Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach
betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach [boodskap #56820] Di, 05 Februarie 2002 09:53 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Betekenis en Woordbetekenis
Breyten Breytenbach
(Vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)

dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
om woorde plat oor die blad
te maneuvreer, soos soveel swart betogers
vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
begrawe en bly protesteer teen die seer
van lewe om lewe in so 'n land

dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
van Botha se troepe boer en pandoer
wat met hond en sambok en huilgas en koeël
die kak uit die kaffers moer, en moor:
môre-oggend se tabel van suffel
gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
by aanskoue van die bloed so swart
soos drukkersink

brand, brand dié land swart!
'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
dat hy geforseer word om weer die tou
boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
van die woord te ontkom . . .
terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
'n lyn sou wil bind om God se nek,
van bengelende beelde, van dolfyne
wat Saterdagaande te perd gaan vry
in grys gehemp soos silwerige soetwater
koelvloei oor die borste,
dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede

want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .

as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .

9.10.84
Breyten se opswepery [boodskap #56854 is 'n antwoord op boodskap #56820] Di, 05 Februarie 2002 14:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wens ou Breyten en sy metgeselle wil nou net die opgesweepte massas leer
dat die stryd nou verby is, dat 'n mens nou moet die landswette nakom, en
nie meer hoef te rebelleer teen alles en almal wat in gesag staan nie.

Ek wil hier 'n voorspelling maak. Die volgende Prez ;)))) gaan nog groter
probleme hê as die huidige een om wet en orde te handhaaf. My rede
daarvoor? Mnr Nelson Mandela het almal se respek gehad, selfs myne, nie
noodwendig my ondersteuning nie, maar my respek, as gevolg van die
"struggle" en 27 jaar agter tralies vir waarin hy geglo het. Oom Taboe het
van die begin af teenstand uit verskeie oorde gehad omdat hy nie die
charisma van oom Nelson gehad het nie. Die volgende outjie gaan 'n land kry
waar mense by hul miljoene sterf aan Aids, die regering het dan ook nog nie
vir almal behuising gegee soos belowe in '94 nie. Die land se
infrastruktuur gaan nog verder agteruit as gevolg van wanbestuur en
bedrog/korrupsie. EK HOOP EK IS VERKEERD, maar ek dink nie so nie.
Optimisme was nog nooit my sterkpunt nie, realisme wel.

"Danielle" skryf in boodskap news:uoav5ugg0i329k0odq0gkfgtjgeo2phqe3@4ax.com...
> Betekenis en Woordbetekenis
> Breyten Breytenbach
> (Vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)
>
> dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
> van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
> om woorde plat oor die blad
> te maneuvreer, soos soveel swart betogers
> vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
> begrawe en bly protesteer teen die seer
> van lewe om lewe in so 'n land
>
> dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
> dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
> van Botha se troepe boer en pandoer
> wat met hond en sambok en huilgas en koeël
> die kak uit die kaffers moer, en moor:
> môre-oggend se tabel van suffel
> gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
> by aanskoue van die bloed so swart
> soos drukkersink
>
> brand, brand dié land swart!
> 'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
> dat hy geforseer word om weer die tou
> boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
> van die woord te ontkom . . .
> terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
> 'n lyn sou wil bind om God se nek,
> van bengelende beelde, van dolfyne
> wat Saterdagaande te perd gaan vry
> in grys gehemp soos silwerige soetwater
> koelvloei oor die borste,
> dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
> apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede
>
> want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
> brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .
>
> as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .
>
> 9.10.84
>
Re: Breyten se opswepery [boodskap #56883 is 'n antwoord op boodskap #56854] Di, 05 Februarie 2002 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie ou dier - jy moet bykom - Breyten het mos nou sy deuntjie verander.
Daardie stukkie is uit de oude doos:)))
Annette

news:3c5feb66$0$225@hades.is.co.za...
> Ek wens ou Breyten en sy metgeselle wil nou net die opgesweepte massas leer
> dat die stryd nou verby is, dat 'n mens nou moet die landswette nakom, en
> nie meer hoef te rebelleer teen alles en almal wat in gesag staan nie.
>
> Ek wil hier 'n voorspelling maak. Die volgende Prez ;)))) gaan nog groter
> probleme hê as die huidige een om wet en orde te handhaaf. My rede
> daarvoor? Mnr Nelson Mandela het almal se respek gehad, selfs myne, nie
> noodwendig my ondersteuning nie, maar my respek, as gevolg van die
> "struggle" en 27 jaar agter tralies vir waarin hy geglo het. Oom Taboe het
> van die begin af teenstand uit verskeie oorde gehad omdat hy nie die
> charisma van oom Nelson gehad het nie. Die volgende outjie gaan 'n land kry
> waar mense by hul miljoene sterf aan Aids, die regering het dan ook nog nie
> vir almal behuising gegee soos belowe in '94 nie. Die land se
> infrastruktuur gaan nog verder agteruit as gevolg van wanbestuur en
> bedrog/korrupsie. EK HOOP EK IS VERKEERD, maar ek dink nie so nie.
> Optimisme was nog nooit my sterkpunt nie, realisme wel.
>
> "Danielle" wrote in message
> news:uoav5ugg0i329k0odq0gkfgtjgeo2phqe3@4ax.com...
>> Betekenis en Woordbetekenis
>> Breyten Breytenbach
>> (Vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)
>>
>> dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
>> van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
>> om woorde plat oor die blad
>> te maneuvreer, soos soveel swart betogers
>> vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
>> begrawe en bly protesteer teen die seer
>> van lewe om lewe in so 'n land
>>
>> dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
>> dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
>> van Botha se troepe boer en pandoer
>> wat met hond en sambok en huilgas en koeël
>> die kak uit die kaffers moer, en moor:
>> môre-oggend se tabel van suffel
>> gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
>> by aanskoue van die bloed so swart
>> soos drukkersink
>>
>> brand, brand dié land swart!
>> 'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
>> dat hy geforseer word om weer die tou
>> boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
>> van die woord te ontkom . . .
>> terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
>> 'n lyn sou wil bind om God se nek,
>> van bengelende beelde, van dolfyne
>> wat Saterdagaande te perd gaan vry
>> in grys gehemp soos silwerige soetwater
>> koelvloei oor die borste,
>> dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
>> apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede
>>
>> want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
>> brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .
>>
>> as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .
>>
>> 9.10.84
>>
>
Re: Breyten se opswepery [boodskap #56905 is 'n antwoord op boodskap #56883] Wo, 06 Februarie 2002 02:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 5 Feb 2002 22:31:48 +0200, "Annette" wrote:

