuur af weet as wat jy dink jy
weet nie!  Dit sê presies watter soort mens en werkgewer jy is!

Ek het ook genoeg gehad van jou persoonlike aanvalle op my, beledigings en
onaangename taalgebruik.  Dit sê selfs nog méér as jou bestuurstyl wie jy
eintlik is!

Partykeer kry ek die indruk jy is aspris! - net om reaksie uit te lok!

So gaan gerus voort om aan jou Middel Eeuse bestuurmetodes te glo en dit te
gebruik!

Ek is bly ek het van mense wat meer as jy en ek saam weet, geleer waaroor
bestuur eintlik gaan!
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111256 is 'n antwoord op boodskap #111247] Di, 03 Oktober 2006 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111257 is 'n antwoord op boodskap #111253] Di, 03 Oktober 2006 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
>  Ek het vantevore vir jou gesê: Ook die ateïs het 'n geloofstandpunt
>  waarmee
>  hy begin!  Hy glo daar is nie 'n god nie en alles het vanself ontstaan!
>  As
>  jy sê "God en die Bybel hoort nie in die werkplek nie" is dit ook 'n
>  geloofstandpunt!
-----Sekerlik, maar jy maak 'n issue daarvan ek nie.   Ek glo godsdiens is
elke mens se persoonlike saak en solank sy persoonlike sake nie met sy werk
inmeng nie, het ek vrede met hom of haar.

-----Oor die lang relaas...jy's nie nou op 'n preekstoel nie.   Gaan preek
vir jou volgelinge.
>
>>>  Ek dink godsdiens is bloot 'n emosionele kruk vir
>>  swakmoediges.
>
>  Daardie een klink soos Nietsche!  Glo jy in God?
----Ek dink daar mag 'n God wees, maar definitief nie soos jy dit sien nie
en meer definitief nie soos die kerke dit sien nie.
>
>  Jy vertel my dat my godsdiens my pylreguit hel toe sal laat gaan.  Dan gee
>  jy
>  mos voor om beter te weet waaroor die godsdiens gaan as wat ek weet!
----Net omdat jy oordeel en jou Bybel sê uitdruklik vir jou jy mag nie.

>  Natuurlik werk ek met wat ek voor my oë sien.  Voor my oë sien ek dat geen
>  dooie mens lewend word nie!  Geen dooie sel verdeel nie, maar vrot! - geen
>  dooie saad ontkiem nie!   Ek glo presies wat ek sien! - dis dat 'n dooie
>  ding nie lewe kan voortbring nie! - dat net 'n lewende iets lewe kan
>  voortbring.
>  Daarom glo ek wat die Bybel vir my sê, d.i. dat 'n lewende Wese wat ons
>  God
>  noem, lewe geskep het!
---Jy preek steeds.  Hoekom wil jy vir ewig lewe?   Het jy nie genoeg gedoen
in een leeftyd nie?   Ek is nie bang vir doodgaan nie, ek het my 'innings'
gehad.   Hoekom is dit julle manne wat so in die kerk boer wat die dood so
vrees?

>  Dis waar!  Maar wat glo jy dan?  Waar kom alles vandaan?  Daar is net een
>  van 2 moontlikhede: Of 'n Wese wat ons God noem het dit geskep, of dit het
>  vanself ontstaan; 'n middeweg is nie moontlik nie!
-----Hoekom is daar nie 'n middeweg nie?   Omdat jy mense wil dwing om jou
storie te glo?   Ek verkies om 'n 'open mind' te hou.   Ek skryf nie die
moontlikheid van 'n goddelike wese af nie, maar so ook nie die moontlikheid
dat daar dalk 'n verrassende verklaring vir al hierdie goete kan wees.   Jy
preek vir my, maar ek het 'n ouer gehad wat uit die kerk verban is omdat
hulle die wolke vir reën geskiet het met vuurpyle en toe vertel is hulle
meng in met God se wil.   En vandag?   Nou lyk die storie na speletjies en
die kerk het sy 'verbanningsteorie' aangepas om by die vordering van die
wetenskap aan te pas.   Dis nie God wat jou godsdiens simpel maak nie, dis
julle kerkers wat so fanaties preek en dweep.   Net so min as wat jy kan
klinkklaar kan bewys dat die wêreld 'n goddelike skepping was, net so min
kan die wetenskaplikes bewys dat die aarde op sy eie ontstaan het.   Dis 'n
catch-22.   Wat egter baie seker is, is dat die wetenskap met rasse skrede
vorder terwyl julle steeds vashaak op 'julle geloof'.   Al wat julle beter
word, is in huigelary, want skielik is dit nie inmenging met 'God se wil' as
iemand hartomleinings en sulke dinge kry nie.
>
>  Kloning is basies 'n operasietegniek wat soos alle ander
>  operasietegnieke bou op die inligting en lewe wat reeds in die sel
>  aanwesig
>  is.  Wetenskaplikes is nie 'n tree nader daaraan om "lewe" te skep nie, al
>  weet hulle presies watter boustene nodig is en hoe dit in mekaar pas!
>
>  Trouens, die hele mediese wetenskap berus hoofsaaklik op die inherente
>  vermoë van die liggaam om self te genees!  Stel jou voor dat die liggaam
>  nie
>  littekenweefsel geproduseer het om wonde te heg nie - operasies sou
>  onmoontlik gewees het!  Stel jou voor 'n liggaam sonder
>  imminuteitstelsel! - nie moeilik met VIGS rondom ons nie! - dood op
>  massiewe skaal!
----Dis 'n futiele argument.  Die Amerikaners spuit al groeihormone in die
hart in en dan groei dit spontaan are wat enige verstopping 'by-pass'.
Hulle eksperimenteer met nano-klein robotjies wat in jou are ingespuit kan
word wat enige siek selle kan herstel.   En so kan ons aankarring....   Die
argument is steeds nie hoe maak jy 'n werker beter werk, met geld of
mooipraat?
>
>  Ek het nooit beweer dat mense nie "beter werk vir meer geld nie", ek het
>  gesê geld is nie al faktor wat produktiwiteit beinvloed nie.  En jy het
>  gesê
>  geld is al wat tel, die res is 'n "spul tjol".
----Kom ek sê dit vir jou sê:   Ek stel 'n ou aan vir die maksimum betaling
vir produksie gelewer en jy stel hom aan met minder geld, maar gee hom al
die lekker bymiddele om sy werk 'n lekker ervaring te maak en ons kyk wie se
ou lewer die meeste werk.   Ek hoef jou nie eers te wed nie.   Ek gaan elke
keer wen.   'n Mens gaan werk toe om geld te verdien en nie om te speel nie.
As mense soos jy dit besef, dan sou die produksie in Afrika nie so laag
gewees het nie!
>
>>>  Dit was juis omdat apartheid nie die toets van God se Woord kon
>>>  deurstaan
>>>  nie dat FW geen ander keuse gehad het as om te doen wat hy op 2 Feb.
>>>  1990
>>>  gedoen het nie - dus: so effe andersom as wat jy nou probeer voorgee!
----Twak.  Twak.  Twak!!!  Dit het boggerall met die Bybel te doene gehad.
Daar was nie 'n manier om veel langer aan te hou daarmee sonder om 'n
volskaalse burgeroorlog op tou te sit nie.   Die weermag het die geleentheid
geskep vir die politici om te kan onderhandel vanuit 'n magsposisie en wat
maak daai ou bolkopverraaier van 'n FW?   Hy gee alles weg.

>
>  Jy het nie mooi geluister wat FW op 2 Februarie 1990 en herhaaldelik
>  daarna
>  gesê het nie: dat innerlike oortuiging, en nie sanksies en die gewapende
>  konflik nie, gelei het tot die ommekeer.
-----Twak man.   Die dag wat ek enige politikus glo is die dag wat ek 'n
predikant glo.   Beide verkoop leuens en 'fairy tales'.

