Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach
Re: Tom Sharpe/Sasolburg/Boeremusiek [boodskap #57406 is 'n antwoord op boodskap #57306] Wo, 13 Februarie 2002 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Feb 2002 09:00:47 +0200, Threeships 'did you see that?? '
Mcduck wrote:

> On Mon, 11 Feb 2002 21:59:41 -0500, Danielle
> served the following to the group:
>
>
>> En boeremusiek? Dit sterf seker ook
>> heeltemal uit?
>
> danksy `n nuwe band , beeskraal, is dit nou spring lewendig selfs
> onder die jonger gesal. dis `n klomp ouens wat so `n tipe
> rock/boeremusiek fusion geskep het. vanwee die feit dat ek `n
> verraaier is het ek nog nooit van boeremusiek gehou nie maar selfs ek
> tap die voet saam met beeskraal.

Dit vind ek sommer baie interessant. Ekself het nooit van boeremusiek
gehou nie, maar vind tog aanval by Franse accordion musiek Ek neem
aan dit is maar presies dieselfde as 'n trekklavier?
Baie van die goed dink ek was maar net plein snobisme - mens was mos
veronderstel om van sekere goed te hou, en van kleins af was ons
gedwing om deur lang boring opera's te sit en na klassieke musiek te
luister. Toe rebelleer sommige van ons en lag nou maar in ons moue
vir ons maatjies wat so probeer "voorgee". Aan die ander kant
waardeer ek tot 'n mate die feit dat dit miskien juis weens al daardie
gedwonge goeters was wat ek vandag omtrent enige tipe musiek kan
waardeer ..er...behalwe Abba en Rap!
Ek wonder ook of boeremusiek en volksdanse dalk dieselfde paadjie gaan
loop as C&W en volksdanse hier in Amerika? Deesdae is dit nogal die
"in" ding by veral die kaliforniese yuppies. Net in die PNW - of
eerder my geliefkoosde grunge staat waar my vriende nie dood gesien
sal word in 'n tipiese C&W volksdans kroeg/plek, nie. :-)
Re: Tom Sharpe/Sasolburg/Boeremusiek [boodskap #57410 is 'n antwoord op boodskap #57406] Wo, 13 Februarie 2002 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2002 14:04:26 -0500, Danielle wrote:

> vind tog aanval by Franse accordion musiek Ek neem
> aan dit is maar presies dieselfde as 'n trekklavier?

Iets waaroor ek al gewonder het is of die konsertina in enige ander
musiek so van pas is as in boeremusiek. Vir julle wat nie boeremusiek
aanhangers is nie, maak dit seker nie soveel sin as vir 'n 'fan' nie.
(Nie dat ek werklik sò oor boeremusiek is nie, maar in die regte
atmosfeer kan boeremusiek werklik heeel in lyn wees.)
Maar waar op aarde kan 'n konsertina nog inpas soos in boeremusiek?
Re: Tom Sharpe/Sasolburg/Boeremusiek [boodskap #57418 is 'n antwoord op boodskap #57406] Wo, 13 Februarie 2002 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O wee Danielle!! Ek sien dat jou opvoeding ver te kort geskiet het!! Wat is
nou lekkerder as 'n nuwejaarsdans met boeremusiek?
Die tradisionele boeremusiekorkes het bestaan uit 'n konsertina, banjo,
ritmekitaar en baskitaar en traporreltjie.
Deesdae gooi hulle ander musiekinstrumente by,( soos klavier, orrel, tromme,
viool, bekfluitjie, trekklavier, akoestiese kitaar, tafelharp, ukelele en
basviool maar ek kan nie dink ek het al 'n boereorkes gesien het met 'n
saxofoon nie - dit gaan al klaar rof genoeg sonder die sax:)))

