Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Wapenwet: Niks om voor bang te wees . . .
Wapenwet: Niks om voor bang te wees . . . [boodskap #102294] Di, 05 April 2005 15:21 na volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
Wapenwet: Niks om voor bang te wees . . .
LUCAS POTGIETER
Related Articles
Polisie ontken probleme met wapenwet
Wapenwetgewing skep probleme vir baie
Skok oor swart vroue teen Wapenwet betoog

As objektief na die nuwe vuurwapenwet gekyk word, is daar werklik nie veel
waaroor 'n mens jou hoef te bekommer nie. Selfs die toets wat sal bepaal of
jy "bevoeg" is om vuurwapens te besit, is nie iets om voor bang te wees nie.

Die Suid-Afrikaanse Regering het tred met die werklikheid verloor. Hierdie
is min of meer die strekking van 'n artikel in bekende internasionale
tydskrif in 'n artikel onder die opskrif "South Africa's new gun contol
laws - a shambles."

Waarom is vuurwapeneienaars in Suid-Afrika so ongelukkig? Gaan dit oor die
inhoud van die wet of gaan dit oor die toepassing daarvan? Ek het die
afgelope vyf maande probeer om antwoorde op hierdie twee vrae te vind omdat
Wet 60 van 2000 landwyd by jagterverenigings, skyfskietverenigings,
handwapeneienaars en handelaars soveel reaksie uitgelok het.

Dit gaan nie oor velkleur nie - selfs die Black Gun Owners Association dreig
met geweld. Hy reken "this law has pushed people too far, and people are
thinking of arming themselves with illegal guns, not to commit crimes but to
defend themselves, their families and propertry from criminals who do not
obey the law."

Laat ons by die inhoud van die wet begin en laat ek sommer met die eerste
skoot beklemtoon: Die wet kan nie herroep word nie. Hy is deur die Parlement
en gaan nie maklik verander word nie. Dit help dus nie dat ons daaroor sanik
nie - ons sal met hom moet saamleef - of ons wil of nie.

As 'n mens objektief na die nuwe wet kyk, is daar werklik nie veel waaroor
jy jou hoef te bekommer nie. As jy in Duitsland woon en graag wil jag, moet
jy strenger toetse aflê as wat die nuwe wet in Suid- Afrika vereis. Die
argument dat jy met vuurwapens grootgeword het of dat jy vir 30 jaar reeds
gereeld jag of dat jy tien keer meer van gewere af weet as die minister is
nie werklik ter sake nie.

Skietopleiding is in talle lande 'n vereiste as jy die geweersport wil
beoefen. Hierdie kursus vorm deel van daardie opleiding en die wetgewing.

Ek kan tog nie sê dat ek nie 'n rybewys vir 'n motor nodig het omdat ek al
40 jaar lank motor bestuur nie. Kom ons egter by die toepassing van die wet
is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dis dáár waar die knoop lê. Dit is egter
'n onderwerp wat 'n volgende artikel regverdig.

Baie mense in Suid-Afrika besit vuurwapens wat hulle nooit sal of kan
gebruik nie. In die handel kry ek daagliks met mense te doen wat wapens
inbring wat hulle 20 of 30 jaar gelede gekoop het en nie die vaagste benul
het hoe om dit veilig te hanteer of doeltreffend af te vuur nie. Sulke
wapens moet eerder verwyder word voordat hulle in die hande van daardie
derduisende moordenaars, diewe, verkragters en ander misdadigers beland
waarmee vredeliewende Suid-Afrikaners van alle rasse daagliks getreiter
word.

Ons kan sekerlik ook nie beswaar maak as drank- en
verdowingsmiddelverslaafdes, tronkvoëls, verkragters, geweldenaars en mense
met vorige oortredings nie die reg sal hê om vuurwapens te besit nie.

