Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Godsdiens
Re: Godsdiens [boodskap #57193 is 'n antwoord op boodskap #57190] Sa, 09 Februarie 2002 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 9 Feb 2002 19:41:58 +0100, "Pijotr"
wrote:

> My tema van die bybel is ook anders... :-( beteken dit ek gaan ook brand?
>
> Ek het wil net eintlik graag weet wat is hierdie groot ding waarvan ons
> gered moet word?
>

Hier is 'n tema opgehaal waarop gereageer word deur mense met
verskillende opinies. Jou siek sarkasme kan jy in jou sak steek
en terug gaan na waar jy vandaan is voor jy sommer hier by die
deur ingestap het en jouself tuis gemaak het.
Re: Godsdiens [boodskap #57196 is 'n antwoord op boodskap #57191] Sa, 09 Februarie 2002 23:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> A Buddhist monk in Ceylon, who was acquainted with both Christianity and
> Buddhism, was once asked what he thought was the great difference between
> the two. He replied, "There is much that is good in each of them, and
> probably in all religions. But what seems to me to be the greatest
> difference is that you Christians know what is right and have power to do
> it, while we Buddhists know what is right but have not any such power.

If you want and are able to take care of yourself, that's
> Americanism. If you surrender all to Christ, and want God to take care of
> you, that is true Christianity.

Ag jaaaaaa, ou Tobie. Almal behalwe jy kan
sien dat hierdie stuk geskryf is deur 'n
Amerikanet wat die Christelike persuasie as
'n politieke wapen gebruik om al die ander
te veroordeel wat nie soos hy dink nie. Net
soos daardie sogenaamde "Christelike "
predikante wat op die kansel gestaan en almal
wat wou luister vertel het dat apartheid
goedgekeur word in die Bybel. En die sad ding
is dat hierdie soort in Amerika, wat so luid
staan en predik oor hoe net hulle die wysheid
en die goedheid in pag het, die eerste is om
soos Bakker of Swaggart met die broek om die
enkels of die hand in die geldpot gevang te
word. Waarom dink jy so baie swart Amerikaners
word Moslems. Omdat hulle sien wat om hulle
aangaan onder die wit Christene.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57198 is 'n antwoord op boodskap #57193] Sa, 09 Februarie 2002 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

"Pijotr" > wrote:
>
>> Ek het wil net eintlik graag weet wat is hierdie groot ding waarvan ons
>> gered moet word?

Davie Davis:
> Hier is 'n tema opgehaal waarop gereageer word deur mense met
> verskillende opinies. Jou siek sarkasme kan jy in jou sak steek
> en terug gaan na waar jy vandaan is voor jy sommer hier by die
> deur ingestap het en jouself tuis gemaak het.

Pijotr, jy vra 'n belangrike vraag en
verdien 'n antwoord. Dit is duidelik
dat Davie Davis bang is vir sulke soort
vrae, so hy probeer jou stilskreeu.
Die vraag wat jy vra gaan eintlik oor
een van die sentrale temas in alle
godsdienste ( en op 'n sekere manier is
dit ook die sentrale onderwerp van die
psigologie.) Die mens kyk na die lewe en
hy sien rondom hom vir die individu
lyding en ongelukkigheid en desperaatheid
en rigtingloosheid. En hy vra vir homself
af, hoekom is dit so, behoort dit so te
wees, en wat kan aan die saak verander word.
Verskillende mense gee hierop verskillende
antwoorde. In al die groot "godsdienste"
word hierdie toestand beskryf en 'n oplossing
aanbeveel. In die Christelike raamwerk word
daar geglo dat daar 'n paradys-toestand is
waarin die mens kon en nou nog kan lewe, maar
dat "sonde" en "lyding" in die wêreld gekom
het as gevolg van 'n "Val." En dat Christus
die weg uit hierdie val aandui.
Gautama Buddha het aangedui dat alle
lyding veroorsaak word deur "craving" (begeerte?)
en dat jy die lyding kan verwyder deur te leer
hoe om die craving te verwyder. Dit is dieselfde
as die Christelik boodskap wat verklaar dat die
saad eers in die grond moet val en doodgaan en
dan begin daar 'n heel nuwe lewe wat nie gesentreer
is om die ego nie. Om hierdie egogesentreerde
toestand te verlaat, is egter een van die moeilikste
dinge wat kan gebeur.
Ek hoop dit antwoord jou vraag.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57206 is 'n antwoord op boodskap #57196] So, 10 Februarie 2002 10:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
: Ag jaaaaaa, ou Tobie. Almal behalwe jy kan
: sien dat hierdie stuk geskryf is deur 'n
: Amerikanet wat die Christelike persuasie as
: 'n politieke wapen gebruik om al die ander
: te veroordeel wat nie soos hy dink nie.
~~~~~~~~~~~~~~

Ok, ......so dan is dit nie waar wat hulle sê nie Gloudina?
--
------------------------------------------------------------ -----
Why prefer yourself to anyone else when many are more learned,
more cultured than you?
-Thomas Kempis-
------------------------------------------------------------ -----
Re: Godsdiens [boodskap #57208 is 'n antwoord op boodskap #57206] So, 10 Februarie 2002 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 12:58:12 +0200, "Tobie" wrote:

> : Ag jaaaaaa, ou Tobie. Almal behalwe jy kan
> : sien dat hierdie stuk geskryf is deur 'n
> : Amerikanet wat die Christelike persuasie as
> : 'n politieke wapen gebruik om al die ander
> : te veroordeel wat nie soos hy dink nie.
> ~~~~~~~~~~~~~~
>
> Ok, ......so dan is dit nie waar wat hulle sê nie Gloudina?