Jy het op die PUK geswot, maar was
>  klaarblyklik salig onbewus van die hewige kritiek wat "Woord en Daad"
>  alreeds in die sestigs en sewentigs op die apartheidsbeleid uitgespreek
>  het,
>  die "Koinonia Verklaring" pas voor die verkiesing van 1978, die kritiek
>  van
>  Prof Tjaart v d Walt (tydgenoot en vriend van FW) en ander teoloë en
>  filosowe reeds in die sewentiger jare, Theuns Eloff, Bennie v d Walt,
>  Johan
>  Snyman, Johan Heyens en talle ander - te veel om op te noem.   Waarom is
>  Johan Heyens doodgeskiet?  Oor die wesenlik invloed wat hy uitgeoefen het
>  om
>  apartheid tot 'n val te bring en net daaroor!  Sover ek weet, het net die
>  NG en NH Kerke aparte kerke vir swartes geskep! - die Doppers, AGS, Volle
>  Evangelies, ens. het nie!
----Ja foeitog en die swartes mag nie in hulle eie kerke inkom nie!

>  Ek het jou vantevore 'n lys van mense gegee wat alle persoonlike rykdom en
>  gerief prysgegee het om die evangelie uit te dra en hulle medemens te
>  dien -
>  o.a. Moeder Teresa! - en al wat jy gedoen het was om dit smalend van die
>  tafel te vee.
----Miskien moet jy net vir 'n slag uitwerk wat kos 'full board en loddging'
per persoon en sommer gratis klere ook.   Dan werk jy uit wat sou 'n
predikant vir 'n huis moes betaal het, 'n kar en as hy sy eie kos en reis en
verblyf moes betaal het.   Dan kry hy nog salaris ook boonop.   Doen die som
en jy sal sien wie 'score'.   Predikant wees in die susterkerke is van die
hoogsbetaalde beroepe.

Natuurlik is daar baie wat die evangelie "soos sop en
>  seep verkoop" en dit as geldmaak skema gebruik (Ek kan aan 'n hele paar in
>  ons land dink)
----Soos ek hierbo gesê het, meeste van hulle.

- Paulus het al vir Timotheus
>  vertel dat daar sulkes sal wees! - maar daar is netso baie, indien nie die
>  meeste nie, wat hulle eie behoeftes opgeoffer het ter wille van God se
>  saak!  Jy het klaarblyklik nie die vaagste benul watter geldelike
>  opofferings dit vra om vir 6 of 7 jaar voltyds te studeer, die akademiese
>  insette wat nodig is om tale soos Latyn, Grieks, Hebreeus en Aramees en
>  vakke soos Tekskritiek, Hermeneutiek, Eksegese onder die knie te kry, om
>  daarna vir 'n "traktement" te gaan werk wat hoegenaamd nie kompeteer met
>  die vergoedings van soortgelyke beroepe wat soortgelyke studie geverg het
>  (bv. dokters, sielkundiges, prokureurs en advokate) nie!  Dis 'n ander
>  saak as ouens met lekekennis of  'n 2 of 3 jaar "Bible College" opleiding,
>  'n opswepende stem, meesleurende musiek en oop bordjies wat rondgaan
>  terwyl die prediker sê "God vra nie munte nie, Hy vra note" sg. godsdiens
>  bedryf! ---Sien hierbo!
>
>  Jy beskou werkers as masjiene, nie as mense nie!  En daarom kan ons net
>  sowel die gesprek laat vaar - ons gaan nie mekaar oortuig nie!
>
>  Dis maklik om met dié soort benadering weg te kom in 'n land waar
>  werkloosheid hoog is!  Gaan probeer dit in 'n land waar daar 2 of 3%
>  werkloosheid is en kyk hoe ver jy daarmee wegkom?
-----Luister, so in die groet en jou besgee, 'n werker in die hande van die
produseerder is net 'n stuk gereedskap.   As meer produseerders ook maar net
sal betaal en al die ander gemors laat staan, sal daar minder probleme wees
oral.   Ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie werk vir die geld nie.   Dis
die eerste prioriteit.   Die enigste een hoekom mense werk.

>  Ek is nou DIK vir hierdie gesprek wat na nêrens lei nie!  Dis duidelik dat
>  dat niks jou sal oortuig dat ander mense (Hewlett, Packard, Drucker,
>  Demming, Goldberg, ens. ens.) meer van bestuur af weet as wat jy dink jy
>  weet nie!  Dit sê presies watter soort mens en werkgewer jy is!
----Hel, jy moet miskien plek maak vir die moontlikheid dat julle besig is
met n spul stront?   Dat julle met julle teoretisering van die mense se
gevoel en behoeftes die pot dalk heeltemal mis sit?   Dat wat julle dink
mense voel en ervaar, dalk nie reg is nie?
>
>  Ek het ook genoeg gehad van jou persoonlike aanvalle op my, beledigings en
>  onaangename taalgebruik.  Dit sê selfs nog méér as jou bestuurstyl wie jy
>  eintlik is!
----Ja en ek sien jou steeds as die hovaardige klein staatsamptenaar wat
agter sy baas se lessenaar sit en sy baas se geld sit en uitbroei.   Deel
van die aangename werksomstandighede wat jy so propageer?   Sekerlik sal ek
jou so op jou gat in jou moer in gestuur het dat jy vir die volgende 5 jaar
sal wonder wat het eintlik gebeur.
>
>  Ek is bly ek het van mense wat meer as jy en ek saam weet, geleer waaroor
>  bestuur eintlik gaan!
---Hier gaan ons alweer....hoeveel weet jy en hoeveel weet ek?   Gaan speel
'n slag met jou tikster se boud?
>
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111262 is 'n antwoord op boodskap #111253] Wo, 04 Oktober 2006 02:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Daarom glo ek wat die Bybel vir my sê, d.i. dat 'n lewende Wese wat ons God
> noem, lewe geskep het!

Waar kom alles vandaan? Daar is net een
> van 2 moontlikhede: Of 'n Wese wat ons God noem het dit geskep, of dit het
> vanself ontstaan; 'n middeweg is nie moontlik nie!

Ek weet nie hoekom nie, maar dit maak my baie
ongemaklik as ek iemand hoor praat van " 'n lewende
Wese wat ONS God noem, lewe geskep het." Ten
eerste laat dit my ongemaklik voel dat jy van "ons"
praat asof die "ons" apart is van die "god" en dus
opinies kan hê. Ten tweede is dit baie onwetenskaplik
en negentiende eeus om van lewend en dood as
twee absolute kategorieë te praat. Daar is eenvoudig
nie so 'n duidelike verskil tussen dit wat mens
gerieflikshalwe as "dood" en "lewend" beskou in
die natuur nie.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111263 is 'n antwoord op boodskap #111251] Wo, 04 Oktober 2006 02:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Ek verwerp nie evolusie nie! Evolusie is 'n feit! Ek verwerp
> evolusionisme! - d.w.s. dat lewe spontaan of per ongeluk of as blote
> komplekse chemiese reaksie, sonder tussenkoms van 'n lewende Wese wat ons
> "God" noem, tot stand gekom het - ala Darwin!

Nouja, hierdie soort "evolusionisme" is 'n konsep wat
gerieflikheidshalwe geskep is deur reaksionêre Christene
veral in die VSA sodat hulle, soos Don Quichote, 'n
windmeul kan hê om teen te veg. Ek wonder hoeveel
van hulle wel gelees het wat Darwin gesê het.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111264 is 'n antwoord op boodskap #111251] Wo, 04 Oktober 2006 02:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Trouens, die Gereformeerde godsdiens bely die bestaan van ander wesens wat
> nog mens nog dier is, nl. die engele! - en hulle gevalle kollegas, die
> duiwels! Maar let wel, hulle is hemelwesens, nie ruimtelike wesens nie.
> Hulle bestaan is in 'n ander dimensie, nie noodwendig 'n ander plek wat
> ligjare van ons af is nie. Jesus was 'n hemelvaarder - van een dimensie na
> 'n ander beweeg! - nie 'n ruimtevaarder nie!

Wat jy hierbo sê, is baie "new age." Hoe seker
is jy dat hierdie gepraat van engele en duiwels
en ander dimensies Dopper teologie is?

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111265 is 'n antwoord op boodskap #111252] Wo, 04 Oktober 2006 02:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> 3. Die korrekte siening is alles-binne-in-God ("U sluit my in van voor en
> van agter")
> 4. Hoewel sy skepping binne-in God bestaan en geheel van Hom afhanklik is
> (sodat selfs die duiwel nie teen God se wil kan roer of beweeg nie), is die
> twee wel deeglik van mekaar onderskei. God is nie sy skepping nie en sy
> skepping is nie god nie!