Dit is verder belangrik dat alle vuurwapens behoorlik bewaar moet word sodat
dit nie in die hande van die verkeerde mense sal beland nie. ál hierdie
bepalings in die wet moet verwelkom word.

Wat die meeste mense afskrik, is die bepaling dat alle vuurwapeneienaars
getoets moet word.

Hulle vrees dat hulle nie die toets sal slaag nie omdat hulle dalk te oud is
of voel dat hulle miskien te dom is om praktiese of teoretiese toetse te
slaag. Dit is vir hulle te veel moeite. Daarom het ek besluit om self die
toetse af te lê sodat ek aan my tydgenote kan bewys dat selfs die ouer garde
geen vrees hoef te hê dat hulle hul wapens gaan verloor, of verhinder gaan
word om nuwe wapens te koop nie.

Nadat ek die besluit geneem het, was my eerste probleem: As ek my wil laat
toets, waarheen moet ek gaan? Ek het die SA Jagtersvereniging geskakel, maar
hulle het 'n probleem: Hulle is geakkrediteer om lede as toegewyde jagters
op te lei, maar nie om hul kennis van die wet en skietvermoë met wapens in
verskillende kategorieë te beoordeel nie.

Daarna het ek my tot die SA Polisiediens gewend. Hulle kon ook nie help nie.
Miskien moes ek nie na Poslec Seta verwys het nie, want hulle het my elke
keer na die Poskantoor gestuur.

Toe gaan kyk ek op die internet en daar kry ek toe die name en adresse van
almal wat reeds geakkrediteer is om die kursusse aan te bied. Ek het 'n paar
van hulle in my omgewing geskakel en uiteindelik het ek een in Luipaardsvlei
gekies. Ons het 'n datum bepaal en op 19 Oktober het ek my by my
"leermeesters" aangemeld.

Ná die praktiese skiettoetse, lesings en eksamen is my gevolgtrekking dat
daar niks in die toetse is om voor bang te wees nie. Dit is nie, soos baie
mense glo, iets soos 'n matriekeksamen nie. Dit is 'n eksamen wat my
kleinseuns in graad 4 gemaklik ná 'n dag se onderrig sal slaag. Selfs
Petrus, wat my plek langs die Vaalrivier oppas en nie kan lees of skryf nie,
sal waarskynlik ná 'n kursus van vier dae 'n mondelinge eksamen slaag.

"Ons is nie daar om mense te laat druip nie. Ons is daar om te help om die
kursus te slaag," sê Rod Swanepoel, een van die aanbieders.

Ná die kursus het ek sonder meer besluit om so gou moontlik vir Wendie en ál
my ander familielede vir die kursus in te skryf, want elke vuurwapeneienaar
sal in elk geval die kursus moet aflê as hy of sy sy of haar vuurwapens wil
behou.

Ek het in vier kategorieë toetse afgelê:Handwapens, gewere, haelgewere en
masjienkarbyne. Ons groep het uit mans en vroue bestaan wat almal die
skietery terdeë geniet het. Hier sou Petrus en ál my kleinkinders bo 15 jaar
maklik geslaag het. Jy hoef nie in meer toetse te slaag as die soorte
vuurwapens waarvoor jy ingeskryf het nie.

'n Interessante eienskap van die praktiese toetse is dat jy vir elke
kategorie waarin jy slaag tien krediete kry. Ná my vierde toets moes ek hoor
dat ek 40 krediete verdien het. (Terloops, 'n matrieksertifikaat beteken 154
krediete). Met die 40 krediete, is aan my gesê, is ek gekwalifiseer om, in
die nuwe Suid Afrika, die pos van nagwag te vul. Dit is lekker om te weet
dat ek nou te goed opgelei is om Wendie se skottelgoed te was.

Oor die aanbieders en hul aanbieding kan ek slegs met lof praat. Die geriewe
in die lesingskamer is modern en netjies. Die aanbieding is professioneel en
elkeen wat ek ontmoet het, was vriendelik. Daar word werklik moeite gedoen
om die kursus interessant te maak en om elkeen tuis te laat voel. Aan die
einde van die dag het dit amper vir my gevoel asof ek vakansie gehou het.

