Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Linkse Kanadees...
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76271 is 'n antwoord op boodskap #76254] Do, 17 April 2003 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, jy klits die pot so mis dat jou tone eintlik bruin is! In die
natuur, maw reservate wat onder regeringsbeheer is, sal van tyd tot tyd 'n
besluit geneem word om te groot getalle bokke te oes om die getalle uit te
dun om so die balans in die natuur te handhaaf. Daar is van die diere se
natuurlike vyande [katte, ens] wat nie meer so groot in getal is nie en
daarom kan dit soms nodig word en ook omdat geleer is dat dit help om die
wilde diere se gene te versterk as jy vir hom 'n vyand skep. Dit is alles
egter onder die beheer van die staat en word vir die staat gedoen. Wat die
boere met hulle bokke doen [hul eiendom, so by the way!] kan hulle eintlik
mee doen net wat hulle wil solank dit binne die reëls van die land val.
Die ooie kan hulle laat oes en die karkasse word verkoop aan instansies wat
wild verwerk [vir so R350], of hulle laat skiet van die bokke deur jagters
wat donners baie geld betaal [so ongeveer R700] om dit te kan skiet. Die
derde opsie is om van die diere lewend te laat vang en te verkoop op 'n
lewende wildveiling.....vir so R1900 per ooi in goeie tye. Dis boerdery.
Jou robbe is deel van die natuur. Dit bly wil in 'n amper onbeperkte
gebied wat onder staatsbeheer is. Die mense wat robbe mag oes doen aansoek
vir 'n konsessie om robbe te mag oes en so 'n konsessie kan iets wees soos
180 000 welpies en 30 000 bulle. Die jaar-oud welpies word met knuppels
vrekgeslaan op die kop en die bulle word geskiet. Uit 'n welpie word so
ongeveer R20 gemaak vir sy vel en uit die bul se vel en vleis word so R150
gemaak en die penis in gedroogde vorm is by die R4 000 per kilogram werd.
Nou sit jy maar daar in jou flêtjie en besluit jy maar hoekom doen jou
Kanadese regering nie iets daaromtrent nie.....en wat soek jy voor jou
rekenaar en betoog nie saam met Green Peace nie? Skaam jou antie!
skryf in boodskap news:3E9E9FA9.1040302@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> As jy so teen die doodmaak van diere is,
>> hoekom betoog jy nie teen die slag van robbe in jou aangenome land nie? Of
>> is jy net alles 'keyboard' gooi en niks doen nie?
>
> En hoekom neem jy aan dat ek dit
> nie doen nie? Jy sien, jou tirades
> is altyd gebaseer op stupid aannames.
> In alle geval, hierdie getjank van jou
> oor robbe-doodmaak-is-verkeerd en
> springbokke-skiet-vir-die-plesier is
> nie verkeerd nie, is kaf. Waar robbe-
> doodmaak-vir-kos sin maak, is daar waar
> dit vir eeue deur die Inuit en ander
> kusbewoners gedoen is, en waar hulle in
> die howe veg vir die reg om hulle
> tradisionele regte voort te sit.
>
> Tant Hessie van die Doodskus
>
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76272 is 'n antwoord op boodskap #76255] Do, 17 April 2003 13:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, jou bron van inligting is ongelooflik. Jy moet massiewe data hê om
so 'n stelling te kan maak? Hier by ons in namibië is vegetariërs maar dun
gesaai. Hoe dan anders? On s eet bees, skaap en wildsvleis vir kos en
hoender, vark en vis vir groente! Vir nagereg gooi ons 'n stuk biltong by.
'n Skaaprib is net lekker as jy die cholesterol uit hom kan uitdraai soos jy
kan maak met 'n nat handoek. Rêrige groente? Mens groei lang ore van
haaskos!
skryf in boodskap news:3E9EA14E.3000403@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
>> Is jy 'n vegetariër Antie? Hier in SA dink ons nog mense wat nie vleis eet
>> nie is weird.
>
>
> Jy lieg dat jy blou is in die gesig.
> Daar is net soveel vegetariërs in
> Suid-Afrika as in Kanada. Heelwaar-
> skynlik meer, omdat julle bevolking
> groter is as ons s'n.En nee, ek is
> nie 'n vegetariër nie, maar eet meestal
> vegetaries in die huis omdat my man
> vegetaries is.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76282 is 'n antwoord op boodskap #76266] Do, 17 April 2003 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Ek ken nie so baie vegans soos vleiseters nie.
Dis 'n kultuur van vleisbraai

Oral waar ek kom sien ek net
> mense wat vleis eet dat die sop so spat.
> word vegatariërs nog as weird beskou

Noord-Amerika is ook 'n vleisetende
kultuur. Oral in die VSA en Kanada
eet hulle vleis dat die sop so spat.
In Noord-Amerika word vegetariërs
ook as weird beskou. Net soos in SA.
Geen verskil nie. So hou op om te
spog oor julle vleisetende kultuur.
Terloops, 'n vegan en 'n vegetariër
is nie dieselfde nie. 'n Vegan eet geen
produk wat van diere afkom nie. Dus geen
eiers, geen melkprodukte, ens.