Ek dink jy moet weer stadig bostaande lees en
sien hoe jy die pap wil hê en dit ook eet. Binne
die Christelike raamwerk is die korrekte siening
soos jy sê dat alles-binne-in-God is. Maar dan
volg jy dit op met 'n opinie wat duidelik jou
lojaliteit wys aan die konsep dat daar 'n duiwel
is wat apart en magtig is. Julle manne moet nou
julle maainds begin opmaak.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111266 is 'n antwoord op boodskap #111265] Wo, 04 Oktober 2006 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Skuus ek val sommer so hier met die deur in die huis in, maar ek is so
bietjie verward op die oomblik tov sekere persone se standpunt. Mag ek dus
so vra.

Is jy 'n Christen JA / NEE

Torreke - JA
Riaan - JA
Gloudina - ?
Suidwester - ?
Soois - JA
Annette - Ek dink as ek reg onthou is dit NEE - Maar ek is onder
korreksie
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111267 is 'n antwoord op boodskap #111263] Wo, 04 Oktober 2006 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" Ek verwerp nie evolusie nie! Evolusie is 'n feit! Ek verwerp[/color]
> evolusionisme! - d.w.s. dat lewe spontaan of per ongeluk of as blote
> komplekse chemiese reaksie, sonder tussenkoms van 'n lewende Wese wat ons
> "God" noem, tot stand gekom het - ala Darwin!

Nouja, hierdie soort "evolusionisme" is 'n konsep wat
gerieflikheidshalwe geskep is deur reaksionêre Christene
veral in die VSA sodat hulle, soos Don Quichote, 'n
windmeul kan hê om teen te veg. Ek wonder hoeveel
van hulle wel gelees het wat Darwin gesê het.

Het Darwin in God geglo?
Het hy gesê God het lewe geskep en die ewolusie het volgens sy wil gebeur?

Of het hy gesê dat lewe spontaan ontstaan het toe die toestande daarvoor
reg was en dat ewolusie plaasgevind het omdat die lewensvorme by hulle
omgewing aangepas het? - nadat hy die reuse likkewane op die Galapagos (is
dit?) eilande bestudeer het.

Ek moet erken ek het nie Darwin self gelees nie! - my inligting is dus
"hoor-sê"!

So miskien kan jy my reghelp.
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111268 is 'n antwoord op boodskap #111257] Wo, 04 Oktober 2006 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" ek het 'n ouer gehad wat uit die kerk verban is omdat hulle die wolke vir[/color]
> reën geskiet het met vuurpyle en toe vertel is hulle meng in met God se
> wil.

Dit was lankal duidelik dat die kerk iets gedoen het wat jou en/of jou
familie diep seer gemaak het. Ek vermoed daar is baie meer aan die storie
verbonde as net die wolke skiet gedoente!

Toe skryf jy nie net die kerk en alle gelowiges as "hoogheiliges" en
dweepsiekes af nie, toe skryf jy sommer God en die Bybel ook af.

Ek sal jou een ding onvoorwaardelik toegee: Die kerk (met "kerk" sluit ek
almal in, Katolieke, Ortodokse, Protestantse, Charismatiese, noem dit) maak
'n droewe prentjie uit - "a sad case"! - en is BAIE vér verwyderd van wat
dit behoort te wees! Die blote feit van die verskeurdheid bewys dit al!
Ek twyfel of daar êrens 'n Christen is wat nie eens op 'n tyd met die
groot tekortkominge van die kerk te make gekry en in sy siel seergemaak
is nie.

Maar vir my bevestig hierdie droewe toestand net die waarheid van die Bybel,
d.i. dat daar "niemand is wat goed doen nie, self nie een nie" - dat selfs
die allerheiligste nog maar 'n klein begin van die ware gehoorsaamheid het!
Dit onderstreep verder die eenvoudige waarheid dat die mens homself nie kan
red nie! - dat die volmaaktheid nie hier is
nie - dat mens eers volmaaktheid kan verwag as ALLES - hemel, aarde, ekself,
die hele boksemdaais!- NUUT en OORgemaak word!

En as jy weer jou ore wil toedruk en sê ek preek vir jou en probeer my
geloof op jou afdwing, "so be it"!

>> Ek het nooit beweer dat mense nie "beter werk vir meer geld nie", ek het
>> gesê geld is nie al faktor wat produktiwiteit beinvloed nie. En jy het
>> gesê
>> geld is al wat tel, die res is 'n "spul tjol".
> ----Kom ek sê dit vir jou sê: Ek stel 'n ou aan vir die maksimum
> betaling vir produksie gelewer en jy stel hom aan met minder geld, maar
> gee hom al die lekker bymiddele om sy werk 'n lekker ervaring te maak en
> ons kyk wie se ou lewer die meeste werk. Ek hoef jou nie eers te wed
> nie. Ek gaan elke keer wen.

Jy luister nie wat ek sê nie, maar antwoord wat jy graag wil hoor.
Kom ek herhaal dit vir jou: Ek het nooit beweer dat mense nie "beter werk
vir meer geld nie" - dus dat ek hom "minder geld" gee nie! - ek het gesê
geld is nie al faktor wat produktiwiteit beinvloed nie.
Kom ek stel dit vir jou sê (om jou woorde te ego): Ons albei stel 'n werker
aan. Jy gee net jou geld en byvoorbeelde en posbeskrywing en behandel hom
verder soos 'n stuk gereedskap! Ek gee dieselfde salaris, dieselfde
byvoordele, dieselfde posbeskrywing en ek behandel hom soos 'n mens! -
d.w.s. iemand met 'n liggaam wat emosionele en fisiese behoeftes het wat
niks met geld te doen het nie, iemand met 'n verstand en 'n eie opinie wat
insette kan lewer in die besluitnemingsproses, ens. ens. En ek gaan elke
keer wen! (om weereens jou woorde te ego)

> -----Luister, so in die groet en jou besgee, 'n werker in die hande van
> die produseerder is net 'n stuk gereedskap.

1. Daar sê jy dit: "'n stuk gereedskap"!!!

2. My jongste, 3-jaar oud, is nou op die stadium wat sy graag die "is
nie"-"is" stry-speletjie speel. Ek blaas elke keer die aftog wanneer sy dit
doen. Hoe moet ek nou vir 'n 3-jarige verduidelik dat mens nie die argument
wen as jy die laaste woord inkry nie? Sy sal soos my ouer kinders dit self
mettertyd agterkom - juis omdat ek eerste stilbly! As Manto dink dat sy
die argument oor "Beetroot and garlic versus ARVs" gewen het omdat niemand
meer met haar daaroor wil stry nie, het sy nie veel verder gevorder as my
3-jarige kind nie.
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111269 is 'n antwoord op boodskap #111262] Wo, 04 Oktober 2006 08:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Ten
eerste laat dit my ongemaklik voel dat jy van "ons"
praat asof die "ons" apart is van die "god" en dus
opinies kan hê.

Is jy dan deel van God?
Het jy nie jou eie opinie nie?

Ten tweede is dit baie onwetenskaplik
en negentiende eeus om van lewend en dood as
twee absolute kategorieë te praat. Daar is eenvoudig
nie so 'n duidelike verskil tussen dit wat mens
gerieflikshalwe as "dood" en "lewend" beskou in
die natuur nie.

Dan is ek maar 19e eeus en "onwetenskaplik". My standpunte is gebasseer op
'n Bybel wat meer as 2k jaar oud is en standpunte wat in die 1e, 2e, 3e,
15e, 16e en 17e eeue geformuleer is! Die moderne wetenskap het nie 'n
enkele van dié standpunte as vals bewys nie - baie het probeer, ja!