> Sakkie ou dier - jy moet bykom - Breyten het mos nou sy deuntjie verander.
> Daardie stukkie is uit de oude doos:)))

Gmmff - kyk wie praat van oude doos!! :-)))
Ek hou van BB se werk, en daardie ene spesifiek was vir my aangrypend
gister.

(Ek erken openlik dat ek omtrent geen Afrikaanse skrywers/digters ken
nie. Behalwe vir Etienne Le Roux, Andre Brink en BB) Die res het ek
op hierdie ng leer "ken". Stenig my nou maar...:-)
Jy kan vir my enigiets vra oor Amerikaanse digkuns - en die ironie is
dat die handboek wat ek amper 30 jaar gelede gebruik het, word
nogsteeds vandag gebruik. My seun s'n is net dikker en het prentjies
in! :-)))
Re: Breyten se opswepery [boodskap #56909 is 'n antwoord op boodskap #56883] Wo, 06 Februarie 2002 02:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

Breyten het mos nou sy deuntjie verander.

Ek neem nou aan jy weet nie veel van
die reaksies van mense op Breyten
se onlangse toneelstuk by die KKK
nie. Ek vra jou nou ook met trane in die
oë: wat was Breyten se deuntjie
destyds en hoe het dit "nou" verander.
En moenie vir my die paar ou uitsprakies
kom kwout waar mense gedink het Breyten
is nou skielik "teen die ANC" nie. Breyten
was, dink ek, nooit "vir die ANC" nie.
Breyten was op sy dag net die josie in
vir die klomp apartheidsvarke wat sy
land oorgeneem het. Net soos 'n klomp van
ons. My man het gehoop dat die klomp Kubane
tot by Pretoria kan kom en die klomp
swernoters daar uit die Unie-geboue uitskop.
Breyten, moediger en seker nog kwaaier, het
kom probeer rewolusie begin. Natuurlik sal
Breyten nou vir homself die reg voorhou om
te kritiseer. Ek dink hy het die reg vir homself
verdien.
Let wel, ek is nie 'n vreeslike intense
bewonderaar van Breytenbach nie. Ek het hier
'n boek getiteld "Woordwerk" (nogal met
Breyten se handtekening in) maar dit is so
boring dat ek nie meer as die eerste tien
bladsye gelees kry nie.

Gloudina
Re: Breyten se opswepery [boodskap #56912 is 'n antwoord op boodskap #56909] Wo, 06 Februarie 2002 04:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat Breyten (onder andere) nie verstaan nie is dat sy "eie" mense hom nie
omhels nie. Vergelyk sy optrede/opmerkings tydens die laaste KKK - asook
tydens sy kyknet aanbiedinge ... Die ou selfbeeld kan maar 'n probleem wees
van tyd tot tyd.

Breyten moet maar ietwat onprakties (onnosel) wees - dat die ou
apartheidsmanne hom so maklik kon toesluit ...

skryf in boodskap news:3C6099F2.5010504@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
> Breyten het mos nou sy deuntjie verander.
>
> Ek neem nou aan jy weet nie veel van
> die reaksies van mense op Breyten
> se onlangse toneelstuk by die KKK
> nie. Ek vra jou nou ook met trane in die
> oë: wat was Breyten se deuntjie
> destyds en hoe het dit "nou" verander.
> En moenie vir my die paar ou uitsprakies
> kom kwout waar mense gedink het Breyten
> is nou skielik "teen die ANC" nie. Breyten
> was, dink ek, nooit "vir die ANC" nie.
> Breyten was op sy dag net die josie in
> vir die klomp apartheidsvarke wat sy
> land oorgeneem het. Net soos 'n klomp van
> ons. My man het gehoop dat die klomp Kubane
> tot by Pretoria kan kom en die klomp
> swernoters daar uit die Unie-geboue uitskop.
> Breyten, moediger en seker nog kwaaier, het
> kom probeer rewolusie begin. Natuurlik sal
> Breyten nou vir homself die reg voorhou om
> te kritiseer. Ek dink hy het die reg vir homself
> verdien.
> Let wel, ek is nie 'n vreeslike intense
> bewonderaar van Breytenbach nie. Ek het hier
> 'n boek getiteld "Woordwerk" (nogal met
> Breyten se handtekening in) maar dit is so
> boring dat ek nie meer as die eerste tien
> bladsye gelees kry nie.
>
> Gloudina
>
Re: Breyten se opswepery [boodskap #56914 is 'n antwoord op boodskap #56912] Wo, 06 Februarie 2002 05:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jonas, ek dink glad nie BB is onnosel nie.- ek dink hy is 'n briljante
skywer/digter.