Vervoer word gereël vir mense wat nie vervoer het nie. Vuurwapens en
ammunisie word verskaf. Jy is egter welkom om jou eie skietgoed saam te
bring.

Die skietbane is ewe netjies en die apparaat is voldoende.

Elkeen wat die kursus bywoon, word vooraf ingelig en ontvang 'n stel lesings
oor die Vuurwapenwet. Alles word deur die aanbieder behandel voordat jy die
vrae beantwoord.

'n Mens voel lekker nadat jy die kursus voltooi het. Dit is iets wat jy moet
doen en dit is goed om te weet dat jy waarskynlik die kursus vir eens en
altyd afgehandel het. Tot dusver het geeneen van die mense wat ek ken, die
kursus gedruip nie en ek sal waarskynlik ook nie veel met sulkes te doen kry
nie.

Die mense wat die kursus aanbied, is jagters en wapenliefhebbers. Hulle is
deeglik opgelei om ander op te lei. Wanneer jy die kursus voltooi het, stuur
hulle jou besonderhede aan Poslec Seta wat die sertifikaat van bevoegdheid
uitreik. Met hierdie sertifikaat in die hand gaan jy dan na jou naaste
SAPD-lisensiekantoor.

Ek het baie vrae gehad vir die mense by Poslec Seta, want hulle speel 'n
belangrike rol in die uitreiking van vuurwapenlisensies. Ook hier het ek
vriendelike aandag gekry. Louis le Roux en Marié Koen het my werklik alle
moontlike hulp gegee om die pad vorentoe te verduidelik.

Dankie vir hulle.
Re: Wapenwet: Niks om voor bang te wees . . . [boodskap #102333 is 'n antwoord op boodskap #102294] Wo, 06 April 2005 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KnopKop  is tans af-lyn  KnopKop
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Ek sal graag weer van Dok Lucas wil hoor as sy aansoek om sy ou K98 Mauser
te behou afgewys is, omdat hy nie 'n "geldige behoefte" kon bewys nie.