In sielkunde 2 het 'n Rhodes dosent 'n stelling gemaak dat "sielkundiges"
eers gedurende die 20e eeue tot die slotsom gekom het dat gedrag dééls deur
aangebore eienskappe en dééls deur aangeleerde eienskappe
bepaal word - of iets te dien effekte! Toe ek hom vra of die Bybelskrywers
nie alreeds dié waarneming gemaak en Augustinus en Pelagius nie alreeds in
die 3e eeu daaroor gestry het nie, het hy geantwoord dat die Bybel
voor-wetenskaplik is en dus buite rekening gelaat word - die standpunt van
die neutrale wetenskap! Dit noem ek "onwetenskaplik" - om jou oë te sluit
vir wat mense meer as 2k jaar gelede op skrif gestel het en dan te maak asof
jy die eerste was om dit raak te sien - net omdat die 2k jaar oue boek nie
binne jou raamwerk pas van wat wetenskaplik sou wees nie!
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111270 is 'n antwoord op boodskap #111265] Wo, 04 Oktober 2006 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" 3. Die korrekte siening is alles-binne-in-God ("U sluit my in van voor[/color]
> en
> van agter")
> 4. Hoewel sy skepping binne-in God bestaan en geheel van Hom afhanklik is
> (sodat selfs die duiwel nie teen God se wil kan roer of beweeg nie), is
> die
> twee wel deeglik van mekaar onderskei. God is nie sy skepping nie en sy
> skepping is nie god nie!

Ek dink jy moet weer stadig bostaande lees en
sien hoe jy die pap wil hê en dit ook eet. Binne
die Christelike raamwerk is die korrekte siening
soos jy sê dat alles-binne-in-God is. Maar dan
volg jy dit op met 'n opinie wat duidelik jou
lojaliteit wys aan die konsep dat daar 'n duiwel
is wat apart en magtig is. Julle manne moet nou
julle maainds begin opmaak.

Nee, ek wil nie my pap hê en dit nog eet ook nie! Ek vertel jou gewoon wat
die Gereformeerde standpunt is van doer ver terug in die 15e en 16e eeu toe
Guido de Brés die Nederlandse Geloofsbelydenis opgestel het, die marteldood
daarvoor gesterf het, en dit daarna deur opeenvolgende Geref. Sinodes as
belydenisskrif aanvaar is. Ken jy die NGB?, veral die 1e art.

Die skepping, alle skepsele (insluitend die duiwel) is vir hulle bestaan
100% afhanklik van God, maar hulle is nie deel van God nie! God het die
duiwel as 'n engel geskep - sy dienskneg! - die duiwel het in opstand teen
God gekom en sy eie koninkryk probeer oprig! Daar is 'n duiwel - al dink jy
blykbaar nie so nie! - en daardie duiwel is magtig - maar hy is slegs magtig
vir sover hy sy mag van God ontvang! Die gruwelike van die sonde is juis
dat die duiwel (en ook die sondaarmens) die lewe en krag wat hy van God
ontvang, téén God inspan! God het die mag om die duiwel en almal wat téén
Hom in opstand is, eenvoudig te verdelg en tot niet te maak! Waarom doen Hy
dit nie? Ek weet nie! Maar één ding weet ek: Al het ek ook 'n IK van 200
gehad, sou ek dit nog nie verstaan het nie, want my intelligensie weeg teen
syne op soos my "size" teen die grootte van die heelal! "Nou ken ek ten
dele, maar eendag sal ek ten volle ken - netsoos ek ten volle geken is"
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111271 is 'n antwoord op boodskap #111264] Wo, 04 Oktober 2006 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" Trouens, die Gereformeerde godsdiens bely die bestaan van ander wesens wat[/color]
> nog mens nog dier is, nl. die engele! - en hulle gevalle kollegas, die
> duiwels! Maar let wel, hulle is hemelwesens, nie ruimtelike wesens nie.
> Hulle bestaan is in 'n ander dimensie, nie noodwendig 'n ander plek wat
> ligjare van ons af is nie. Jesus was 'n hemelvaarder - van een dimensie
> na
> 'n ander beweeg! - nie 'n ruimtevaarder nie!

Wat jy hierbo sê, is baie "new age." Hoe seker
is jy dat hierdie gepraat van engele en duiwels
en ander dimensies Dopper teologie is?

Vir "engele en duiwels" verwys ek jou na die Nederlandse Geloofsbelydenis -
Gereformeerde teologie inderdaad!

Vir "hemelwesens" as beskrywing vir "engele", kyk die 1983 Afrikaanse
Bybelvertaling! - deur die Geref. sinode aanvaar vir gebruik in die kerk.

"Ander dimensies" - die woord "dimensie" is beslis nie deel van "Dopper
teologie" nie! Maar die woord "voorsienigheid" wat baie beslis deel is van
"Dopper teologie" kom weer nêrens in die Bybel voor nie - tog word dit wat
met die woord bedoel word, feitlik op elke bladsy van die Bybel op 'n
verskeidenheid wyses gesê. Die Bybel sê dat "God ontoeganklike lig
bewoon" - dus: God kan nie sintuiglik waargeneem word nie, want Hy is nie
stoflik nie - Hy is in 'n "ander dimensie" by gebrek aan 'n beter woord om
dit te beskryf.