Dis sy ander karaktereienskappe waar hy nie so lekker sterk in is nie, wat
hom agter die tralies laat beland het.
Ek vermoed hy gaan maar baie goedgelowig deur die lewe in die praktyk.
Annette

Jonas skryf in boodskap news:a3qctk$12d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat Breyten (onder andere) nie verstaan nie is dat sy "eie" mense hom nie
> omhels nie. Vergelyk sy optrede/opmerkings tydens die laaste KKK - asook
> tydens sy kyknet aanbiedinge ... Die ou selfbeeld kan maar 'n probleem wees
> van tyd tot tyd.
>
> Breyten moet maar ietwat onprakties (onnosel) wees - dat die ou
> apartheidsmanne hom so maklik kon toesluit ...
>
> skryf in boodskap news:3C6099F2.5010504@rogers.com...
>>
>> Annette wrote:
>>
>> Breyten het mos nou sy deuntjie verander.
>>
>> Ek neem nou aan jy weet nie veel van
>> die reaksies van mense op Breyten
>> se onlangse toneelstuk by die KKK
>> nie. Ek vra jou nou ook met trane in die
>> oë: wat was Breyten se deuntjie
>> destyds en hoe het dit "nou" verander.
>> En moenie vir my die paar ou uitsprakies
>> kom kwout waar mense gedink het Breyten
>> is nou skielik "teen die ANC" nie. Breyten
>> was, dink ek, nooit "vir die ANC" nie.
>> Breyten was op sy dag net die josie in
>> vir die klomp apartheidsvarke wat sy
>> land oorgeneem het. Net soos 'n klomp van
>> ons. My man het gehoop dat die klomp Kubane
>> tot by Pretoria kan kom en die klomp
>> swernoters daar uit die Unie-geboue uitskop.
>> Breyten, moediger en seker nog kwaaier, het
>> kom probeer rewolusie begin. Natuurlik sal
>> Breyten nou vir homself die reg voorhou om
>> te kritiseer. Ek dink hy het die reg vir homself
>> verdien.
>> Let wel, ek is nie 'n vreeslike intense
>> bewonderaar van Breytenbach nie. Ek het hier
>> 'n boek getiteld "Woordwerk" (nogal met
>> Breyten se handtekening in) maar dit is so
>> boring dat ek nie meer as die eerste tien
>> bladsye gelees kry nie.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Breyten se opswepery [boodskap #57014 is 'n antwoord op boodskap #56912] Do, 07 Februarie 2002 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Feb 2002 06:54:07 +0200, "Jonas" wrote:

> Breyten moet maar ietwat onprakties (onnosel) wees - dat die ou
> apartheidsmanne hom so maklik kon toesluit ...

So verkeerd...dis eintlik net andersom....
Kan jy nog daardie stokou spotliedjie van Spitting Image onthou? Die
"I've never met a nice South African" ene.
Dit eindig mos so:

"No, he's never met a nice South African!
And that's not bloody surprising, man
Cos we're a bunch of terrorist murderers
Who smell like baboons.

No, he's never met a nice South African!
And that's not bloody surprising, man
We've never met one either
Except for Breyten Breytenbach
And he's emigrated to Paris.
Yes, he's quite a nice South African
And he's hardly ever killed anyone
And he's not smelly at all
That's why we put him in prison."

En dan dink ek sommer ook onwillekeurig hier aan ander Britse skrywers
soos Tom Sharpe en andere wat heerlik gespot het met die Afrikaners.
Ekself het Tom Sharpe se boeke vreeslik geniet, maar ek weet mens kon
hulle nie in SA koop nie, weens die sensuur.

So, daar is maar altyd 2 kante van die saak. Jy mag dalk dink en glo
dat BB en ander "liberaliste" was onnosel of watookal - maar die res
van die wereld het gesit en lag en spot met ons Afrikaners wat so
"dom" is. Of eerder meer gepas om jou woorde te gebruik - die
"apartheidsmanne" wat so dom en idioties is. :-(
Re: Breyten se opswepery [boodskap #57028 is 'n antwoord op boodskap #57014] Do, 07 Februarie 2002 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Watse verbod op Sharpe se boeke?
Ek het al sy boeke wat ek van hom het hier gekoop.
Annette

Danielle skryf in boodskap news:29446ugnbe8u5dashj7d2tf5ma0gs1cp66@4ax.com...
> On Wed, 6 Feb 2002 06:54:07 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Breyten moet maar ietwat onprakties (onnosel) wees - dat die ou
>> apartheidsmanne hom so maklik kon toesluit ...
>
> So verkeerd...dis eintlik net andersom....
> Kan jy nog daardie stokou spotliedjie van Spitting Image onthou? Die
> "I've never met a nice South African" ene.
> Dit eindig mos so:
>
> "No, he's never met a nice South African!
> And that's not bloody surprising, man
> Cos we're a bunch of terrorist murderers
> Who smell like baboons.
>
> No, he's never met a nice South African!
> And that's not bloody surprising, man
> We've never met one either
> Except for Breyten Breytenbach
> And he's emigrated to Paris.
> Yes, he's quite a nice South African
> And he's hardly ever killed anyone
> And he's not smelly at all
> That's why we put him in prison."
>
> En dan dink ek sommer ook onwillekeurig hier aan ander Britse skrywers
> soos Tom Sharpe en andere wat heerlik gespot het met die Afrikaners.
> Ekself het Tom Sharpe se boeke vreeslik geniet, maar ek weet mens kon
> hulle nie in SA koop nie, weens die sensuur.
>
> So, daar is maar altyd 2 kante van die saak. Jy mag dalk dink en glo
> dat BB en ander "liberaliste" was onnosel of watookal - maar die res
> van die wereld het gesit en lag en spot met ons Afrikaners wat so
> "dom" is. Of eerder meer gepas om jou woorde te gebruik - die
> "apartheidsmanne" wat so dom en idioties is. :-(
>
Tom Sharpe [boodskap #57033 is 'n antwoord op boodskap #57028] Do, 07 Februarie 2002 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 7 Feb 2002 09:11:05 +0200, "Annette" wrote:

> Watse verbod op Sharpe se boeke?
> Ek het al sy boeke wat ek van hom het hier gekoop.

