Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontwikkelaar
ontwikkelaar [boodskap #146196] Sa, 17 Augustus 2024 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontwikkelaar
Afbreking: ont•wik•ke•laar
Samestelling: ontwikkel + -aar


Selfstandige naamwoord: ontwikkelaar
Meervoud: ontwikkelaars
Verkleinwoord: ontwikkelaartjie
Meervoud van verkleining: ontwikkelaartjies

Betekenis:
• Iemand wat iets vir 'n nuwe aanwending ontwikkel.
• Toestel waarmee elektrisiteit, gas of stoom opgewek word.
• Vloeistof waarin foto's op ligsensitiewe materiaal sigbaar gemaak word.

Gebruik:
• Linus Torvalds is die oorspronklike ontwikkelaar van die Linux-bedryfstelsel.
• 'n Elektriese voertuig kan gerem word deur die motor in 'n ontwikkelaar om te skakel.
• Die fotograaf doop die film in die ontwikkelaar en hang dit in sy donkerkamer om droog te word.

Sinoniem:
• maker
• ontwerper
• skepper

Afgelei:
• eiendomontwikkelaars
• filmontwikkelaar
• konsessie-ontwikkelaar
• mede-ontwikkelaar
• projekontwikkelaar
• sagteware-ontwikkelaar
• voertuigontwikkelaar
• webtuiste-ontwikkelaar

Vertaling:
Engels: developer
Nederlands: ontwikkelaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: karbonkel
Volgende onderwerp: lysterbessie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 23:17:16 MGT 2024