Gloudina
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76283 is 'n antwoord op boodskap #76272] Do, 17 April 2003 16:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Hier by ons in namibië is vegatariërs maar dun
> gesaai.

Hier in Kanada is vegetariërs ook
maar dun gesaai. Ek het meer vege-
tariërs onder my vriende in SA
getel as hier in Kanada. Om die
waarheid te sê, my man het die eerste
keer wat hy ophou vleis eet het, dit
in Suid-Afrika gedoen. Ek dink mense
soos jy dink dis vreeslik spoggerig
om so te vertel van hoe baie vleis
hulle in SA en Namibië eet. As jy
mense wil sien die god van vleis dien,
kom kyk na Texas en Alberta.

Tant Hessie van die Doodskus
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76284 is 'n antwoord op boodskap #76268] Do, 17 April 2003 16:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Ek lees net vandag 'n storie oor Afrikaanse troues - en blykbaar was daar 'n
> vegetariërpaartjie wat hul onthaal gereel het rondom hulle voorkeur. Hulle
> is as volksverraaiers beskou::))

Ek hoop jy ken die Kanadese country en
western singer K.D. Lang. Sy is in haar
tuisprovinsie Alberta ongeveer deur
provinsiale politici aangeval omdat sy
'n advertensie vir die Eierraad gedoen
het wat mense as anti-vleis beskou het.
En in die provinsie van die Calgary
Stampede en die groot cowboy hats eet
hulle vleis asof dit 'n godsdiens is,
Texas-style.

Gloudina
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76285 is 'n antwoord op boodskap #76272] Do, 17 April 2003 16:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

On s eet bees, skaap en wildsvleis vir kos en
> hoender, vark en vis vir groente! Vir nagereg gooi ons 'n stuk biltong by.
> 'n Skaaprib is net lekker as jy die cholesterol uit hom kan uitdraai soos jy
> kan maak met 'n nat handoek. Rêrige groente? Mens groei lang ore van
> haaskos!

Hou op spog en keer na die werklikheid
terug. Ek het ook in Suid-Afrika gebly,
en ek kan jou verseker dat mens by 'n
tipiese SA maaltyd 'n groot verskeiden-
heid van groente en slaaie kry. As jy
nie so grootgeword het, kan ek dit nie
help nie. Maar 'n regte goeie SA tafel
het 'n groot verskeidenheid van kosse
daarop wat niks met vleis te doen het
nie.
Om die waarheid te sê, daar word 'n
baie groter aksent in SA se kos-scene
gelê op die kook van pampoen en patats
en al daardie soort dinge as hier in
Kanada. Hier in Kanada is die aksent
grotendeels net op die aartappel, wat
in baie verskillende vorme, maar amper
vanselfsprekend op die spyskaart geplaas
word. Mens moet begin Sjinees of Middel-
oos eet om byvoorbeeld by die reis uit
te kom. As Suid-Afrikaner het ek baie
meer gereeld rys ge-eet as in restourante
in Noord-Amerika. Ek dink jy moet weer na
'n goeie Afrikaanse maaltyd gaan kyk, en
vertel my dan of dit ook alles net vleis
is.

Gloudina
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76286 is 'n antwoord op boodskap #76268] Do, 17 April 2003 18:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sien??

E

"Annette" skryf in boodskap news:b7majm$2b6n0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek lees net vandag 'n storie oor Afrikaanse troues - en blykbaar was daar 'n
> vegetariërpaartjie wat hul onthaal gereel het rondom hulle voorkeur. Hulle
> is as volksverraaiers beskou::))
>
> Annette
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76287 is 'n antwoord op boodskap #76282] Do, 17 April 2003 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DUH!! Ek weet wat 'n vegan is Antie, maar as ek so na die celebs kyk daar
in Amerika is dit mos cool om 'n vegetariër te wees. En ek het NIKS van
Amerika gepraat nie. Ek het gesê, in SA dink ons nog mense wat nie vleis
eet nie is weird. En toe stry jy met my dat dit nie so is nie. Jy plaas
alweer woorde in my mond.

