Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99216 is 'n antwoord op boodskap #99200] Do, 07 Oktober 2004 10:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Vanwaar kom tannie nou? Die buddhis glo dan dat jy in jouself perfektheid
> bereik, of die sogenaamde "buddha-natuur". Tannie verwar alweer "geloof in
> Christus" met naasteliefde. Al is naasteliefde deel deel van die konsep, it
> dit 'N LEWENSWYSE WAT VLOEI UIT JOU REDDING DEUR CHRISTUS - NIE ANDERSOM
> NIE!

Hier het jy dit weer. Jy het jou eie interpretasie van
Buddhisme, en dan borduur jy daarop voort. Ek herhaal
weer. Dis eers deur my aanraking met die erns wat
Buddhiste bring na die praktyk van in wat hulle glo dat
ek besef het hoe maklik Christene net kan praat en
nie doen wat daar in die Nuwe Testament van hulle
gevra word nie. En wat dit beteken om "in die beeld
van Christus" te glo.

Gloudina
Re: Plato - Re: VSA debat [boodskap #99217 is 'n antwoord op boodskap #99201] Do, 07 Oktober 2004 10:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ons moet maar versigtig wees om te oordeel, of hoe? Is tannie perfek?
>
> Daar is geen Christen wat jou sal vertel dat hy perfek is nie. 'n "Hoer in
> die kar" is net so goed soos iemand wat vloek, haat, begeer.
> John 8:7
> When they kept on questioning him, he straightened up and said to them, "If
> any one of you is without sin, let him be the first to throw a stone at
> her."

Ek het geen fout te vind met die hoer in die kar nie.
(Ek hoop net sy is goed betaal vir die diens wat sy
lewer.) Maar ek het fout te vind met Jimmy Swaggart
wat op en af huppel op een been en in tale praat met
die een kant van sy mond, en almal veroordeel wat
nie soos hy dink nie, en wat dan ook maar dieselfde
ou paadjie loop as wat ander loop. Skynheiligheid
is vir my 'n "sonde." Seks is vir my nie sonde nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99218 is 'n antwoord op boodskap #99203] Do, 07 Oktober 2004 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan"skryf

> WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
> verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
> gehoor het. Mense
> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?

Ok. Dus werk jy in die noue konteks van net al die mense
"wat al van Christus gehoor het." Nou hoekom hoor ek
aanmekaar hoe jy pontifikeer oor al die ander gelowe in
die wêreld en hoe hulle die kluts kwyt is.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99219 is 'n antwoord op boodskap #99204] Do, 07 Oktober 2004 11:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Maar "god" in die buddha-konteks is die self en dit is skrikwekkend. Jesus
> in die Christen-konteks is mensgeworde God, beide God en mens in een Wese.
> Die GROOT verskil tussen hoe ons dink en glo is dat tannie dink tannie is
> god, kan strewe na volmaaktheid en êrens in die verre toekoms, bereik tannie
> die volmaaktheid. As mens? Komaan!!!

En ek herhaal weer. Jy het jou eie foutiewe interpretasie
van Buddhisme, en dan borduur jy daarop voort. Ek
herhaal weer. Die buddhis glo nie in 'n "self" nie. Die
sogenaamde "self" of "siel" (wat die Hindoe atman noem)
is net 'n egoistiese obskurasie wat die staat van samsara
vooroorsaak.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99220 is 'n antwoord op boodskap #99204] Do, 07 Oktober 2004 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Ek kan nooit stel dat ek volmaak op aarde
> is nie, ek is slegs vergewe. Maar in god se oë is ek wel volmaak, danksy Sy
> Seun Jesus.

Die swaartepunt in jou "geloof" is dus vergiffenis. Maar in
die volgende asem praat jy van hoe "in god se oë" jy wel
volmaak is, spoken like a true buddhist.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99221 is 'n antwoord op boodskap #99206] Do, 07 Oktober 2004 11:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus NIE
> verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
> gehoor het. Mense
> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?

OK. So as ek die volgende keer hoe jy "ander gelowe"
veroordeel, dan moet ek maar net dink jy yl.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99222 is 'n antwoord op boodskap #99207] Do, 07 Oktober 2004 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> So dit is vir tannie die dood-sonde, die regverdiging van apartheid? Vloek,
> haat, hoerery, begeer en so aan en so aan is maar almal sondes. Veroordeel
> tannie dan die predikante?

Ek veroordeel die skynheiligheid van daardie
predikante. Skynheiligheid is vir my een van
die grootste "sondes." Hoerery is vir sover
dit my aangaan, nie 'n sonde nie. Vloek hou
ek nie van nie. Haat sou ek as 'n "sonde"
bestempel. "Begeer" met die betekenis van
iets wil hê is volgens die Buddhis die wortel
van die kwaad. Dit word ook in die Tien
Gebooie aangedui as 'n "sonde."

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99223 is 'n antwoord op boodskap #99209] Do, 07 Oktober 2004 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Natuurlik sluk tannie dit moeilik, dit is nie prakties nie. Ek is seker
> boos is bly as tannie nie in boos glo nie.