En wanneer (watter jaar) het jy almal daar kon koop?
Re: Tom Sharpe [boodskap #57037 is 'n antwoord op boodskap #57033] Do, 07 Februarie 2002 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Laat ek dink - ja - in 1974 het ek my eerste Tom Sharpe boek gekoop ( dink
ek) - dit was nogal 'n jaar wat in my lewe uitstaan.
Ek moet egter byvoeg dat ek dit nie as 'n nuwe boek in 'n grend boekwinkel
gekoop het nie;))

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Danielle skryf in boodskap news:lqa46u035cg8pjueb88pjecg7q8rg9qeth@4ax.com...
> On Thu, 7 Feb 2002 09:11:05 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Watse verbod op Sharpe se boeke?
>> Ek het al sy boeke wat ek van hom het hier gekoop.
>
> En wanneer (watter jaar) het jy almal daar kon koop?
>
Re: Tom Sharpe [boodskap #57038 is 'n antwoord op boodskap #57037] Do, 07 Februarie 2002 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 7 Feb 2002 09:36:50 +0200, "Annette" wrote:

> Laat ek dink - ja - in 1974 het ek my eerste Tom Sharpe boek gekoop ( dink
> ek) - dit was nogal 'n jaar wat in my lewe uitstaan.
> Ek moet egter byvoeg dat ek dit nie as 'n nuwe boek in 'n grend boekwinkel
> gekoop het nie;))