Ek luister graag na boeremusiek - Saterdagmiddag laat is daar gewoonlik 'n
uur program.
Al wat ek moeilik vind is om te kyk na die konsertinaspelers - Die Konings
Van Boermusiek - hulle het mos die idee dat hulle moet pruike dra as die
hare grys of yl word, en dat hulle moet smaail as hulle speel.
Niks afgryslikers om na te kyk as na 'n swak pruik op die kop van 'n
grynsende wie se oë stokstyf verstar staan van konsentrasie om die
konsertina te speel nie;)))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:i8dl6ukvhnq96r2llfcqmer80pjjhnoejk@4ax.com...
> On Tue, 12 Feb 2002 09:00:47 +0200, Threeships 'did you see that?? '
> Mcduck wrote:
>
>> On Mon, 11 Feb 2002 21:59:41 -0500, Danielle
>> served the following to the group:
>>
>>
>>> En boeremusiek? Dit sterf seker ook
>>> heeltemal uit?
>>
>> danksy `n nuwe band , beeskraal, is dit nou spring lewendig selfs
>> onder die jonger gesal. dis `n klomp ouens wat so `n tipe
>> rock/boeremusiek fusion geskep het. vanwee die feit dat ek `n
>> verraaier is het ek nog nooit van boeremusiek gehou nie maar selfs ek
>> tap die voet saam met beeskraal.
>
> Dit vind ek sommer baie interessant. Ekself het nooit van boeremusiek
> gehou nie, maar vind tog aanval by Franse accordion musiek Ek neem
> aan dit is maar presies dieselfde as 'n trekklavier?
> Baie van die goed dink ek was maar net plein snobisme - mens was mos
> veronderstel om van sekere goed te hou, en van kleins af was ons
> gedwing om deur lang boring opera's te sit en na klassieke musiek te
> luister. Toe rebelleer sommige van ons en lag nou maar in ons moue
> vir ons maatjies wat so probeer "voorgee". Aan die ander kant
> waardeer ek tot 'n mate die feit dat dit miskien juis weens al daardie
> gedwonge goeters was wat ek vandag omtrent enige tipe musiek kan
> waardeer ..er...behalwe Abba en Rap!
> Ek wonder ook of boeremusiek en volksdanse dalk dieselfde paadjie gaan
> loop as C&W en volksdanse hier in Amerika? Deesdae is dit nogal die
> "in" ding by veral die kaliforniese yuppies. Net in die PNW - of
> eerder my geliefkoosde grunge staat waar my vriende nie dood gesien
> sal word in 'n tipiese C&W volksdans kroeg/plek, nie. :-)
>
Boeremusiek [boodskap #57429 is 'n antwoord op boodskap #57410] Wo, 13 Februarie 2002 21:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Danielle
> vind tog aanval by Franse accordion musiek Ek neem
> aan dit is maar presies dieselfde as 'n trekklavier?

Davie
Iets waaroor ek al gewonder het is of die konsertina in enige ander
musiek so van pas is as in boeremusiek.

Wouter
Ja, die trekklavier is 'n akkordeon, Danielle. Maar die konsertina
is 'n bietjie van 'n ander ding met 'n ander klank. En 'n boere-orkes
het ongeveer altyd 'n konsertina, maar nie noodwendig 'n trekklavier nie.
Re: Boeremusiek [boodskap #57432 is 'n antwoord op boodskap #57429] Wo, 13 Februarie 2002 23:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2002 23:50:48 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:

> Wouter
> Ja, die trekklavier is 'n akkordeon, Danielle. Maar die konsertina
> is 'n bietjie van 'n ander ding met 'n ander klank. En 'n boere-orkes
> het ongeveer altyd 'n konsertina, maar nie noodwendig 'n trekklavier nie.