Dit help nie om cute met my te wees nie.
Veral nie as mens oor demone praat nie. Jy is tog seker
bewus van die feit dat jy en jou opinies van "demone"
jou bietjie buite die tradisionele Protestantse Christelike
denke plaas? Dat jy hier meer kontak het met daardie
deel van die Katolieke Kerk wat nog glo in die praktyk
van exorcism. Ek vind geen fout daarmee nie. Dit is
vir effe middeleeus. Maar as die metodes van exorcism
werk, dan is dit ook goed om dit te gebruik. Alles is
in the mind. Dit is wat die Buddhis glo. Ons is geestelike
wesens.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99225 is 'n antwoord op boodskap #99214] Do, 07 Oktober 2004 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:mv2dna3W8s_4hPjcRVn-hw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Net omdat tannie
>> die "een big happy family" teorie verstaan, beteken nie dat dit die regte
>> weg is nie. dit maak my eintlik hartseer, dat mens slegs kan glo in dit
> wat
>> jy verstaan.
>> Ek oordeel nie. Nog nie een keer nie. Natuurlik is daar baie wonings.
>> Maar sê die Byel dat daar baie wonings is vir alle gelowe. NEE. Sê Jesus
>> dat Hy die enigste weg is. JA.

>> Kom nou tannie. As ons dan nie kan saamstem nie, laat ons ophou om in
>> sirkels te draai.
>
> Dis jy wat hierdie "one big happy family" teorie as 'n rookskerm
> gebruik om my te kritiseer. Dit het niks te maak met one happy
> family nie. Dit het te maak met 'n teologiese punt. Ons is óf kinders
> van God, in sy beeld geskape, maar gevalle wanneer ons toelaat
> dat egoistiese obskurasies ons christus-natuur, ons buddha-nature
> bedek. Jy daarenteen glo dat ons sondig gebore is en net deur
> die genade van Christus "gered" kan word. Dit is baie na aan die
> tradisionele Christelike leringe, en ek vind daar geen fout by nie.
> Waarmee ek wel fout vind, is wat jy sê oor "ander gelowe."

Tannie, tannie kan juis nie fout daarby vind nie. Dit is wat ek glo.
Daarom moet tannie dalk sê tannie stem nie saam nie. Ek kan ook stof opskop
en sê ek vind tannie se geloofsiening foutief, maar dit is tog wat tannie
glo! Net die vergelyking van 'n Christus-natuur met 'n buddha-natuur druis
heeltemal in teen dit wat ek glo. Hoe kan ek 'n buddha-natuur aanvaar as ek
glo Christus is die Weg?

> As Jesus sê dat Hy die enigste weg is, dan verstaan ek iets anders
> daaronder, as dat hy sê dat "ander gelowe" die kluts kwyt is.
> Onthou, toe die geskiedkundige Jesus gepreek het, was daar nie
> eens soiets soos 'n Christelike geloof nie.

Onsin! Christus is oor en oor in die OT voorspel. Christus het die
geslagte lam van die OT vervang. Dus is dit deel van die Christelike
geloof. En net terloops, wat bedoel tannie met "geskiedkundige Jesus"? Is
daar dan 'n ander Jesus vir tannie?

> Jesus het vanuit die
> Joodse konteks gepraat. Waaroor hy gepraat het, was moreel
> en eties en teologies gegrond.

Weer onsin. Waaroor Hy gepraat het was gegrond in God die Drie-eenheid, nie
'n algemene god nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99227 is 'n antwoord op boodskap #99215] Do, 07 Oktober 2004 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:mJ-dnS-kAul_gPjcRVn-gw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Tannie se verlossing is iets wat jy as mens bereik. Iets wat jy as mens
> kan
>> verklaar. Die verlosser is vir die buddhis die self. En dit is waar ons
>> hemelsbreed verskil. Hoe kan 'n onvolmaakte mens homself red?

>> Hebrews 4:15
>> For we do not have a high priest who is unable to sympathize with our
>> weaknesses, but we have one who has been tempted in every way, just as we
>> are-yet was without sin.

>> Ek kan eenvoudig nie saamstem dat ons as mense onsself kan red nie.
>> Punt.
>
> Die Buddhis glo nie in 'n "self" of 'n "siel" nie. Jy interpreteer
> Buddhisme vir jouself as dat mens besig is om jouself te red,
> en dan borduur jy op daardie verkeerde trant voort. Die
> buddhis glo dat ons, in Christelike referensieterme, kinders
> van God is, in God se beeld geskape is, en "gered" kan word
> wanneer al die obskurasies van die ego wegval. Jy, as mens
> na die aanhaling hierbo kyk, glo dat die mens in sonde gebore
> is en 'n hoëpriester nodig het wat vir jou moet voorstand doen
> by "God, " juis "omdat hy sonder sonde is." Dis teologies
> twee verskillende standpunte. Die buddhis, en baie Christelike
> denke, is gebaseer op die feit dat ons "in God se beeld geskape
> is." En dat die weg terug na dié suiwer beeld die weg van die
> liefde ( Grieks caritas, Sanskrit boddhicitta) is.

Onsin - watter Christene glo dat die weg na die suiwer beeld deur liefde
gebeur? Christelike denke = denke gebaseer op Christus, nie liefde alleen
nie.

> Jy daarteenoor
> sit jou geld op die hoëpriester- "wat sonder sonde"- is- idee.
> Jou aksent is op die sonde/ sonder sonde dinamiek.

Sonde maak jou onvolmaak. God is volmaak, dus kan ek nie tot Hom nader as
sondige mens nie.

> My
> aksent is op die liefde/versaking van die liefde dinamiek.

'n Menslike werk!!

> Dis twee verskillende standpunte. Joune is baie nader aan
> die ou Judaistiese denke, waar daar nog 'n hoëpriester is
> wat intersessie moet doen vir jou. Myne is baie meer
> nuwe testamenties en gegrond op stukke soos I Kor. 13.

Regtig? I Kor. 13 staan inkonteks van Christuds, nie algemeen nie!!