Daar is 'n hemelsbreë verskil tussen die sienings van die "new age" beweging
en my standpunt. Hulle basiese uitgangspunt (as ek dit reg verstaan) is
"alle paaie lei na Rome" en alle godsdienste aanbid dieselfde god! Ek stem
nie daarmee saam nie!
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111272 is 'n antwoord op boodskap #111268] Wo, 04 Oktober 2006 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:efvsmv$5li$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit was lankal duidelik dat die kerk iets gedoen het wat jou en/of jou
> familie diep seer gemaak het. Ek vermoed daar is baie meer aan die
> storie
> verbonde as net die wolke skiet gedoente!
-----Ek kan seker baie dinge vir jou vertel veral uit die oorlogdae uit toe
die 'goeie nuus'-kerke soldate wat ernstige skade opgetel het in aksie en
agv daarvan begin drink het, so laat staan is na 'n dreigement van sensuur
nie gewerk het nie, en so aan. Maar dis maar een van die dinge. Die
storie wat hulle aan my probeer verkoop, maak vir my eenvoudig net nie sin
nie. Veral daai 'delete' knoppie wat teen betaling aangebied word. Gee
jou tiendes vir die kerk. Sorg dat jy maandelikse bydraes maak. Kom ons
bou hierdie prag en praal kerke sodat die Woord beter bedien kan
word....terwyl daai miljoene veel meer sou kon gedoen het vir ou mense en
ander behoeftiges en kerk in 'n sinkstoor gehou geword het. Dit gaan tog
oor die boodskap en nie hoe lyk die kerk nie?
Jy kan maar sondig, solank jy net askies sê, dan word jy vergewe. Jy
kan in die week jou buurvroue bykom, jou vrou slaan, in besigheid verneuk,
net wat jy wil, solank jy net askies vra, dan word jy vergewe....onthou tog
net om jou geld in die boks te gooi hoor! Twak. As 'n mens inherent goed
is en goed lewe, het jy nie 'n kerk-etiket nodig om dit te bewys nie.
>
> Toe skryf jy nie net die kerk en alle gelowiges as "hoogheiliges" en
> dweepsiekes af nie, toe skryf jy sommer God en die Bybel ook af.
----Darem net snaaks dat al die kerke dieselfde boodskap van 'n redder wat
kom gebruik om hoop vir die sondige mense te gee...en ewige lewe as belofte.
>
> Ek sal jou een ding onvoorwaardelik toegee: Die kerk (met "kerk" sluit ek
> almal in, Katolieke, Ortodokse, Protestantse, Charismatiese, noem dit)
> maak
> 'n droewe prentjie uit - "a sad case"! - en is BAIE vér verwyderd van wat
> dit behoort te wees! Die blote feit van die verskeurdheid bewys dit al!
> Ek twyfel of daar êrens 'n Christen is wat nie eens op 'n tyd met die
> groot tekortkominge van die kerk te make gekry en in sy siel seergemaak
> is nie.
-----Nou as die voorbeeld van goed, soos jy beaam, nie so goed is nie,
watter hoop los dit jou mee?
>
> Maar vir my bevestig hierdie droewe toestand net die waarheid van die
> Bybel,
> d.i. dat daar "niemand is wat goed doen nie, self nie een nie" - dat selfs
> die allerheiligste nog maar 'n klein begin van die ware gehoorsaamheid
> het!
> Dit onderstreep verder die eenvoudige waarheid dat die mens homself nie
> kan
> red nie! - dat die volmaaktheid nie hier is
> nie - dat mens eers volmaaktheid kan verwag as ALLES - hemel, aarde,
> ekself,
> die hele boksemdaais!- NUUT en OORgemaak word!
----Hoekom? Hoekom wil jy alles oorhê? Kan jy nie net sneuwel en in
vrede doodgaan en jou ding gedoen het nie? Dink jy nie jy dreig die mense
af met die hel en die belofde van 'n ewige lewe nie? Is afdreiging en
valse beloftes dan nie 'n sonde in jou boek nie?
>
> Jy luister nie wat ek sê nie, maar antwoord wat jy graag wil hoor.
> Kom ek herhaal dit vir jou: Ek het nooit beweer dat mense nie "beter werk
> vir meer geld nie" - dus dat ek hom "minder geld" gee nie! - ek het gesê
> geld is nie al faktor wat produktiwiteit beinvloed nie.
> Kom ek stel dit vir jou sê (om jou woorde te ego): Ons albei stel 'n
> werker
> aan. Jy gee net jou geld en byvoorbeelde en posbeskrywing en behandel hom
> verder soos 'n stuk gereedskap! Ek gee dieselfde salaris, dieselfde
> byvoordele, dieselfde posbeskrywing en ek behandel hom soos 'n mens! -
> d.w.s. iemand met 'n liggaam wat emosionele en fisiese behoeftes het wat
> niks met geld te doen het nie, iemand met 'n verstand en 'n eie opinie wat
> insette kan lewer in die besluitnemingsproses, ens. ens. En ek gaan elke
> keer wen! (om weereens jou woorde te ego)
-----Wie sê my mense werk onder swakker omstandighede as joune? Ek is ook
seker ek betaal beter as jy want ons is winsgedrewe. In plaas van om die
mense byvoordele te gee, gee ek vir hulle kontant vir beter produksie.
Hulle kan hul eie byvoordele koop. Daarmee kan jy direk meet die
kontantwaarde van wat hy kry. Meeste byvoordele is daarop gemik om die
werker minder te betaal want die byvoordele [wat die maatskappy minder kos
in groter getalle] gee die illusie dat die ou beter verdien. Nee wat, niks
klop kontant in die hand vir die werker en vir produksie nie.
>
>> -----Luister, so in die groet en jou besgee, 'n werker in die hande van
>> die produseerder is net 'n stuk gereedskap.
>
> 1. Daar sê jy dit: "'n stuk gereedskap"!!!
----Nou? Ek is ook net 'n stuk gereedkap in my werkers se hande. Wat is
snaaks daaraan. Ek ry die goed om te vervaardig en betaal hulle daarvoor.
Dit maak nie saak wat jy dit noem nie. Mense werk vir geld. Schluss en
klaar. Eenvoudig. Dis mense soos jy wat die ding probeer kompliseer....
>
> 2. My jongste, 3-jaar oud, is nou op die stadium wat sy graag die "is
> nie"-"is" stry-speletjie speel. Ek blaas elke keer die aftog wanneer sy
> dit
> doen. Hoe moet ek nou vir 'n 3-jarige verduidelik dat mens nie die
> argument
> wen as jy die laaste woord inkry nie? Sy sal soos my ouer kinders dit
> self
> mettertyd agterkom - juis omdat ek eerste stilbly! As Manto dink dat sy
> die argument oor "Beetroot and garlic versus ARVs" gewen het omdat niemand
> meer met haar daaroor wil stry nie, het sy nie veel verder gevorder as my
> 3-jarige kind nie.
-----Sjit, as jy net jou eie raad kan volg want jy hanna-hanna steeds en
weet jy kan nie wen nie!
>
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111274 is 'n antwoord op boodskap #111262] Wo, 04 Oktober 2006 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" <wrote

Daar is eenvoudig
nie so 'n duidelike verskil tussen dit wat mens
gerieflikshalwe as "dood" en "lewend" beskou in
die natuur nie.


As 'n haai my insluk, is ek binne 'n paar minute dood en binne 24-uur
haai-mis wat uitgeskei word en spoedig in die water verdwyn! - poef! -
weg! - niks oor nie! - terwyl die haai steeds oopbek met vlymskerp tande
rondswem op soek na sy volgende happie!

Nie 'n duidelike verskil tussen lewe en dood in die natuur nie? Ag nee,
Gloudina, probeer weer.

Ek hoef nie hieroor te teologie nie! - dis "plain and simple" sommer "common
sense". (Om soos Suidwester te klink)
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111275 is 'n antwoord op boodskap #111272] Wo, 04 Oktober 2006 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" ------Ek kan seker baie dinge vir jou vertel veral uit die oorlogdae uit[/color]
> toe die 'goeie nuus'-kerke soldate wat ernstige skade opgetel het in aksie
> en agv daarvan begin drink het, so laat staan is na 'n dreigement van
> sensuur nie gewerk het nie, en so aan. Maar dis maar een van die dinge.

Soos ek gedink het.

> Die storie wat hulle aan my probeer verkoop, maak vir my eenvoudig net nie
> sin nie. Veral daai 'delete' knoppie wat teen betaling aangebied word.

Dit was "daai 'delete' knoppie wat teen betaling aangebied word" van die
Roomse Kerk - die aflaatbriewe! - wat Maartin Luther met één van sy 95
stellinge bevraagteken het. 'n Reus in die wêreld- en kerkgeskiedenis stem
dus met jou saam!!! Dis beslis nie deel van die Protestantse geloof nie!!!

> Gee jou tiendes vir die kerk. Sorg dat jy maandelikse bydraes maak.

Iemand wat dankbaar is vir wat God aan hom gegee het, het nie 'n probleem om
daardie tiende af te staan nie! Net 10% vrywillig teruggee aan die Een wat
jou alles gegee het! - dis niks in vergelyking met wat die staat eenvoudig
van jou VAT nadat hulle jou niks gegee het nie! Of hoe?

> Kom ons bou hierdie prag en praal kerke sodat die Woord beter bedien kan
> word....terwyl daai miljoene veel meer sou kon gedoen het vir ou mense en
> ander behoeftiges en kerk in 'n sinkstoor gehou geword het. Dit gaan tog
> oor die boodskap en nie hoe lyk die kerk nie?

Ek stem volmondig saam!

> Jy kan maar sondig, solank jy net askies sê, dan word jy vergewe. Jy
> kan in die week jou buurvroue bykom, jou vrou slaan, in besigheid verneuk,
> net wat jy wil, solank jy net askies vra, dan word jy vergewe....onthou
> tog net om jou geld in die boks te gooi hoor! Twak. As 'n mens
> inherent goed is en goed lewe, het jy nie 'n kerk-etiket nodig om dit te
> bewys nie.

Dat jy maar kan sondig solank jy net askies sê, klink weereens na die Roomse
teologie - die bieg! Dis beslis nie deel van die Geref. belydenis nie. Die
Geref. belydenis sê soos die Bybel: Dat geen hoereerder, dronkaard, dief,
rower, moordenaar, ens. die koninkryk van God sal beërwe nie! - tensy hy hom
van sy sonde bekeer!

Iemand wat in Christus glo, kan nie sy godsdiens in isolasie bedryf nie!
Die kerk is "die liggaam van Christus" waarin die lede vir mekaar moet sorg.
(1 Kor. 12)

>> Toe skryf jy nie net die kerk en alle gelowiges as "hoogheiliges" en
>> dweepsiekes af nie, toe skryf jy sommer God en die Bybel ook af.
> ----Darem net snaaks dat al die kerke dieselfde boodskap van 'n redder wat
> kom gebruik om hoop vir die sondige mense te gee...en ewige lewe as
> belofte.

Dit klink soos Karl Marx se "pie in the sky for when you die" - opium vir
die volk!

Dis nie die kerke wat die belofte van 'n ewige lewe maak nie - dis God!
As ek nie in God en aan 'n beter lewe na hierdie een geglo het nie, was daar
geen sin in die lewe nie! Dan kan mens maar netso wel 'n pistool teen die
kop druk en 'n einde aan alles maak! - want hierdie lewe is op sy beste 'n
gemors!