Ek glo jou. Maar ek wonder tog of dit een van die 2 was wat spesifiek
oor SA gaan? Riotous Assembly en Indecent Exposure? Ons het verlede
jaar hieroor gepraat toe ek nog aan die Engelse groep deelgeneem het,
en een van die ouens daar het toe 'n lys gehad met boeke en outeurs,
films, musiek en ander goeters wat verban was in SA. Tom Sharpe se 2
boeke was ook daarop. Ongelukkig het ek nie meer daardie boodskap of
verwysings nie, so ek mag verkeerd wees, hoor.
Ek weet dat jy al sy ander boeke daar kon kry in die 70's en aan.
Hy was mos gedeporteer in 61 of daar rond? Toe was ek maar nog 'n
baba!! :-))
Re: Tom Sharpe [boodskap #57178 is 'n antwoord op boodskap #57038] Vr, 08 Februarie 2002 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle"
---knip---
: Hy was mos gedeporteer in 61 of daar rond? Toe was ek maar nog 'n
: baba!! :-))
~~~
toe was ek darem in standerd 5, met Daan desimaal kennis gemaak en die Union
Jack is vir oulaas laat sak toe ons die Republiek van Suid Afrika geword
het. Bewaar die een wat my nou oom gaan noem :-)
Wie kan nog in ponde sjielings en pennies werk? Dit was vir my so moeilik
onthou ek.
2 oortjies in 'n stuiwer, 2 stuiwers in 'n pennie, 3 pennies in 'n tiekie, 2
tiekies in 'n sikspens, 2 sikspense in 'n sjieling, 20 sjielings in 'n pond,
'n gienie (kan nie daardie woord spel nie) was 21 sjielings.
BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
--
Re: Tom Sharpe [boodskap #57195 is 'n antwoord op boodskap #57178] Sa, 09 Februarie 2002 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie" wrote:

> 2 oortjies in 'n stuiwer, 2 stuiwers in 'n pennie, 3 pennies in 'n tiekie, 2
> tiekies in 'n sikspens, 2 sikspense in 'n sjieling, 20 sjielings in 'n pond,
> 'n gienie (kan nie daardie woord spel nie) was 21 sjielings.
> BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?

Sharpe oom Tobie, heel Sharpe gesê!!!
Re: Tom Sharpe [boodskap #57199 is 'n antwoord op boodskap #57178] Sa, 09 Februarie 2002 23:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie" wrote:

> BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?

Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie. :-)
Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?

Die skrywer Tom Sharpe wat ek na verwys het, het o.a sosiale werk
verrig vir die " Non-European Affairs Department: voor hy onderwys
gegee het in Natal iewers. Hy het ook 'n kiekieplek (sien ek leer tog
op die groep ), gehad in Pietermaritzburg vanaf 1957 tot 1961 toe
hy uit die land geskop was. Ek glo nie hy het ooit weer teruggekeer
na SA nie. Maar dan het Tolkien en ander rooinekke ook nie, so...:-))
Re: Tom Sharpe [boodskap #57232 is 'n antwoord op boodskap #57199] So, 10 Februarie 2002 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:...
> On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"
> wrote:
>
>> BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>
> Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie. :-)
> Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>

KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
gematrikuleer. In 1977. ;-)

Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
Re: Tom Sharpe [boodskap #57233 is 'n antwoord op boodskap #57232] So, 10 Februarie 2002 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sasolburg is in besonder bekend vir hul volkspelelaer:))))
Annette

@posting.google.com...
> Danielle wrote in message
news:...
>> On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"
>> wrote:
>>
>>> BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>>
>> Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie. :-)
>> Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>>
>
> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>
> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
Re: Tom Sharpe [boodskap #57234 is 'n antwoord op boodskap #57232] So, 10 Februarie 2002 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Feb 2002 11:12:11 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
> gematrikuleer. In 1977. ;-)

Aah, dankie Kinky. Is Sasolburg van belang vir een of ander rede?
Behalwe nou vir die BAIE belangrike feit dat jy daar grootgeword het.
:-)

> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!

Eintlik skryf Tom Sharpe net baie ligte vermaak - komedies. Niks
belangriks of van literêre belang juis nie. Maar as jy hou van lag en
sien hoe iemand draaksteek met die mense van die apartheids regime,
dan kan jy gerus sy 2 boeke lees wat spesifiek daaroor handel. Sy
"Wilt" boeke het hom bekend gemaak. Ek dink jy sal dit baie geniet!.
Dis Britse humor - van die 70's. :-)
Re: Tom Sharpe [boodskap #57235 is 'n antwoord op boodskap #57234] So, 10 Februarie 2002 19:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 14:31:11 -0500, Danielle wrote:

> Kinky:
>> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!

> Danielle:
> Eintlik skryf Tom Sharpe net baie ligte vermaak - komedies. Blah blah blha...

Het vergeet om by te voeg - ek hoop Tobie vertel ons van die Sharpe's
van jou grootwordplek. :-)
Sasolburg [boodskap #57237 is 'n antwoord op boodskap #57233] So, 10 Februarie 2002 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 21:15:53 +0200, "Annette"  wrote:

> Sasolburg is in besonder bekend vir hul volkspelelaer:))))

Nou is ek BAIE nuuskierig oor Sasolburg se dinge!
Wat is 'n volkspelelaer?  Ag HELP tog seblief!  Wat gaan daar in Kinky
se tuisdorp aan?
:-)
Sasolburg [boodskap #57245 is 'n antwoord op boodskap #57233] So, 10 Februarie 2002 23:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
EN natuurlik vir daardie "klankie" wat die heeltyd daar rondhang. Ons het
dit "Sasol se poep" genoem.

HK

> Sasolburg is in besonder bekend vir hul volkspelelaer:))))
> Annette
>
Re: Sasolburg [boodskap #57247 is 'n antwoord op boodskap #57237] Ma, 11 Februarie 2002 02:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

>  Nou is ek BAIE nuuskierig oor Sasolburg se dinge!

             Ek is seker mosterd na die maal oor
           hoekom Sasolburg belangrik is, maar
           oorspronklik was Sasolburg die plek
           wat amper tot stand gekom het as
           gevolg van die feit dat SA sy petrol
           uit steenkool begin maak het. Gedurende
           die apartheidsjare het SA glo een-derde
           van sy petrol van steenkool af gekry,
           en was die tegnieke wat hulle gebruik
           het van die beste in die wêreld.
              Die hele Sasolburg se bevolking was
           dus "blue collar workers" wat in die
           fabrieke gewerk het, en hulle stemkrag
           het deurslaggewend getel vir enigiemand
           wat daar die Volksraadlid wou word. Ek
           weet dit, want die man van 'n niggie
           van my het lank gelede Volksraadslid
