Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Skryf 'n Boek
Skryf 'n Boek [boodskap #94832] Di, 13 Julie 2004 06:33 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
haar man daarom vra.
Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
om erkenning te kry van 'n vrou.
Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
and approval."
'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.

--
Groetnis
Annette
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94836 is 'n antwoord op boodskap #94832] Di, 13 Julie 2004 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?

"Annette" skryf in boodskap news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
> om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
> gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
> Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
> moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
> haar man daarom vra.
> Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
> om erkenning te kry van 'n vrou.
> Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
> and approval."
> 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
> kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
> neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
> 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94837 is 'n antwoord op boodskap #94836] Di, 13 Julie 2004 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy het jouself vasgeredeneer met jou laaste sin:)))
Wat ek oor wonder is wie die miljoen is wat die boek gekoop het.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
> "Annette" wrote in message
> news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
>> om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
>> gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
>> Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
>> moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
>> haar man daarom vra.
>> Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
>> om erkenning te kry van 'n vrou.
>> Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
>> and approval."
>> 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
>> kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
>> neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
>> 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>>
>>
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94840 is 'n antwoord op boodskap #94837] Di, 13 Julie 2004 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Desperate vrouens wat veg teen die spul mans wat op hulle neersien?

"Annette" skryf in boodskap news:cd04l5$hge$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy het jouself vasgeredeneer met jou laaste sin:)))
> Wat ek oor wonder is wie die miljoen is wat die boek gekoop het.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
>> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
>> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
>> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
>> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
>> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
>> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
>> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
>> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
>> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
>> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
>> "Annette" wrote in message
>> news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
>>> om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
>>> gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
>>> Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
>>> moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
>>> haar man daarom vra.
>>> Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
>>> om erkenning te kry van 'n vrou.
>>> Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
>>> and approval."
>>> 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
>>> kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
>>> neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
>>> 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
>>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>>>
>>>
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94844 is 'n antwoord op boodskap #94832] Di, 13 Julie 2004 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"
> Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
> and approval." hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
> 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.

Ag, dierbaarheid, my kind. In watter kas is jý,
as jy nie volmondig saamstem met alles wat
gesê word nie?

Tant Hessie van Genadendal
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94846 is 'n antwoord op boodskap #94832] Di, 13 Julie 2004 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Versorg hom goed!
Plaas reëlmatig 'n vars batterytjie in jou apparaatjie, en jy sal nooit
meer moeilikhede het nie.

"Annette" schreef in bericht
:

>
> ..., altyd goedversorg is, hom...
> ... en nooit seks te weier nie.
> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.

--
PietHein
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94847 is 'n antwoord op boodskap #94837] Di, 13 Julie 2004 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die veelbesproke "sewende jaar" het gekom en gegaan in ons dolgelukkige
huwelik. Vra ek op 'n dag aan my vrou hoekom sy dink ons het so 'n gelukkige
huwelik. Sê sy, dis omdat sy my laat glo dat ek in beheer is...

Nou ja, vir ons werk dit.

En vir die wie wonder: EK IS IN BEHEER!

Max____________________________

"Annette" wrote in message
news:cd04l5$hge$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy het jouself vasgeredeneer met jou laaste sin:)))
> Wat ek oor wonder is wie die miljoen is wat die boek gekoop het.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
>> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
>> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
>> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
>> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
>> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
>> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
>> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
>> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
>> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
>> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
>> "Annette" wrote in message
>> news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
>>> om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
>>> gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
>>> Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
>>> moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
>>> haar man daarom vra.
>>> Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
>>> om erkenning te kry van 'n vrou.
>>> Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
>>> and approval."
>>> 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
>>> kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
>>> neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
>>> 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
>>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>>>
>>>
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94850 is 'n antwoord op boodskap #94846] Di, 13 Julie 2004 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Pappie no 2? Of dalk no. 1?

"PietHein" skryf in boodskap news:frjwtf7xsod2l1v3ahcdleatxt3cgyqmfz@hein...
> Versorg hom goed!
> Plaas reëlmatig 'n vars batterytjie in jou apparaatjie, en jy sal nooit
> meer moeilikhede het nie.
>
> "Annette" schreef in bericht
> :
>
>>
>> ..., altyd goedversorg is, hom...
>> ... en nooit seks te weier nie.
>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>
> --
> PietHein
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94851 is 'n antwoord op boodskap #94847] Di, 13 Julie 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Die veelbesproke "sewende jaar" het gekom en gegaan in ons dolgelukkige
> huwelik.