>> Ek sal jou een ding onvoorwaardelik toegee: Die kerk (met "kerk" sluit ek
>> almal in, Katolieke, Ortodokse, Protestantse, Charismatiese, noem dit)
>> maak
>> 'n droewe prentjie uit - "a sad case"! - en is BAIE vér verwyderd van wat
>> dit behoort te wees! Die blote feit van die verskeurdheid bewys dit al!
>> Ek twyfel of daar êrens 'n Christen is wat nie eens op 'n tyd met die
>> groot tekortkominge van die kerk te make gekry en in sy siel seergemaak
>> is nie.
> -----Nou as die voorbeeld van goed, soos jy beaam, nie so goed is nie,
> watter hoop los dit jou mee?

Die punt is: Ek bou nie my geloof en lewe op die kerk en wat die kerkmense
doen en van my eis nie! - ek vestig my geloof in God en my hoop op wat Hý
aan my gee en beloof, en ek bou my lewe op wat Hý van my eis!

>> Maar vir my bevestig hierdie droewe toestand net die waarheid van die
>> Bybel,
>> d.i. dat daar "niemand is wat goed doen nie, self nie een nie" - dat
>> selfs
>> die allerheiligste nog maar 'n klein begin van die ware gehoorsaamheid
>> het!
>> Dit onderstreep verder die eenvoudige waarheid dat die mens homself nie
>> kan
>> red nie! - dat die volmaaktheid nie hier is
>> nie - dat mens eers volmaaktheid kan verwag as ALLES - hemel, aarde,
>> ekself,
>> die hele boksemdaais!- NUUT en OORgemaak word!
> ----Hoekom? Hoekom wil jy alles oorhê? Kan jy nie net sneuwel en in
> vrede doodgaan en jou ding gedoen het nie?

Ek wil juis nie alles OOR hê nie! - en dis ook nie wat ek gesê het nie! As
ek weer hierdie gemors moet oorhê, sou ek ek ook nie belangstel nie! Ek
het bloot 'n ander woord gebruik vir wat die Bybel "wedergeboorte" noem. Die
evangelie is 'n blye boodskap dat daar iets beter is as wat ons hier het! -
dat God alles nuut sal maak! - herskep! - vry van sonde en onreg.

> Dink jy nie jy dreig die
> mense af met die hel en die belofde van 'n ewige lewe nie? Is afdreiging
> en valse beloftes dan nie 'n sonde in jou boek nie?

Ek dreig niemand af met die hel en die hemel nie! Ek hêt nie en ek sêl ook
nie vir jou sê "Ek belowe jou die ewige lewe as jy glo" en "die hel as jy
nie glo nie". Ek sal wel vir jou sê: "God beloof in sy Woord die ewige lewe
aan dié wat in Hom glo en ewige verderf aan dié wat nie glo nie!" Dis nie
mý belofte of mý dreigement nie! - dis Gód se belofte en sý dreigement!

Dit is ook nie vir mý om te besluit of jy glo en of jy nie glo nie! - jy en
God alleen weet! Maar as jy sê jy glo, sal ek wel vir jou sê dat jou
gedrag jou woorde moet bevestig! - want 'n boom word aan sy vrugte geken!
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111276 is 'n antwoord op boodskap #111274] Wo, 04 Oktober 2006 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> As 'n haai my insluk, is ek binne 'n paar minute dood en binne 24-uur
> haai-mis wat uitgeskei word en spoedig in die water verdwyn! - poef! -
> weg! - niks oor nie! - terwyl die haai steeds oopbek met vlymskerp tande
> rondswem op soek na sy volgende happie!
>
> Nie 'n duidelike verskil tussen lewe en dood in die natuur nie? Ag nee,
> Gloudina, probeer weer.

Dis alleen omdat jy fataal ego-sentries glo dat jy
glo dat jy nou dood is wanneer die haai jou verslind.
Dis egter geheel onwetenskaplik, want al die atome
van jou lyf bestaan nog in een of ander vorm. En
volgens jou eie Christelike raamwerk, word jy
onmiddellik op die oomblik van jou fisiese dood
deel van 'n hemelse koninkryk. Dus, waar is die
dood, waar is sy angel? ( Ek quote nou uit jou
Christelike Bybel uit.) Natuurlik lyk dit vir jou,
in jou ego-gesentreerde fisiese bestaan, of daar
'n verskil is "in die natuur" tussen "lewe en dood."
Maar, as jy teologies binne jou Christelike
raamwerk bly, is die "Natuur" ook deel van God
en nie iets aparts van God nie. As jy glo dat
"die natuur" nou skielik apart bestaan van God,
sal ek jou weer 'n materialis noem.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111277 is 'n antwoord op boodskap #111267] Wo, 04 Oktober 2006 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> Het Darwin in God geglo?
> Het hy gesê God het lewe geskep en die ewolusie het volgens sy wil gebeur?

Man, Darwin was 'n wetenskaplike wat lewensvorms
bestudeer het en daaroor gerapporteer het. Net soos
duisende der duisende wetenskaplikes vandag
lewensvorms bestudeer, nuwe insigte kry en nuwe
ontdekkings maak. Wat Darwin belig het, word
vandag aangeneem as algemene kennis. Maar
nou wil julle hier in die een-en-twintigste eeu
nog vir hom kruisig, net soos hulle vir Savonarola
eeue gelede wou kruisig omdat hy verklaar het
dat die aarde om die son beweeg en nie anders
om nie.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111278 is 'n antwoord op boodskap #111275] Wo, 04 Oktober 2006 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote in message
news:eg07pv$21f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit was "daai 'delete' knoppie wat teen betaling aangebied word" van die
> Roomse Kerk - die aflaatbriewe! - wat Maartin Luther met één van sy 95
> stellinge bevraagteken het. 'n Reus in die wêreld- en kerkgeskiedenis
> stem dus met jou saam!!! Dis beslis nie deel van die Protestantse geloof
> nie!!!
----O ja? Wat sal jy sê van een van die bekendste predikante in SA wat in
my jare in Pretoria ek by my huis laat weghol het toe hy voorstel dat ek
soos die ander kerklede maak en 'n aftrekorder teken vir hulle boufonds dan
hoef hulle nie elke keer te kom soebat nie? Hy en sy kerk het ek so vinnig
in hulle moer in gestuur dat hy vandag nog wonder oor daai donker kol in sy
lewe......

Iemand wat dankbaar is vir wat God aan hom gegee het, het nie 'n probleem
om
> daardie tiende af te staan nie! Net 10% vrywillig teruggee aan die Een
> wat jou alles gegee het! - dis niks in vergelyking met wat die staat
> eenvoudig van jou VAT nadat hulle jou niks gegee het nie! Of hoe?
----Dis nou waar ek en jy verskil. Wat gee die kerk jou? Jy gee geld vir
die kerk omdat jy dankbaar is en hulle bou praalkerke, groot pastorië en
blink sale daarmee? Wat gee die staat vir jou belasting: Paaie om op te
ry, administrasie, lugdiens, treindiens, telefoondiens, verdediging,
nooddienste, ens.
>
>> Jy kan maar sondig, solank jy net askies sê, dan word jy vergewe. Jy
>> kan in die week jou buurvroue bykom, jou vrou slaan, in besigheid
>> verneuk,
>> net wat jy wil, solank jy net askies vra, dan word jy vergewe....onthou
>> tog net om jou geld in die boks te gooi hoor! Twak. As 'n mens
>> inherent goed is en goed lewe, het jy nie 'n kerk-etiket nodig om dit te
>> bewys nie.
>
> Dat jy maar kan sondig solank jy net askies sê, klink weereens na die
> Roomse teologie - die bieg! Dis beslis nie deel van die Geref. belydenis
> nie. Die Geref. belydenis sê soos die Bybel: Dat geen hoereerder,
> dronkaard, dief,
> rower, moordenaar, ens. die koninkryk van God sal beërwe nie! - tensy hy
> hom van sy sonde bekeer!
-----O, so as jy nou nekdiep in die stront is dan sorry, sorry jy en als is
vergewe solank jy dit net nie weer doen nie? Dis soos die mense met
doodstraf maak. Solank jy die ou in die tronk hou kan hy mos nie weer moor
nie en jou gewete is skoon? Kap af, kap af sê ek vir verkragters en rek sy
nek vir die moordenaars.
>
> Iemand wat in Christus glo, kan nie sy godsdiens in isolasie bedryf nie!
> Die kerk is "die liggaam van Christus" waarin die lede vir mekaar moet
> sorg. (1 Kor. 12) -----Dis wat die katalogus sê.....
>
> Dit klink soos Karl Marx se "pie in the sky for when you die" - opium vir
> die volk!
---Presies. Hoop vir die ou wat nie op sy eie bene kan bestaan nie en hoop
vir die ou wat sy eie drange nie kan beheer nie....en die ou wat ewig wil
lewe....vir wat?
>
> Dis nie die kerke wat die belofte van 'n ewige lewe maak nie - dis God!
> As ek nie in God en aan 'n beter lewe na hierdie een geglo het nie, was
> daar geen sin in die lewe nie! Dan kan mens maar netso wel 'n pistool
> teen die kop druk en 'n einde aan alles maak! - want hierdie lewe is op sy
> beste 'n gemors!
-----Sorry vir jou, maar ek lewe lekker. Ek het genoeg geld om dinge
gerieflik te maak, ek is elke dag van my lewe skeppend en elke naweek ry ek
in die mooiste natuur rond en neem die mooiste fotos. Ek geniet my lewe!