Jy's so reg...nou onthou ek van die konsertina. Ek het gou gaan
opsoek oor die konsertina, want ek wou weet waar dit oorspronklik
vandaan gekom het. Toe sien ek dat dit in 1829 deur Sir Charles
Wheatstone ontwerp/geskep is - dis nou dieselfde Wheatstone vir die
ouens wat dalk elektronika gehad het op varsity of op skool moes van
geleer het. Die Wheatstone brug ou - nou het ek ook alweer iets
geleer. :-)
Re: Boeremusiek [boodskap #57438 is 'n antwoord op boodskap #57432] Do, 14 Februarie 2002 03:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
OK Danielle - daar is twee soorte konsertinas - die Engelse konsertina en
die Boerekonsertina.
Die Boerekonsertina is 'n groter konsertina.
Watter een van die twee is die Wheatstone?
Beide konsertinas word in boereorkeste gebruik -
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Danielle skryf in boodskap news:4irl6ugp7pmse8ph008s0ppri89fl522jd@4ax.com...
> On Wed, 13 Feb 2002 23:50:48 +0200, "Wouter Plaasvark"
> wrote:
>
>> Wouter
>> Ja, die trekklavier is 'n akkordeon, Danielle. Maar die konsertina
>> is 'n bietjie van 'n ander ding met 'n ander klank. En 'n boere-orkes
>> het ongeveer altyd 'n konsertina, maar nie noodwendig 'n trekklavier nie.
>
> Jy's so reg...nou onthou ek van die konsertina. Ek het gou gaan
> opsoek oor die konsertina, want ek wou weet waar dit oorspronklik
> vandaan gekom het. Toe sien ek dat dit in 1829 deur Sir Charles
> Wheatstone ontwerp/geskep is - dis nou dieselfde Wheatstone vir die
> ouens wat dalk elektronika gehad het op varsity of op skool moes van
> geleer het. Die Wheatstone brug ou - nou het ek ook alweer iets
> geleer. :-)
>
Re: Boeremusiek [boodskap #57439 is 'n antwoord op boodskap #57429] Do, 14 Februarie 2002 04:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie miskien sal dit 'n interessante ding wees om te leer - watter ander
lande/ groepe gebruik ook die konsertina, en watse soort musiek speel hulle.
Ons is maar net gewoond aan ons soort konsertinamusiek .
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c6ae010.0@news1.mweb.co.za...
> Danielle
>> vind tog aanval by Franse accordion musiek Ek neem
>> aan dit is maar presies dieselfde as 'n trekklavier?
>
> Davie
> Iets waaroor ek al gewonder het is of die konsertina in enige ander
> musiek so van pas is as in boeremusiek.
>
> Wouter
> Ja, die trekklavier is 'n akkordeon, Danielle. Maar die konsertina
> is 'n bietjie van 'n ander ding met 'n ander klank. En 'n boere-orkes
> het ongeveer altyd 'n konsertina, maar nie noodwendig 'n trekklavier nie.
>
Re: Boeremusiek [boodskap #57444 is 'n antwoord op boodskap #57439] Do, 14 Februarie 2002 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a4fd0b$1equce$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Davie miskien sal dit 'n interessante ding wees om te leer - watter ander
> lande/ groepe gebruik ook die konsertina, en watse soort musiek speel hulle.
> Ons is maar net gewoond aan ons soort konsertinamusiek .
> Annette

Franse Muzette.........

grt emmy.
Re: Boeremusiek [boodskap #57445 is 'n antwoord op boodskap #57444] Do, 14 Februarie 2002 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
En watse tipe konsertina speel hulle Emmy?
Annette

emmy skryf in boodskap news:a4fv3p$1fc7$1@scavenger.euro.net...
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:a4fd0b$1equce$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Davie miskien sal dit 'n interessante ding wees om te leer - watter ander
>> lande/ groepe gebruik ook die konsertina, en watse soort musiek speel
> hulle.
>> Ons is maar net gewoond aan ons soort konsertinamusiek .
>> Annette
>
> Franse Muzette.........
>
> grt emmy.
>
Re: Tom Sharpe/Sasolburg/Boeremusiek [boodskap #57447 is 'n antwoord op boodskap #57418] Do, 14 Februarie 2002 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:a4eiif$1ehtf2$6@ID-92016.news.dfncis.de...
> O wee Danielle!! Ek sien dat jou opvoeding ver te kort geskiet het!!

Ek moet Danielle ondersteun, Boeremusiek maak my sommer 'karsiek'. Ek moet
in 'n besonderse bui wees om dit te geniet....en ek is nooit in daardie bui
nie! Miskien was dit al die boeremusiek op TV jare gelede wat my so 'n
teësin daarin gegee het. ;))

Annette jy moet ons nie so vlak kyk nie (net omdat boeremusiek ons nie
aanstaan nie), wat opvieding betref ek is baie mal oor klassieke musiek en
enige opera.

