Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Misdaad in die RSA
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #66036 is 'n antwoord op boodskap #66022] Vr, 06 September 2002 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Sep 2002 16:09:07 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Nou is daar mense ( meestal mans) wat die instelling van die doodstraf eis.
> Ek stem saam met Hilda - dis net wettige moord.
> Feit bly, as van die mans net 'n tydjie elke week wil afstaan om as 'n
> vaderfiguur op te tree in huishoudings waar daar geen vaderfiguur is nie, of
> 'n baie swak een - dan gaan ons stadig maar seker begin met 'n kultuur waar
> kinders van wetsgehoorsame, verantwoordelike mense leer wat is die regte
> optrede.
> Dis tog so maklik om agteroor te sit, en te skree hang hulle, sonder om iets
> te gedoen het om daardie kinders en moeders enigsins te help om na die regte
> leiding in die regte rigting te kyk.
> Annette
>
>

dis waar, baie misdadigers is die produk van hulle omgewing.
ongelukkig het elke mens die vermoe gekry om dit te verander of te
aanvaar. ek het my kinders en ek kyk na hulle, ek kan nie
verantwoordelikheid neem vir `n ander ouer se kinders nie. hierdie
ouers begin gewoonlik te laat na hulp soek, as hulle enigsins. ek wy
my lewe aan die opvoeding van my kinders, ek verwag dat elke ouer dit
moet doen. as hulle dit nie doen nie en wakker skrik polisie bel is ek
jammer vir hulle maar daar is nie baie wat ek kan doen nie. sulke
probleem gedrag het `n aanloop en gebeur nie sommer oornag nie.
daarmee se ek nie dat almal slegte ouers is nie, daar is nie
uitsondering maar soos die 'onskuldige' moordenaar is hulle sekerlik
in die minderheid?

>
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Misdaad in die RSA [boodskap #66043 is 'n antwoord op boodskap #66036] Vr, 06 September 2002 08:12 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Natuurlik is daar bitter min onskuldige moordenaars.
As iemand iemand doodmaak is die persoon 'n moordenaar, dis gewis, ongeluk
of te not.
Ek dink ook nie dat mense vrygespreek behoort te word op 'n moordklag omdat
dit 'n "ongeluk" was nie, want hoekom was hulle in die eerste plek in die
situasie dat so 'n ongeluk kan gebeur. Mansslag is nog iets wat 'n
afgewaterde ding is.
Ek dink nog steeds die moordenaars moet verpligte arbeid doen, inkomste
verdien - laat ons dit nou maar slawerny noem - maar hulle het dit verdien -
om te help met die versorging van die gesin van die vermoorde.
Dit kan dan effektief lewenslank wees.
Met die doodstraf sal sekere mense selfs moor net om tereggestel te kan
word, om verskeie redes.

Annette

"Threeships Mcduck" skryf in boodskap news:pojgnuo03ggihgbt9p10vna5cklg5a6ghp@4ax.com...
> On Thu, 5 Sep 2002 16:09:07 +0200, "Annette"
> served the following to the group:
>
>> Nou is daar mense ( meestal mans) wat die instelling van die doodstraf eis.
>> Ek stem saam met Hilda - dis net wettige moord.
>> Feit bly, as van die mans net 'n tydjie elke week wil afstaan om as 'n
>> vaderfiguur op te tree in huishoudings waar daar geen vaderfiguur is nie, of
>> 'n baie swak een - dan gaan ons stadig maar seker begin met 'n kultuur waar
>> kinders van wetsgehoorsame, verantwoordelike mense leer wat is die regte
>> optrede.
>> Dis tog so maklik om agteroor te sit, en te skree hang hulle, sonder om iets
>> te gedoen het om daardie kinders en moeders enigsins te help om na die regte
>> leiding in die regte rigting te kyk.
>> Annette
>>
>
> dis waar, baie misdadigers is die produk van hulle omgewing.
> ongelukkig het elke mens die vermoe gekry om dit te verander of te
> aanvaar. ek het my kinders en ek kyk na hulle, ek kan nie
> verantwoordelikheid neem vir `n ander ouer se kinders nie. hierdie
> ouers begin gewoonlik te laat na hulp soek, as hulle enigsins. ek wy
> my lewe aan die opvoeding van my kinders, ek verwag dat elke ouer dit
> moet doen. as hulle dit nie doen nie en wakker skrik polisie bel is ek
> jammer vir hulle maar daar is nie baie wat ek kan doen nie. sulke
> probleem gedrag het `n aanloop en gebeur nie sommer oornag nie.
> daarmee se ek nie dat almal slegte ouers is nie, daar is nie
> uitsondering maar soos die 'onskuldige' moordenaar is hulle sekerlik
> in die minderheid?
>
>
>
>>
> Threeships Mcduck
> www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: Ander grappie- Rapport
Volgende onderwerp: Misunderstanding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 10:49:31 MGT 2024