Ek lees juis gister 'n artikel in die koerant oor hierdie
onderwerp. Hulle sê die seven year itch is hoofsaaklik
'n mite. Die gevaarsone vir huwelike wat opbreek, is glo
twee jaar.

Tant Hessie, wat verlede jaar haar
veertigste huweliksherdenking gevier
het. Was nie van plan om iets spesiaals
daarvan te maak nie, toe verras ons
kinders ons. Kon teruggaan na waar
ons getroud is ( in die kapel binne 'n
universiteitsgebou in Kingston, Ontario.)
Dit is nogal uniek om 'n foto te hê van
meeste van jou kinders en kleinkinders
op dieselfde plek waar jy getroud is.
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94852 is 'n antwoord op boodskap #94850] Di, 13 Julie 2004 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Pappie no 1: Pappie met die volste batterytjies.
Pappie no 2: Pappie met die uitgeputte-batterytjies.

"Suidwester" schreef in bericht
:

> Pappie no 2? Of dalk no. 1?
> "PietHein" wrote in message
> news:frjwtf7xsod2l1v3ahcdleatxt3cgyqmfz@hein...
>> Versorg hom goed!
>> Plaas reëlmatig 'n vars batterytjie in jou apparaatjie, en jy sal nooit
>> meer moeilikhede het nie.

>> "Annette" schreef in bericht
>> :

>>>
>>> ..., altyd goedversorg is, hom...
>>> ... en nooit seks te weier nie.
>>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.

--
PietHein
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94853 is 'n antwoord op boodskap #94850] Di, 13 Julie 2004 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Pappie no 1: Pappie met die volste batterytjies.
Pappie no 2: Pappie met die uitgeputte-batterytjies.

"Suidwester" schreef in bericht
:

> Pappie no 2? Of dalk no. 1?
> "PietHein" wrote in message
> news:frjwtf7xsod2l1v3ahcdleatxt3cgyqmfz@hein...
>> Versorg hom goed!
>> Plaas reëlmatig 'n vars batterytjie in jou apparaatjie, en jy sal nooit
>> meer moeilikhede het nie.

>> "Annette" schreef in bericht
>> :

>>>
>>> ..., altyd goedversorg is, hom...
>>> ... en nooit seks te weier nie.
>>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.

--
PietHein
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94857 is 'n antwoord op boodskap #94836] Di, 13 Julie 2004 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En mag 'n vrou nie ook gelukkig wees nie? Hoekom net die man se behoeftes
eerste stel? Mag haar behoeftes nie ook saam met haar man s'n, op die
voorgrond wees nie. Hoekom mag 'n vrou dan nou net deur haar man en kinders
geluk vind? Nie alle vrouens word volkom vervul deur 'n man en kinders nie,
maar het ook iets meer nodig. Ek's gelukkig saam met my man, maar die vader
weet, hy verstaan my nie aldag so lekker nie. Wat nou gemaak? Moet ek nou
maar stilbly en vat wat ek kry, of mag ek myself maar so bietjie laat geld.
Volgens julle redenasie, moet 'n vrou soos 'n kind doen wat sy aangesê word
om te doen, en soos 'n kind, gesien maar nie gehoor word nie.

'n Huwelik is gee en neem, nie net vat, vat, vat nie (ek praat nie van geld
of besittings nie). Net omdat jy geld huis toe bring, en jou vrou 'n
huisvrou is, maak nie van jou heer en meester nie...

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94858 is 'n antwoord op boodskap #94851] Di, 13 Julie 2004 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Voor ek getrou het, moes ek vir huwelikskatigese(?) by die ds. gaan. Hy sê
die hoofrede hoekom paartjies opbreek hier by die 2de, 3de jaar rond is
omdat die "wittebroodperiode" verby is. MAW hulle ogies gaan uiteindelik
oop vir mekaar so foute, en in plaas daarvan om aan te pas en te aanvaar,
loop hulle eenvoudig weg. Dis mos deesdae net te veel moeite vir mense om
aan hulle huwelike te werk :)