> Die punt is: Ek bou nie my geloof en lewe op die kerk en wat die
> kerkmense doen en van my eis nie! - ek vestig my geloof in God en my hoop
> op wat Hý aan my gee en beloof, en ek bou my lewe op wat Hý van my eis!
----Ek dink weer jy het dit nie nodig nie. As jy goed is en jy lewe 'n
skoon lewe, dan het jy nie 'n kruk nodig nie.
>
>>> Maar vir my bevestig hierdie droewe toestand net die waarheid van die
>>> Bybel,
---Soos JY dit vertolk, onthou dit!

> Ek wil juis nie alles OOR hê nie! - en dis ook nie wat ek gesê het nie!
As
> ek weer hierdie gemors moet oorhê, sou ek ek ook nie belangstel nie! Ek
> het bloot 'n ander woord gebruik vir wat die Bybel "wedergeboorte" noem.
> Die evangelie is 'n blye boodskap dat daar iets beter is as wat ons hier
> het! - dat God alles nuut sal maak! - herskep! - vry van sonde en onreg.
----Wondelik. Kom koop vir jou 'n huis op Utopia strand aan die Weskus en
leef in euforie vir die res van jou lewe? Wat is jy so sleg dat jou lewe
ook sleg is? Ek glo elke mens maak sy eie lewe en werk hom om tot hy hom
geniet. As jy dit nie kan doen nie, is daar iets verkeerd met jou.
>
> Ek dreig niemand af met die hel en die hemel nie! Ek hêt nie en ek sêl
> ook nie vir jou sê "Ek belowe jou die ewige lewe as jy glo" en "die hel as
> jy nie glo nie". Ek sal wel vir jou sê: "God beloof in sy Woord die ewige
> lewe aan dié wat in Hom glo en ewige verderf aan dié wat nie glo nie!"
> Dis nie mý belofte of mý dreigement nie! - dis Gód se belofte en sê
> dreigement!
----Toeg moet jy die aanvanklike storie glo om die belofde ook te glo? Jy
floreer op hoop, ek leef realiteit.
>
> Dit is ook nie vir mý om te besluit of jy glo en of jy nie glo nie! - jy
> en God alleen weet! Maar as jy sê jy glo, sal ek wel vir jou sê dat jou
> gedrag jou woorde moet bevestig! - want 'n boom word aan sy vrugte geken!
----Wat doen ek die hele tyd?
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111279 is 'n antwoord op boodskap #111256] Wo, 04 Oktober 2006 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

: As ek my reg
> herinner het die Calviniste filosowe en teoloë baie sterk kritiek op die
> werk van Teilhard de Chardin uitgespreek!
>
> Albert Schweitzer het 'n doktorsgraad in die teologie en een in die medisyne
> gehad! Hy was egter 'n liberale teoloog wat die Bybel (soos o.a. Bultman)
> gekritiseer en die historiese gedeeltes, veral die eerste hoofstukke van
> Genesis, as "mites en sages" beskou het wat ontmitologiseer moet word. Daar
> was ook 'n Karl Bart wat die Gereformeerdes beskuldig het dat hulle van die
> Bybel 'n "papierpous" maak,

Nou, daar het jy dit nou. In een hawerklap veroordeel
jy vir Schweitzer en Bultman en Karl Barth. Ongelukkig,
in my boek, skaar jy jou dus by 'n groep van mense
wat, soos Karl Barth sê, van "die Bybel" 'n papierpous
maak. En dan praat ons nie van die werklike Bybel nie,
maar van die Bybel-soos-dit-in-julle-koppe-bestaan.
Dus, julle wil dikteer wat "daarin staan" en wat "nie
daarin staan nie." En dis net daar waar julle begin
om driekwart van die mense in die wêreld koud te
laat. En onthou, dis gevaarlik om te dink dat jy
"weet wat in die Bybel staan," Die klomp NG
predikante het dit in die laaste halfeeu probeer
doen en nou sit hulle met die wonde wat hulle in
hulle eie voete geskiet het.

Gloudina
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111280 is 'n antwoord op boodskap #111279] Wo, 04 Oktober 2006 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111281 is 'n antwoord op boodskap #111277] Wo, 04 Oktober 2006 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Torreke skryf

> Het Darwin in God geglo?
> Het hy gesê God het lewe geskep en die ewolusie het volgens sy wil gebeur?

Man, Darwin was 'n wetenskaplike wat lewensvorms
bestudeer het en daaroor gerapporteer het. Net soos
duisende der duisende wetenskaplikes vandag
lewensvorms bestudeer, nuwe insigte kry en nuwe
ontdekkings maak. Wat Darwin belig het, word
vandag aangeneem as algemene kennis. Maar
nou wil julle hier in die een-en-twintigste eeu
nog vir hom kruisig, net soos hulle vir Savonarola
eeue gelede wou kruisig omdat hy verklaar het
dat die aarde om die son beweeg en nie anders
om nie.

Jy antwoord nie die vraag nie.
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111282 is 'n antwoord op boodskap #111278] Wo, 04 Oktober 2006 14:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Net toe ek dink dat mens dalk tog 'n sinvolle gesprek met jou kan hê...

Toemaar, soos jy sê: "Ik hebt gezegt!"

"Suidwester" [/color]
> "Torreke" wrote in message
> news:eg07pv$21f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dit was "daai 'delete' knoppie wat teen betaling aangebied word" van die
>> Roomse Kerk - die aflaatbriewe! - wat Maartin Luther met één van sy 95
>> stellinge bevraagteken het. 'n Reus in die wêreld- en kerkgeskiedenis
>> stem dus met jou saam!!! Dis beslis nie deel van die Protestantse geloof
>> nie!!!
> ----O ja? Wat sal jy sê van een van die bekendste predikante in SA wat
> in my jare in Pretoria ek by my huis laat weghol het toe hy voorstel dat
> ek soos die ander kerklede maak en 'n aftrekorder teken vir hulle boufonds
> dan hoef hulle nie elke keer te kom soebat nie? Hy en sy kerk het ek so
> vinnig in hulle moer in gestuur dat hy vandag nog wonder oor daai donker
> kol in sy lewe......
>
> Iemand wat dankbaar is vir wat God aan hom gegee het, het nie 'n probleem
> om
>> daardie tiende af te staan nie! Net 10% vrywillig teruggee aan die Een
>> wat jou alles gegee het! - dis niks in vergelyking met wat die staat
>> eenvoudig van jou VAT nadat hulle jou niks gegee het nie! Of hoe?
> ----Dis nou waar ek en jy verskil. Wat gee die kerk jou? Jy gee geld
> vir die kerk omdat jy dankbaar is en hulle bou praalkerke, groot pastorië
> en blink sale daarmee? Wat gee die staat vir jou belasting: Paaie om
> op te ry, administrasie, lugdiens, treindiens, telefoondiens, verdediging,
> nooddienste, ens.