Hallo Tobie, kom ek wys jou 'n paar interessante skrifte:

Jer 38:19
Ps. 1:1
Spr. 1:22 - 3:34 - 9:7 - 9:8 - 13:1 - 14:6 - 15:12 - 24:9 -
2 Petr: 3:3
Re: Godsdiens [boodskap #57209 is 'n antwoord op boodskap #56340] So, 10 Februarie 2002 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 12:47:54 +0100, "Pijotr"
wrote:

> hahahaha
> my tema is nog steeds nie dieselfde as joune nie...
> en nou is ek sarkasties....
>
> is dit nou omdat my tema nie met joune korrespondeer nie, of is dit omdat ek
> wil weet waarvan ons gered moet word...
>
>

Dit is omdat jy te lui is om te lees.
Re: Godsdiens [boodskap #57210 is 'n antwoord op boodskap #57193] So, 10 Februarie 2002 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotr  is tans af-lyn  Pijotr
Boodskappe: 17
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
hahahaha
my tema is nog steeds nie dieselfde as joune nie...
en nou is ek sarkasties....

is dit nou omdat my tema nie met joune korrespondeer nie, of is dit omdat ek
wil weet waarvan ons gered moet word...

"Davie Davis" skryf in boodskap news:sr0b6u48g8jq80ejvsv0rrveepff70j6jf@4ax.com...
> On Sat, 9 Feb 2002 19:41:58 +0100, "Pijotr"
> wrote:
>
>> My tema van die bybel is ook anders... :-( beteken dit ek gaan ook brand?
>>
>> Ek het wil net eintlik graag weet wat is hierdie groot ding waarvan ons
>> gered moet word?
>>
>
> Hier is 'n tema opgehaal waarop gereageer word deur mense met
> verskillende opinies. Jou siek sarkasme kan jy in jou sak steek
> en terug gaan na waar jy vandaan is voor jy sommer hier by die
> deur ingestap het en jouself tuis gemaak het.
>
Re: Godsdiens [boodskap #57214 is 'n antwoord op boodskap #57206] So, 10 Februarie 2002 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> : Ag jaaaaaa, ou Tobie. Almal behalwe jy kan
> : sien dat hierdie stuk geskryf is deur 'n
> : Amerikanet wat die Christelike persuasie as
> : 'n politieke wapen gebruik om al die ander
> : te veroordeel wat nie soos hy dink nie.
> ~~~~~~~~~~~~~~
>
> Ok, ......so dan is dit nie waar wat hulle sê nie Gloudina?
> --
> ------------------------------------------------------------ -----
> Why prefer yourself to anyone else when many are more learned,
> more cultured than you?
> -Thomas Kempis-

Ja, Tobie, die persoon (duidelik 'n Amerikaner)
lieg dat 'n Buddhis wat hy aanhaal vir hom gesê
het, hy praat strooi wanneer hy verklaar wat dit
beteken "om 'n Amerikaner te wees" en met sy
gepolitiekery met die Christelike godsdiens breek
hy heelwaarskynlik een van die rigsnoere van die
Christelike weg self. Kyk maar wat Thomas à Kempis
in die aanhaling onder aan jou brief sê. Jy moet
luister wanneer sulke mense praat. Wanneer mens
die ware Christelike heiliges lees, dan kom jy
baie na aan wat die Buddhiste ook nastreef. Wie
ore het om te hoor, luister.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57215 is 'n antwoord op boodskap #57208] So, 10 Februarie 2002 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Hallo Tobie, kom ek wys jou 'n paar interessante skrifte:
>
> Jer 38:19
> Ps. 1:1
> Spr. 1:22 - 3:34 - 9:7 - 9:8 - 13:1 - 14:6 - 15:12 - 24:9 -
> 2 Petr: 3:3

Ja, Davie, enige vers wat jy aanhaal,
konfirmeer maar net die saak teen die
"scorners" en die "scoffers" wat
op hulle agterentjies sit en skree
"Ons, ons alléén het die Waarheid in
pag." Blessed is the man that does not
sit in the seat of the scornful, om
Dawid aan te haal reg aan die begin van
die Psalms.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57224 is 'n antwoord op boodskap #57198] So, 10 Februarie 2002 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pijotr  is tans af-lyn  Pijotr
Boodskappe: 17
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina baie dankie vir jou antwoord.

Ek is besig om 'n baie interesante boek te lees geskryf deur 'n ene Karen
Armstrong - met die titel 'A History of God'. Baie interesant om te lees en
behandel die geskiedenis van jood, moslem en christen - sy noem selfs sekere
ontwikkelinge in Indie (hindoe en buddisme) wat ook invloed op die drie
gehad het; ek vind egter dat die skrywer se geloof tog soms in die teks
weerspieel word (sy is christen), en dat dit dus nie 'n totale subjektiewe
geskiedenis van die rol van god by die mens kan wees nie.

Lees dit as jy ooit tyd het!

skryf in boodskap news:3C65B244.5070009@rogers.com...
>
> Davie Davis wrote:
>
> "Pijotr" > wrote:
>>
>>> Ek het wil net eintlik graag weet wat is hierdie groot ding waarvan ons
>>> gered moet word?
>
>
> Davie Davis:
>> Hier is 'n tema opgehaal waarop gereageer word deur mense met
>> verskillende opinies. Jou siek sarkasme kan jy in jou sak steek
>> en terug gaan na waar jy vandaan is voor jy sommer hier by die
>> deur ingestap het en jouself tuis gemaak het.
>
>
>
> Pijotr, jy vra 'n belangrike vraag en
> verdien 'n antwoord. Dit is duidelik
> dat Davie Davis bang is vir sulke soort
> vrae, so hy probeer jou stilskreeu.
> Die vraag wat jy vra gaan eintlik oor
> een van die sentrale temas in alle
> godsdienste ( en op 'n sekere manier is
> dit ook die sentrale onderwerp van die
> psigologie.) Die mens kyk na die lewe en
> hy sien rondom hom vir die individu
> lyding en ongelukkigheid en desperaatheid
> en rigtingloosheid. En hy vra vir homself
> af, hoekom is dit so, behoort dit so te
> wees, en wat kan aan die saak verander word.