           geword vir Sasolburg, en hy was maar net
           'n gewone fabriekswerker wat in sy
           vakbond 'n leier geword het.

Gloudina
Re: Tom Sharpe/Sasolburg [boodskap #57248 is 'n antwoord op boodskap #57234] Ma, 11 Februarie 2002 02:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:...
> On 10 Feb 2002 11:12:11 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
>
>> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
>> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
>> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
>> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>
> Aah, dankie Kinky. Is Sasolburg van belang vir een of ander rede?
> Behalwe nou vir die BAIE belangrike feit dat jy daar grootgeword het.
> :-)

KinkY: Ja, petrol uit steenkool word daar vervaardig. Die hele dorp
is n nywerheidsdorp wat dié spesifieke reuke tot gevolg het! :-)
Fabrieke soos SASOL, Natref en Karbochem was van die groter fabrieke
daar.

My ouers kuier op die oomblik by my en gisteraand het ek en my pa
buite gaan sit sodat hy die sterre kon sien. In Sasolburg is die
besoedeling van so aard dat die sterre nie eers behoorlik waarneembaar
is nie!

Nog n interessante feit rondom die dorp is dat die dorp deur n vrou
uitgelê en beplan is. Daar is nie n enkele stopstraat of robot in die
dorp gewees in die tyd wat ek daar gewoon het nie. Ek dink daar is
nou een stopstraat. Die dorp se uitleg maak dit moontlik dat daar net
toe-gee tekens is. Dit was ook altyd n baie skoon dorp en vir jare
het hulle een of ander prys gewen vir die skoonste dorp in die
Vrystaat. Dit het seker maar opgemaak vir die besoedeling. :-)

n Volkspele laer is n groep mense wat van volkspele hou. (Danse -
volksdanse meer kenmerkend van Afrikaners).

Dankie vir jou inligting oor Tom Sharpe. Ek hoop om eendag een van sy
boeke te kan lees. :-)

> Eintlik skryf Tom Sharpe net baie ligte vermaak - komedies. Niks
> belangriks of van literêre belang juis nie. Maar as jy hou van lag en
> sien hoe iemand draaksteek met die mense van die apartheids regime,
> dan kan jy gerus sy 2 boeke lees wat spesifiek daaroor handel. Sy
> "Wilt" boeke het hom bekend gemaak. Ek dink jy sal dit baie geniet!.
> Dis Britse humor - van die 70's. :-)
Re: Sasolburg [boodskap #57258 is 'n antwoord op boodskap #57247] Ma, 11 Februarie 2002 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
>>
> Die hele Sasolburg se bevolking was
> dus "blue collar workers" wat in die
> fabrieke gewerk het, en hulle stemkrag
> het deurslaggewend getel vir enigiemand
> wat daar die Volksraadlid wou word. Ek
> weet dit, want die man van 'n niggie
> van my het lank gelede Volksraadslid
> geword vir Sasolburg, en hy was maar net
> 'n gewone fabriekswerker wat in sy
> vakbond 'n leier geword het.
>
> Gloudina

KinkY: Nee, nee!! Daar was beslis onderwysers, prokureurs dokters en
vele ander nie-fabriekwerkers ook!
Re: Tom Sharpe [boodskap #57259 is 'n antwoord op boodskap #57232] Ma, 11 Februarie 2002 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Kinky!

Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!

Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0202101112.62294ac@posting.google.com...
> Danielle wrote in message
news:...
>> On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"
>> wrote:
>>
>>> BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>>
>> Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie. :-)
>> Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>>
>
> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>
> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
Re: Sasolburg [boodskap #57260 is 'n antwoord op boodskap #57245] Ma, 11 Februarie 2002 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die heerlikste geur in die wêreld!

Hantamkind skryf in boodskap news:azD98.4843$BE4.13363@newsfeeds.bigpond.com...
> EN natuurlik vir daardie "klankie" wat die heeltyd daar rondhang. Ons het
> dit "Sasol se poep" genoem.
>
> HK
>
>> Sasolburg is in besonder bekend vir hul volkspelelaer:))))
>> Annette
>>
>
Vuildrie... uhhh, ek meen Vaaldriehoek [boodskap #57263 is 'n antwoord op boodskap #57259] Ma, 11 Februarie 2002 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het self '88-'91 in VDBpark gebly. Loopafstand van die Holiday Inn teen
die rivier. Nogal interresant die geure afhangende van waar die wind
vandaan gekom het. Ook baie interresant was dat die hele sesde vloer van
die VDB Hospitaal 'n kinderafdeling was en dat 80% van die kinders behandel
was vir longkwale. My dogter was op 5 jarige ouderdom een van hulle. Van
'n blakend gesonde kind in Pretoria-noord tot in die hospitaal vir longkwale
binne 8 maande.

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c67ac6e.0@news1.mweb.co.za...
> Hallo Kinky!
>
> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!
>
> Kinky wrote in message
> news:4bb80b32.0202101112.62294ac@posting.google.com...
>> Danielle wrote in message
> news:...
>>> On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"
>>> wrote:
>>>
>>>> BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>>>
>>> Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie. :-)
>>> Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>>>
>>
>> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
>> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
>> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
>> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>>
>> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
>
Re: Vuildrie... uhhh, ek meen Vaaldriehoek [boodskap #57269 is 'n antwoord op boodskap #57263] Ma, 11 Februarie 2002 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Pretoria is ook nie bekend vir sy skoon lug nie! 'n Groot deel van die
kinders in my dogtertjie se klas, het almal asmapompies! Toe hulle verlede
jaar Veldskool toe was, het bykans elke tweede kind een gehad. Ek was
verstom! (maar ek moet toegee, die Vaaldriehoek het seker loshande die
vuilste lug.)

Mens raak maar gewoond aan die reuke en geure. As jy daar groot geword het,
weet jy nie van beter nie! Om ontrekkingssimptome te voorkom, gaan kuier ek
redelik gereeld vir my ouers! ;))

Sakkie skryf in boodskap news:3c67b780$0$226@hades.is.co.za...
> Ek het self '88-'91 in VDBpark gebly. Loopafstand van die Holiday Inn teen
> die rivier. Nogal interresant die geure afhangende van waar die wind
> vandaan gekom het. Ook baie interresant was dat die hele sesde vloer van
> die VDB Hospitaal 'n kinderafdeling was en dat 80% van die kinders behandel
> was vir longkwale. My dogter was op 5 jarige ouderdom een van hulle. Van
> 'n blakend gesonde kind in Pretoria-noord tot in die hospitaal vir longkwale
> binne 8 maande.
>
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3c67ac6e.0@news1.mweb.co.za...
>> Hallo Kinky!
>>
>> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!
>>
>> Kinky wrote in message
>> news:4bb80b32.0202101112.62294ac@posting.google.com...
>>> Danielle wrote in message
>> news:...
>>>> On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"
>>>> wrote:
>>>>
>>>> >BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>>>>
>>>> Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie. :-)
>>>> Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>>>>
>>>
>>> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
>>> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
>>> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
>>> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>>>
>>> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
>>
>
Re: Vuildrie... uhhh, ek meen Vaaldriehoek [boodskap #57271 is 'n antwoord op boodskap #57269] Ma, 11 Februarie 2002 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Noord van die Magalies is die lug baie skoon. Pretoria se probleem lê meer
sentraal en aan die suide kant. Nou moet ek bysê, dit was agt jaar gelede.

"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c67c0cd.0@news1.mweb.co.za...
> Pretoria is ook nie bekend vir sy skoon lug nie! 'n Groot deel van die
> kinders in my dogtertjie se klas, het almal asmapompies! Toe hulle verlede
> jaar Veldskool toe was, het bykans elke tweede kind een gehad. Ek was
> verstom! (maar ek moet toegee, die Vaaldriehoek het seker loshande die
> vuilste lug.)
>
> Mens raak maar gewoond aan die reuke en geure. As jy daar groot geword het,
> weet jy nie van beter nie! Om ontrekkingssimptome te voorkom, gaan kuier ek
> redelik gereeld vir my ouers! ;))
>
> Sakkie wrote in message
news:3c67b780$0$226@hades.is.co.za...
>> Ek het self '88-'91 in VDBpark gebly. Loopafstand van die Holiday Inn
> teen
>> die rivier. Nogal interresant die geure afhangende van waar die wind
>> vandaan gekom het. Ook baie interresant was dat die hele sesde vloer van
>> die VDB Hospitaal 'n kinderafdeling was en dat 80% van die kinders
> behandel
>> was vir longkwale. My dogter was op 5 jarige ouderdom een van hulle. Van
>> 'n blakend gesonde kind in Pretoria-noord tot in die hospitaal vir
> longkwale
>> binne 8 maande.
>>
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3c67ac6e.0@news1.mweb.co.za...
>>> Hallo Kinky!
>>>
>>> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!
>>>
>>> Kinky wrote in message
>>> news:4bb80b32.0202101112.62294ac@posting.google.com...
>>>> Danielle wrote in message
>>> news:...
>>>> > On Fri, 8 Feb 2002 23:41:38 +0200, "Tobie"

>>>> > wrote:
>>>> >
>>>> > >BTW die Tom Sharp, is hy van die Sasolburg se Sharpe's?
>>>> >
>>>> > Nee hene oom Tobie, hoe sal ek nou weet? Maar ek glo darem nie.
> :-)
>>>> > Wat is die assosiasie met Sasolburg? Waar is Sasolburg nou weer?
>>>> >
>>>>
>>>> KinkY: Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
>>>> vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
>>>> die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
>>>> gematrikuleer. In 1977. ;-)
>>>>
>>>> Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
>>>
>>
>
Re: Sasolburg [boodskap #57275 is 'n antwoord op boodskap #57247] Ma, 11 Februarie 2002 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>  Nou is ek BAIE nuuskierig oor Sasolburg se dinge!

Gloudina
           Ek is seker mosterd na die maal oor
           hoekom Sasolburg belangrik is, maar
           oorspronklik was Sasolburg die plek
           wat amper tot stand gekom het as
           gevolg van die feit dat SA sy petrol
           uit steenkool begin maak het.

Wouter
As ek reg onthou is SASOL 'n akroniem wat afgelei is
van SA Steenkool na OLie. En Sasolburg se
registrasienommer is natuurlik OIL.
Re: Sasolburg se werkers in blou. [boodskap #57277 is 'n antwoord op boodskap #57247] Ma, 11 Februarie 2002 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die hele Sasolburg se bevolking was
dus "blue collar workers" wat in die
fabrieke gewerk het, en hulle stemkrag
het deurslaggewend getel vir enigiemand
wat daar die Volksraadlid wou word.

Ek weet dit,

want die man van 'n niggie
van my het lank gelede Volksraadslid
geword vir Sasolburg,

en hy was maar net 'n gewone fabriekswerker

~~
The Proud Banker
A very richly dressed man stepped into a streetcar and with a haughty air
sat down beside an old man who was poorly clad. When the conductor collected
the fares he said to him in a loud voice, "Let me off at my bank." Evidently
knowing him, the conductor assured him he would do so. Then he reached for
the fare of the poorly clothed man next to him. He evidently was just as
well known to the conductor as the banker, and so he said, "Please let me
off at my peanut-stand, will you, Mister?" "Yes, George," was the distinct
but kindly reply. The proud man didn't smile, but all the other passengers
seemed suddenly possessed with unusual cheerfulness. This rich man had a
right and a duty to dress in keeping with his station; he was not sinful
because he owned a bank; but it was definitely wrong for him to seek to
impress others with his importance. Instead he earned their ridicule.
--
------------------------------------------------------------ -----
"The doctrines of grace humble a man without
degrading him and exalt him without inflating him."
-Charles Hodge-
------------------------------------------------------------ -----
Re: Sasolburg [boodskap #57280 is 'n antwoord op boodskap #57258] Ma, 11 Februarie 2002 18:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Feb 2002 02:51:03 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> KinkY: Nee, nee!! Daar was beslis onderwysers, prokureurs dokters en
> vele ander nie-fabriekwerkers ook!

Dit gee ek Kinky toe. 'n Vriend was daar op skool en het
tot std. 6 daar geleer voor hy mos verhuis (want dit is tòe eers
toe sy kwalifikasies die van die onderwyser verbygesteek het).
Sasolburg se dae [boodskap #57287 is 'n antwoord op boodskap #57259] Ma, 11 Februarie 2002 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kekkelbek" skryf in boodskap news:...
> Hallo Kinky!
>
> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!

KinkY: Hallo Kekkelbek! :-) Dink jy ons sou mekaar kon geken het?
Ek was in die dae van ou Sam Pellisier as skoolhoof daar. En jy?
Re: Tom Sharpe [boodskap #57288 is 'n antwoord op boodskap #57232] Ma, 11 Februarie 2002 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
kinta, ek is nou nie 'n blikoor nie, maar ek weet dat die Sharpes
'vooraanstaande' mense is / was op Sasolburg. Selfs op een tyd was die
burgemeester 'n Sharpe.
--
"Kinky"
Sasolburg is net, net in die goeie ou Vrystaat, Danielle. Dit
: vorm een been van die Vaaldriehoek met Vereeniging en Vanderbijlpark
: die ander twee bene. Ek het in Sasolburg grootgeword en daar