>>> Jy kan maar sondig, solank jy net askies sê, dan word jy vergewe.
>>> Jy
>>> kan in die week jou buurvroue bykom, jou vrou slaan, in besigheid
>>> verneuk,
>>> net wat jy wil, solank jy net askies vra, dan word jy vergewe....onthou
>>> tog net om jou geld in die boks te gooi hoor! Twak. As 'n mens
>>> inherent goed is en goed lewe, het jy nie 'n kerk-etiket nodig om dit te
>>> bewys nie.

>> Dat jy maar kan sondig solank jy net askies sê, klink weereens na die
>> Roomse teologie - die bieg! Dis beslis nie deel van die Geref. belydenis
>> nie. Die Geref. belydenis sê soos die Bybel: Dat geen hoereerder,
>> dronkaard, dief,
>> rower, moordenaar, ens. die koninkryk van God sal beërwe nie! - tensy hy
>> hom van sy sonde bekeer!
> -----O, so as jy nou nekdiep in die stront is dan sorry, sorry jy en als
> is vergewe solank jy dit net nie weer doen nie? Dis soos die mense met
> doodstraf maak. Solank jy die ou in die tronk hou kan hy mos nie weer
> moor nie en jou gewete is skoon? Kap af, kap af sê ek vir verkragters en
> rek sy nek vir die moordenaars.

>> Iemand wat in Christus glo, kan nie sy godsdiens in isolasie bedryf nie!
>> Die kerk is "die liggaam van Christus" waarin die lede vir mekaar moet
>> sorg. (1 Kor. 12)
> -----Dis wat die katalogus sê.....

>> Dit klink soos Karl Marx se "pie in the sky for when you die" - opium vir
>> die volk!
> ---Presies. Hoop vir die ou wat nie op sy eie bene kan bestaan nie en
> hoop vir die ou wat sy eie drange nie kan beheer nie....en die ou wat ewig
> wil lewe....vir wat?

>> Dis nie die kerke wat die belofte van 'n ewige lewe maak nie - dis God!
>> As ek nie in God en aan 'n beter lewe na hierdie een geglo het nie, was
>> daar geen sin in die lewe nie! Dan kan mens maar netso wel 'n pistool
>> teen die kop druk en 'n einde aan alles maak! - want hierdie lewe is op
>> sy beste 'n gemors!
> -----Sorry vir jou, maar ek lewe lekker. Ek het genoeg geld om dinge
> gerieflik te maak, ek is elke dag van my lewe skeppend en elke naweek ry
> ek in die mooiste natuur rond en neem die mooiste fotos. Ek geniet my
> lewe!
>
>
>> Die punt is: Ek bou nie my geloof en lewe op die kerk en wat die
>> kerkmense doen en van my eis nie! - ek vestig my geloof in God en my hoop
>> op wat Hý aan my gee en beloof, en ek bou my lewe op wat Hý van my eis!
> ----Ek dink weer jy het dit nie nodig nie. As jy goed is en jy lewe 'n
> skoon lewe, dan het jy nie 'n kruk nodig nie.

>>>> Maar vir my bevestig hierdie droewe toestand net die waarheid van die
>>>> Bybel,
> ---Soos JY dit vertolk, onthou dit!
>
>> Ek wil juis nie alles OOR hê nie! - en dis ook nie wat ek gesê het nie!
> As
>> ek weer hierdie gemors moet oorhê, sou ek ek ook nie belangstel nie! Ek
>> het bloot 'n ander woord gebruik vir wat die Bybel "wedergeboorte" noem.
>> Die evangelie is 'n blye boodskap dat daar iets beter is as wat ons hier
>> het! - dat God alles nuut sal maak! - herskep! - vry van sonde en onreg.
> ----Wondelik. Kom koop vir jou 'n huis op Utopia strand aan die Weskus
> en leef in euforie vir die res van jou lewe? Wat is jy so sleg dat jou
> lewe ook sleg is? Ek glo elke mens maak sy eie lewe en werk hom om tot
> hy hom geniet. As jy dit nie kan doen nie, is daar iets verkeerd met
> jou.

>> Ek dreig niemand af met die hel en die hemel nie! Ek hêt nie en ek sêl
>> ook nie vir jou sê "Ek belowe jou die ewige lewe as jy glo" en "die hel
>> as jy nie glo nie". Ek sal wel vir jou sê: "God beloof in sy Woord die
>> ewige lewe aan dié wat in Hom glo en ewige verderf aan dié wat nie glo
>> nie!" Dis nie mý belofte of mý dreigement nie! - dis Gód se belofte en sê
>> dreigement!
> ----Toeg moet jy die aanvanklike storie glo om die belofde ook te glo?
> Jy floreer op hoop, ek leef realiteit.

>> Dit is ook nie vir mý om te besluit of jy glo en of jy nie glo nie! - jy
>> en God alleen weet! Maar as jy sê jy glo, sal ek wel vir jou sê dat jou
>> gedrag jou woorde moet bevestig! - want 'n boom word aan sy vrugte geken!
> ----Wat doen ek die hele tyd?
>
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111288 is 'n antwoord op boodskap #111276] Wo, 04 Oktober 2006 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote
> Dis alleen omdat jy fataal ego-sentries glo dat jy
> glo dat jy nou dood is wanneer die haai jou verslind.
> Dis egter geheel onwetenskaplik, want al die atome
> van jou lyf bestaan nog in een of ander vorm.

En die atome "lewe"?

Jy beskuldig my knaend dat ek "onwetenskaplik" is! - deel jy die Rhodes
dosent se idee oor wat "wetenskaplik" is? Wat is jou definisie van
"wetenskap" en "wetenskaplik"?

> En
> volgens jou eie Christelike raamwerk, word jy
> onmiddellik op die oomblik van jou fisiese dood
> deel van 'n hemelse koninkryk. Dus, waar is die
> dood, waar is sy angel?

Dis waar! Maar ons het gepraat van fisiese/biologiese lewe - nie van
geestelike/ewige lewe nie!

Die Bybel onderskei uitdruklik tussen die "fisiese lewe" en die "ewige
lewe", die "fisiese dood" en die "ewige dood" - al word ander terminologie
gebruik!

> ( Ek quote nou uit jou
> Christelike Bybel uit.)

Is dit nie ook joune nie?
Jy het nog nie Riaan se vraag beantwoord of jy 'n Christin is nie?

> Natuurlik lyk dit vir jou,
> in jou ego-gesentreerde fisiese bestaan, of daar
> 'n verskil is "in die natuur" tussen "lewe en dood."
> Maar, as jy teologies binne jou Christelike
> raamwerk bly, is die "Natuur" ook deel van God
> en nie iets aparts van God nie.

Die natuur is beslis nie deel van God nie! en niks binne my Christelike
geloof leer dit nie - nie die Bybel nie en ook nie die Gereformeerde
belydenisskrifte nie! Ek sê weer: Dit klink soos die Teīsme! - Of is dit
dalk Scientologie? - albei ideologieë wat baie beslis deur die Gereformeerde
teologie en filosofie
verwerp word.

> As jy glo dat
> "die natuur" nou skielik apart bestaan van God,
> sal ek jou weer 'n materialis noem.

Jy's welkom! Jou definisie van "materialis" en myne is blykbaar nie
dieselfde nie.
Re: Torreke en sy werk..... [boodskap #111289 is 'n antwoord op boodskap #111288] Wo, 04 Oktober 2006 14:49 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Torreke skryf

> En die atome "lewe"?

Jy verval alweer in jou eie amper onwetenskaplike
standpunte wat 'n filosofiese skeiding maak tussen
dit wat "lewe" en dit wat "dood" is. Dis daarom dat
jy bostaande vraag kan vra. In die laaste analise,
soos ek die moderne wetenskap verstaan, is die
werklike aksie eintlik op die vlak van die atome
en die neutrone en die protone en al dié soort
dinge.

Gloudina
Vorige onderwerp: Hoe (ondersteun) vry en/of regverdig, Vooruitstrewend, wil Gloudina hê, Inter-godsdienstig-iane ( (L
Volgende onderwerp: Re: How many Rubicons does Pres. T Mbeki have to cross ? Contribution
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:21:41 MGT 2024