Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Godsdiens
Godsdiens [boodskap #56340] Di, 29 Januarie 2002 09:08 na volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
dit kom. 'Skuus by voorbaat aan die "slegs kultuur" ouens(en dames).

1. Hoekom moet daar 'n god wees.
2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.

Ek het na dekades se gerondkrap nog nie een enkele greintjie van 'n gedagte
van werklike onomstaatbare bewyse gesien of van gehoor nie. Al wat ek kry
is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
ewigheid. Grote Griet, ja hoor.
Re: Godsdiens [boodskap #56356 is 'n antwoord op boodskap #56340] Di, 29 Januarie 2002 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
So, Sakkie - dit gaan goed met jou ?

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c5667ad$0$234@hades.is.co.za...
> Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
> op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
> dit kom. 'Skuus by voorbaat aan die "slegs kultuur" ouens(en dames).
>
> 1. Hoekom moet daar 'n god wees.
> 2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
> 3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.
>
> Ek het na dekades se gerondkrap nog nie een enkele greintjie van 'n gedagte
> van werklike onomstaatbare bewyse gesien of van gehoor nie. Al wat ek kry
> is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
> ewigheid. Grote Griet, ja hoor.
>
Re: Godsdiens [boodskap #56363 is 'n antwoord op boodskap #56356] Di, 29 Januarie 2002 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" schreef in bericht news:a36bq6$oeu$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> So, Sakkie - dit gaan goed met jou ?
> "Sakkie" wrote in message
> news:3c5667ad$0$234@hades.is.co.za...
>> Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
>> op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
>> dit kom. 'Skuus by voorbaat aan die "slegs kultuur" ouens(en dames).
>>
>> 1. Hoekom moet daar 'n god wees.
>> 2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
>> 3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.
>>
>> Ek het na dekades se gerondkrap nog nie een enkele greintjie van 'n gedagte
>> van werklike onomstaatbare bewyse gesien of van gehoor nie. Al wat ek kry
>> is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
>> ewigheid. Grote Griet, ja hoor.

Met my gaan dit goed, maar ek stem saam met Sakkie. Hoekom moet 'n mens GLO
? As jy maklik glo is dit g'n probleem nie, maar as jy eerder bewyse wil
sien voor jy iets aanvaar, dan het jy 'n probleem :-).
Gr.
Hilda.
Re: Godsdiens [boodskap #56364 is 'n antwoord op boodskap #56340] Di, 29 Januarie 2002 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> 1. Hoekom moet daar 'n god wees.
> 2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
> 3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.
> Al wat ek kry
> is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
> ewigheid. Grote Griet, ja hoor.

Sakkie, as iemand vir jou vertel om blindelings
te "glo" aan "God" anders "verbrand" jy in 'n
"hel," dan is 'n groot gedeelte van die situasie
nie net hulle skuld nie, maar ook jou skuld.
Deur die denkpatroon wat jy vir jouself skep,
probeer jy jouself te verontskuldig en wil jy
alle "godsdienste" (veral dié wat van "God"
praat) as onsin beskou. Daarvandaan jou
amper arrogante "Grote Griet, ja hoor" aan
die einde van jou skrywery. Dis daardie tipe
praat wat net so sielsdodend en ondergrawend
is vir die geestelike lewe as dié wat so
gedurig daarop staan dat "hulle God" die enigste
"ware God" is.
Daar is egter 'n ander manier van doen. As
jy behoefte voel aan 'n dieper geestelike lewe,
gaan dan na een van die talle geestelike raamwerke
wat daar bestaan in die huidige wêreld (sommige
"glo in God" en sommige nie.) As jy as gevolg van
kultuur en omgewing die Christelike raamwerk kies,
gaan dan na iemand wat nie ketters vir jou dinge
diktatoriaal predik nie en vind uit waaroor die
Christelike raamwerk werklik gaan. Lees die Nuwe
Testament deur en bepeins dit wat jou raak. Ek glo
dat een van die grootste boodskappe van die NT
is, dat die saad eers in die grond moet val en
doodgaan, dan kom daar weer ewige lewe. Die ego moet
sterf, voordat jy kan besef dat jy " 'n kind van
God" is wat "in sy beeld geskape is." Dan kan
jy in 'n hysbak staan en na die ander mense om jou
kyk, en weet dat julle almal dieselfde is, dat "God"
uit die oë van daardie ander na jou kyk, en dat jy
ook deel is van daardie totaliteit. So kan jy
stadigaan verdwyn as 'n ego. Grote Griet, ja hoor.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56370 is 'n antwoord op boodskap #56363] Di, 29 Januarie 2002 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Jan 2002 16:43:54 GMT, "Hilda en Gervaas"
wrote:

> Met my gaan dit goed, maar ek stem saam met Sakkie. Hoekom moet 'n mens GLO

Want moontlik (want ek is nie seker nie), is die mens 'n spirituele
dier - geneties gekodeer met 'n bewustheid van "iets" wat deel van ons
is, maar wat ons nie in materialistiese terme kan verstaan of
onderskei nie? Of soos Karen Armstrong sê in haar "History of God" -
Homo sapiens is ook Homo religiosus. :-)
Ek weet nie hoeveel hiervan is miskien weens 'n tipe van breinspoeling
deur die eeue heen, en hoeveel is "werklik" nie. Wat ons wel deesdae
weet is dat hierdie "gevoel" van 'n goddelike ervaring kan wel in die
laboratorium nagemaak word. Verlede Sondag-aand was daar 'n goeie
dokumentêr op HBO genaamd "A QUESTION OF MIRACLES".
Hulle het daarin ook genoem van die werk van o.a. Dr. Neil Abbott en
veral baie interessant Dr. Michael Persinger wat gewys het hoe elke
aspek van wat hy noem die "God experience", kan gereproduseer word in
'n laboratorium deur sekere areas van die brein te stimuleer.

(HBO se skakel vir hierdie dokumentêr is by:
http://www.hbo.com/americaundercover/cmp/Miracles/miracles_p roductionnotes.shtml

Gaan lees dit gerus (of kyk die program as julle kan)

> ? As jy maklik glo is dit g'n probleem nie, maar as jy eerder bewyse wil
> sien voor jy iets aanvaar, dan het jy 'n probleem :-).