Sjoe tannie, ons praat regtig bymekaar verby. Die aanhaling

Hebrews 4:15
For we do not have a high priest who is unable to sympathize with our
weaknesses, but we have one who has been tempted in every way, just as we
are-yet was without sin.

verwys na die OT hoëpriester, in konteks geplaas vir die Jode. Jesus het
dus hierdie hoëpriester vervang. Natuurlik moet Hy vir my sondes intree,
maar as God ennie as mens nie. Liefde is verskriklik belangrik, maar dit is
'n WERK, nie 'n geloof nie!!!!!!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99228 is 'n antwoord op boodskap #99216] Do, 07 Oktober 2004 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:9MWdnRf_F8X1gvjcRVn-gQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Vanwaar kom tannie nou? Die buddhis glo dan dat jy in jouself
>> perfektheid
>> bereik, of die sogenaamde "buddha-natuur". Tannie verwar alweer "geloof
> in
>> Christus" met naasteliefde. Al is naasteliefde deel deel van die konsep,
> it
>> dit 'N LEWENSWYSE WAT VLOEI UIT JOU REDDING DEUR CHRISTUS - NIE ANDERSOM
>> NIE!
>
> Hier het jy dit weer. Jy het jou eie interpretasie van
> Buddhisme, en dan borduur jy daarop voort. Ek herhaal
> weer. Dis eers deur my aanraking met die erns wat
> Buddhiste bring na die praktyk van in wat hulle glo dat
> ek besef het hoe maklik Christene net kan praat en
> nie doen wat daar in die Nuwe Testament van hulle
> gevra word nie. En wat dit beteken om "in die beeld
> van Christus" te glo.

NEE - ek glo nie in die "beeld van Christus" nie. Ek wonder of enige
Christen in die "beeld van Christus" glo. Christene glo in Jesus se
verlossing as Seun van God en dat ons wel Sy voorbeeld daarna moet volg.
Deur net Sy voorbeeld van goeie dade en liefde te volg alleen, bring my
nêrens.

Ek dink weer dis baie maklik om te sê en glo dat ek net my egoistiese self
moet oorwin, dan is ek OK. Ek glo dis onsin, dit is gebaseer op my
vermoëns as mens. Wat skokkend tekort skiet. Geloof in Christus is
gebaseer in Hom en ek as mens word deur Hom nuut gemaak, NIE deur myself
NIE. Moeilik om te verstaan dat God mens kon word en toe kan laat dat Sy
eie skepping Hom kruisig, maar dit is die fantastiese wondelikheid.

Basjan
Re: Plato - Re: VSA debat [boodskap #99229 is 'n antwoord op boodskap #99217] Do, 07 Oktober 2004 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:GbCdnd3bHsoZvfjcRVn-ig@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ons moet maar versigtig wees om te oordeel, of hoe? Is tannie perfek?

>> Daar is geen Christen wat jou sal vertel dat hy perfek is nie. 'n "Hoer
> in
>> die kar" is net so goed soos iemand wat vloek, haat, begeer.
>> John 8:7
>> When they kept on questioning him, he straightened up and said to them,
> "If
>> any one of you is without sin, let him be the first to throw a stone at
>> her."
>
> Ek het geen fout te vind met die hoer in die kar nie.
> (Ek hoop net sy is goed betaal vir die diens wat sy
> lewer.) Maar ek het fout te vind met Jimmy Swaggart
> wat op en af huppel op een been en in tale praat met
> die een kant van sy mond, en almal veroordeel wat
> nie soos hy dink nie, en wat dan ook maar dieselfde
> ou paadjie loop as wat ander loop. Skynheiligheid
> is vir my 'n "sonde." Seks is vir my nie sonde nie.

Ja, hy het gesondig, maar nou veroordeel tannie hom daaroor? En dit van
tannie wat volkome liefde predik. Tannie wat sê tannie moet die egoistiese
self wegmaak. Is dit nie egoisties om te voel dat Swaggart skynheilig is
nie? Dit kom tog daarop neer dat tannie kan besluit wat reg en verkeerd is
en watter dinge meer verkeerd as ander dinge is. Dit plaas tannie weer in
die "driver seat" - 'n egois....

Maklik om 'n klip te gooi, maar moeilik om een te ontvang.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99230 is 'n antwoord op boodskap #99218] Do, 07 Oktober 2004 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:lYmdnRIWCOqkvPjcRVn-rg@rogers.com...
>
> "Basjan"skryf
>
>> WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus
> NIE
>> verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
>> gehoor het. Mense
>> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
>
> Ok. Dus werk jy in die noue konteks van net al die mense
> "wat al van Christus gehoor het." Nou hoekom hoor ek
> aanmekaar hoe jy pontifikeer oor al die ander gelowe in
> die wêreld en hoe hulle die kluts kwyt is.

Tannie praat of onsin, of lees verkeerd, of lees nie alles nie. Ek GLO
slegs dat ander gelowe die kluts kwyt is as 'n persoon in daardie geloof
Jesus verwerp het. VERSTAAN 'n oomblik: Ek glo so. Tannie kan dit
sekerlik aanvaar? Tannie glo weer ander gelowe is ook maar oraait. Dit is
tannie se reg, al stem ek nie saam nie.

