Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » negatief
negatief [boodskap #128765] Sa, 21 Desember 2019 08:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
negatief
Afbreking: ne•ga•tief
Uitspraak: /niə̯χɑˈtif/, /niə̯χəˈtif/


Byvoeglike naamwoord: negatief
Vergrotende trap: negatiewer
Oortreffende trap: negatiefste
Attributief: negatiewe

Betekenis:
• Vir iets nee sê; ontkennend of afwysend reageer.
• Om altyd aan die slegte en moeilike kant van iets dink.

Gebruik:
• Die meneer het negatief geantwoord toe ons vra of ons in sy periode huiswerk mag doen.
• Hy het sy werk verloor en is baie negatief oor die toekoms.

Antoniem:
• positief

Afkorting:
• neg.

Verwant:
• negativisme
• negatiwiteit

Vertaling:
Engels: negative
Nederlands: negatief


Selfstandige naamwoord: negatief
Meervoud: negatiewe

Betekenis:
• Die ontwikkelende plaat waarvan 'n foto of film afgedruk word.
• 'n Ontkenning.

Gebruik:
• Bêre die foto se negatief ingeval jy later nog kopieë wil laat druk.
• Ons het gevra, maar dit was 'n negatief!

Vertaling:
Engels: negative
Nederlands: negatief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: neerskryf
Volgende onderwerp: nek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 21:23:02 MGT 2024