"Paulus de boskabouter" skryf in boodskap news:f2y4e.55977$VX.4328502@phobos.telenet-ops.be...
> Wapenwet: Niks om voor bang te wees . . .
> LUCAS POTGIETER
> Related Articles
> Polisie ontken probleme met wapenwet
> Wapenwetgewing skep probleme vir baie
> Skok oor swart vroue teen Wapenwet betoog
>
>
>
> As objektief na die nuwe vuurwapenwet gekyk word, is daar werklik nie veel
> waaroor 'n mens jou hoef te bekommer nie. Selfs die toets wat sal bepaal of
> jy "bevoeg" is om vuurwapens te besit, is nie iets om voor bang te wees nie.
>
> Die Suid-Afrikaanse Regering het tred met die werklikheid verloor. Hierdie
> is min of meer die strekking van 'n artikel in bekende internasionale
> tydskrif in 'n artikel onder die opskrif "South Africa's new gun contol
> laws - a shambles."
>
> Waarom is vuurwapeneienaars in Suid-Afrika so ongelukkig? Gaan dit oor die
> inhoud van die wet of gaan dit oor die toepassing daarvan? Ek het die
> afgelope vyf maande probeer om antwoorde op hierdie twee vrae te vind omdat
> Wet 60 van 2000 landwyd by jagterverenigings, skyfskietverenigings,
> handwapeneienaars en handelaars soveel reaksie uitgelok het.
>
> Dit gaan nie oor velkleur nie - selfs die Black Gun Owners Association dreig
> met geweld. Hy reken "this law has pushed people too far, and people are
> thinking of arming themselves with illegal guns, not to commit crimes but to
> defend themselves, their families and propertry from criminals who do not
> obey the law."
>
> Laat ons by die inhoud van die wet begin en laat ek sommer met die eerste
> skoot beklemtoon: Die wet kan nie herroep word nie. Hy is deur die Parlement
> en gaan nie maklik verander word nie. Dit help dus nie dat ons daaroor sanik
> nie - ons sal met hom moet saamleef - of ons wil of nie.
>
> As 'n mens objektief na die nuwe wet kyk, is daar werklik nie veel waaroor
> jy jou hoef te bekommer nie. As jy in Duitsland woon en graag wil jag, moet
> jy strenger toetse aflê as wat die nuwe wet in Suid- Afrika vereis. Die
> argument dat jy met vuurwapens grootgeword het of dat jy vir 30 jaar reeds
> gereeld jag of dat jy tien keer meer van gewere af weet as die minister is
> nie werklik ter sake nie.
>
> Skietopleiding is in talle lande 'n vereiste as jy die geweersport wil
> beoefen. Hierdie kursus vorm deel van daardie opleiding en die wetgewing.
>
> Ek kan tog nie sê dat ek nie 'n rybewys vir 'n motor nodig het omdat ek al
> 40 jaar lank motor bestuur nie. Kom ons egter by die toepassing van die wet
> is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dis dáár waar die knoop lê. Dit is egter
> 'n onderwerp wat 'n volgende artikel regverdig.
>
> Baie mense in Suid-Afrika besit vuurwapens wat hulle nooit sal of kan
> gebruik nie. In die handel kry ek daagliks met mense te doen wat wapens
> inbring wat hulle 20 of 30 jaar gelede gekoop het en nie die vaagste benul
> het hoe om dit veilig te hanteer of doeltreffend af te vuur nie. Sulke
> wapens moet eerder verwyder word voordat hulle in die hande van daardie
> derduisende moordenaars, diewe, verkragters en ander misdadigers beland
> waarmee vredeliewende Suid-Afrikaners van alle rasse daagliks getreiter
> word.
>
> Ons kan sekerlik ook nie beswaar maak as drank- en
> verdowingsmiddelverslaafdes, tronkvoëls, verkragters, geweldenaars en mense
> met vorige oortredings nie die reg sal hê om vuurwapens te besit nie.
>
> Dit is verder belangrik dat alle vuurwapens behoorlik bewaar moet word sodat
> dit nie in die hande van die verkeerde mense sal beland nie. ál hierdie
> bepalings in die wet moet verwelkom word.
>
> Wat die meeste mense afskrik, is die bepaling dat alle vuurwapeneienaars
> getoets moet word.
>
> Hulle vrees dat hulle nie die toets sal slaag nie omdat hulle dalk te oud is
> of voel dat hulle miskien te dom is om praktiese of teoretiese toetse te
> slaag. Dit is vir hulle te veel moeite. Daarom het ek besluit om self die
> toetse af te lê sodat ek aan my tydgenote kan bewys dat selfs die ouer garde
> geen vrees hoef te hê dat hulle hul wapens gaan verloor, of verhinder gaan
> word om nuwe wapens te koop nie.
>
> Nadat ek die besluit geneem het, was my eerste probleem: As ek my wil laat
> toets, waarheen moet ek gaan? Ek het die SA Jagtersvereniging geskakel, maar
> hulle het 'n probleem: Hulle is geakkrediteer om lede as toegewyde jagters