Weereens: Hoekom vind mens dat Christene veroordeel word oor hulle geloof
en siening? Is dit nie toelaatbaar dat elke mens sy geloof kan uitleef nie?
Aanvaar tannie, aanvaar...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99231 is 'n antwoord op boodskap #99219] Do, 07 Oktober 2004 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:vv6dnZO4HOlyv_jcRVn-sQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Maar "god" in die buddha-konteks is die self en dit is skrikwekkend.
> Jesus
>> in die Christen-konteks is mensgeworde God, beide God en mens in een
>> Wese.
>> Die GROOT verskil tussen hoe ons dink en glo is dat tannie dink tannie is
>> god, kan strewe na volmaaktheid en êrens in die verre toekoms, bereik
> tannie
>> die volmaaktheid. As mens? Komaan!!!
>
> En ek herhaal weer. Jy het jou eie foutiewe interpretasie
> van Buddhisme, en dan borduur jy daarop voort. Ek
> herhaal weer. Die buddhis glo nie in 'n "self" nie. Die
> sogenaamde "self" of "siel" (wat die Hindoe atman noem)
> is net 'n egoistiese obskurasie wat die staat van samsara
> vooroorsaak.

Nog steeds scary. Die buddhis glo m.a.w. as ek die obskurasie kan wegwerk,
is ek god. Wow!! M.a.w. mens word god. So 'n mens word volmaak as god,
deur self sy obskurasie weg te werk. Dus is dit wel vanuit die self. Dit
kom juis op "redding" vanuit menslike vermoëns neer: Ek glo net eenvoudig
nie heriaan nie

Net Jesus se genade en geloof in Hom kan my red.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99232 is 'n antwoord op boodskap #99220] Do, 07 Oktober 2004 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:q9edne-d1eI9vvjcRVn-oQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>
> Ek kan nooit stel dat ek volmaak op aarde
>> is nie, ek is slegs vergewe. Maar in god se oë is ek wel volmaak, danksy
> Sy
>> Seun Jesus.
>
> Die swaartepunt in jou "geloof" is dus vergiffenis. Maar in
> die volgende asem praat jy van hoe "in god se oë" jy wel
> volmaak is, spoken like a true buddhist.

Tannie praat twak en ek vermoed tannie weet dit. Tannie kan nie my punt
ontlont deur my sonder aanspraak en rede met tannie se siening te vergelyk
nie. My volmaaktheid in God se oë is gebaseer alleen in Jesus. So maklik
soos dit. Glo 'n "true buddhist" dit? Asseblief, wees redelik.

Tannie se punte raak vaag en veralgemenend - wie is die buddhis se god?
Antwoord dit asseblief?

Ek is slegs volmaak vanuit God se oogpunt deurdat Hy na my deur Jesus se
verlossing te kyk. Wat in die bloue hemele het dit met buddhisme te doen?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99233 is 'n antwoord op boodskap #99221] Do, 07 Oktober 2004 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:utKdnT1jCdqlufjcRVn-jQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> WEER 'N KEER: Gaan lees al my poste: Ek glo dat slegs mense wat Christus
> NIE
>> verwerp NIE, gered word. "Verwerp" impliseer dat jy al van Jesus moes
>> gehoor het. Mense
>> wat nooit van Hom gehoor het nie, wie is ek om te sê wat van hulle word?
>
> OK. So as ek die volgende keer hoe jy "ander gelowe"
> veroordeel, dan moet ek maar net dink jy yl.

Tannie Gloudina, tannie raak nou destruktief. Ek het op geen plek ander
gelowe veroordeel nie. EK OORDEEL NIE!!! Ek stel slegs wat ek glo en wat
die Bybel sê.

As tannie se skietgoed op is, tree met grasie uit die gesprek.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99234 is 'n antwoord op boodskap #99222] Do, 07 Oktober 2004 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:isednZnPNInNuPjcRVn-pg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> So dit is vir tannie die dood-sonde, die regverdiging van apartheid?
> Vloek,
>> haat, hoerery, begeer en so aan en so aan is maar almal sondes.
> Veroordeel
>> tannie dan die predikante?
>
> Ek veroordeel die skynheiligheid van daardie
> predikante.

So tannie veroordeel wel, terwyl tannie aan almal voorsê dat daar nie
veroordeel mag word nie? Klassiek, tannie, klassiek...

> Skynheiligheid is vir my een van
> die grootste "sondes."

So tannie besluit watter sondes groot en klein is as buddhuis-god?

> Hoerery is vir sover
> dit my aangaan, nie 'n sonde nie. Vloek hou
> ek nie van nie. Haat sou ek as 'n "sonde"
> bestempel. "Begeer" met die betekenis van
> iets wil hê is volgens die Buddhis die wortel
> van die kwaad. Dit word ook in die Tien
> Gebooie aangedui as 'n "sonde."

So as ek in die vervolg wonder wat reg en verkeerd is, is tannie die regte
bron? Hmmm, ja. Ek dink ek stick maar liewer by wat God besluit is reg en
verkeerd.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99235 is 'n antwoord op boodskap #99223] Do, 07 Oktober 2004 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Dd-dnUlgC8-AuvjcRVn-uQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Natuurlik sluk tannie dit moeilik, dit is nie prakties nie. Ek is seker
>> boos is bly as tannie nie in boos glo nie.
>
> Dit help nie om cute met my te wees nie.

Kom nou tannie, dink tannie regtig dat die duiwel omgee dat iemand nie in
hom glo nie? Dit is die perfekte skuiling.

> Veral nie as mens oor demone praat nie. Jy is tog seker
> bewus van die feit dat jy en jou opinies van "demone"
> jou bietjie buite die tradisionele Protestantse Christelike
> denke plaas?

Waar die gesprek begin het, dat die gewone kerk nie demone bespreek nie. Is
die sirkel uieindelik voltooi?

Dat jy hier meer kontak het met daardie
> deel van die Katolieke Kerk wat nog glo in die praktyk
> van exorcism. Ek vind geen fout daarmee nie. Dit is
> vir effe middeleeus. Maar as die metodes van exorcism
> werk, dan is dit ook goed om dit te gebruik. Alles is
> in the mind. Dit is wat die Buddhis glo. Ons is geestelike
> wesens.

