Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Slaap Nou My Prinsie" deur M.I. Murray en G.G. Cillié
"Slaap Nou My Prinsie" deur M.I. Murray en G.G. Cillié [boodskap #120774] Vr, 14 September 2018 20:20
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
SLAAP NOU MY PRINSIE
Slaap nou, my prinsie so klein; daglig het lankal verdwyn;
buitekant is dit al nag, moedertjie hou by jou wag.
Skapies en voëltjies rus, word deur die windjie gesus.
Slaap wyl die sterretjies skyn, slaap nou my prinsie so klein.
Doe-doe, doe-doe.

Wie's so tevrede soos jy? Wat jy wou het jy gekry;
maatjies het met jou kom speel, nooit het die tyd jou verveel.
Nou's jy versorg en gevoed, rustig en stil jou gemoed.
Wyl maan en sterretjies skyn, slaap voort, my prinsie so klein.
Doe-doe, doe-doe.

Dié lied staan ook bekend as die Mozart-wiegelied.

Woorde: M.I. MURRAY en G.G. CILLIÉ
Musiek: B. FLIES; verwerk: G.G. CILLIÉ
Vorige onderwerp: "Ag, sy het nie gesterwe nie" deur Totius
Volgende onderwerp: Soek vers (nie bees)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 07:22:18 MGT 2024