Ja, en mense soos ek het sommer baie probleme! :-) Seker daarom
dat ek nie eens 'n suksesvolle agnostikus kon wees nie . :-)
Miskien is ons almal nie geneties so geprogrammeer om 'n behoefte te
hê vir een of ander spirituele vervulling nie. Miskien is dit 'n
evolusionêre ding, en hoe verder jy ontwikkel is, hoe minder het jy
hierdie "spiritual need". Dit sal nogal interessant wees as hulle die
reeks gene verantwoordelik vir "spirituality" kan kloneer of selfs kan
uitwys - so iets moet tog bestaan?
I dunno...
Dit gaan ook nie juis soseer om "bewyse" nie - eerder 'n poging om
"iets" te probeer verstaan in terme wat sin maak vir die spesifieke
individu.
Re: Godsdiens [boodskap #56376 is 'n antwoord op boodskap #56340] Di, 29 Januarie 2002 23:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
*Sterrenkijker*  is tans af-lyn  *Sterrenkijker*
Boodskappe: 67
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Hallo, elkeen,

Ek verstaan gans wat Sakkie wil sê.. Godsdiens is 'n tirannie, 'n
dwingelandy. Dis heeltemal nie seker dat daar 'n god is nie. Nie
een kan dit bewys nie en wat dalk sy oorsprong is is ook nie
aantoonbaar nie.
Sakkie se mening moet gerespekteer word. Moet ook nie sê
dat Sakkie 'n spiritueel lewe moet hê en sulke sake. As hy
kan lewe sonder 'n spiritueel lewe is dit se goede reg.
Godsdiens is n' saak van simpatie en nie van oorheersing nie.
Als godsdiens daartoe lei dat daardie probeer om mense met
geweld te oortuig dan is die godsdiens nie meer juis nie.
Sakkie stel logiese vrae en nie een kan ontken dat op se vrae
geen antwoorde kan gegee word nie. 'n Mens kan wel sê
dat hy/sy gelowig is omdat hy/sy dit simpatiek vind maar dis
dan ook alles. Ek vergelyk elkeen wat probeer om Sakie
deur eindelose geredetwis en argumentasie tot andere gedagtes
te bring as n' soort van Taliban wat se vrou in 'n burka steek
en in se huis opsluit.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

"Sakkie" schreef:
> Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
> op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
> dit kom. 'Skuus by voorbaat aan die "slegs kultuur" ouens(en dames).
>
> 1. Hoekom moet daar 'n god wees.
> 2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
> 3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.
>
> Ek het na dekades se gerondkrap nog nie een enkele greintjie van 'n gedagte
> van werklike onomstaatbare bewyse gesien of van gehoor nie. Al wat ek kry
> is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
> ewigheid. Grote Griet, ja hoor.
>
Re: Godsdiens [boodskap #56380 is 'n antwoord op boodskap #56376] Wo, 30 Januarie 2002 00:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Jan 2002 23:12:10 GMT, gd3...@glo.be (*Sterrenkijker*) wrote:

> dan ook alles. Ek vergelyk elkeen wat probeer om Sakie
> deur eindelose geredetwis en argumentasie tot andere gedagtes
> te bring as n' soort van Taliban wat se vrou in 'n burka steek
> en in se huis opsluit.

Ek hoor jou Norbert. :-)))
Maar ek glo ook dat jy dalk iets belangriks hier mis. Nie een van ons
(tot dusvêr) het of wou probeer om Sakkie se brullende vrou in 'n
burka te steek en op te sluit nie. Dis nou maar net so dat ons Suid
Afrikaners hou daarvan om oor godsdiens en politiek te gesels, en ons
menings met mekaar te deel. Gun ons dit! :-)
Re: Godsdiens [boodskap #56381 is 'n antwoord op boodskap #56370] Wo, 30 Januarie 2002 00:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

> Want moontlik (want ek is nie seker nie), is die mens 'n spirituele
> dier - geneties gekodeer met 'n bewustheid van "iets" wat deel van ons
> is, maar wat ons nie in materialistiese terme kan verstaan of
> onderskei nie
> Ek weet nie hoeveel is "werklik" nie.

En wat is "werklik" nou eintlik? Al wat ons
wetenskaplik kan weet, is dat ons in 'n
"heelal" lewe wat deur ons brein geskep is.
Binne hierdie antropomorfiese "heelal" word
ons dan gekonfronteer met sekere inhoude.
Binne so 'n antropomorfiese heelal geskep
deur ons breinsteel, is die inhoud wat die
Christen "God" noem, 'n psigiese gegewe.
Binne so 'n antromorfiese heelal maak dit
dus heeltemal sin dat Christene kan praat van
dat die mens in die beeld van "God" geskape is.
Binne so 'n psigiese heelal maak dit dus
'n verskil of jy resoneer met die idee van
'n hoër krag en die Liefde wat hierdie hoër
krag in jou opwek, en of jy weerstand bied
daarteen.
Om as materialis te glo dat wat jy om jou
deur jou sinne ondervind, die enigste
"werklikheid" is, is om op 'n filosofiese
en wetenskaplike dwaalspoor te wees. 'n
Dwaalspoor wat ontstaan het in die laat-Grieke
se meganistiese en utilitêre konsep van wat
die "werklikheid" is. Groot dele van die aardbol
word bewoon deur mense wat nie so meganisties
dink nie. Byvoorbeeld die oorspronklike
bewoners van Australië. En die Eerste Nasies
van Noord Amerika. En omtrent die hele Asië.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56386 is 'n antwoord op boodskap #56364] Wo, 30 Januarie 2002 01:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C56E069.9020209@rogers.com...

> Sakkie, as iemand vir jou vertel om blindelings
> te "glo" aan "God" anders "verbrand" jy in 'n
> "hel," dan is 'n groot gedeelte van die situasie
> nie net hulle skuld nie, maar ook jou skuld.
> Deur die denkpatroon wat jy vir jouself skep,
> probeer jy jouself te verontskuldig

Nou maak jy sin. Ek het al self ook deur daardie stadium gegaan. En tot
die gevolgtrekking gekom dat, as jy in God glo omdat jy iets vrees, het dit
niks te doen met Christen wees nie. Dit is jou eie oortuiging, dat dit reg
en goed is, en dat jy 'n beter mens word deur jou geloof - dit is om waarlik
Kind van God te wees.

Die ego moet
> sterf, voordat jy kan besef dat jy " 'n kind van
> God" is wat "in sy beeld geskape is." Dan kan
> jy in 'n hysbak staan en na die ander mense om jou
> kyk, en weet dat julle almal dieselfde is, dat "God"
> uit die oë van daardie ander na jou kyk, en dat jy
> ook deel is van daardie totaliteit.

En weereens kon ek dit self nie beter gestel het nie. Mens kan nie
wetenskaplike redes vir alles in die lewe soek nie, en as jy wetenskaplike
antwoorde sou kon kry, wat sou dan die betekenis wees van die woord geloof?
As jy net in dinge glo wat jy kan sien (soos Thomas) wat is dan die doel van
jou geloof? Aanvaar dat God jou liefhet, dan Hy jou vergewe vir al die
sondes wat ons almal elke dag pleeg en probeer om in Sy voetstappe te volg,
in nederigheid en met groot liefde in jou hart.