En is daar slegs 'n spul "goeie geeste"? Ek vind dit kortsigtig om ons as
geestelike wesens te bestempel en kwansuis te aanvaar dat enige iets wat
soos 'n bose gees lyk, as "in the mind" te verklaar. Baie gemaklik...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99236 is 'n antwoord op boodskap #99225] Do, 07 Oktober 2004 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan skryf

Hoe kan ek 'n buddha-natuur aanvaar as ek
> glo Christus is die Weg?

Mag ek jou weer daaraan herinner dat Buddha omtrent
vyfhonderd jaar voor Christus gelewe het, en dat daar
schools of thought is wat sê dat invloed van die Ooste
die denke van die Middelooste beinvloed het en hierdie
skeuring veroorsaak het in die Judaistiese denke, wat
die "Christelike" afskeiding tot gevolg gehad het. Onthou,
Alexander die Grote, wat net 'n honderd jaar of so na
Sakyamuni Buddha gelewe het ( waar Sakyamuni 'n skeuring in
die Hindoe-denke veroorsaak het) het uiteindelik
regeer oor 'n koninkryk wat gestrek het van Griekeland
in die weste, tot by die Indus vallei. Die sogenaamde
Uddyana, wat die Buddhiste glo die bakermat van
Buddhisme was, was dus heelwaarskynlik gedurende
die tyd van Alexander die Grote 'n Griekse provinsie.
( Dis ongeveer waar Afghanistan en Pakistan vandag
is.)
Jy moet ook in ag neem dat die tradisionele Christelike
denke oor "God" as entiteit hewig beinvloed was deur
die neo-platoniese Griekse denke ( wat op sy beurt
beinvloed kon gewees het deur Hindoeisme), terwyl
die rol van Christus as "saligmaker" en "Messias" kom
uit die Judaisme. Dan is dit nog 'n feit dat dit wat jy
die "Bybel" noem eintlik die uiteindelike produk is van
keuses is wat gemaak is deur Sinodes van die vroeë
kerk, en dat daar baie apokriewe boeke is wat verban
is uit die kanon van die kerk.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99237 is 'n antwoord op boodskap #99227] Do, 07 Oktober 2004 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Onsin - watter Christene glo dat die weg na die suiwer beeld deur liefde
> gebeur? Christelike denke = denke gebaseer op Christus, nie liefde alleen
> nie.

Ek verwys jou weer na I Kor. 13.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99238 is 'n antwoord op boodskap #99236] Do, 07 Oktober 2004 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:l5-dnYgkuK9iq_jcRVn-sg@rogers.com...
>
> "basjan skryf
>
> Hoe kan ek 'n buddha-natuur aanvaar as ek
>> glo Christus is die Weg?
>
> Mag ek jou weer daaraan herinner dat Buddha omtrent
> vyfhonderd jaar voor Christus gelewe het, en dat daar
> schools of thought is wat sê dat invloed van die Ooste
> die denke van die Middelooste beinvloed het en hierdie
> skeuring veroorsaak het in die Judaistiese denke, wat
> die "Christelike" afskeiding tot gevolg gehad het.

Asseblief! Die Christelike "afskeiding" is gebaseer op juis die Persoon wat
die woord impliseer, Christus.

Onthou,
> Alexander die Grote, wat net 'n honderd jaar of so na
> Sakyamuni Buddha gelewe het ( waar Sakyamuni 'n skeuring in
> die Hindoe-denke veroorsaak het) het uiteindelik
> regeer oor 'n koninkryk wat gestrek het van Griekeland
> in die weste, tot by die Indus vallei. Die sogenaamde
> Uddyana, wat die Buddhiste glo die bakermat van
> Buddhisme was, was dus heelwaarskynlik gedurende
> die tyd van Alexander die Grote 'n Griekse provinsie.
> ( Dis ongeveer waar Afghanistan en Pakistan vandag
> is.)
> Jy moet ook in ag neem dat die tradisionele Christelike
> denke oor "God" as entiteit hewig beinvloed was deur
> die neo-platoniese Griekse denke ( wat op sy beurt
> beinvloed kon gewees het deur Hindoeisme), terwyl
> die rol van Christus as "saligmaker" en "Messias" kom
> uit die Judaisme.

Tannie, mens kan feite aanhaal tot jy blou is in die gesig, Christus is die
basis van die Christelike geloof, nie een of ander obskure moontlike invloed
van een of ander persoon of wêrelddeel nie. Deur so 'n spul feite te
kwoteer gee tannie voor asof Christenskap sy wortels in ander gelowe of
denke as Christus en God-drie-enig het. Ek verskil 180°...

> Dan is dit nog 'n feit dat dit wat jy
> die "Bybel" noem eintlik die uiteindelike produk is van
> keuses is wat gemaak is deur Sinodes van die vroeë
> kerk, en dat daar baie apokriewe boeke is wat verban
> is uit die kanon van die kerk.

Wel waar, maar weerspreek die boeke mekaar oor Christus se Wese? Die Bybel
besit tog op di ou einde die kern van dit wat Christene as waarheid glo.
Soos ek al gesê het, mens kan aan die Bybel wegkerf en interpreteer, maar
die sentrale boodskap staan rotsvas, die van Jesus as Verlosser.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99239 is 'n antwoord op boodskap #99228] Do, 07 Oktober 2004 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Christene glo in Jesus se
> verlossing as Seun van God en dat ons wel Sy voorbeeld daarna moet volg.
> Deur net Sy voorbeeld van goeie dade en liefde te volg alleen, bring my
> nêrens.