> op te lei, maar nie om hul kennis van die wet en skietvermoë met wapens in
> verskillende kategorieë te beoordeel nie.
>
> Daarna het ek my tot die SA Polisiediens gewend. Hulle kon ook nie help nie.
> Miskien moes ek nie na Poslec Seta verwys het nie, want hulle het my elke
> keer na die Poskantoor gestuur.
>
> Toe gaan kyk ek op die internet en daar kry ek toe die name en adresse van
> almal wat reeds geakkrediteer is om die kursusse aan te bied. Ek het 'n paar
> van hulle in my omgewing geskakel en uiteindelik het ek een in Luipaardsvlei
> gekies. Ons het 'n datum bepaal en op 19 Oktober het ek my by my
> "leermeesters" aangemeld.
>
> Ná die praktiese skiettoetse, lesings en eksamen is my gevolgtrekking dat
> daar niks in die toetse is om voor bang te wees nie. Dit is nie, soos baie
> mense glo, iets soos 'n matriekeksamen nie. Dit is 'n eksamen wat my
> kleinseuns in graad 4 gemaklik ná 'n dag se onderrig sal slaag. Selfs
> Petrus, wat my plek langs die Vaalrivier oppas en nie kan lees of skryf nie,
> sal waarskynlik ná 'n kursus van vier dae 'n mondelinge eksamen slaag.
>
> "Ons is nie daar om mense te laat druip nie. Ons is daar om te help om die
> kursus te slaag," sê Rod Swanepoel, een van die aanbieders.
>
> Ná die kursus het ek sonder meer besluit om so gou moontlik vir Wendie en ál
> my ander familielede vir die kursus in te skryf, want elke vuurwapeneienaar
> sal in elk geval die kursus moet aflê as hy of sy sy of haar vuurwapens wil
> behou.
>
> Ek het in vier kategorieë toetse afgelê:Handwapens, gewere, haelgewere en
> masjienkarbyne. Ons groep het uit mans en vroue bestaan wat almal die
> skietery terdeë geniet het. Hier sou Petrus en ál my kleinkinders bo 15 jaar
> maklik geslaag het. Jy hoef nie in meer toetse te slaag as die soorte
> vuurwapens waarvoor jy ingeskryf het nie.
>
> 'n Interessante eienskap van die praktiese toetse is dat jy vir elke
> kategorie waarin jy slaag tien krediete kry. Ná my vierde toets moes ek hoor
> dat ek 40 krediete verdien het. (Terloops, 'n matrieksertifikaat beteken 154
> krediete). Met die 40 krediete, is aan my gesê, is ek gekwalifiseer om, in
> die nuwe Suid Afrika, die pos van nagwag te vul. Dit is lekker om te weet
> dat ek nou te goed opgelei is om Wendie se skottelgoed te was.
>
> Oor die aanbieders en hul aanbieding kan ek slegs met lof praat. Die geriewe
> in die lesingskamer is modern en netjies. Die aanbieding is professioneel en
> elkeen wat ek ontmoet het, was vriendelik. Daar word werklik moeite gedoen
> om die kursus interessant te maak en om elkeen tuis te laat voel. Aan die
> einde van die dag het dit amper vir my gevoel asof ek vakansie gehou het.
>
> Vervoer word gereël vir mense wat nie vervoer het nie. Vuurwapens en
> ammunisie word verskaf. Jy is egter welkom om jou eie skietgoed saam te
> bring.
>
> Die skietbane is ewe netjies en die apparaat is voldoende.
>
> Elkeen wat die kursus bywoon, word vooraf ingelig en ontvang 'n stel lesings
> oor die Vuurwapenwet. Alles word deur die aanbieder behandel voordat jy die
> vrae beantwoord.
>
> 'n Mens voel lekker nadat jy die kursus voltooi het. Dit is iets wat jy moet
> doen en dit is goed om te weet dat jy waarskynlik die kursus vir eens en
> altyd afgehandel het. Tot dusver het geeneen van die mense wat ek ken, die
> kursus gedruip nie en ek sal waarskynlik ook nie veel met sulkes te doen kry
> nie.
>
> Die mense wat die kursus aanbied, is jagters en wapenliefhebbers. Hulle is
> deeglik opgelei om ander op te lei. Wanneer jy die kursus voltooi het, stuur
> hulle jou besonderhede aan Poslec Seta wat die sertifikaat van bevoegdheid
> uitreik. Met hierdie sertifikaat in die hand gaan jy dan na jou naaste
> SAPD-lisensiekantoor.
>
> Ek het baie vrae gehad vir die mense by Poslec Seta, want hulle speel 'n
> belangrike rol in die uitreiking van vuurwapenlisensies. Ook hier het ek
> vriendelike aandag gekry. Louis le Roux en Marié Koen het my werklik alle
> moontlike hulp gegee om die pad vorentoe te verduidelik.
>
> Dankie vir hulle.
>
Re: Wapenwet: Niks om voor bang te wees . . . [boodskap #102346 is 'n antwoord op boodskap #102333] Do, 07 April 2005 08:39 Na vorige boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
Tog nie moeilik nie, gewoon aansluit by jag- of skietvereniging, dis tog
oral so!