Wat is
> nou lekkerder as 'n nuwejaarsdans met boeremusiek?
> Die tradisionele boeremusiekorkes het bestaan uit 'n konsertina, banjo,
> ritmekitaar en baskitaar en traporreltjie.
> Deesdae gooi hulle ander musiekinstrumente by,( soos klavier, orrel, tromme,
> viool, bekfluitjie, trekklavier, akoestiese kitaar, tafelharp, ukelele en
> basviool maar ek kan nie dink ek het al 'n boereorkes gesien het met 'n
> saxofoon nie - dit gaan al klaar rof genoeg sonder die sax:)))
>
> Ek luister graag na boeremusiek - Saterdagmiddag laat is daar gewoonlik 'n
> uur program.
> Al wat ek moeilik vind is om te kyk na die konsertinaspelers - Die Konings
> Van Boermusiek - hulle het mos die idee dat hulle moet pruike dra as die
> hare grys of yl word, en dat hulle moet smaail as hulle speel.
> Niks afgryslikers om na te kyk as na 'n swak pruik op die kop van 'n
> grynsende wie se oë stokstyf verstar staan van konsentrasie om die
> konsertina te speel nie;)))
> Annette
>
>
> Danielle wrote in message
> news:i8dl6ukvhnq96r2llfcqmer80pjjhnoejk@4ax.com...
>> On Tue, 12 Feb 2002 09:00:47 +0200, Threeships 'did you see that?? '
>> Mcduck wrote:
>>
>>> On Mon, 11 Feb 2002 21:59:41 -0500, Danielle
>>> served the following to the group:
>>>
>>>
>>>> En boeremusiek? Dit sterf seker ook
>>>> heeltemal uit?
>>>
>>> danksy `n nuwe band , beeskraal, is dit nou spring lewendig selfs
>>> onder die jonger gesal. dis `n klomp ouens wat so `n tipe
>>> rock/boeremusiek fusion geskep het. vanwee die feit dat ek `n
>>> verraaier is het ek nog nooit van boeremusiek gehou nie maar selfs ek
>>> tap die voet saam met beeskraal.
>>
>> Dit vind ek sommer baie interessant. Ekself het nooit van boeremusiek
>> gehou nie, maar vind tog aanval by Franse accordion musiek Ek neem
>> aan dit is maar presies dieselfde as 'n trekklavier?
>> Baie van die goed dink ek was maar net plein snobisme - mens was mos
>> veronderstel om van sekere goed te hou, en van kleins af was ons
>> gedwing om deur lang boring opera's te sit en na klassieke musiek te
>> luister. Toe rebelleer sommige van ons en lag nou maar in ons moue
>> vir ons maatjies wat so probeer "voorgee". Aan die ander kant
>> waardeer ek tot 'n mate die feit dat dit miskien juis weens al daardie
>> gedwonge goeters was wat ek vandag omtrent enige tipe musiek kan
>> waardeer ..er...behalwe Abba en Rap!
>> Ek wonder ook of boeremusiek en volksdanse dalk dieselfde paadjie gaan
>> loop as C&W en volksdanse hier in Amerika? Deesdae is dit nogal die
>> "in" ding by veral die kaliforniese yuppies. Net in die PNW - of
>> eerder my geliefkoosde grunge staat waar my vriende nie dood gesien
>> sal word in 'n tipiese C&W volksdans kroeg/plek, nie. :-)
>>
>
Konsertinas [boodskap #57470 is 'n antwoord op boodskap #57438] Do, 14 Februarie 2002 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 05:07:32 +0200, "Annette" wrote:

> OK Danielle - daar is twee soorte konsertinas - die Engelse konsertina en
> die Boerekonsertina.
> Die Boerekonsertina is 'n groter konsertina.
> Watter een van die twee is die Wheatstone?
> Beide konsertinas word in boereorkeste gebruik -

Gaan kyk in die konsertina FAQ by:
http://www.harbour.demon.co.uk/concerti.htm

Baie inligting ook by:
http://www.concertina.net/

En oor die boerekonsertina by:
http://mzone.mweb.co.za/residents/sminnie/concertina.htm
Re: Tom Sharpe/Sasolburg/Boeremusiek [boodskap #57474 is 'n antwoord op boodskap #57447] Do, 14 Februarie 2002 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 15:39:25 +0200, "Kekkelbek" wrote:

>
> Ek moet Danielle ondersteun, Boeremusiek maak my sommer 'karsiek'.
Kekkelbek, 'Hoe ry die Boere Sit Sit So is nie boeremusiek nie :-)

> , wat opvieding betref ek is baie mal oor klassieke musiek en
> enige opera.
Die rede daarvoor is jou opvieding...
Re: Boeremusiek [boodskap #57475 is 'n antwoord op boodskap #57439] Do, 14 Februarie 2002 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 06:05:53 +0200, "Annette" wrote:

> Davie miskien sal dit 'n interessante ding wees om te leer - watter ander
> lande/ groepe gebruik ook die konsertina, en watse soort musiek speel hulle.
> Ons is maar net gewoond aan ons soort konsertinamusiek .
> Annette
>
>
>

Die Iere maak baie mooi musiek Annette (Ek glo dat Danielle en
Kekkelbek nou onmiddellik sal intjip met 'n 'ja maar nie so mooi soos
ons Boeremusiek nie!' ) en ek neig om terug te roep dat ek gesien het
dat hulle 'n instrument gelyk aan ons konsertina bespeel.
Re: Boeremusiek [boodskap #57485 is 'n antwoord op boodskap #57475] Do, 14 Februarie 2002 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Glo vir my, die Iere se musiek is wel pragtig en ons kon amper nie genoeg
daarvan kry aan die begin nie, maar as jy vir langer as 10 minute in die pub
is, dan is jy reeds laaaankal keelvol en dan loop ons en gaan soek maar die
volgende pub op!