> Verskillende mense gee hierop verskillende
> antwoorde. In al die groot "godsdienste"
> word hierdie toestand beskryf en 'n oplossing
> aanbeveel. In die Christelike raamwerk word
> daar geglo dat daar 'n paradys-toestand is
> waarin die mens kon en nou nog kan lewe, maar
> dat "sonde" en "lyding" in die wêreld gekom
> het as gevolg van 'n "Val." En dat Christus
> die weg uit hierdie val aandui.
> Gautama Buddha het aangedui dat alle
> lyding veroorsaak word deur "craving" (begeerte?)
> en dat jy die lyding kan verwyder deur te leer
> hoe om die craving te verwyder. Dit is dieselfde
> as die Christelik boodskap wat verklaar dat die
> saad eers in die grond moet val en doodgaan en
> dan begin daar 'n heel nuwe lewe wat nie gesentreer
> is om die ego nie. Om hierdie egogesentreerde
> toestand te verlaat, is egter een van die moeilikste
> dinge wat kan gebeur.
> Ek hoop dit antwoord jou vraag.
>
> Gloudina
>
Re: Godsdiens - vir Pijotr [boodskap #57244 is 'n antwoord op boodskap #57224] So, 10 Februarie 2002 23:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 10 Feb 2002 17:42:09 +0100, "Pijotr"
wrote:

> gehad het; ek vind egter dat die skrywer se geloof tog soms in die teks
> weerspieel word (sy is christen), en dat dit dus nie 'n totale subjektiewe
> geskiedenis van die rol van god by die mens kan wees nie.

Pijotr, sal jy asseblief vir my 'n epos stuur na my adres soos hier
verskyn?
Terloops, jy kan gerus haar ander boeke ook lees. Baie interessante
stof tot nadenke, maar ek dink dat sy vereenvoudig dinge soms net te
veel - seker maar om die boeke verkoop te kry - nogsteeds, ek geniet
haar werk.
Ek weet nie of jy in Amerika tans is nie, maar A&E het 'n dokumentêr
wat juis gebasseer is op Karen Armstrong se "History of God". Dit is
dalk iets wat jy ook sou geniet om te kyk. Bram Roos (die filmmaker)
het ook ander bybelse teoloë en wyse manne en vroue en ander bekendes
se opinies gewys. Kyk gerus uit daarvoor. Ek verbeel my dat hulle
dit vroeg verlede jaar ook weer uitgesaai het, maar dit word mos
herhaal. Andersins weet ek kan mens die video bestel by hulle.
Re: Godsdiens [boodskap #57261 is 'n antwoord op boodskap #57145] Ma, 11 Februarie 2002 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja ou Anti Gloutina.

Paar punte:

W

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> O nou praat jy vir die Moslem ook? So dit is nou die Christene, Moslems
>> en Boediste wat by jou denkwyse moet inval, en reg begin "dink"?
>
> Steeds vra ek jou om te bewys
>> waar in die Bybel dit sê dat ander gelowe ook gered gaan word -
>> duidelik is die deurlopende lyn in die NT in die Bybel dat die geloof in
>> Christus dit is wat nodig is om gered te word.
>
> maar die grondslag van die Chrtistelike geloof sê
>> dat jy verkeerd is - jammer hoor. En maak nie saak hoeveel Mantras jy
>> aanhaal nie - dit verander geen jotta of titel daaraan nie.
>
> Vireers, ou Lou, dis "jota en tittel" en
> nie "jotta en titel" soos jy dit skryf nie.
> Ek weet die "jota" kom van die Grieke
> se woord wat "iota" in Engels word. Ek
> weet nie waar die "tittel" vandaan kom nie.

> Ek verkies, ou Lou, om te glo dat die
> Christelike Bybel vir my in wese dieselfde
> probeer leer as wat die Buddhiste se sutras
> en die Koran dit vir my probeer leer - dat
> as mens met sy hart die allerhoogste en
> allerdiepste krag wil put, dan moet jy
> sekere praktiese dinge doen - jy moet
> beoefen waaraan jy glo.

Wat jy verkies om te glo is jou reg maar as nie-Christen is dit nogal
voor op die wa vir jou om my as Christen te vertel wat ek moet glo of
dan soos ek voorheen gesê het aanmatigende en arrogant.

Jy gebruik die woord 'ketter' to vervelens toe - weet jy ooit wat dit
beteken? Het jy al ooit gedink dat die beskuldiging van ketterisme nie
relevant tussen gelowe is nie? Nie? Dink dan daaroor.

> Jy moet nie net sit
> en praat oor die Christelike boodskap nie -
> jy moet dit beoefen. Jy moet in die Christelike
> konteks "boekevat" en "op jou knieë gaan" en
> jy moet onwrikbaar glo in die LIEFDE (of soos
> die Buddhis dit sê: boddhicitta.)
> Dan, ou Lou, kan jy maar 'n visser van
> mense word. Maar dit sal meer jou voorbeeld
> wees as jou woorde wat tel. Dis daarom dat
> Frikkie kan praat tot hy blou in die gesig is
> oor hoe hy en mense wat "bloos" alleen gered
> is, omdat dit glo so in die Bybel staan. Tot
> tyd en wyl Frikkie nie bereid is om almal,
> mense wat bloos en mense wat nie bloos nie,
> se voete te was nie, sal Frikkie sit en braai
> in een van die helle wat die Buddhiste beskryf,
> en waaruit mens alleen gered kan word deur die
> krag van Kompassie ( Avalokiteshvara wat in elk
> van die "realms" kan afdaal en jou red van die
> mag van die psigologiese giftige omgewing wat
> in daardie "realm" heers.) Dit is wat ek glo
> dat die Christelike bybel ook van praat. Dat
> Kompassie kan "red." Dit is wat jy moet "glo"
> al is jy nie aldag perfek in die beoefening
> daarvan nie. Solank jy glo aan wat Christus
> oor die Liefde sê, is jy "gered."