As jy God gaan probeer verstaan, dan soek jy moeilikheid. Want 'n mens se
brein is nou eenmaal net nie toegerus om Hom te ondersoek en die antwoorde
te probeer verwerk nie. Jy gaan net met 'n hengse migraine sit... Gebruik
jou energie vir jou daaglikse lewe - dis daar waar jy dit nodig het.
Re: Godsdiens [boodskap #56388 is 'n antwoord op boodskap #56380] Wo, 30 Januarie 2002 05:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:bree5ug9r29mokve33c02c593ea96it5k8@4ax.com...
> On Tue, 29 Jan 2002 23:12:10 GMT, gd3...@glo.be (*Sterrenkijker*)
> wrote:
>
>
>
> probeer om Sakkie se brullende vrou in 'n.....

Brillende Daniehella, BRILLENDE!!! :-))))
Re: Godsdiens [boodskap #56391 is 'n antwoord op boodskap #56340] Wo, 30 Januarie 2002 06:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoofstuk 2
Dankie vir die ouens wat deelneem. Ek aanvaar al die kritiek in die lig wat
dit gesê word. m.a.w. positief en dat dit nie as afkrakend bedoel word nie.

...en hier gaan my vermoeë (onvermoeë) om my gedagtes om te sit in woorde op
so 'n manier dat ek nie misverstaan word nie my in die steek laat.
Ek reken dat oor die eeue heen die mensdom se siening van homself ('skuus
dames) so opgeblaas het dat dit heeltemal onmoontlik geword het om te dink
dat so 'n "superwese" maar net dood natuurlik kon onwikkel het. Soveel so
dat daar moes 'n opperwese of opperwesens wees wat dit moes skep en beheer.
Ek kan die naïewiteit(sp?) nie begryp nie. Ons, wel meeste van ons, aanvaar
baie geredelik dat al die ander diere en plante ontwikkel het tot waar hulle
vandag is, en nogsteeds ontwikkel. Hoekom is dit dan so moeilik om
dieselfde te glo omtrent die mens. Ek reken dat die goddelike beginsel
geskep is sodat die mens nie hoef homself te vereenselwig met die begrip dat
hierdie "superwese" maar net nog 'n dier op aarde is wat maar net 'n baie
beter breinkapasitiet het as die ander nie. Dit, vir my, is baie meer
logies as al die "godsdiensdoktrienes" as daar so 'n woord is.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c5667ad$0$234@hades.is.co.za...
> Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
> op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
> dit kom. 'Skuus by voorbaat aan die "slegs kultuur" ouens(en dames).
>
> 1. Hoekom moet daar 'n god wees.
> 2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
> 3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.
>
> Ek het na dekades se gerondkrap nog nie een enkele greintjie van 'n gedagte
> van werklike onomstaatbare bewyse gesien of van gehoor nie. Al wat ek kry
> is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
> ewigheid. Grote Griet, ja hoor.
>
Re: Godsdiens [boodskap #56394 is 'n antwoord op boodskap #56391] Wo, 30 Januarie 2002 09:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Sakkie skryf :
> Ek reken dat die goddelike beginsel
> geskep is sodat die mens nie hoef homself te vereenselwig met die begrip dat
> hierdie "superwese" maar net nog 'n dier op aarde is wat maar net 'n baie
> beter breinkapasitiet het as die ander nie. Dit, vir my, is baie meer
> logies as al die "godsdiensdoktrienes" as daar so 'n woord is.

Ja, dis hoe ek ook dink. Die meeste mense kan moeilik aanvaar dat ons net
hierdie aardse lewe het en dat ons eintlik nie 'n 'gees' besit nie, net 'n
brein wat kan nadink. Ons het 'n 'bewussyn' - maar ons is nie die enigste
nie - sjimpasees, gorillas en orang-oetans het dit ook. Dit is nog 'n bewys
dat ons net 'n soort 'super-dier' is.
Gloudina sê êrens dat 'n 'materialis' g'n spirituele lewe het nie en
verkeerd is. As met 'n 'spirituele lewe' bedoel word dat 'n mens nadink oor
die 'sin' van sy lewe en oor waardes wat niks met geld of ander materiële
dinge te maak het nie, dan het ek seker 'n spirituele lewe. Ek vra baie meer
vrae as mense wat seker is hul het die enigste waarheid in pag. Vandag ek 'n
kind is, het ek vrae gevra (ek het as 'n christen grootgeword) - vandat ek 7
jaar oud was, het ek irrelevansies in die geloofspunte raakgesien.
Ek dink ook dat 'n mens meer empatie met sy medemens kry as jy dit so sien.
Jy kan nie heeltyd 'n hipotetiese god inbring om mense te oordeel,
veroordeel, ewige strawwe voor te spieël nie.
Maar die lewe is seker makliker as jy so sonder vrae vra kan glo.
Hilda.
Re: Godsdiens [boodskap #56395 is 'n antwoord op boodskap #56370] Wo, 30 Januarie 2002 09:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:pvsd5ug6v881pi1djg99be2vfgaroc5kqv@4ax.com...
> On Tue, 29 Jan 2002 16:43:54 GMT, "Hilda en Gervaas"
> wrote:
>
>> Met my gaan dit goed, maar ek stem saam met Sakkie. Hoekom moet 'n mens GLO
>
> Want moontlik (want ek is nie seker nie), is die mens 'n spirituele
> dier - geneties gekodeer met 'n bewustheid van "iets" wat deel van ons
> is, maar wat ons nie in materialistiese terme kan verstaan of
> onderskei nie? Of soos Karen Armstrong sê in haar "History of God" -
> Homo sapiens is ook Homo religiosus. :-)
> Ek weet nie hoeveel hiervan is miskien weens 'n tipe van breinspoeling
> deur die eeue heen, en hoeveel is "werklik" nie. Wat ons wel deesdae
> weet is dat hierdie "gevoel" van 'n goddelike ervaring kan wel in die
> laboratorium nagemaak word.