: gematrikuleer. In 1977. ;-)
:
: Maar ek ken ook nie Sharpe nie - sal graag wil hoor!
Re: Sasolburg se werkers in blou. [boodskap #57290 is 'n antwoord op boodskap #57277] Ma, 11 Februarie 2002 22:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> The Proud Banker
> A very richly dressed man

> "The doctrines of grace humble a man without
> degrading him and exalt him without inflating him."
> -Charles Hodge-

Ek weet nie hoekom jy nou dié
stukkie Engels onder my geskryf
ingetik het nie. Ek neem aan jy
dink ek verag "gewone fabriek-
werkers"?
Inteendeel. Ek was trots op
dié aangetroude familielid van my.
Ek onthou egter dat hulle gesê het
dat hulle dit baie moeilik gevind
het om net op 'n Volksraadslid se
salaris uit te kom, vanweë al die
onkostes wat so 'n mens het wat nie
vergoed word nie, en dat volgens
hulle opinie alleen mense met ander
inkomstes ook dit kon bekostig om
Volksraadslid te bly. Hy het dan
ook na vier jaar besluit om nie weer
te staan nie.

Gloudina
Re: Tom Sharpe/Sasolburg [boodskap #57294 is 'n antwoord op boodskap #57248] Di, 12 Februarie 2002 02:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 10 Feb 2002 18:50:33 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> My ouers kuier op die oomblik by my en gisteraand het ek en my pa
> buite gaan sit sodat hy die sterre kon sien. In Sasolburg is die
> besoedeling van so aard dat die sterre nie eers behoorlik waarneembaar
> is nie!

O, dis darem wonderlik om so na die sterre te kan kyk. Ekself kan ook
vir ure op my rug lê en na die sterre staar. Die staat Montana hier
in Amerika word ook "big sky country" genoem deels omdat die sterre
daar ook so pragtig en duidelik is.

> Nog n interessante feit rondom die dorp is dat die dorp deur n vrou
> uitgelê en beplan is. Daar is nie n enkele stopstraat of robot in die
> dorp gewees in die tyd wat ek daar gewoon het nie. Ek dink daar is
> nou een stopstraat. Die dorp se uitleg maak dit moontlik dat daar net
> toe-gee tekens is. Dit was ook altyd n baie skoon dorp en vir jare
> het hulle een of ander prys gewen vir die skoonste dorp in die
> Vrystaat. Dit het seker maar opgemaak vir die besoedeling. :-)

Baie interessant!

> n Volkspele laer is n groep mense wat van volkspele hou. (Danse -
> volksdanse meer kenmerkend van Afrikaners).

Ek het gewonder of dit dalk so iets was. Weet jy iets van die
geskiedenis van volkspeledanse? En boeremusiek? Dit sterf seker ook
heeltemal uit?
Re: Tom Sharpe/Sasolburg [boodskap #57297 is 'n antwoord op boodskap #57294] Di, 12 Februarie 2002 04:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Boeremusiek is nog baie lewendig - dis tog die enigste musiek waarop 'n mens
lekker langarm kan dans sonder om te wonder watse vreemde ritmes die
musikante sal inbring.
Was een aand by 'n dans van die Vlootorkes - en alhoewel hulle musiek van
bekende liedjies gespeel het ( nie boeremusiek nie) kon ons nie een enkele
ding dans nie - nie eers die walse nie.

Ek weet daar is ten minste twee aktiewe volkspelelaers hier in die Kaap.
Het jy nog nooit van tiekiedraai gehoor nie?

Annette

Danielle skryf in boodskap news:o70h6ug132iq0mgt50gqvvd8ntuft7c9k8@4ax.com...
> On 10 Feb 2002 18:50:33 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
>
>> My ouers kuier op die oomblik by my en gisteraand het ek en my pa
>> buite gaan sit sodat hy die sterre kon sien. In Sasolburg is die
>> besoedeling van so aard dat die sterre nie eers behoorlik waarneembaar
>> is nie!
>
> O, dis darem wonderlik om so na die sterre te kan kyk. Ekself kan ook
> vir ure op my rug lê en na die sterre staar. Die staat Montana hier
> in Amerika word ook "big sky country" genoem deels omdat die sterre
> daar ook so pragtig en duidelik is.
>
>> Nog n interessante feit rondom die dorp is dat die dorp deur n vrou
>> uitgelê en beplan is. Daar is nie n enkele stopstraat of robot in die
>> dorp gewees in die tyd wat ek daar gewoon het nie. Ek dink daar is
>> nou een stopstraat. Die dorp se uitleg maak dit moontlik dat daar net
>> toe-gee tekens is. Dit was ook altyd n baie skoon dorp en vir jare
>> het hulle een of ander prys gewen vir die skoonste dorp in die
>> Vrystaat. Dit het seker maar opgemaak vir die besoedeling. :-)
>
> Baie interessant!
>
>> n Volkspele laer is n groep mense wat van volkspele hou. (Danse -
>> volksdanse meer kenmerkend van Afrikaners).
>
> Ek het gewonder of dit dalk so iets was. Weet jy iets van die
> geskiedenis van volkspeledanse? En boeremusiek? Dit sterf seker ook
> heeltemal uit?
>
Re: Sasolburg se dae [boodskap #57302 is 'n antwoord op boodskap #57287] Di, 12 Februarie 2002 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kinky skryf in boodskap news:4bb80b32.0202111131.2759dc56@posting.google.com...
> "Kekkelbek" wrote in message
news:...
>> Hallo Kinky!
>>
>> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!
>
> KinkY: Hallo Kekkelbek! :-) Dink jy ons sou mekaar kon geken het?
> Ek was in die dae van ou Sam Pellisier as skoolhoof daar. En jy?

Ek dink ons sou wel van mekaar geweet het. Hier is die skool se webadres.
Laas toe ek gekyk het, was Sam Pellisier nog atief betrokke by
geldinsameling vir die skool.

http://www.sasolhigh.co.za/
Re: Tom Sharpe/Sasolburg [boodskap #57306 is 'n antwoord op boodskap #57294] Di, 12 Februarie 2002 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Feb 2002 21:59:41 -0500, Danielle
served the following to the group:

> En boeremusiek? Dit sterf seker ook
> heeltemal uit?

danksy `n nuwe band , beeskraal, is dit nou spring lewendig selfs
onder die jonger gesal. dis `n klomp ouens wat so `n tipe
rock/boeremusiek fusion geskep het. vanwee die feit dat ek `n
verraaier is het ek nog nooit van boeremusiek gehou nie maar selfs ek
tap die voet saam met beeskraal.

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Sasolburg se dae [boodskap #57315 is 'n antwoord op boodskap #57302] Di, 12 Februarie 2002 13:28 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kekkelbek" skryf in boodskap news:...
> Kinky wrote in message
> news:4bb80b32.0202111131.2759dc56@posting.google.com...
>> "Kekkelbek" wrote in message
> news:...
>>> Hallo Kinky!
>>>
>>> Watter lekker gevoel kry ek darem nou nie! Ek is ook 'n Sasolburger!
>>
>> KinkY: Hallo Kekkelbek! :-) Dink jy ons sou mekaar kon geken het?
>> Ek was in die dae van ou Sam Pellisier as skoolhoof daar. En jy?

Kekkelbek:
> Ek dink ons sou wel van mekaar geweet het. Hier is die skool se webadres.
> Laas toe ek gekyk het, was Sam Pellisier nog atief betrokke by
> geldinsameling vir die skool.
>
> http://www.sasolhigh.co.za/

KinkY: Dankie hoor! Ek sal later goed gaan kyk! (gelukkig het ons
nou skuilname, nê!) :-)
Vorige onderwerp: " Ek vra jou mos" deur DAVID KRAMER
Volgende onderwerp: " Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 18:24:09 MGT 2024