Wanneer jy praat as Jesus as "seun van God" dan
kan ek vir jou vertel dat jy net ander idiome gebruik
vir presies dit wat die buddhis glo. Maar jou begeerte
om te glo dat jy alleen die antwoord het en dat ander
verkeerd is, beroof jou van die kans om werklik te
besin wat dit beteken dat "Jesus die seun van God"
is, en dat ons almal "die kinders van God" is. Jy predik
dus eintlik 'n soort van 'n skeiding tussen die donker
en die lig, wat wys op 'n skeuring wat diep in die
godsdienste van die middelooste was in die eeue
net voor die geboorte van Christus.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99240 is 'n antwoord op boodskap #99237] Do, 07 Oktober 2004 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:upudnXjFn4roqvjcRVn-gg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Onsin - watter Christene glo dat die weg na die suiwer beeld deur liefde
>> gebeur? Christelike denke = denke gebaseer op Christus, nie liefde
> alleen
>> nie.
>
> Ek verwys jou weer na I Kor. 13.

Tannie - raak tannie moeg? I Kor 13 is deur Paulus gepen, deur God
geinspireer. Dit volg na Jesus se verlossingswerk, nie voor dit nie. Jy
word eers gered, dan volg jou werke (liefde)!!!!!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99241 is 'n antwoord op boodskap #99228] Do, 07 Oktober 2004 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

>> Ek dink weer dis baie maklik om te sê en glo dat ek net my egoistiese
self
> moet oorwin, dan is ek OK. Ek glo dis onsin, dit is gebaseer op my
> vermoëns as mens.

En jy probeer weer voorgee dat jy weet wat aangaan
in die Buddhisme. En ek stel voor dat as jy 'n ernstige
studie maak van wat die Buddhisme werklik van praat
en doen, dat dit jou Christelike geloof sal versterk.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99242 is 'n antwoord op boodskap #99239] Do, 07 Oktober 2004 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:2sudnYpKwabSpPjcRVn-tg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Christene glo in Jesus se
>> verlossing as Seun van God en dat ons wel Sy voorbeeld daarna moet volg.
>> Deur net Sy voorbeeld van goeie dade en liefde te volg alleen, bring my
>> nêrens.
>
> Wanneer jy praat as Jesus as "seun van God" dan
> kan ek vir jou vertel dat jy net ander idiome gebruik
> vir presies dit wat die buddhis glo.

Ag tannie. dit is dalk die kern van ons misverstand. Tannie glo dat na
Jesus as 'n idoom verwys kan word. Ek glo aan net een Jesus en net een
verlossingswerk deur die een Jesus. Ek kan nie 'n menslike maaksel as
idioom voorstel nie, dan maak ek 'n afgod.

Maar jou begeerte
> om te glo dat jy alleen die antwoord het en dat ander
> verkeerd is, beroof jou van die kans om werklik te
> besin wat dit beteken dat "Jesus die seun van God"
> is, en dat ons almal "die kinders van God" is.

Wat verstaan tannie nie? Dat Jesus God is? Dat Jesus God se Seun is? Dat
Jesus ook mens geword het? Dat Jesus vir my sondes gesterf het?

Hoe "interpreteer" tannie die tipe stellinge, hoe maak tannie dit vir tannie
pas?

Jy predik
> dus eintlik 'n soort van 'n skeiding tussen die donker
> en die lig, wat wys op 'n skeuring wat diep in die
> godsdienste van die middelooste was in die eeue
> net voor die geboorte van Christus.

M.a.w. daar is God 3-enig, en daar is die res. Die res waarvan ek praat,
glo ek is 'n klomp verskillende versinsels om jou van die waarheid weg te
hou (afgode) ...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99243 is 'n antwoord op boodskap #99241] Do, 07 Oktober 2004 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:_qqdnfItueWwp_jcRVn-qQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>>> Ek dink weer dis baie maklik om te sê en glo dat ek net my egoistiese
> self
>> moet oorwin, dan is ek OK. Ek glo dis onsin, dit is gebaseer op my
>> vermoëns as mens.
>
> En jy probeer weer voorgee dat jy weet wat aangaan
> in die Buddhisme. En ek stel voor dat as jy 'n ernstige
> studie maak van wat die Buddhisme werklik van praat
> en doen, dat dit jou Christelike geloof sal versterk.

Help my reg, moenie my net slegsê nie. Hoe kom die buddhis by sy god uit?
Deur sy eie oefening? Deur iemand/iets se hulp? Ek luister graag...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99244 is 'n antwoord op boodskap #99238] Do, 07 Oktober 2004 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Deur so 'n spul feite te
> kwoteer gee tannie voor asof Christenskap sy wortels in ander gelowe of
> denke as Christus en God-drie-enig het

En as jy nou eers met die kwessie van drie-enigheid
begin, dan kan ek begin met die kwessie van die
dharmakaya, sambogakaya en nirmanakaya en dan
kan ons argumenteer totdat ons albei blou in die
gesig is. Ek stel voor dat jy behoort dieper in te
studeer in die teologiese wortels van die sogenaamde
Christelike geloof. Die konsep van "God" en die
drie-eenheid van God, kom uit die Griekse rigting.
Die konsep van Christus as die Messias kom van
die Judaisme af. Daar is niks mee verkeerd om in
hierdie raamwerk te glo nie. Daar is niks verkeerd
om Christus te sien as Redder nie. Moet net nie
dink dat jy alle ander manier om geestelik te
lewe en gewortel te wees kan veroordeel as
"verkeerd" nie. As Tutu en die Dalai Lama lekker
langs mekaar kan sit en weet dat hulle eintlik om
dieselfde vuur sit, wie is jy om jou neus op te
trek.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99245 is 'n antwoord op boodskap #99242] Do, 07 Oktober 2004 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Tannie glo dat na
> Jesus as 'n idoom verwys kan word

Sien jy watter taktieke jy gebruik om
aan te val?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99246 is 'n antwoord op boodskap #99242] Do, 07 Oktober 2004 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

>
> Wat verstaan tannie nie? Dat Jesus God is? Dat Jesus God se Seun is? Dat
> Jesus ook mens geword het?