Ek dink dit het te maak met die mens se wil/behoefte om alles te verstaan.
Dit is moeilik om 'n rede vir ons bestaan te vind, of beter : dis nie so
moeilik nie, 'n mens kan gewoon sê dis 'n natuurlike evolusie - maar dit is
onbevredigend vir baie mense omdat dit jou lewe tot hierdie een beperk en
ons moet aanneem dat ons bloot toevallig hier is. Ek het ook moeite daarmee
gehad, maar nou het ek dit aanvaar. Soos Sakkie êrens skryf, het ek ook tot
die besluit gekom dat ons hoogmoedig is wanneer ons dink ons is sê belangrik
dat ons reg het op 'n ewige lewe.
Ons is deel van 'iets' wat (dalk) ewig sal bestaan en ek kan daarmee lewe.
Wat die 'iets' is en of dit regtig ewig is, moet ook nog bewys word :-).
Hilda.
Re: Godsdiens [boodskap #56417 is 'n antwoord op boodskap #56391] Wo, 30 Januarie 2002 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Ek reken dat oor die eeue heen die mensdom se siening van homself so opgeblaas het dat dit heeltemal onmoontlik geword het om te dink
> dat so 'n "superwese" maar net dood natuurlik kon onwikkel het. Soveel so
> dat daar moes 'n opperwese of opperwesens wees wat dit moes skep en beheer.
> Ek kan die naïewiteit(sp?) nie begryp nie. Ons, wel meeste van ons, aanvaar
> baie geredelik dat al die ander diere en plante ontwikkel het tot waar hulle
> vandag is, en nogsteeds ontwikkel. Hoekom is dit dan so moeilik om
> dieselfde te glo omtrent die mens. Ek reken dat die goddelike beginsel
> geskep is sodat die mens nie hoef homself te vereenselwig met die begrip dat
> hierdie "superwese" maar net nog 'n dier op aarde is wat maar net 'n baie
> beter breinkapasitiet het as die ander nie. Dit, vir my, is baie meer
> logies as al die "godsdiensdoktrienes" as daar so 'n woord is.

Tot op 'n punt is alles wat jy hierbo
sê geldig. Maar jy maak die fout om die
"Christelike denke" baie naief te inter-
preteer. Is jy bekend met die werk van
Teilhard de Chardin,('n Rooms Katolieke
priester maar het beroemd geword as
paleontoloog) wat ewolusie gesien het as
deel van die Godsplan. Hy het Liefde/
Caritas aangedui as 'n phylum in die ewolusie
van die mens. Op so 'n manier word enige
verskyning van kompassie as beweegrede in die
mens se ontwikkeling as 'n wetenskaplike
gegewe beskou. Dus is die invloed van die
Christelike Liefde en van die Buddhistiese
Boddhicitta van wetenskaplike belang.
Daarom dat mense luister wanneer die Pous
of die Dalai Lama of ander gerespekteerde
geestelike leiers praat - want mense hoor
die stem van die hart en die siel in hulle
uitsprake.
Dis interessant om te weet dat Teilhard
de Chardin gepraat het van 'n "noosphere"
wat die aarde omring net soos die biosfeer.
Dus 'n omhulsel van denke wat die mens
se gesamentlike bewussyn verteenwoordig
en wat ook 'n ewolusie ondergaan.
Nog 'n interessante feit - Teilhard
de Chardin het Suid-Afrika tweekeer in
die vyftigerjare van die vorige eeu besoek
om die plekke te sien waar hulle skedels
en ander artifakte van die eerste "mense"
gevind het, soos byvoorbeeld by Makapansgat.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56418 is 'n antwoord op boodskap #56394] Wo, 30 Januarie 2002 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda en Gervaas wrote:

> Gloudina sê êrens dat 'n 'materialis' g'n spirituele lewe het nie en
> verkeerd is. As met 'n 'spirituele lewe' bedoel word dat 'n mens nadink oor
> die 'sin' van sy lewe en oor waardes wat niks met geld of ander materiële
> dinge te maak het nie, dan het ek seker 'n spirituele lewe.

Ek dink jy verstaan verkeerd wat ek met
'n materialistiese denkwyse bedoel. Ek
dui aan dat dit die denke is wat aanneem
dat wat ons "aarde" noem 'n konkrete
materialistiese bestaan het. Maar niemand
kan hierdie stelling bewys nie. Daar is
filosofiese/ spirituele strominge wat
aandui dat wat ons "aarde" noem, die maaksel
is van ons breine. Daar is een Buddhistiese
groep in Japan wat glo dat "die werklikheid"
die droom is van Vairocana ( die Buddha wat
staan vir "consciousness" in die Buddhistiese
raamwerk.) Om dus alle geestelike denke nou van
uit 'n noue en dikwels misgeinterpreteerde Christelike
oogpunt te veroordeel, is die fout van die
veroordelaars. En as hierdie veroordelaars
op grond van hulle misinterpreterende standpunte
ander mense se geestelike lewens begin te
veroordeel, begin hulle nie maar net so dogmaties
optree as daardie dogmatiese Christene wat predik
dat hulle die enigste wysheid in pag het nie?

> Jy kan nie heeltyd 'n hipotetiese god inbring om mense te oordeel,
> veroordeel, ewige strawwe voor te spieël nie.
> Maar die lewe is seker makliker as jy so sonder vrae vra kan glo.

Sien, hier veroordeel jy geestelike denke
in die algemeen omdat jy reageer teen wat
jy sien as Christelike denke in dit wat jy
in jou lewe ondervind het, en waarteen jy
in sosiale en intellektuele reaksie is.
Lees Teilhard de Chardin, en vertel my dan
of jy nog die Christelike denke van hierdie
Rooms Katolieke priester verwerp.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56420 is 'n antwoord op boodskap #56418] Wo, 30 Januarie 2002 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina skryf :
> Ek dink jy verstaan verkeerd wat ek met
> 'n materialistiese denkwyse bedoel. Ek
> dui aan dat dit die denke is wat aanneem
> dat wat ons "aarde" noem 'n konkrete
> materialistiese bestaan het. Maar niemand
> kan hierdie stelling bewys nie. Daar is
> filosofiese/ spirituele strominge wat
> aandui dat wat ons "aarde" noem, die maaksel
> is van ons breine. Daar is een Buddhistiese
> groep in Japan wat glo dat "die werklikheid"
> die droom is van Vairocana ( die Buddha wat
> staan vir "consciousness" in die Buddhistiese
> raamwerk.)

Ja, ek sien. Ek ken daardie stelling nie. Dit is natuurlik ook moeilik om te
'glo' of aan te neem omdat dit so ver van ons persoonlike persepsie af
staan. Om dit eenvoudig (en simpel :-) ) te stel : as ek tandpyn het, dan
voel dit nie soos 'n maaksel van my brein nie.
Hierdie soort filosofieë lyk so irreël en so ver van die gewone mens af, dat
ek wonder of dit mense oor die algemeen kan help om hul lewens te verbeter.
En dit is tog die voornaamste rede waarom ons so baie dink oor ons bestaan -
ons probeer om aan alles 'n sin te gee sodat ons beter sal voel. So sien ek
dit.
Om die Waarheid te ontdek is onmoontlik dink ek.