Weereens - jy as nie-Christen vertel my hoe om my godsdiens te beoefen -
weereens jou gewonne arrogansie! Selfde sou wees vir my om vir jou te
vertel hoe jy jou geloof - wat ook al dit is - te beoefen. Daarenteen
het ek tog al gesê dat die geloof in die reddende genade van Christus
al is wat nodig is - ek hoef nie spesiale klere te dra, sekere dinge
godsdienstige ritule uit te voer nie. Ek hoef slegs te glo.

Steeds het jy egter GEEN bewys van jou beweringe dat die Bybel dat ek as
Christen verkeerd is as ek glo dat slegs Christene gered sal word nie.
Dus sal ek maar aanneem jy het jou misgis en het geen gronde vir jou
beweringe nie.
Re: Godsdiens [boodskap #57262 is 'n antwoord op boodskap #57045] Ma, 11 Februarie 2002 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>
> Wat gaan aan?
> Wanneer het die dinamiek van hierdie groep verander?
> Hoekom word niemand meer behoorlik geskel, gevloek, vervloek, sleggesê en
> name gegee net omdat iemand anders van hul standpunt verskil nie?
>
> Mens kan amper sê ons word nou menslik hier:)))
> Of oud:))))
> Annette

Ek probeer Anette maar die spul bokkers willie bytie.
Re: Godsdiens [boodskap #57270 is 'n antwoord op boodskap #57262] Ma, 11 Februarie 2002 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lou wrote:
>
> Annette wrote:
>>
>> Wat gaan aan?
>> Wanneer het die dinamiek van hierdie groep verander?
>> Hoekom word niemand meer behoorlik geskel, gevloek, vervloek, sleggesê en
>> name gegee net omdat iemand anders van hul standpunt verskil nie?
>>
>> Mens kan amper sê ons word nou menslik hier:)))
>> Of oud:))))
>> Annette
>
> Ek probeer Anette maar die spul bokkers willie bytie.

Daarby kan ek okkie spellie ... gou bietjie oefen

Annette Annette Annette Annette Annette Annette Annette Annette Annette
Annette Annette Annette Annette Annette Annette Annette Annette Annette
Annette Annette!

Miskien sal ek nou die spelling onthou.
Re: Godsdiens [boodskap #57272 is 'n antwoord op boodskap #57066] Ma, 11 Februarie 2002 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Ék glo dus dat die Skepper, God noem hom wat
>> jy wil, iewers is en dat hy soos iemand met 'n antfarm net dinge hier en
>> daar nudge - in 'n rigting stuur - om ons op 'n soort van balans te hou.
>
> O, nou is God maar net daar dié kant
> "iewers" en gee vir vir "ons" maar
> net hier en daar 'n nudge? Wat het
> geword van die verklaring in die
> Nuwe Testament wat sê "Ek is die
> wynstok en julle is die lote."
> Jy is heeltemal ketters. Jy verhef
> "die mens" as 'n god wat amper net
> soveel mag het en apart bestaan as
> wat jou "God" het. Nee wat, ou Lou,
> wanneer jy die periodieke tafel so
> aanskou, dan is dit net nog 'n bewys dat
> jy en God (in die Christelike referensie-
> sisteem), één is.
>

Ag ou Anti dommie

Weereens snip jy uit konteks.

Weereens haal jy die Bybel aan uit konteks.

Weereens gebruik jy die woord ketter uit konteks.

Weereens verwring jy my woorde.

Wat probeer jy eitlik sê? Lees weer jou pos - verduidelik tog vir my in
leke taal want duidelik is jy in een of ander sfeer waar my menslike
verstand nie opereer nie? Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?
Ek het terug gegaan en my pos gelees en sien niks daarvan nie!!

Cheers
ou Lou
Re: Godsdiens [boodskap #57278 is 'n antwoord op boodskap #57272] Ma, 11 Februarie 2002 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?
> Ek het terug gegaan en my pos gelees en sien niks daarvan nie!!

Nee, natuurlik sal jy daar niks van sien
nie. Jy is so besig om te pontifikeer oor
jou eie opinies oor wat God is en wie gered
word en nie gered word nie, dat jy nie sien
dat jy teologies nie eers in die Christelike
opset die "waarheid" praat nie. Jy en ketters
soos jy praat of julle hier eenkant en God
daar diékant is. Maar gaan lees maar jou
Christelike teoloë van aansien, en jy sal sien
dat jy verkeerd is.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57303 is 'n antwoord op boodskap #57278] Di, 12 Februarie 2002 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Seg sy wat die een is wat weet, maar die vraag bly steeds: Is JY gered
Gloudina?

Thys wat nog steeds will weet oppie Bos...
skryf in boodskap news:3C67F1CF.2060202@rogers.com...
>
> Lou wrote:
>
>
> Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?
>> Ek het terug gegaan en my pos gelees en sien niks daarvan nie!!
>
>
> Nee, natuurlik sal jy daar niks van sien
> nie. Jy is so besig om te pontifikeer oor
> jou eie opinies oor wat God is en wie gered
> word en nie gered word nie, dat jy nie sien
> dat jy teologies nie eers in die Christelike
> opset die "waarheid" praat nie. Jy en ketters
> soos jy praat of julle hier eenkant en God
> daar diékant is. Maar gaan lees maar jou
> Christelike teoloë van aansien, en jy sal sien
> dat jy verkeerd is.
>
> Gloudina
>
Re: Godsdiens [boodskap #57312 is 'n antwoord op boodskap #57278] Di, 12 Februarie 2002 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Weereens waka waka waka .... .

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?
>> Ek het terug gegaan en my pos gelees en sien niks daarvan nie!!