Patricia

"Davie Davis" skryf in boodskap news:ntun6u436m9l7p0ep3ee7krpugntcsje6g@4ax.com...
> On Thu, 14 Feb 2002 06:05:53 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Davie miskien sal dit 'n interessante ding wees om te leer - watter ander
>> lande/ groepe gebruik ook die konsertina, en watse soort musiek speel hulle.
>> Ons is maar net gewoond aan ons soort konsertinamusiek .
>> Annette
>>
>
> Die Iere maak baie mooi musiek Annette (Ek glo dat Danielle en
> Kekkelbek nou onmiddellik sal intjip met 'n 'ja maar nie so mooi soos
> ons Boeremusiek nie!' ) en ek neig om terug te roep dat ek gesien het
> dat hulle 'n instrument gelyk aan ons konsertina bespeel.
Re: Boeremusiek [boodskap #57494 is 'n antwoord op boodskap #57485] Do, 14 Februarie 2002 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 19:25:48 -0000, "Patricia"
wrote:

> Glo vir my, die Iere se musiek is wel pragtig en ons kon amper nie genoeg
> daarvan kry aan die begin nie, maar as jy vir langer as 10 minute in die pub
> is, dan is jy reeds laaaankal keelvol en dan loop ons en gaan soek maar die
> volgende pub op!
>
> Patricia
>
>

Ek weet wat jy sê Patricia en niemand hier sal meer daarvan kan vertel
as jy nie. Lieflike musiek maar die tema bly dieselfde né.
Re: Boeremusiek [boodskap #57622 is 'n antwoord op boodskap #57475] Ma, 18 Februarie 2002 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis skryf in boodskap news:ntun6u436m9l7p0ep3ee7krpugntcsje6g@4ax.com...
> On Thu, 14 Feb 2002 06:05:53 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Davie miskien sal dit 'n interessante ding wees om te leer - watter ander
>> lande/ groepe gebruik ook die konsertina, en watse soort musiek speel hulle.
>> Ons is maar net gewoond aan ons soort konsertinamusiek .
>> Annette
>>
>
> Die Iere maak baie mooi musiek Annette (Ek glo dat Danielle en
> Kekkelbek nou onmiddellik sal intjip met 'n 'ja maar nie so mooi soos
> ons Boeremusiek nie!' )

Boeremusiek omtrent die enigste musiek waarvoor ek nóóit in 'n bui is nie.
Ek sal een liedjie kan hanteer, by die tweede een raak ek kriewelrig. Ek is
egter mal oor die Iere en selfs die Skotte se musiek, maar ek kan glo dat
mens keelvol kan word soos Patricia sê.

en ek neig om terug te roep dat ek gesien het
> dat hulle 'n instrument gelyk aan ons konsertina bespeel.
Re: Tom Sharpe/Sasolburg/Boeremusiek [boodskap #57631 is 'n antwoord op boodskap #57474] Ma, 18 Februarie 2002 09:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis skryf in boodskap news:qjun6usds2ett0jc0fcf9kmrreuucrblb4@4ax.com...
> On Thu, 14 Feb 2002 15:39:25 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>
>>
>> Ek moet Danielle ondersteun, Boeremusiek maak my sommer 'karsiek'.
> Kekkelbek, 'Hoe ry die Boere Sit Sit So is nie boeremusiek nie :-)

:)))

>
>> , wat opvieding betref ek is baie mal oor klassieke musiek en
>> enige opera.
> Die rede daarvoor is jou opvieding...