E

wrote:
>
>
> Noord-Amerika is ook 'n vleisetende
> kultuur. Oral in die VSA en Kanada
> eet hulle vleis dat die sop so spat.
> In Noord-Amerika word vegetariërs
> ook as weird beskou. Net soos in SA.
> Geen verskil nie. So hou op om te
> spog oor julle vleisetende kultuur.
> Terloops, 'n vegan en 'n vegetariër
> is nie dieselfde nie. 'n Vegan eet geen
> produk wat van diere afkom nie. Dus geen
> eiers, geen melkprodukte, ens.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76288 is 'n antwoord op boodskap #76283] Do, 17 April 2003 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek lees daar in Texas dink hulle 'n 250g steak is 'n groot stuk vleis,
hier by ons noem ons dit 'n "ladies fillet". Texas is maar EEN van 52
state. Jy kan nie EEN staat as 'n voorbeeld gebruik vir 'n hele land nie.

Natuurlik sal jy meer vegetariërs hier as in Kanada ontmoet, hier's dan meer
mense. Daar was 'n ongelukkige stadium in ons geskiedenis wat dit cool en
mode was om 'n vegetariër te wees. Totdat een slimkop uitgewerk het dat jy
vleis in jou dieet nodig het. Andersins moet jy dit met soya of
soortgelykte produkte vervang, jy kry net nie alles wat jy nodig het uit
groente uit nie. En soya is tog SO sleg. Baie mense het liewer weer begin
vleis eet as om soya te eet.

BTW, ek lees ook jou gemiddelde huisgesin in Amerika kan nie bekostig om
elke dag vleis te eet nie. Ek weet nou nie hoe waar dit is nie, maar veral
rooi vleis is glo baie duur daar anderkant. Dieselfde geld baie Europese
lande, my Ingelse pel sê vir hom was dit snaaks gewees dat ons elke dag
vleis eet, nou's hy dit gewoond.

SA is toevallig, per capita, een van die lande wat die meeste vleis verbruik
per jaar. Dis nie snaaks om 2 x keer 'n DAG vleis te eet nie. Toe my
grootjie nog geleef het en ons nog die plaas gehad het, is daar 3x 'n dag
vleis geëet. Oggend, mirrag en aand het ons 'n stuk vleis saam met ons kos
gekry. Net jammer vleis word so duur, een van die dae sal ons ook nie meer
kan bekostig om elke dag vleis te eet nie.

Groete
E

wrote:
>
>
> Hier in Kanada is vegetariërs ook
> maar dun gesaai. Ek het meer vege-
> tariërs onder my vriende in SA
> getel as hier in Kanada. Om die
> waarheid te sê, my man het die eerste
> keer wat hy ophou vleis eet het, dit
> in Suid-Afrika gedoen. Ek dink mense
> soos jy dink dis vreeslik spoggerig
> om so te vertel van hoe baie vleis
> hulle in SA en Namibië eet. As jy
> mense wil sien die god van vleis dien,
> kom kyk na Texas en Alberta.
>
> Tant Hessie van die Doodskus
>
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76289 is 'n antwoord op boodskap #76285] Do, 17 April 2003 18:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, hy't oordryf. Dit was maar net om aan jou te bewys hoe lief ons vir
ons vleisie hier is. Kom nou man... jislaaik moet jy altyd fout vind met
alles.

E

wrote:
>
> Hou op spog en keer na die werklikheid
> terug. Ek het ook in Suid-Afrika gebly,
> en ek kan jou verseker dat mens by 'n
> tipiese SA maaltyd 'n groot verskeiden-
> heid van groente en slaaie kry. As jy
> nie so grootgeword het, kan ek dit nie
> help nie. Maar 'n regte goeie SA tafel
> het 'n groot verskeidenheid van kosse
> daarop wat niks met vleis te doen het
> nie.
> Om die waarheid te sê, daar word 'n
> baie groter aksent in SA se kos-scene
> gelê op die kook van pampoen en patats
> en al daardie soort dinge as hier in
> Kanada. Hier in Kanada is die aksent
> grotendeels net op die aartappel, wat
> in baie verskillende vorme, maar amper
> vanselfsprekend op die spyskaart geplaas
> word. Mens moet begin Sjinees of Middel-
> oos eet om byvoorbeeld by die reis uit
> te kom. As Suid-Afrikaner het ek baie
> meer gereeld rys ge-eet as in restourante
> in Noord-Amerika. Ek dink jy moet weer na
> 'n goeie Afrikaanse maaltyd gaan kyk, en
> vertel my dan of dit ook alles net vleis
> is.
>
> Gloudina
>
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76290 is 'n antwoord op boodskap #76285] Do, 17 April 2003 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 17 Apr 2003 16:54:25 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> . Mens moet begin Sjinees of Middel-
> oos eet om byvoorbeeld by die reis uit
> te kom.
>
> Gloudina
>
>

Is jy besig om die mense te vertel dat julle
na die Ooste moet reis om om behoorlik te
kan eet?
Jy lieg mos dat jy blou word, bouwer!

