Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING
" Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING [boodskap #76846] Ma, 28 April 2003 13:31 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ferdi Greyling

Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.

Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.

Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.

Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn,
Ek is koning van idees.

Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.

Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.

Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
Re: " Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING [boodskap #76968 is 'n antwoord op boodskap #76846] Wo, 30 April 2003 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf
>
> DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
> Ferdi Greyling


Gloudina,

Is dit nou ons Ferdi Greyling hierdie?

Q
Re: " Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING [boodskap #76971 is 'n antwoord op boodskap #76968] Wo, 30 April 2003 23:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Is dit nou ons Ferdi Greyling hierdie?

Ek neem so aan.

Tant Hessie van die Kango-grotte
Re: " Die Imperialisme van die Tyd " deur FERDI GREYLING [boodskap #76986 is 'n antwoord op boodskap #76971] Do, 01 Mei 2003 18:01 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 30 Apr 2003 23:37:14 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Q wrote:
>
>
>> Is dit nou ons Ferdi Greyling hierdie?
>
> Ek neem so aan.
>
> Tant Hessie van die Kango-grotte

Hetsy dit julle Ferdi Greyling is of nie,
bouwer se rekord van onpoppulêrrisme
sal nié sò maklik geklop kan word nie.

DD
Vorige onderwerp: " Stigtingsdag " deur JOHAN MYBURG
Volgende onderwerp: " nuusgerugte ' 80 's " deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:03:46 MGT 2024