Tsk, tsk (aan myself)

Het nog altyd die probleem gehad dat ek vinniger dink as wat ek kan skryf.
Re: Tom Sharpe/Sasolburg/Boeremusiek [boodskap #57632 is 'n antwoord op boodskap #57631] Ma, 18 Februarie 2002 09:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kekkelbek skryf in boodskap news:3c70cc00.0@news1.mweb.co.za...
>
> Davie Davis wrote in message
> news:qjun6usds2ett0jc0fcf9kmrreuucrblb4@4ax.com...
>> On Thu, 14 Feb 2002 15:39:25 +0200, "Kekkelbek"
>> wrote:

Naskrif vir KinkY: ek was die naweek op Sasolburg en het die oggend wakker
geword met die ou bekende klank van die gehoes van die voëls in die bome.
;)) Van die spogdorp se mooi paaie en tuine, van destyds, is daar nie veel
oor nie. Mens is bang om in die groter strate te gaan stap, net nou vang 'n
leeu jou so vanuit die laaaaang gras!
n Antwoord vir Kekkelbek [boodskap #57647 is 'n antwoord op boodskap #57632] Di, 19 Februarie 2002 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kekkelbek" wrote in message
>
> Naskrif vir KinkY: ek was die naweek op Sasolburg en het die oggend wakker
> geword met die ou bekende klank van die gehoes van die voëls in die bome.
> ;)) Van die spogdorp se mooi paaie en tuine, van destyds, is daar nie veel
> oor nie. Mens is bang om in die groter strate te gaan stap, net nou vang 'n
> leeu jou so vanuit die laaaaang gras!

KinkY: Ek loop al n paar dae en wonder of ek dit hier sal noem. Ek
was self die naweek in Sasolburg en het met ontsteltenis opgemerk dat
die mooi van die dorp verdwyn het. Die mooi tuine is almal heeltemal
verwaarloos of bestaan nie meer nie. Die mooi fonteintjie by die
ingang se sirkel is onooglik. Lank gelede het ek my troufotos daar
geneem!!

Haai, Kekkelbek amper het ek in jou vasgeloop daar! ;-)

Maar ons het ook deur n ander bekende dorpie uit my jeug gery. Parys.
n Plekkie wat effens verbeter het oor die jare. Ons het daar by
elkeen van die antieke winkels langs die pad (drie) gestop en my siel
gaan laaf met die wonderskoon van antieke artikels. En ek was
gelukkig genoeg om my koppie en piering versameling te kon aanvul.
Re: n Antwoord vir Kekkelbek [boodskap #57676 is 'n antwoord op boodskap #57647] Wo, 20 Februarie 2002 09:49 Na vorige boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0202181847.6be70fb@posting.google.com...
> "Kekkelbek" wrote in message
>>
>> Naskrif vir KinkY: ek was die naweek op Sasolburg en het die oggend wakker
>> geword met die ou bekende klank van die gehoes van die voëls in die bome.
>> ;)) Van die spogdorp se mooi paaie en tuine, van destyds, is daar nie veel
>> oor nie. Mens is bang om in die groter strate te gaan stap, net nou vang 'n
>> leeu jou so vanuit die laaaaang gras!
>
> KinkY: Ek loop al n paar dae en wonder of ek dit hier sal noem. Ek
> was self die naweek in Sasolburg en het met ontsteltenis opgemerk dat
> die mooi van die dorp verdwyn het. Die mooi tuine is almal heeltemal
> verwaarloos of bestaan nie meer nie. Die mooi fonteintjie by die
> ingang se sirkel is onooglik. Lank gelede het ek my troufotos daar
> geneem!!

Mens besef dat die geld deesdae anders aangewend word, dat ander dinge
voorkeur moet kry. Maar mens verwag net dat daar wel (tot 'n mate) na die
voorkoms van 'n dorp na omgesien word. Dis nie dat mens reuse tuine met
blomme verwag nie. Al wat mens verlang is dat die gras redelik kort gehou
word. Wat die aanwending van die geld betref, mens sien nie regtig waarheen
die geld nou werklik gaan nie. Desembermaand is die lang gras op die
ergste. Hulle sny dit vir 2 tot 3 maande glad nie.

>
> Haai, Kekkelbek amper het ek in jou vasgeloop daar! ;-)
>
> Maar ons het ook deur n ander bekende dorpie uit my jeug gery. Parys.
> n Plekkie wat effens verbeter het oor die jare. Ons het daar by
> elkeen van die antieke winkels langs die pad (drie) gestop en my siel
> gaan laaf met die wonderskoon van antieke artikels. En ek was
> gelukkig genoeg om my koppie en piering versameling te kon aanvul.
Vorige onderwerp: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER
Volgende onderwerp: " Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 01:55:29 MGT 2024