DD
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76293 is 'n antwoord op boodskap #76290] Do, 17 April 2003 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Is jy besig om die mense te vertel dat julle
> na die Ooste moet reis om om behoorlik te
> kan eet?

Ek sien jy weet darem ook van
reg spel, du plessis. Ja, ek het
te laat gesien dat ek die rys
in reis verander het. Wou om
verskoning vra, toe sien ek ek
het dit verder af reg gespel, en
toe besluit ek om te wag om te
sien wie eerste op my spring.
Geluk, jy het die eerste prys
gekry. Sien, tant hessie het vir
jou mooi getrein om jou oë oop te
hou en na spelling te kyk.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
As sy 'n spelreël breek, dan maak sy hom weer
heel.
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76317 is 'n antwoord op boodskap #76285] Sa, 19 April 2003 06:58 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, ek trek jou been in 'n mate, maar dan is ek so 'n bietjie ernstig
ook! Jy sien, van Suidwes weet jy fokol behalwe dit wat jy in koerante
lees en dalk per ongeluk op TV sien. Dit wat jy jare gelede beleef het in
SA voor die benoudgeid van die banggeid jou getref het en die stofstreep
deur die lug getrek het na Kanada toe, het absoluut niks te doene met wat in
Namibië vandag aan die gang is nie.....eintlik nog altyd aan die gang is
nie. Oudste, vleis is ons landbouproduk no. 1. In die RSA kan die mense
by tye nie meer vleis bekostig nie omdat dit moer duur raak in die slaghuise
en supermarkte. Sekerlik is dieselfde waar in groter plekke by ons soos in
Windhoek en Walvisbaai, MAAR eitlik is ons maar 'n klomp plasies in hierdie
grote land van ons met sy min mense. Dit beteken dat meeste mense die een
of ander kontak het op 'n plaas waar heel slaggoed [skaap, bees of
bok...wild ook!] gekoop kan word teen pryse wat nog baie redelik is. Op
die oomblik betaal ons vir skaapvleis so om en by die R15 per kilo wat in
julle dollars seker so $2 per kilo is?
Aan die ander kant, is groente en vrugte dun gesaai en word omtrent
alles ingevoer uit die RSA uit en kos dit nou weer 'n moerse lot geld. So,
ons vreet vleis en die Republikeine vreet groente en vrugte.
Eenvoudig....as jy weet!
skryf in boodskap news:3E9EDC78.2040507@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
> On s eet bees, skaap en wildsvleis vir kos en
>> hoender, vark en vis vir groente! Vir nagereg gooi ons 'n stuk biltong by.
>> 'n Skaaprib is net lekker as jy die cholesterol uit hom kan uitdraai soos jy
>> kan maak met 'n nat handoek. Rêrige groente? Mens groei lang ore van
>> haaskos!
>
>
> Hou op spog en keer na die werklikheid
> terug. Ek het ook in Suid-Afrika gebly,
> en ek kan jou verseker dat mens by 'n
> tipiese SA maaltyd 'n groot verskeiden-
> heid van groente en slaaie kry. As jy
> nie so grootgeword het, kan ek dit nie
> help nie. Maar 'n regte goeie SA tafel
> het 'n groot verskeidenheid van kosse
> daarop wat niks met vleis te doen het
> nie.
> Om die waarheid te sê, daar word 'n
> baie groter aksent in SA se kos-scene
> gelê op die kook van pampoen en patats
> en al daardie soort dinge as hier in
> Kanada. Hier in Kanada is die aksent
> grotendeels net op die aartappel, wat
> in baie verskillende vorme, maar amper
> vanselfsprekend op die spyskaart geplaas
> word. Mens moet begin Sjinees of Middel-
> oos eet om byvoorbeeld by die reis uit
> te kom. As Suid-Afrikaner het ek baie
> meer gereeld rys ge-eet as in restourante
> in Noord-Amerika. Ek dink jy moet weer na
> 'n goeie Afrikaanse maaltyd gaan kyk, en
> vertel my dan of dit ook alles net vleis
> is.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: What computer software would a witch need to use
Volgende onderwerp: Bradley-voertuig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 03:07:20 MGT 2024