"KnopKop" skryf in boodskap news:NuOdnfa9Wdb4rMnfRVn-gQ@is.co.za...
> Ek sal graag weer van Dok Lucas wil hoor as sy aansoek om sy ou K98 Mauser
> te behou afgewys is, omdat hy nie 'n "geldige behoefte" kon bewys nie.
>
> "Paulus de boskabouter" wrote in message
> news:f2y4e.55977$VX.4328502@phobos.telenet-ops.be...
>> Wapenwet: Niks om voor bang te wees . . .
>> LUCAS POTGIETER
>> Related Articles
>> Polisie ontken probleme met wapenwet
>> Wapenwetgewing skep probleme vir baie
>> Skok oor swart vroue teen Wapenwet betoog
>>
>> As objektief na die nuwe vuurwapenwet gekyk word, is daar werklik nie veel
>> waaroor 'n mens jou hoef te bekommer nie. Selfs die toets wat sal bepaal of
>> jy "bevoeg" is om vuurwapens te besit, is nie iets om voor bang te wees nie.
>>
>> Die Suid-Afrikaanse Regering het tred met die werklikheid verloor. Hierdie
>> is min of meer die strekking van 'n artikel in bekende internasionale
>> tydskrif in 'n artikel onder die opskrif "South Africa's new gun contol
>> laws - a shambles."
>>
>> Waarom is vuurwapeneienaars in Suid-Afrika so ongelukkig? Gaan dit oor die
>> inhoud van die wet of gaan dit oor die toepassing daarvan? Ek het die
>> afgelope vyf maande probeer om antwoorde op hierdie twee vrae te vind omdat
>> Wet 60 van 2000 landwyd by jagterverenigings, skyfskietverenigings,
>> handwapeneienaars en handelaars soveel reaksie uitgelok het.
>>
>> Dit gaan nie oor velkleur nie - selfs die Black Gun Owners Association dreig
>> met geweld. Hy reken "this law has pushed people too far, and people are
>> thinking of arming themselves with illegal guns, not to commit crimes but to
>> defend themselves, their families and propertry from criminals who do not
>> obey the law."
>>
>> Laat ons by die inhoud van die wet begin en laat ek sommer met die eerste
>> skoot beklemtoon: Die wet kan nie herroep word nie. Hy is deur die Parlement
>> en gaan nie maklik verander word nie. Dit help dus nie dat ons daaroor sanik
>> nie - ons sal met hom moet saamleef - of ons wil of nie.
>>
>> As 'n mens objektief na die nuwe wet kyk, is daar werklik nie veel waaroor
>> jy jou hoef te bekommer nie. As jy in Duitsland woon en graag wil jag, moet
>> jy strenger toetse aflê as wat die nuwe wet in Suid- Afrika vereis. Die
>> argument dat jy met vuurwapens grootgeword het of dat jy vir 30 jaar reeds
>> gereeld jag of dat jy tien keer meer van gewere af weet as die minister is
>> nie werklik ter sake nie.
>>
>> Skietopleiding is in talle lande 'n vereiste as jy die geweersport wil
>> beoefen. Hierdie kursus vorm deel van daardie opleiding en die wetgewing.
>>
>> Ek kan tog nie sê dat ek nie 'n rybewys vir 'n motor nodig het omdat ek al
>> 40 jaar lank motor bestuur nie. Kom ons egter by die toepassing van die wet
>> is dit 'n perd van 'n ander kleur. Dis dáár waar die knoop lê. Dit is egter
>> 'n onderwerp wat 'n volgende artikel regverdig.
>>
>> Baie mense in Suid-Afrika besit vuurwapens wat hulle nooit sal of kan