>
> Nee, natuurlik sal jy daar niks van sien
> nie. Jy is so besig om te pontifikeer oor
> jou eie opinies oor wat God is en wie gered
> word en nie gered word nie, dat jy nie sien
> dat jy teologies nie eers in die Christelike
> opset die "waarheid" praat nie. \

Ek kry die gevoel van deja vue - Weereens jou arrogansie is verstommend
- jy is reg maar jy kan geen bewyse uit die Bybel bring waarvolegns ek
verkeerd sou redeneer nie. Maar soos gewoonlik - jy haal 'n gesnippde
punt aan en dan vergeet jy wat jy eintlik wou gesê het. Ek herhaal dus
die vraag: " Waar verhef ek die mens tot 'n goddelike vlak?" Soos
gewoonlik sal jy geen antwoord he nie neem ek aan. Die debat met jou
raak nou rerig vervelig - want duidelik wil jy twee gode dien - en jy
weet net so goed oos ek dit is nie moontlik nie.

> Jy en ketters
> soos jy praat of julle hier eenkant en God
> daar diékant is. Maar gaan lees maar jou
> Christelike teoloë van aansien, en jy sal sien
> dat jy verkeerd is.
>

En vind tog uit wat die woord ketter beteken. Dan kan ons redeneer of jy
enige punt het waarop jy kan staan.

Aangaande jou teoloë - hulle is 'nie-ketters' :) as hulle jou standpunt
ondersteun ne? Maar andersins is hulle ou wit omies? :)

Iets waaruit ek baie inspirasie put -
- Johannes 14:6 en 7.

6. Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
7. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken
julle
Hom en sien julle Hom."

En terwyl ek besig is - vroeer in die thread het jy verwys na die
wingerdstok en die lote - en het jy dit heeltemal buite konteks
aangehaal - hier is die konteks waarin jy dit moes lees -

Johannes 15
1. "Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.
2. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat
vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
3. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê
het.
4. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie
vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie
as
julle nie in My bly nie.
5. "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom,
dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

____________________________________________________________ ____________
Re: Godsdiens [boodskap #57317 is 'n antwoord op boodskap #57303] Di, 12 Februarie 2002 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Seg sy wat die een is wat weet, maar die vraag bly steeds: Is JY gered
> Gloudina?
>
> Thys wat nog steeds will weet oppie Bos...

So, Thys, nou begin jy met die proses
wat een van die slegte karaktertrekke
van sekere "Christene" is - julle wil
nie net binne julle eie siele kyk en
loof en juig vir wat julle daar sien
nie, maar julle móét nou skielik ook
in ander se siele inkrap om te sien of
hulle "gered" is volgens julle "resep."
Sien, ek speel nie meer met daardie
speletjie saam nie. Die toestand van
my "siel" is nie oop vir inspeksie
nie.
Wat ek egter met oortuiging vir jou
kan sê is dat ek meer intens geestelik
is as ooit (en ek was nou jou tipiese
CSV lid en uiteindelik ook leier.) Ek
bring nou meer tyd deur in die meditasie
van ewige dinge. In die proses word die
siel "gered." En ja, wanneer ek in die
Christelike raamwerk beweeg, glo ek dat
Christus vir "my sonde" gesterf het,en
dat ek gered word deur sy leer van die
liefde. Maar soos die Buddhis weet ek dat
ek elke dag moet werk, hard moet werk om
my hart en spraak en verstand verlig te
hou en nie net te praat oor hierdie dinge
nie. Die paadjie na "redding" is baie
nou en baie moeilik en nie vir sissies nie.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57335 is 'n antwoord op boodskap #57312] Di, 12 Februarie 2002 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

- Johannes 14:6 en 7.
>
> 6. Jesus het vir hom gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
> Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
> 7. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken
> julle
> Hom en sien julle Hom."
>
> En terwyl ek besig is - vroeer in die thread het jy verwys na die
> wingerdstok en die lote - en het jy dit heeltemal buite konteks
> aangehaal - hier is die konteks waarin jy dit moes lees -
>
> Johannes 15
> 1. "Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.
> 2. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat
> vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
> 3. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê
> het.
> 4. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie
> vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie
> as
> julle nie in My bly nie.
> 5. "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom,
> dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Lou, hierdie uitspraak van die historiese
Christus moet in 'n teologiese konteks gesien
word. Christus verwys na die godsgedaante wat
volledig in hom is en wat ook bereik kan word
deur enigiemand wat "glo" dat net soos Christus
deel van die "vader" is, hy ook deel van die
"Vader" kan word. Hierdie woorde wat jy hier
bo aanhaal uit die Bybel is nie baie moeilik
vir Buddhiste om te "verstaan" nie, want hulle
glo dat ons almal "buddha" kan word. Wanneer
mense egter hierdie woorde uit die Bybel
in 'n materialistiese en wetenskaplike manier
probeer verstaan, dan struikel hulle daaroor
en verwerp dit, soos iemand op hierdie nuusgroep
gedoen het. Hulle gooi dan eintlik die baba uit
met die badwater.
Daar is niks verkeerd met jou interpretasie van
die bostaande Bybelverse nie. Waar ek dink jy
wel verkeerd is, is om daaruit 'n sweep te
fabriseer wat elkeen wil piets wat nie "glo
soos jy glo" nie, en wat jou eie materialistiese
interpretasies op iets wil afdwing wat nie
materialisties verklaar kan word nie. Daar is
nie 'n God daar diekant en jy hier eenkant nie.
God is in jou. Hoe om hom te vind, that is the
question.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57355 is 'n antwoord op boodskap #57335] Wo, 13 Februarie 2002 08:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ok - die thread het lank genoeg aangehou en ons is soos twwe brommers
om 'n miskoek - my laaste antwoord hierop tensy jy enige bewys van jou
oortuigings dat die Bybel sou sê dat enigiemand gered kan word kan
produseer.

