Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Black savages tortured man to death, two year old killed - trial
Re: Black savages tortured man to death, two year old killed - trial [boodskap #119974] Wo, 08 Junie 2011 06:28
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Jun 2, 10:03 pm, d....@JRranch.com (bigdude) wrote:
> Etienne Marais wrote:
>
> Ah, the Wilhelmientjie story.
> Awful as it was, stirring it up every couple of months creates the
> impression that these killings are happening much more often than they
> do. Expect a repeat when judgement or sentencing comes.
> Do you have shares in a removals company?
>
> bigD
>
>> ------------------------------------------------------------ ---------------­--
>
>> This was of course the South-African family who were wiped out in
>> December 2010 by black thugs in a planned attack. Turns out the
>> lowlife media never reported all the details.. like for instance that
>> the two year old baby was hacked with a panga as well as her mother
>
> --

Follow-up for BigD, two-year old killed because she was a witness

Lindley-meisie 'moes sterf, het moordenaars geken'
2011-06-08 07:52

Mike van Rooyen
Bloemfontein - Die kleine Willemientjie Potgieter (2) van Lindley is
doodgeskiet omdat sy haar pa se plaaswerkers op die moordtoneel gesien
en by name geken het.

Só het adv. Jannie Botha, namens die staat, dit Dinsdag in die
Vrystaatse hooggeregshof aan een van haar vermeende moordenaars
gestel.

Vusi Khumalo (23) het voor regter G.F. Wright ontken dat hy die middag
van 1 Desember verlede jaar op die werf van die plaas Tweefontein was
waar Attie Potgieter, sy vrou, Wilna, en Willemientjie vermoor is.

Khumalo het bevestig dat mnr. Potgieter na hom geroep het terwyl hy
aangeval is.

Botha: “Want hy het u gesien. Hy wou hê u moet hom kom help.”

Khumalo het dít ontken. Hy was saam met die ander twee plaaswerkers,
Stemmer Mofokeng en Klaas Mofokeng, in ’n pakhuis sowat 145 m weg van
die plaasopstal, van waar hy deur ’n venster die aanval op sy
werkgewer dopgehou het.

Botha het dit aan hom gestel dat hy en die ander twee plaaswerkers
saam met die ander drie beskuldigdes op die werf was toe die
Potgieters aangeval is.

Khumalo het ontken dat hulle ses saamgesweer het om die Potgieters te
vermoor. Hy het getuig hulle het net saamgesweer om te roof.

Hy weet nie wie in die huis geskiet het nie waar mev. Potgieter en
Willemientjie se lyke in ’n spaarkamer met koeëlwonde gekry is nie.
“Ek was nie daar nie.”

Hy het bevestig dat Willemientjie daar op die toneel nie vir hulle
enige gevaar ingehou het nie, maar sy het vir hom en die twee
Mofokengs by name geken.

Botha het aan hom gestel dat “klein Willemien” vir hom, die twee
Mofokengs en Tshokolo Letlala, sy swaer, daar gesien het. “Dit is
hoekom sy uit die weg geruim moes word.”

“Dis die enigste rede hoekom die kind geskiet is, want sy het julle
daar gesien.”

Hy het dit ontken en ook gesê hy weet nie met watter vuurwapen
Willemientjie en haar ma geskiet is nie.

Khumalo het Dinsdag getuig die plan waarop hul ses ooreengekom het,
was dat hulle die Potgieters sou aanhou en vashou. Mnr. Potgieter sou
vasgehou en vasgemaak word. Mev. Potgieter sou dan gedwing word om die
huis en die kluis oop te sluit en vir hulle die geld te gee.

Willemientjie was te klein. Dit sou nie nodig wees om haar vas te bind
nie.

Botha: “En as hulle nie saamwerk nie, wat gebeur dan?”

Khumalo: “Ek kan nie antwoord nie. Ek sal nie weet nie.”

Letlala het Dinsdag getuig hy was dié dag op die plaas en het die
vorige aand daar oorgeslaap, maar hy was nie teenwoordig toe die
moorde en rooftog gepleeg is nie. Hy weet daar niks van nie en het ook
nie saamgesweer daartoe nie.

In kruisondervraging deur Chris Gerber, vir Stemmer Mofokeng, het
Letlala getuig sy medebeskuldigdes wat beweer hulle het hom met ’n
panga in die hand agter Potgieter aan gesien, lieg.

Terwyl hulle in die Grootvlei-tronk sit, bespreek hulle ook nie die
saak nie.

Gerber: “So, julle is nou al ses maande daar in die tronk en julle vra
nie hoekom nie?

Letlala: “Ek weet niks.”

Gerber: “Ek dink u sal in die volgende 25 jaar in die tronk uitwerk
wat gebeur het.”

In kruisondervraging deur adv. Oupa Makhene, vir Khumalo, het Letlala
getuig sy vars palmafdruk wat op ’n deurkosyn van ’n buitekamer by die
plaasopstal gekry is, het hom baie verbaas, want hy was nog nooit daar
nie. Hy het net daar naby verby gestap.

Botha het dit later aan Letlala gestel dat hy daar was toe die
Potgieters vermoor is. “Dit is hoe u afdruk daar gekom het. U was saam
met u medebeskuldigdes daar toe die moorde gepleeg is.”

Adv. Pieter Nel tree vir Letlala en Telleko Seekoei op en adv.
Lawrence Tshabalala tree vir Klaas Mofokeng op. Leona Smit tree vir
Diphapang Motaung op. Die verhoor duur voort.
Vorige onderwerp: Affirmative action and white empowerment in SA - The reality of non-discrimination
Volgende onderwerp: Re: Baby thrown into pit toilet then burnt (probably by black)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:07:15 MGT 2024