>> gebruik nie. In die handel kry ek daagliks met mense te doen wat wapens
>> inbring wat hulle 20 of 30 jaar gelede gekoop het en nie die vaagste benul
>> het hoe om dit veilig te hanteer of doeltreffend af te vuur nie. Sulke
>> wapens moet eerder verwyder word voordat hulle in die hande van daardie
>> derduisende moordenaars, diewe, verkragters en ander misdadigers beland
>> waarmee vredeliewende Suid-Afrikaners van alle rasse daagliks getreiter
>> word.
>>
>> Ons kan sekerlik ook nie beswaar maak as drank- en
>> verdowingsmiddelverslaafdes, tronkvoëls, verkragters, geweldenaars en mense
>> met vorige oortredings nie die reg sal hê om vuurwapens te besit nie.
>>
>> Dit is verder belangrik dat alle vuurwapens behoorlik bewaar moet word sodat
>> dit nie in die hande van die verkeerde mense sal beland nie. ál hierdie
>> bepalings in die wet moet verwelkom word.
>>
>> Wat die meeste mense afskrik, is die bepaling dat alle vuurwapeneienaars
>> getoets moet word.
>>
>> Hulle vrees dat hulle nie die toets sal slaag nie omdat hulle dalk te oud is
>> of voel dat hulle miskien te dom is om praktiese of teoretiese toetse te
>> slaag. Dit is vir hulle te veel moeite. Daarom het ek besluit om self die
>> toetse af te lê sodat ek aan my tydgenote kan bewys dat selfs die ouer garde
>> geen vrees hoef te hê dat hulle hul wapens gaan verloor, of verhinder gaan
>> word om nuwe wapens te koop nie.
>>
>> Nadat ek die besluit geneem het, was my eerste probleem: As ek my wil laat
>> toets, waarheen moet ek gaan? Ek het die SA Jagtersvereniging geskakel, maar
>> hulle het 'n probleem: Hulle is geakkrediteer om lede as toegewyde jagters
>> op te lei, maar nie om hul kennis van die wet en skietvermoë met wapens in
>> verskillende kategorieë te beoordeel nie.
>>
>> Daarna het ek my tot die SA Polisiediens gewend. Hulle kon ook nie help nie.
>> Miskien moes ek nie na Poslec Seta verwys het nie, want hulle het my elke
>> keer na die Poskantoor gestuur.
>>
>> Toe gaan kyk ek op die internet en daar kry ek toe die name en adresse van
>> almal wat reeds geakkrediteer is om die kursusse aan te bied. Ek het 'n paar
>> van hulle in my omgewing geskakel en uiteindelik het ek een in Luipaardsvlei
>> gekies. Ons het 'n datum bepaal en op 19 Oktober het ek my by my
>> "leermeesters" aangemeld.
>>
>> Ná die praktiese skiettoetse, lesings en eksamen is my gevolgtrekking dat
>> daar niks in die toetse is om voor bang te wees nie. Dit is nie, soos baie
>> mense glo, iets soos 'n matriekeksamen nie. Dit is 'n eksamen wat my
>> kleinseuns in graad 4 gemaklik ná 'n dag se onderrig sal slaag. Selfs
>> Petrus, wat my plek langs die Vaalrivier oppas en nie kan lees of skryf nie,
>> sal waarskynlik ná 'n kursus van vier dae 'n mondelinge eksamen slaag.
>>
>> "Ons is nie daar om mense te laat druip nie. Ons is daar om te help om die
>> kursus te slaag," sê Rod Swanepoel, een van die aanbieders.
>>