Die Christen glo dat hy deur die geloof in die reddende genade van
Christus van die sonde gered word en so die ewige lewe kan be-erwe. Per
die definiese word mense wat dus nie dieslefde glo nie uitgesluit.

Die Moslem het duidelik ook 'n uitsluitende geloof - dus net die wat die
regte geloof het word gered.

Gloudina se geloof - wie weet, maar 'n verkleurmannetjie op 'n pakkie
smarties is die eerste ding waaraan ek dink.

Cheers
Lou

"@rogers.com" wrote:
>

> Daar is niks verkeerd met jou interpretasie van
> die bostaande Bybelverse nie. Waar ek dink jy
> wel verkeerd is, is om daaruit 'n sweep te
> fabriseer wat elkeen wil piets wat nie "glo
> soos jy glo" nie, en wat jou eie materialistiese
> interpretasies op iets wil afdwing wat nie
> materialisties verklaar kan word nie. Daar is
> nie 'n God daar diekant en jy hier eenkant nie.
> God is in jou. Hoe om hom te vind, that is the
> question.
>
> Gloudina
>
Re: Godsdiens [boodskap #57374 is 'n antwoord op boodskap #57355] Wo, 13 Februarie 2002 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Die Christen glo dat hy deur die geloof in die reddende genade van
> Christus van die sonde gered word en so die ewige lewe kan be-erwe. Per
> die definiese word mense wat dus nie dieslefde glo nie uitgesluit.

Nou kom vertel nou vir my watter mense
word uitgesluit van die reddende genade
van Christus?

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57383 is 'n antwoord op boodskap #57374] Wo, 13 Februarie 2002 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan jy nie lees nie?

Kyk weer na dit wat jy onder aanhaal. Veral die per definisie gedeelte.

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Die Christen glo dat hy deur die geloof in die reddende genade van
>> Christus van die sonde gered word en so die ewige lewe kan be-erwe. Per
>> die definiese word mense wat dus nie dieslefde glo nie uitgesluit.
>
> Nou kom vertel nou vir my watter mense
> word uitgesluit van die reddende genade
> van Christus?
>
> Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57392 is 'n antwoord op boodskap #57383] Wo, 13 Februarie 2002 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Kyk weer na dit wat jy onder aanhaal. Veral die per definisie gedeelte.

>>> Die Christen glo dat hy deur die geloof in die reddende genade van
>>> Christus van die sonde gered word en so die ewige lewe kan be-erwe. Per
>>> die definiese word mense wat dus nie dieslefde glo nie uitgesluit.
>
>> Nou kom vertel nou vir my watter mense
>> word uitgesluit van die reddende genade
>> van Christus?

En ek vra jou weer, liewe Lou, watter
mense word uitgesluit deur die reddende
genade van Christus?

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57397 is 'n antwoord op boodskap #57392] Wo, 13 Februarie 2002 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2002 15:00:03 GMT, "@rogers.com" wrote:

> En ek vra jou weer, liewe Lou, watter
> mense word uitgesluit deur die reddende
> genade van Christus?
>
> Gloudina
>
Ek het meer as een keer die (vroue) klerke
wat saam met my werk beskuldig dat hulle te
lui is om te lees, Gloudina.
Re: Godsdiens [boodskap #57421 is 'n antwoord op boodskap #57397] Wo, 13 Februarie 2002 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis"

>>> En ek vra jou weer, liewe Lou, watter
>> mense word uitgesluit deur die reddende
>> genade van Christus?
>> Gloudina
>>
> Ek het meer as een keer die (vroue) klerke
> wat saam met my werk beskuldig dat hulle te
> lui is om te lees, Gloudina.

En als ze niet kunnen lezen wat dan?

grt emmy
Re: Godsdiens [boodskap #57422 is 'n antwoord op boodskap #57421] Wo, 13 Februarie 2002 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Emmy. hoe kan iemand aangestel word as 'n klerk as die persoon nie kan lees
nie?
Of doen hulle sulke snaakse goed in Holland?:))))
Annette

emmy skryf in boodskap news:a4ej8u$1uhj$1@scavenger.euro.net...
>
> "Davie Davis"
>
>>>> En ek vra jou weer, liewe Lou, watter
>>> mense word uitgesluit deur die reddende
>>> genade van Christus?
>>> Gloudina
>>>
>> Ek het meer as een keer die (vroue) klerke
>> wat saam met my werk beskuldig dat hulle te
>> lui is om te lees, Gloudina.
>
> En als ze niet kunnen lezen wat dan?
>
> grt emmy
>
Re: Godsdiens [boodskap #57423 is 'n antwoord op boodskap #57422] Wo, 13 Februarie 2002 21:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:a4ek4u$1dvctr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Emmy. hoe kan iemand aangestel word as 'n klerk as die persoon nie kan lees
> nie?
> Of doen hulle sulke snaakse goed in Holland?:))))
> Annette

ha ha ik weet wel dat Klerke kunnen lezen maar als iemand niet
de bijbel kan lezen wat dan?

grt emmy
Re: Godsdiens [boodskap #57424 is 'n antwoord op boodskap #57423] Wo, 13 Februarie 2002 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ooooo - dit is 'n heeltemal ander storie - want Emmy, soos jy weet, lees
elkeen mos die Bybel soos dit hom/haar pas - en dit het absoluut niks met
verstaan iets te doen nie:))
Annette

emmy skryf in boodskap news:a4ekoi$26sr$1@scavenger.euro.net...
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:a4ek4u$1dvctr$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Emmy. hoe kan iemand aangestel word as 'n klerk as die persoon nie kan
> lees
>> nie?
>> Of doen hulle sulke snaakse goed in Holland?:))))
>> Annette
>
> ha ha ik weet wel dat Klerke kunnen lezen maar als iemand niet
> de bijbel kan lezen wat dan?
