Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bekroon
bekroon [boodskap #128484] So, 24 November 2019 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bekroon
Afbreking: be•kroon
Uitspraak: /bəˈkrʊə̯n/


Werkwoord: bekroon
Verlede tyd: het bekroon

Betekenis:
• Om vir uitmuntendheid te beloon; 'n prys toeken; bo ander stel.
• Om met iets moois af te rond.

Gebruik:
• Die film is met 'n Oscar bekroon.
• Die koek word bekroon met 8 kersies.

Afgelei:
• bekroning
• bekroonde

Vertaling:
Engels: to award; crown
Nederlands: bekronen


Byvoeglike naamwoord: bekroon
Attributief: bekroonde

Betekenis:
• Wat vir uitmuntendheid beloon is.

Gebruik:
• Miemie Rothmann, bekend as M.E.R., was ’n bekroonde Afrikaanse skrywer.

Vertaling:
Engels: awarded
Nederlands: bekroond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meersinnig
Volgende onderwerp: kroon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 21:35:04 MGT 2024