>> Ná die kursus het ek sonder meer besluit om so gou moontlik vir Wendie en ál
>> my ander familielede vir die kursus in te skryf, want elke vuurwapeneienaar
>> sal in elk geval die kursus moet aflê as hy of sy sy of haar vuurwapens wil
>> behou.
>>
>> Ek het in vier kategorieë toetse afgelê:Handwapens, gewere, haelgewere en
>> masjienkarbyne. Ons groep het uit mans en vroue bestaan wat almal die
>> skietery terdeë geniet het. Hier sou Petrus en ál my kleinkinders bo 15 jaar
>> maklik geslaag het. Jy hoef nie in meer toetse te slaag as die soorte
>> vuurwapens waarvoor jy ingeskryf het nie.
>>
>> 'n Interessante eienskap van die praktiese toetse is dat jy vir elke
>> kategorie waarin jy slaag tien krediete kry. Ná my vierde toets moes ek hoor
>> dat ek 40 krediete verdien het. (Terloops, 'n matrieksertifikaat beteken 154
>> krediete). Met die 40 krediete, is aan my gesê, is ek gekwalifiseer om, in
>> die nuwe Suid Afrika, die pos van nagwag te vul. Dit is lekker om te weet
>> dat ek nou te goed opgelei is om Wendie se skottelgoed te was.
>>
>> Oor die aanbieders en hul aanbieding kan ek slegs met lof praat. Die geriewe
>> in die lesingskamer is modern en netjies. Die aanbieding is professioneel en
>> elkeen wat ek ontmoet het, was vriendelik. Daar word werklik moeite gedoen
>> om die kursus interessant te maak en om elkeen tuis te laat voel. Aan die
>> einde van die dag het dit amper vir my gevoel asof ek vakansie gehou het.
>>
>> Vervoer word gereël vir mense wat nie vervoer het nie. Vuurwapens en
>> ammunisie word verskaf. Jy is egter welkom om jou eie skietgoed saam te
>> bring.
>>
>> Die skietbane is ewe netjies en die apparaat is voldoende.
>>
>> Elkeen wat die kursus bywoon, word vooraf ingelig en ontvang 'n stel lesings
>> oor die Vuurwapenwet. Alles word deur die aanbieder behandel voordat jy die
>> vrae beantwoord.
>>
>> 'n Mens voel lekker nadat jy die kursus voltooi het. Dit is iets wat jy moet
>> doen en dit is goed om te weet dat jy waarskynlik die kursus vir eens en
>> altyd afgehandel het. Tot dusver het geeneen van die mense wat ek ken, die
>> kursus gedruip nie en ek sal waarskynlik ook nie veel met sulkes te doen kry
>> nie.
>>
>> Die mense wat die kursus aanbied, is jagters en wapenliefhebbers. Hulle is
>> deeglik opgelei om ander op te lei. Wanneer jy die kursus voltooi het, stuur
>> hulle jou besonderhede aan Poslec Seta wat die sertifikaat van bevoegdheid
>> uitreik. Met hierdie sertifikaat in die hand gaan jy dan na jou naaste
>> SAPD-lisensiekantoor.
>>
>> Ek het baie vrae gehad vir die mense by Poslec Seta, want hulle speel 'n
>> belangrike rol in die uitreiking van vuurwapenlisensies. Ook hier het ek
>> vriendelike aandag gekry. Louis le Roux en Marié Koen het my werklik alle
>> moontlike hulp gegee om die pad vorentoe te verduidelik.
>>
>> Dankie vir hulle.
>>
>
Vorige onderwerp: Vuurwapens
Volgende onderwerp: Wapenamnestie 'n mislukking?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:58:33 MGT 2024