>
> grt emmy
>
Re: Godsdiens [boodskap #57425 is 'n antwoord op boodskap #57424] Wo, 13 Februarie 2002 21:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Feb 2002 23:26:37 +0200, "Annette" wrote:

> Ooooo - dit is 'n heeltemal ander storie - want Emmy, soos jy weet, lees
> elkeen mos die Bybel soos dit hom/haar pas - en dit het absoluut niks met
> verstaan iets te doen nie:))
> Annette
>

Emmy, jy moet nie te lui wees om te lees nie.
Lou het presies in woorde vir Gloudina uitgespel
wat sy weer twee keer daarna gevra het.
Die vrou wil hê dat Lou haar met 'n lepeljie
moet voer.
Re: Godsdiens [boodskap #57435 is 'n antwoord op boodskap #57397] Wo, 13 Februarie 2002 23:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

>> En ek vra jou weer, liewe Lou, watter
>> mense word uitgesluit deur die reddende
>> genade van Christus?

>> Gloudina


> Ek het meer as een keer die (vroue) klerke
> wat saam met my werk beskuldig dat hulle te
> lui is om te lees, Gloudina.

Ag, Du Plessis, hou jou nou maar
uit hierdie gesprek uit, want jy
kan blykbaar nie subtiliteite snap
nie. Ek gaan vir hom oor en oor en
oor dieselfde vraag vra. Want dit is
die crux van die Christelike boodskap.
Uiteindelik sal hy moet sy Christelike
teologie bestudeer, en nie sommer so
wild sy godsdienstige apartheid-kettery
in die kuberwêreld instuur nie.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57440 is 'n antwoord op boodskap #57374] Do, 14 Februarie 2002 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die wat nie met hul mond bely dat Hy Redder en Saligmaker is nie...

Thys wat dit weet op die Bos
skryf in boodskap news:3C6A5C35.2010701@rogers.com...
>
> Lou wrote:
>
>> Die Christen glo dat hy deur die geloof in die reddende genade van
>> Christus van die sonde gered word en so die ewige lewe kan be-erwe. Per
>> die definiese word mense wat dus nie dieslefde glo nie uitgesluit.
>
>
> Nou kom vertel nou vir my watter mense
> word uitgesluit van die reddende genade
> van Christus?
>
> Gloudina
>
Re: Godsdiens [boodskap #57460 is 'n antwoord op boodskap #57440] Do, 14 Februarie 2002 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Thys de Wet wrote:

> Thys wat dit weet op die Bos

>> Nou kom vertel nou vir my watter mense
>> word uitgesluit van die reddende genade
>> van Christus?

>> Gloudina

Nou dan vra ek die vraag aan jou, Thys.
Watter mense word UITGESLUIT van die
reddende genade van Christus? Word 'n
persoon in die woestyne van westelike
Sjina wat nog nooit van Christus gehoor
het nie, en nooit van Christus sal hoor
nie, uitgesluit van die reddende genade
van Christus? Word die stokdowe persoon
in die bosse van Afrika wat nooit gaan
hoor van die woorde van die historiese
Christus nie, uitgesluit word van die
reddende genade van Christus? Volgens
Lou moet hulle baie spesifiek "glo"
soos hy glo, anders is hulle uitgesluit
van die reddende genade van Christus. Stem
jy saam met Lou, Thys?

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57468 is 'n antwoord op boodskap #57460] Do, 14 Februarie 2002 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 14:33:01 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Nou dan vra ek die vraag aan jou, Thys.
> Watter mense word UITGESLUIT van die
> reddende genade van Christus? Word 'n
> persoon in die woestyne van westelike
> Sjina wat nog nooit van Christus gehoor
> het nie, en nooit van Christus sal hoor
> nie, uitgesluit van die reddende genade
> van Christus? Word die stokdowe persoon
> in die bosse van Afrika wat nooit gaan
> hoor van die woorde van die historiese
> Christus nie, uitgesluit word van die
> reddende genade van Christus?
>
> Gloudina

Nee Rykheer, en ek glo dat Thys my sal toelaat
om jou dom vraag te beantwoord:
Jy sal geoordeel word volgens die kennis wat jy het
want ons het 'n Genadige God.
Dit beteken natuurlik dat die mense wat nooit van
Hom gehoor het nie anders geoordeel sal word as
een wat die kennis het en tog Sy evangelie veruuil
het vir 'n valse lering.
Re: Godsdiens [boodskap #57487 is 'n antwoord op boodskap #57468] Do, 14 Februarie 2002 19:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> Jy sal geoordeel word volgens die kennis wat jy het
> want ons het 'n Genadige God.
> Dit beteken natuurlik dat die mense wat nooit van
> Hom gehoor het nie anders geoordeel sal word as
> een wat die kennis het en tog Sy evangelie veruuil
> het vir 'n valse lering.

Volgens deze ziening is de Redder dus vergeefs aan het kruis gestorven. Al
die generaties voor hem hadden geen kennis van Zijn evangelie en bleven dus
ook na Zijn opoffering gedoemd :(

Arthur
Re: Godsdiens [boodskap #57488 is 'n antwoord op boodskap #57487] Do, 14 Februarie 2002 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 20:47:18 +0100, "Arthur Hagen"
wrote:

> "Davie Davis" schreef...
>> Jy sal geoordeel word volgens die kennis wat jy het
>> want ons het 'n Genadige God.
>> Dit beteken natuurlik dat die mense wat nooit van
>> Hom gehoor het nie anders geoordeel sal word as
>> een wat die kennis het en tog Sy evangelie veruuil
>> het vir 'n valse lering.
>
> Volgens deze ziening is de Redder dus vergeefs aan het kruis gestorven. Al
> die generaties voor hem hadden geen kennis van Zijn evangelie en bleven dus
> ook na Zijn opoffering gedoemd :(
>
> Arthur
>

Volgenz deze ziening be je verkeert Arthur.