>> Jy kan nie heeltyd 'n hipotetiese god inbring om mense te oordeel,
>> veroordeel, ewige strawwe voor te spieël nie.
>> Maar die lewe is seker makliker as jy so sonder vrae vra kan glo.
>
>
> Sien, hier veroordeel jy geestelike denke
> in die algemeen omdat jy reageer teen wat
> jy sien as Christelike denke in dit wat jy
> in jou lewe ondervind het, en waarteen jy
> in sosiale en intellektuele reaksie is.
> Lees Teilhard de Chardin, en vertel my dan
> of jy nog die Christelike denke van hierdie
> Rooms Katolieke priester verwerp.
>
> Gloudina

Ek veroordeel nie geestelike denke nie, ek veroordeel mense wat hul
geestelike denke aan ander wil oplê. Ons sien hoe ekstreem dit kan word as
ons na die situasie van mense in Islam lande kyk. Dalk is daar mense wat dit
benodig om gelei te word, maar dit sou altyd vry moes wees.

Ek het Teilhard de Chardin nie gelees nie - ek sal dit dalk eendag doen,
maar ek het so 'n afsku van die katolieke kerk dat ek selfs nie na die pous
kan kyk nie ! As hy op die televisieskerm verskyn, dan "zap" ek weg. Seker
'n soort traumatisme uit my jeug :-)).

Maar ek hou daarvan om te lees of te hoor wat ander mense dink en glo.

Groete,
Hilda.
Re: Godsdiens [boodskap #56421 is 'n antwoord op boodskap #56417] Wo, 30 Januarie 2002 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Gloudina skryf :
> Tot op 'n punt is alles wat jy hierbo
> sê geldig. Maar jy maak die fout om die
> "Christelike denke" baie naief te inter-
> preteer. Is jy bekend met die werk van
> Teilhard de Chardin,('n Rooms Katolieke
> priester maar het beroemd geword as
> paleontoloog) wat ewolusie gesien het as
> deel van die Godsplan. Hy het Liefde/
> Caritas aangedui as 'n phylum in die ewolusie
> van die mens. Op so 'n manier word enige
> verskyning van kompassie as beweegrede in die
> mens se ontwikkeling as 'n wetenskaplike
> gegewe beskou. Dus is die invloed van die
> Christelike Liefde en van die Buddhistiese
> Boddhicitta van wetenskaplike belang.
> Daarom dat mense luister wanneer die Pous
> of die Dalai Lama of ander gerespekteerde
> geestelike leiers praat - want mense hoor
> die stem van die hart en die siel in hulle
> uitsprake.

Kom die empatie met, liefde vir ander mense en/of die res van die natuur
noodsaaklik van 'n god af ? Kan dit nie net deel van ons ewolusie wees nie ?

As die Dalai Lama praat, luister mense dalk nog ; maar die pous het regtig
sy greep op die werklikheid verloor. Gister of eergister het hy weer 'n
uitspraak oor skeiding gemaak wat die res van die katolieke kerk se leiers
ongemaklik laat voel. Ek glo nie dat daar nog baie respek vir hom oorbly
nie.

Hilda.
Re: Godsdiens [boodskap #56422 is 'n antwoord op boodskap #56420] Wo, 30 Januarie 2002 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jan 2002 16:45:10 GMT, "Hilda en Gervaas"
wrote:

> Ek het Teilhard de Chardin nie gelees nie - ek sal dit dalk eendag doen,

Hy het o.a gesê: ""We are not human beings having a spiritual
experience; we are spiritual beings having a human experience.."

Ek hou nogal daarvan. :-)
Re: Godsdiens [boodskap #56423 is 'n antwoord op boodskap #56420] Wo, 30 Januarie 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jan 2002 16:45:10 GMT, "Hilda en Gervaas"
wrote:

> maar ek het so 'n afsku van die katolieke kerk dat ek selfs nie na die pous
> kan kyk nie ! As hy op die televisieskerm verskyn, dan "zap" ek weg.

Dis presies soos ek voel teenoor ons huidige president. :-(
Re: Godsdiens [boodskap #56425 is 'n antwoord op boodskap #56381] Wo, 30 Januarie 2002 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jan 2002 00:52:27 GMT, "@rogers.com" wrote:

> En wat is "werklik" nou eintlik? Al wat ons

Ek dink "werklik" is wanneer materie "in fase" is - dis as mens alles
wil sien in terme van I/O (in/uit). Tussen hierdie fases (particles-
in fase - en waves -uit fase) lê die paradoksale realiteit van
"nothingness" wat alles is! Dit is die ultimate light - god -
watookal jy dit wil noem.

> Om as materialis te glo dat wat jy om jou
> deur jou sinne ondervind, die enigste
> "werklikheid" is, is om op 'n filosofiese
> en wetenskaplike dwaalspoor te wees.

Ek stem 100% saam.

> Dwaalspoor wat ontstaan het in die laat-Grieke
> se meganistiese en utilitêre konsep van wat
> die "werklikheid" is. Groot dele van die aardbol
> word bewoon deur mense wat nie so meganisties
> dink nie. Byvoorbeeld die oorspronklike
> bewoners van Australië. En die Eerste Nasies
> van Noord Amerika. En omtrent die hele Asië.

Stem weer saam.
Re: Godsdiens [boodskap #56429 is 'n antwoord op boodskap #56388] Wo, 30 Januarie 2002 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jan 2002 07:46:46 +0200, "Sakkie" wrote:

>
> "Danielle" wrote in message
> news:bree5ug9r29mokve33c02c593ea96it5k8@4ax.com...
>> On Tue, 29 Jan 2002 23:12:10 GMT, gd3...@glo.be (*Sterrenkijker*)
>> wrote:



>> probeer om Sakkie se brullende vrou in 'n.....
>
> Brillende Daniehella, BRILLENDE!!! :-))))
>
LOL
Re: Godsdiens [boodskap #56433 is 'n antwoord op boodskap #56425] Wo, 30 Januarie 2002 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Danielle wrote:

> Ek dink "werklik" is wanneer materie "in fase" is - dis as mens alles
> wil sien in terme van I/O (in/uit). Tussen hierdie fases (particles-
> in fase - en waves -uit fase) lê die paradoksale realiteit van
> "nothingness" wat alles is! Dit is die ultimate light - god -
> watookal jy dit wil noem.

Ja, jy dink in die "regte" rigting. Soos
Einstein glo gesê het - alles hang af van
die posisie van die "observer" wanneer
daar moet besluit word op wat die "tydelike"
werklikheid is.
Dit is dus juis verbasend dat die Buddhiste
duisende jare gelede hierdie soort wysheid
op hulle manier kon kwytraak: Die volgende
aanhaling kom uit "The Heart of Perfect
Wisdom Sutra:

Listen Shariputra,
Form is emptiness, emptiness is form.
Form is not other than emptiness,
Emptiness is not other than form.
The same is true for feelings,
Perceptions, mental formations,
And consciousness....
The Boddhisaatvas, grounded
In perfect understanding,
Find no obstacles for their minds.
Having no obstacles, they overcome fear,

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56436 is 'n antwoord op boodskap #56420] Wo, 30 Januarie 2002 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda en Gervaas wrote:

Om dit eenvoudig (en simpel :-) ) te stel : as ek tandpyn het, dan
> voel dit nie soos 'n maaksel van my brein nie.