Die vraag is, weet jy wat dit
beteken. Dat Jesus God is.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99247 is 'n antwoord op boodskap #99243] Do, 07 Oktober 2004 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Help my reg, moenie my net slegsê nie. Hoe kom die buddhis by sy god uit?
> Deur sy eie oefening? Deur iemand/iets se hulp? Ek luister graag...

Die buddhis glo, net soos jy behoort te glo, dat ons
"kinders van God" is en dat ons in die "beeld van
God geskape is." Dis nuwe testamentiese teologie.

Gloudina
Re: Plato - Re: VSA debat [boodskap #99248 is 'n antwoord op boodskap #99229] Do, 07 Oktober 2004 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf
>
> Ja, hy het gesondig, maar nou veroordeel tannie hom daaroor? En dit van
> tannie wat volkome liefde predik. Tannie wat sê tannie moet die egoistiese
> self wegmaak. Is dit nie egoisties om te voel dat Swaggart skynheilig is
> nie? Dit kom tog daarop neer dat tannie kan besluit wat reg en verkeerd is
> en watter dinge meer verkeerd as ander dinge is. Dit plaas tannie weer in
> die "driver seat" - 'n egois....

Hier moet ek vir jou toegee, jy is reg om my
op die vingers te tik. Vir die buddhis behoort
alles dieselfde te wees. Soos William Blake
sê : "everything .. will appear holy."

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99249 is 'n antwoord op boodskap #99230] Do, 07 Oktober 2004 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf
>
> Weereens: Hoekom vind mens dat Christene veroordeel word oor hulle geloof
> en siening? Is dit nie toelaatbaar dat elke mens sy geloof kan uitleef
nie?

Jy laat my lag. Wie veroordeel Christene vir wat
hulle glo. Vertel my dit. Die Dalain Lama byvoorbeeld
moedig Christene in om binne hulle raamwerk te
bly en dáár buddhistiese praktyke toe te pas. Selfs
die militante Islam veroordeel jou nie vir wat jy
glo nie. Hy wil net nie hê dat jy vir hom moet kom
predik oor hoe hy moet glo nie. Dis sommige
Christene wat so aggressief is, dat hulle hul wil
op almal wil afdruk.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99250 is 'n antwoord op boodskap #99231] Do, 07 Oktober 2004 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Die buddhis glo m.a.w. as ek die obskurasie kan wegwerk,
> is ek god. Wow!! M.a.w. mens word god. So 'n mens word volmaak as god,
> deur self sy obskurasie weg te werk.

Jy gaan aan om jou eie bevooroordeelde
interpretasie van Buddhisme te gee. Laat
ek weer herhaal. Die buddhis glo nie dat
daar "'n god" is nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99251 is 'n antwoord op boodskap #99232] Do, 07 Oktober 2004 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan"skryf

> Ek is slegs volmaak vanuit God se oogpunt deurdat Hy na my deur Jesus se
> verlossing te kyk. Wat in die bloue hemele het dit met buddhisme te doen?

Meer as wat jy dink. Maar ek dink nie
jy is bereid om die woord "volmaak"
werklik te verstaan nie. Ek dink nie
jy is bereid om die woorde "Jesus se
verlossing" werklik te verstaan nie.
Dit neem jare en jare om dié dinge
van alkante af te bekyk en dan te
besef waar dawid die wortels gegrawe
het. Ek moet in alle geval nou begin
pak, en sal nie meer so gereeld kan
antwoord nie. ( Dis 'n amper volle
day job, weet jy.) Miskien kan ons
later weer "argumenteer."

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99257 is 'n antwoord op boodskap #99244] Do, 07 Oktober 2004 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:iIadnQrkI7Oq2PjcRVn-tA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Deur so 'n spul feite te
>> kwoteer gee tannie voor asof Christenskap sy wortels in ander gelowe of
>> denke as Christus en God-drie-enig het
>
> Moet net nie
> dink dat jy alle ander manier om geestelik te
> lewe en gewortel te wees kan veroordeel as
> "verkeerd" nie.

Tannie moet net asseblief ook nie dink dat tannie alle gelowe kan aanvaar as
"reg" nie. Dink, lees, dink weer en verstaan: Tannie sê ek mag nie ander
gelowe afskiet deur in slegs Jesus te glo nie. Tog voel tannie gemaklik en
bemagtig om alle gelowe te wil aanvaar. Dit is mos hipokrities.

> As Tutu en die Dalai Lama lekker
> langs mekaar kan sit en weet dat hulle eintlik om
> dieselfde vuur sit, wie is jy om jou neus op te
> trek.

Asseblief tannie! Hoekom moet ek tannie se siening deel dat hierdie twee
"groot" mense is? ek dink bittermin van Tutu (nie omdat ons velkleur
verskil nie) en ek dink nog minder van die in-sy-posisie-gebore Dalai Lama.
Die is twee mense wat ek my nie aan steur nie, so ek het definitief die reg
om my neus op te trek en behoede ons, anders as tannie te glo...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99258 is 'n antwoord op boodskap #99245] Do, 07 Oktober 2004 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:iNidnfRfOLpz1_jcRVn-gg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Tannie glo dat na
>> Jesus as 'n idoom verwys kan word
>
> Sien jy watter taktieke jy gebruik om
> aan te val?