Die skrif sê dat Jesus in die graf was na sy kruisiging wat ook deur
sommige vertalers as in die 'hel' vertolk word. Ek sien dit as volg:
Na Sy dood het Hy na die wat voor hom dood is gegaan en gesê dat Hy
die Redder is waarvan geprofeteer is. Van wie hulle gelees het.
Indien hulle Hom aaneem as Die Redder gaan hulle saam met hom oor na
die Lewe. Iets het Hy in drie dae gedoen en ek glo dat dit is waarmee
Hy besig was.
Die siening van my ondersteun natuurlik die feit dat Hy met dié
gekommunikeer het wat gereed gesterf het.
Re: Godsdiens [boodskap #57495 is 'n antwoord op boodskap #57468] Do, 14 Februarie 2002 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Jy sal geoordeel word volgens die kennis wat jy het
> want ons het 'n Genadige God.
> Dit beteken natuurlik dat die mense wat nooit van
> Hom gehoor het nie anders geoordeel sal word as
> een wat die kennis het en tog Sy evangelie veruuil
> het vir 'n valse lering.

So laasgenoemde sluit nou daardie mense
in wat sê hulle is Christene maar die
evangelie van die liefde verruil het vir
'n valse lering, soos so baie van daardie
predikante wat op die kansel gestaan het
en verduidelik het hoe apartheid volgens
die Bybel is?
En volgens jou verklaring sluit dit
Buddhiste IN wat nooit gehoor het van die
woorde van die historiese Christus nie, maar
wat lewe volgens Sy direksies?
Ons kom nou al nader aan die waarheid, nè
ou Du Plessis. Sommige mense wat nie
"christene" is nie, is onder die skape
van Sy leiding, en nie alle "Christene"
wat Here, Here sê is skape in sy trop nie.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #57496 is 'n antwoord op boodskap #57495] Do, 14 Februarie 2002 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 20:22:29 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Davie Davis wrote:
>
> Ons kom nou al nader aan die waarheid, nè
> ou Du Plessis. Sommige mense wat nie
> "christene" is nie, is onder die skape
> van Sy leiding, en nie alle "Christene"
> wat Here, Here sê is skape in sy trop nie.
>
> Gloudina
>
>

Een van die verskriklik min plekke wat ek jou nie weerspreek nie.
Enig een wat met hierdie stelling van jou sou verskil, glo nie in 'n
regverdige God nie. Hiervolgens kwalifiseer ek my stelling dat jy
geoordeel sal word in verhouding met die kennis wat jy het.
Om die Christelike geloof aan te hang en om werdergebore te wees
is nie noodwendig een nie.
Re: Godsdiens [boodskap #57498 is 'n antwoord op boodskap #57488] Do, 14 Februarie 2002 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> "Arthur Hagen" wrote:
>
>> "Davie Davis" schreef...
>>> Jy sal geoordeel word volgens die kennis wat jy het
>>> want ons het 'n Genadige God.
>>> Dit beteken natuurlik dat die mense wat nooit van
>>> Hom gehoor het nie anders geoordeel sal word as
>>> een wat die kennis het en tog Sy evangelie veruuil
>>> het vir 'n valse lering.
>>
>> Volgens deze ziening is de Redder dus vergeefs aan het kruis gestorven. Al
>> die generaties voor hem hadden geen kennis van Zijn evangelie en bleven dus
>> ook na Zijn opoffering gedoemd :(
>
> Volgenz deze ziening be je verkeert Arthur.
> Die skrif sê dat Jesus in die graf was na sy kruisiging wat ook deur
> sommige vertalers as in die 'hel' vertolk word. Ek sien dit as volg:
> Na Sy dood het Hy na die wat voor hom dood is gegaan en gesê dat Hy
> die Redder is waarvan geprofeteer is. Van wie hulle gelees het.
> Indien hulle Hom aaneem as Die Redder gaan hulle saam met hom oor na
> die Lewe. Iets het Hy in drie dae gedoen en ek glo dat dit is waarmee
> Hy besig was.
> Die siening van my ondersteun natuurlik die feit dat Hy met dié
> gekommunikeer het wat gereed gesterf het.

Betekent dit dat iedereen die vòòr AD 34 gestorven is de kans op redding
heeft gekregen, terwijl van de mensen die nadien gestorven zijn alleen dié
mensen die toevallig van Zijn evangelie gehoord hebben? Klinkt nogal
oneerlijk. En hoe moet ik er nu achter komen welke der Christelijke sekten
de wijsheid in pacht heeft? De hemel kan wel eens een heel lege plek blijken
:(

Groeten,
Arthur
Re: Godsdiens [boodskap #57500 is 'n antwoord op boodskap #57498] Do, 14 Februarie 2002 20:54 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Feb 2002 21:35:01 +0100, "Arthur Hagen"
wrote:

My antwoord aan die tannie is ook my antwoord hierop Arthur.
Ek het voorheen gesê dat ek nie probeer voorgee dat ek alle wysheid
is pag het nie, maar ek het die dinge as belangrik genoeg beskou
(aller belangrik natuurlik) om die bybel te bestudeer en tot 'n
gevolgtrekking kom oor wat God se plan met die mens is.

>
> Betekent dit dat iedereen die vòòr AD 34 gestorven is de kans op redding
> heeft gekregen, terwijl van de mensen die nadien gestorven zijn alleen diè
> mensen die toevallig van Zijn evangelie gehoord hebben? Klinkt nogal
> oneerlijk. En hoe moet ik er nu achter komen welke der Christelijke sekten
> de wijsheid in pacht heeft? De hemel kan wel eens een heel lege plek blijken
> :(
>
> Groeten,
> Arthur
>
Vorige onderwerp: Die Bybel in 'n neutedop
Volgende onderwerp: Bybel op die internet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:03:00 MGT 2024