| styfheid [boodskap #150945] |
Do., 12 Maart 2026 09:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24584 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
styfheid
Afbreking: styf•heid
Samestelling: styf + -heid
Selfstandige naamwoord: styfheid
Meervoud: styfhede
Betekenis:
• Die mate waarin iets styf (onbuigsaam of geforseerd/ongemaklik) is.
Gebruik:
• Artritis veroorsaak styfheid en pyn in die gewrigte.
Sinoniem:
• onbeweeglikheid
• onbuigsaamheid
• rigiditeit
• starheid
• stramheid
Antoniem:
• papheid
• slapheid
Hiponiem:
• gewrigstyfheid
• kolomstyfheid
• lykstyfheid
• spierstyfheid
Vertaling:
Engels: stiffness, rigidity
Nederlands: stijfheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 12 Maart 2026 12:34] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|