Hier kies jy nou 'n perfekte voorbeeld
wat juis illustreer waaroor dit alles
gaan. Vir jou is dit "jou tand" wat "pyn".
Maar as 'n neuroloog nou vir jou begin te
verduidelik van die prosesse wat aan die
gang is in jou liggaam, en van sinapse en
van die dele van die brein wat geaffekteer
word om jou te oortuig dat jou tand pyn,
dan sal jy ook jou hande saamslaan.

> Hierdie soort filosofieë lyk so irreël en so ver van die gewone mens af, dat
> ek wonder of dit mense oor die algemeen kan help om hul lewens te verbeter.

> Om die Waarheid te ontdek is onmoontlik dink ek.

Wanneer jy sê "hierdie filosofie lyk so "irreël"
dan begin ek snuf in die neus kry. Jy het 'n
vooropgestelde idee van wat "reël" is en wat
"irreël" is. So hoe verskil jy dan nou van die
mense wat vir jou wil kom vertel dat jy sus en
so oor dit of dat moet dink. Wat is reël en wat
is irreël en moet mens nou jou besluite en
filosofieë daarop bou? Ek glo dat mens liewer
'n eksistensiële standpunt moet inneem. Die
Christen glo in die reddende krag van die liefde.
Die Buddhis het vir hom 'n hele standpunt uitgedink
wat niks te doen het met wat "reël" is en wat nie
reël is nie. Ek sê nie vir jou om enige van hierdie
groepe te volg nie. Maar moenie hulle veroordeel nie.
Miskien weet hulle wat hulle doen.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56438 is 'n antwoord op boodskap #56421] Wo, 30 Januarie 2002 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hilda en Gervaas wrote:

> Kom die empatie met, liefde vir ander mense en/of die res van die natuur
> noodsaaklik van 'n god af ? Kan dit nie net deel van ons ewolusie wees nie ?

Dit is wat Teilhard de Chardin sê. Maar
net soos die phylum van die dinosaurs
uitgesterf het, so kan die phylum van
kompassie uitsterf as dit nie aangemoedig
word en die toestande daarvoor gunstig
gemaak word nie.


> As die Dalai Lama praat, luister mense dalk nog ; maar die pous het regtig
> sy greep op die werklikheid verloor. Gister of eergister het hy weer 'n
> uitspraak oor skeiding gemaak wat die res van die katolieke kerk se leiers
> ongemaklik laat voel. Ek glo nie dat daar nog baie respek vir hom oorbly
> nie.

Ek is nie 'n Katoliek nie en kan nie vir
die Pous praat nie. Maar hier in Kanada
forseer ons nie dokters wat teen aborsies
is, om aborsies te doen nie. Die pous kom
maar net uit vir respek vir die instituur
van die huwelik, iets wat elke Christelike
groep ook sal respekteer. Elke keer wanneer
die Pous op die Amerikaanse regering 'n
beroep doen om nie die doodsvonnis op mense
te voltrek nie, bevestig hy die "sanctity
of life." Daarom is die Katolieke kerk ook
teen aborsie. Die Pous en die leiers van die
Katolieke Kerk moet leiding gee in die area
van die etiek, ten minste vir hulle eie
volgelinge. Is daar iets verkeerd om pro-life
en pro-the-sanctity-of-marriage te wees?

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56440 is 'n antwoord op boodskap #56380] Wo, 30 Januarie 2002 23:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
*Sterrenkijker*  is tans af-lyn  *Sterrenkijker*
Boodskappe: 67
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Volle Lid
Danielle schreef:

Dis nou maar net so dat ons Suid Afrikaners hou daarvan om oor
godsdiens en politiek te gesels, en ons menings met mekaar te deel.
Gun ons dit! :-)

Ja, natuurlik, Danielle! Ek het vroeër ook al gesien dat Afrikaners
godsdienstige mense is. Dis nie verkeerd nie en ek is nie teen die
godsdiens nie. Maar ook andersdenkendes moet hulle plaas en
respek in die maatskappy kry. Daar is nog teveel mense wat nie
verstaan dat iedere maatskappy noodsaaklikerwyse moet evolueer
na 'n gesekulariseerde samelewing. Al die moeilikhede wat byvoorbeeld
die Islam met die moderne tijd het is daaraan toe te skryf. Ons eie
geskiedenis het soveel oorlog geken omwille van die godsdiens
dat ons daaraan byna heeltemal verwoes was. Met die Taliban is
dit asof die Middeleeue weerom weergekeer is. In n' gesekulariseerde
samelewing is ook plaas vir die geloof.

Die groete van

Norbert, uit Vlaanderen.
Re: Godsdiens [boodskap #56448 is 'n antwoord op boodskap #56422] Do, 31 Januarie 2002 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle"
: Hy het o.a gesê: ""We are not human beings having a spiritual
: experience; we are spiritual beings having a human experience.."
~~
Dié kêrel van wie julle praat het seker die stukkie gelees waar Josef sy pa
Jakob voorgestel het aan Faroe.
~~
Onderstaande geneem uit John Wesley's Explanetory Notes.
~~
Gen 47:9 - Observe Jacob calls his life a pilgrimage, looking upon himself
as a stranger in this world, and a traveller towards another.
---knip---
~~
Matthew Henry's Commentary kom ook op dieselfde neer.
~~
Gen 47:7-12 - With the gravity of old age, the piety of a true believer, and
the authority of a patriarch and a prophet, Jacob besought the Lord to
bestow a blessing upon Pharaoh. He acted as a man not ashamed of his
religion; and who would express gratitude to the benefactor of himself and
his family. We have here a very uncommon answer given to a very common
question. Jacob calls his life a pilgrimage; the sojourning of a stranger in
a foreign country, or his journey home to his own country. He was not at
home upon earth; his habitation, his inheritance, his treasures were in
heaven.
---knip---
--
Re: Godsdiens [boodskap #56451 is 'n antwoord op boodskap #56440] Do, 31 Januarie 2002 11:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Inderdaad so. Dis hoekom ons in die weermag verbied was om oor hierdie
onderwerpe te gesels. Heeltemal taboe. Geloof en politieke oortuigings is
diep geworteld en jy kan 'n ander persoon mos nounie goedsmoeds oortuig om
van sy standpunt af te sien en joune aan te hang nie. Dit is dan wanneer die
bittereinders die R1 span en in sy kameraad se neus opdruk. "Nou sal jy glo
soos ek glo. Die enigste heilige goddelike waarheid. Al praat ons uit
dieselfde Bybel is my interpretasie daarvan reg en joune verkeerd." Hoeveel
Christelike denominasies alleen is daar in die wêreld? En hulle stuur mekaar
kruis en dwars hel toe - en almal preek uit dieselfde Bybel.