Ja, ek gebruik tannie se eie woorde. Tannie het gesê: "Wanneer jy praat as
Jesus as "seun van God" dan
kan ek vir jou vertel dat jy net ander idiome gebruik vir presies dit wat
die buddhis glo."

Ek het nie Jesus as 'n alternatiewe idioom beskryf nie nie, tannie het.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99259 is 'n antwoord op boodskap #99246] Do, 07 Oktober 2004 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:hK2dnUPasJfM1vjcRVn-gA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>

>> Wat verstaan tannie nie? Dat Jesus God is? Dat Jesus God se Seun is?
> Dat
>> Jesus ook mens geword het?
>
> Die vraag is, weet jy wat dit
> beteken. Dat Jesus God is.

Kom nou tannie, wil tannie 'n verduideliking hê, of is tannie moeg? Moenie
sinne uit konteks gaan haal nie... die tweeledigheid van Jesus is die issue.
Die feit dat my God 'n mens geword het uit sy liefde vir my, is die issue.

Tannie gryp na die wind...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99260 is 'n antwoord op boodskap #99247] Do, 07 Oktober 2004 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Rcadne4Aco2C0fjcRVn-iQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Help my reg, moenie my net slegsê nie. Hoe kom die buddhis by sy god
>> uit?
>> Deur sy eie oefening? Deur iemand/iets se hulp? Ek luister graag...
>
> Die buddhis glo, net soos jy behoort te glo,

Ek "behoort" nie sus of so nie!!

> dat ons
> "kinders van God" is en dat ons in die "beeld van
> God geskape is." Dis nuwe testamentiese teologie.

Die twee konsepte is fantasties, maar my geloof is gebaseer op Jesus
Christus se verlossingswerk. Twee raakpunte maak nie van ons altwee
(Christen en buddhis) 'n gelukkige familie nie! hoekom dartel tannie om dit
wat ek telkens stel is die kern van my geloof? Ek gee nie om as daar 99 uit
100 raakpunte is nie, as die laaste, missing raakpunt Jesus Christus se
verlossingswerk behels, dan is ons mos twee pole!!!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99261 is 'n antwoord op boodskap #99249] Do, 07 Oktober 2004 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:8dOdndgA86xu0vjcRVn-rg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf

>> Weereens: Hoekom vind mens dat Christene veroordeel word oor hulle
>> geloof
>> en siening? Is dit nie toelaatbaar dat elke mens sy geloof kan uitleef
> nie?
>
> Jy laat my lag. Wie veroordeel Christene vir wat
> hulle glo. Vertel my dit. Die Dalain Lama byvoorbeeld
> moedig Christene in om binne hulle raamwerk te
> bly en dáár buddhistiese praktyke toe te pas.

Dit laat my nou weer lag. Sê vir die ou ek sê baie dankie, dis gaaf van
hom. Ek gee nie 'n vrot veer om wat die Dalai Lama my oor my Christenskap
aanmoedig nie, my "raamwerk" is Bybels-gefundeer en ek glo nie daaraan om 'n
persoon wat ek glo 'n heidense geloof aanhang, se raad te volg om 'n ander
heidense geloof se praktyke "toe te pas" nie.

Die stelling gee voor asof ek iets van buddhisme kortkom en ek doen nie - ek
is heel in Christus alleen.

> Selfs
> die militante Islam veroordeel jou nie vir wat jy
> glo nie. Hy wil net nie hê dat jy vir hom moet kom
> predik oor hoe hy moet glo nie. Dis sommige
> Christene wat so aggressief is, dat hulle hul wil
> op almal wil afdruk.

Ek stem saam dat ek as Christen nie my wil op ander mag "afdruk" nie. Maar
is ek verkeerd deur jou van Jesus te vertel en te sê besluit self? As ek
dan glo dit is kern om van Jesus te weet, dan is dit mos my plig om jou te
vertel? Glo my, ek doen dit nie vir my gesondheid of "bonuspunte" nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99263 is 'n antwoord op boodskap #99250] Do, 07 Oktober 2004 15:17 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:MqudnaxhsLMxzfjcRVn-oA@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Die buddhis glo m.a.w. as ek die obskurasie kan wegwerk,
>> is ek god. Wow!! M.a.w. mens word god. So 'n mens word volmaak as god,
>> deur self sy obskurasie weg te werk.
>
> Jy gaan aan om jou eie bevooroordeelde
> interpretasie van Buddhisme te gee. Laat
> ek weer herhaal. Die buddhis glo nie dat
> daar "'n god" is nie.

Tannie Gloudina, hou op om voor te gee dat tannie my reghelp. Antwoord
bloot: Wat is die buddhis se allerhoogste wese? Vanuit tannie se stelling
hierbo kan ek aanneem dat buddhiste ateiste is?

En as die buddhis dan nie glo dat daar 'n God is nie, dan is ons juis op
twee verskillende vlakke. Ek glo dat daar 'n God is en dat dit is nie ek
nie, en nie ek in enige vorm nie. Ek is God se kind.

As ons vanuit die twee raamwerke redeneer, kan ons tog nooit bymekaar uitkom
nie. En tannie beweer buddhisme en Christenskap is so naby! Die twee
verskil in die mees kardinale punte. Ja, altwee wil liefhê, maar die
absolute kern verskil!!!!!!!!!

Basjan
Vorige onderwerp: Re: Dit is oud.
Volgende onderwerp: In Dutch... sorry!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:43:47 MGT 2024