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ek lees juis gister 'n artikel in die koerant oor hierdie
> onderwerp. Hulle sê die seven year itch is hoofsaaklik
> 'n mite. Die gevaarsone vir huwelike wat opbreek, is glo
> twee jaar.
>
> Tant Hessie, wat verlede jaar haar
> veertigste huweliksherdenking gevier
> het. Was nie van plan om iets spesiaals
> daarvan te maak nie, toe verras ons
> kinders ons. Kon teruggaan na waar
> ons getroud is ( in die kapel binne 'n
> universiteitsgebou in Kingston, Ontario.)
> Dit is nogal uniek om 'n foto te hê van
> meeste van jou kinders en kleinkinders
> op dieselfde plek waar jy getroud is.
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94859 is 'n antwoord op boodskap #94844] Di, 13 Julie 2004 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag jy speel seker!!! As jy 'n huisvrou is, is dit goed en wel, dan's dit
jou job om elke dag 'n bord gekookte kos vir jou man te maak. Maar as julle
albei werk en finansieel bydra tot die huishouding, dan moet die werk in die
huis ook eweredig verdeel word. My geld is goed genoeg om die kos te koop -
sy hande is goed genoeg om die kos te maak en doeke om te ruil :)

E

"@rogers.com" wrote:
> Ag, dierbaarheid, my kind. In watter kas is jý,
> as jy nie volmondig saamstem met alles wat
> gesê word nie?
>
> Tant Hessie van Genadendal
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94873 is 'n antwoord op boodskap #94836] Di, 13 Julie 2004 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek gaan seker ook maar 'n byenes oopmaak maar ek reken vir baie mense
sal dit 'n oplossing wees. Vir baie nie. Hang maar af van hoe jy jy jou
brood gebotter wil hê.

'n Sakevrou sal dit uit die staanspoor moeilik vind om 'n goeie maat te
vind omdat sy haar "tipe" man uit 'n baie klein poel sal moet kry waar
gewone plat op die aarde mense meer opsies het en letterlik meer
eenvoudig is. En glo my daar is niks fout met eenvoud nie! Die
"eenvoudige" verhoudings het baie diepte en betekenis in my ervaring.
Die tipe mense sal byvoorbeeld erg ween met die dood van 'n maat.

Aan die ander kant is gewone plat op die aarde mense nie kompleks as dit
kom by hulle fisiese verhoudings nie en sal die skryfster se woorde
sonder belesing waarheid in realiteit kry. 'n Sakevrou aan die ander
kant het maar 'n opdraende stryd en ek sien baie van hulle rondom my val
vir vlak niksseggende verhoudings van fisieke passie maar niks meer nie.
Dit word aanvaar as die norm en die mense is letterlik bleek siele.
Glo dit of nie...

Groetnis
Plato

Suidwester wrote:

> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sál dink dis aaklig en daarin
> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
> "Annette" wrote in message
> news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
>> om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
>> gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
>> Daar is egter 'n miljoen kopië verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
>> moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
>> haar man daarom vra.
>> Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het
>
> is
>
>> om erkenning te kry van 'n vrou.
>> Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
>> and approval."
>> 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
>> kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
>> neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
>> 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.


>> --
>> Groetnis
>> Annette



>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94877 is 'n antwoord op boodskap #94873] Di, 13 Julie 2004 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wragtag nê? So die laaste 9 jaar van my lewe en die laaste 5 van ousus se
lewe, saam met ons mans is 'n oppervlakkige klug?

Wat jy doen vir 'n lewe en hoeveel geld jy maak, het niks uit te waai met
die diepte van jou verhoudings nie, maar alles met hoe jy grootgemaak is.
Ek ken stinkryk mense wat in wonderlike huwelike is, waar albei mekaar so te
sê aanbid. Aan die ander kant van die spektrum; ken ek brandarm mense, wat
in vrot verhoudings is, waar mans hulle vrouens verneuk en slaan en die
vrouens suip soos visse en hulle kinders aanrand. Jy kan nie so veralgemeen
nie, ek kom uit 'n baie nederige huis uit, maar my ouers het 'n sterk
huwelik en ek het mooi by hulle geleer waaroor 'n huwelik gaan. Ek gebruik
hulle as voorbeeld en vir raad. My besluite wat my man of huwelik beïnvloed
het bittermin met my werk uit te waai, maar alles met my opvoeding.