En iets soortgelyks oor politiek. Die een ou se held is die ander ou se
kafferboetie.

Tevergeefs se die Prediker, dit is alles tevergeefs.

Hantamkind.

> Danielle schreef:
>
> Dis nou maar net so dat ons Suid Afrikaners hou daarvan om oor
> godsdiens en politiek te gesels, en ons menings met mekaar te deel.
Re: Godsdiens [boodskap #56454 is 'n antwoord op boodskap #56391] Do, 31 Januarie 2002 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoofstuk 3

Ek sien die tweede grootste rede om in 'n opperwese te glo, is om orde te
handhaaf. "Jy kan my nie te na kom nie, want al kan ek jou nie terugkry
nie, eendag sal jy moet verantwoording doen vir jou dade."
Dit is 'n baie handige beginsel en beskerm die minderes en swakkeres, en al
beskerm dit hulle nie altyd (ooit?) nie, gee dit hulle die genoegdoening
dat: "Jou dag sal kom!."
My opinie lê nie baie ver daarvan af nie. Ek dink ook in meeste gevalle
"Kry jy wat jou toekom", maar heeltemal as gevolg van iets anders. Elke
aksie van elke mens het 'n invloed op elke persoon rondom hom, bewustelik en
onbewustelik, en ook elke persoon wat in aanraking kom met dit wat gebeur of
gesê word deur so 'n persoon. Die nagevolg daarvan is natuurlik dat daardie
"ontvangers" se reaksies of teenreaksies daarvolgens getemper word. So skep
elke persoon, of groepe persone(nasies?) vir hom 'n eie lewensomstandigheid
wat net bloot 'n uitvloeisel is van sy eie gedrag. Ek sien geen "opperwese"
invloed daarin nie.

Ek hoop dit maak sin.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c578fe3$0$226@hades.is.co.za...
> Hoofstuk 2
> Dankie vir die ouens wat deelneem. Ek aanvaar al die kritiek in die lig wat
> dit gesê word. m.a.w. positief en dat dit nie as afkrakend bedoel word nie.
>
> ...en hier gaan my vermoeë (onvermoeë) om my gedagtes om te sit in woorde op
> so 'n manier dat ek nie misverstaan word nie my in die steek laat.
> Ek reken dat oor die eeue heen die mensdom se siening van homself ('skuus
> dames) so opgeblaas het dat dit heeltemal onmoontlik geword het om te dink
> dat so 'n "superwese" maar net dood natuurlik kon onwikkel het. Soveel so
> dat daar moes 'n opperwese of opperwesens wees wat dit moes skep en beheer.
> Ek kan die naïewiteit(sp?) nie begryp nie. Ons, wel meeste van ons, aanvaar
> baie geredelik dat al die ander diere en plante ontwikkel het tot waar hulle
> vandag is, en nogsteeds ontwikkel. Hoekom is dit dan so moeilik om
> dieselfde te glo omtrent die mens. Ek reken dat die goddelike beginsel
> geskep is sodat die mens nie hoef homself te vereenselwig met die begrip dat
> hierdie "superwese" maar net nog 'n dier op aarde is wat maar net 'n baie
> beter breinkapasitiet het as die ander nie. Dit, vir my, is baie meer
> logies as al die "godsdiensdoktrienes" as daar so 'n woord is.
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3c5667ad$0$234@hades.is.co.za...
>> Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
>> op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
>> dit kom. 'Skuus by voorbaat aan die "slegs kultuur" ouens(en dames).
>>
>> 1. Hoekom moet daar 'n god wees.
>> 2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
>> 3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.
>>
>> Ek het na dekades se gerondkrap nog nie een enkele greintjie van 'n gedagte
>> van werklike onomstaatbare bewyse gesien of van gehoor nie. Al wat ek kry
>> is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
>> ewigheid. Grote Griet, ja hoor.
>>
>
Re: Godsdiens [boodskap #56460 is 'n antwoord op boodskap #56454] Do, 31 Januarie 2002 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sakkie wrote:

> Hoofstuk 3

> My opinie lê nie baie ver daarvan af nie. Ek dink ook in meeste gevalle
> "Kry jy wat jou toekom", maar heeltemal as gevolg van iets anders. Elke
> aksie van elke mens het 'n invloed op elke persoon rondom hom, bewustelik en
> onbewustelik, en ook elke persoon wat in aanraking kom met dit wat gebeur of
> gesê word deur so 'n persoon. Die nagevolg daarvan is natuurlik dat daardie
> "ontvangers" se reaksies of teenreaksies daarvolgens getemper word. So skep
> elke persoon, of groepe persone(nasies?) vir hom 'n eie lewensomstandigheid
> wat net bloot 'n uitvloeisel is van sy eie gedrag. Ek sien geen "opperwese"
> invloed daarin nie.
>
> Ek hoop dit maak sin.

Dit maak volledig sin vir iemand wat die
Buddhistiese konsep van "karma" bestudeer.
Daar is natuurlik goeie karma en slegte
karma, maar aan die einde van die dag is
albei nog karma. Die boddhisattva se
doel is om so te begin lewe dat hy geen
karma opwek nie, nog goeie nog slegte karma.
Dit is dan dat hy in nirvana leef en nie
meer in samsara nie.Dit is dan, in die
Christelike raamwerk, dat hy één is met
die Vader.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56478 is 'n antwoord op boodskap #56448] Do, 31 Januarie 2002 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> Matthew Henry's Commentary kom ook op dieselfde neer.
> ~~ We have here a very uncommon answer given to a very common
> question. Jacob calls his life a pilgrimage; the sojourning of a stranger in
> a foreign country, or his journey home to his own country. He was not at
> home upon earth; his habitation, his inheritance, his treasures were in
> heaven.

Dankie, Tobie. 'n Buddhis sal totaal verstaan
wat Matthew Henry bedoel hier. Hy sal boonop
ook werk daaraan om die "treasures... in heaven"
in hierdie ondermaanse lewe ook te belewe, uitgelei
uit die Egipte van die ego.

Gloudina
Re: Godsdiens [boodskap #56488 is 'n antwoord op boodskap #56388] Do, 31 Januarie 2002 23:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Jan 2002 07:46:46 +0200, "Sakkie" wrote:

>> probeer om Sakkie se brullende vrou in 'n.....
>
> Brillende Daniehella, BRILLENDE!!! :-))))

Ooooooooooooooooo.....
:-))))
Re: Godsdiens [boodskap #56501 is 'n antwoord op boodskap #56454] Vr, 01 Februarie 2002 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Einde van die week se filosofie. Ek het my belofte nagekom.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3c593924$0$236@hades.is.co.za...
> Hoofstuk 3
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3c578fe3$0$226@hades.is.co.za...
>> Hoofstuk 2
>> "Sakkie" wrote in message
>> news:3c5667ad$0$234@hades.is.co.za...
>>> Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
>>> op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
>>> dit kom.
Re: Godsdiens [boodskap #56538 is 'n antwoord op boodskap #56501] Vr, 01 Februarie 2002 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 1 Feb 2002 07:55:00 +0200, "Sakkie" wrote:

> Einde van die week se filosofie. Ek het my belofte nagekom.
>

Is jy dus 'n ateïs Sakkie?
Re: Godsdiens [boodskap #56619 is 'n antwoord op boodskap #56538] So, 03 Februarie 2002 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
As jy daarmee bedoel dat ek nie glo dat daar so iets bestaan soos 'n
opperwese waaraan ons moet getrou wees sodat ons 'n ewige hiernamaals gaan
ontvang nie, ja, dan is ek seker 'n ateïs.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:0grl5ucb22l9um6kg7re14q5f2bib6dfoa@4ax.com...
> On Fri, 1 Feb 2002 07:55:00 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Einde van die week se filosofie. Ek het my belofte nagekom.
>>
>
> Is jy dus 'n ateïs Sakkie?
>
Re: Godsdiens [boodskap #56620 is 'n antwoord op boodskap #56619] So, 03 Februarie 2002 08:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir wat gee jy vir my werk op 'n Sondag Sakkie?
Nou moet ek weer al jou skrywes gaan opdiep om te gaan kyk wat ek uitgemis
het wat ek miskien kon opgebring het:)
Annette

--
Sakkie skryf in boodskap news:3c5cf1b7$0$239@hades.is.co.za...
> As jy daarmee bedoel dat ek nie glo dat daar so iets bestaan soos 'n
> opperwese waaraan ons moet getrou wees sodat ons 'n ewige hiernamaals gaan
> ontvang nie, ja, dan is ek seker 'n ateïs.
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:0grl5ucb22l9um6kg7re14q5f2bib6dfoa@4ax.com...
>> On Fri, 1 Feb 2002 07:55:00 +0200, "Sakkie" wrote:
>>
>>> Einde van die week se filosofie. Ek het my belofte nagekom.
>>>
>>
>> Is jy dus 'n ateïs Sakkie?
>>
>
Re: Godsdiens [boodskap #56621 is 'n antwoord op boodskap #56619] So, 03 Februarie 2002 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Feb 2002 10:11:24 +0200, "Sakkie" wrote:

dan is ek seker 'n ateïs.
>


>> Is jy dus 'n ateïs Sakkie?


Terwyl jy korrek spesifiseer wat 'n ateïs is
sê jy dat jy 'seker' 'n ateïs is.
'n Sielkundige of enige woordontleder sal dit
heel interessant vind. Ek sien dit raak omdat
ek graag tussen lyne lees.
Wat sien ek daarin? Dat jy steeds huiwer om
dit te sê.
Re: Godsdiens [boodskap #56639 is 'n antwoord op boodskap #56620] So, 03 Februarie 2002 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

om te gaan kyk wat ek uitgemis
> het wat ek miskien kon opgebring het:)

Dierbaarheid, dit word darem nou
te morsig op hierdie nuusgroep.

Die Mense van Swellendam
Re: Godsdiens [boodskap #56641 is 'n antwoord op boodskap #56639] So, 03 Februarie 2002 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 03 Feb 2002 16:13:27 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Annette wrote:
>
>
> om te gaan kyk wat ek uitgemis
>> het wat ek miskien kon opgebring het:)
>
> Dierbaarheid, dit word darem nou
> te morsig op hierdie nuusgroep.
>
> Die Mense van Swellendam

ha ha mense, maar die mense van Swellendam
wag vir 'n antwoord Annette...! :-)))
Re: Godsdiens [boodskap #56643 is 'n antwoord op boodskap #56641] So, 03 Februarie 2002 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weerhou my daarvan om enige kontak hoegenaamd te hê met enige persoon wat
morsigheid sien as mens oor 'n kultuuronderwerp praat.:))
Wat sou die aantie daar in koue Kanada gesien het wat haar laat dink dat ek
iets morsigs gesê het?
Verstaan sy nie gewone Afrikaans nie?
:)))))
Nou sal ek heel nag wakker lê en nog morsige woorde uitdink.
Wat is die gevoel om die volgende woorde:?
vlak
vark
boer
plaas
raas
hyg
kwyl
donderweer
bliksem
kaalvoet
turksvye
volstruis
stewels
sweep
kettings
lepel
voortrekker.

Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:m2pq5u821s6ure63io447u6aoj3jl6gk8p@4ax.com...
> On Sun, 03 Feb 2002 16:13:27 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>> Annette wrote:
>>
>>
>> om te gaan kyk wat ek uitgemis
>>> het wat ek miskien kon opgebring het:)
>>
>> Dierbaarheid, dit word darem nou
>> te morsig op hierdie nuusgroep.
>>
>> Die Mense van Swellendam
>
> ha ha mense, maar die mense van Swellendam
> wag vir 'n antwoord Annette...! :-)))
Re: Godsdiens [boodskap #56644 is 'n antwoord op boodskap #56643] So, 03 Februarie 2002 17:14 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 3 Feb 2002 19:11:21 +0200, "Annette" wrote:

> Wat is die gevoel om die volgende woorde:?
> vlak
> vark
> boer
> plaas
> raas
> hyg
> kwyl
> donderweer
> bliksem
> kaalvoet
> turksvye
> volstruis
> stewels
> sweep
> kettings
> lepel
> voortrekker.
>
> Annette
>
Die vlakvark op die boer se plaas raas, hyg en kwyl terwyl die
donderweer en bliksemstrale hom voor die kaalvoet boer wat
op sy beurt met sy kaalvoete net voor die stormende volstruis
bly en soos 'n sweepslag is hy toe onder deur die kettings
by die heining en die kaalvoet boer trap steeds lepel plat
maar dit voel asof hy op 'n ossewa voor die volstruis is.

Dink jy die volstruis is dalk vanaf Swellendam?

>
> Davie Davis wrote in message
> news:m2pq5u821s6ure63io447u6aoj3jl6gk8p@4ax.com...
>> On Sun, 03 Feb 2002 16:13:27 GMT, "@rogers.com" wrote:

>>>
>>> Annette wrote:
>>>
>>>
>>> om te gaan kyk wat ek uitgemis
>>>> het wat ek miskien kon opgebring het:)
>>>
>>> Dierbaarheid, dit word darem nou
>>> te morsig op hierdie nuusgroep.
>>>
>>> Die Mense van Swellendam

>> ha ha mense, maar die mense van Swellendam
>> wag vir 'n antwoord Annette...! :-)))
>
Vorige onderwerp: Die Bybel in 'n neutedop
Volgende onderwerp: Bybel op die internet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:19:15 MGT 2024