E

"Plato" wrote:
> Ek gaan seker ook maar 'n byenes oopmaak maar ek reken vir baie mense
> sal dit 'n oplossing wees. Vir baie nie. Hang maar af van hoe jy jy jou
> brood gebotter wil hê.
>
> 'n Sakevrou sal dit uit die staanspoor moeilik vind om 'n goeie maat te
> vind omdat sy haar "tipe" man uit 'n baie klein poel sal moet kry waar
> gewone plat op die aarde mense meer opsies het en letterlik meer
> eenvoudig is. En glo my daar is niks fout met eenvoud nie! Die
> "eenvoudige" verhoudings het baie diepte en betekenis in my ervaring.
> Die tipe mense sal byvoorbeeld erg ween met die dood van 'n maat.
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94891 is 'n antwoord op boodskap #94857] Di, 13 Julie 2004 22:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote
> En mag 'n vrou nie ook gelukkig wees nie? Hoekom net die man se behoeftes
> eerste stel? Mag haar behoeftes nie ook saam met haar man s'n, op die
> voorgrond wees nie. Hoekom mag 'n vrou dan nou net deur haar man en kinders
> geluk vind?

Dis mos toe nou oor hierdie einste storie lat ek en Mev MoerFie so gereeld
vassit. Sy reken sy is net gelukkig as ek gelukkig is. Sy het geen
stokperdjies nodig nie, sy het mos 'n man en kinders. As ek moerig is oor
iets (of dit nou haar skuld - selde - is of nie, is sy ongelukkig)

Ek weet nie of dit haar mammie of haar vorige man is wat haar so
gebreinspoel het nie, maar dit gaan my verstand te bowe.

Soos my tienerdogter sou sê: KRY 'N LEWE, DUDE!

Soois
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94902 is 'n antwoord op boodskap #94858] Wo, 14 Julie 2004 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:cd0qel$rau$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Voor ek getrou het, moes ek vir huwelikskatigese(?) by die ds. gaan. Hy sê
> die hoofrede hoekom paartjies opbreek hier by die 2de, 3de jaar rond is
> omdat die "wittebroodperiode" verby is. MAW hulle ogies gaan uiteindelik
> oop vir mekaar so foute, en in plaas daarvan om aan te pas en te aanvaar,
> loop hulle eenvoudig weg. Dis mos deesdae net te veel moeite vir mense om
> aan hulle huwelike te werk :)
>

Katagese? Ek het weer 'n ander teorie [hoe anders?!]. Die lewe oor die
algemeen het 'n kitslewe geraak. Te veel tegnologie, te veel kennis.
Maklik om te trou, maklik om weer te skei. Te veel geld. Verder het die
TV verleiding nader gebring. Die alternatiewes uitgespel. Man en vrou
raak beïnvloed en as jou maat jou kak gee....ghoebaai!
Verder het die lewe te vinnig geraak. Die mense het nie meer tyd vir
mekaar nie. Kommunikasie is volgens my die belangrikste item in enige
verhouding. Veel belangriker as seks en liefde. Vandag se mense
kommunikeer nie meer so lekker nie want hulle het nie werklik tyd vir mekaar
nie. As dit nie werk is nie, dan is dit die TV en duisende programme.
Geen tyd meer om op die strand te loop en net te gesels nie.
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94903 is 'n antwoord op boodskap #94857] Wo, 14 Julie 2004 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:cd0q5k$qvp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En mag 'n vrou nie ook gelukkig wees nie? Hoekom net die man se behoeftes
> eerste stel? Mag haar behoeftes nie ook saam met haar man s'n, op die
> voorgrond wees nie. Hoekom mag 'n vrou dan nou net deur haar man en kinders
> geluk vind?
----Niemand sê 'n vrou móét deur 'n man en kinders vervul word nie. Ek glo
dis elke vrou se keuse om te besluit wat sy uit die lewe wil hê, maar sy kan
darem ook nie die brood aan beide kante gebotter wil hê nie. Prakties
gesproke is dit moeilik vir 'n vrou om 'n haai pofaai beroep te bedryf en
ook nog 'n gesin te hê. As sy beide gelyk wil doen, gaan alles nie reg
werk nie. Sy en haar man gaan heel moontlik bymekaar verbyleef en
uiteindelik skei. Die kinders gaan hierdeur benadeel word en miskien moet
mans en vrouens in hierdie posisie bietjie terugkyk na hulleself en die
verantwoordelikheid aanvaar vir hulle boggerop wat hulle gemaak het? Dalk
sal dit beter wees om te aanvaar dat 'n vrou nie so 'n beroep en 'n gesin
saam kan bedryf nie? Dat die moontlikheid dat haar kinders nie 'heel'
anderkant gaan uitkom, baie groot is?

Ek's gelukkig saam met my man, maar die vader
> weet, hy verstaan my nie aldag so lekker nie. Wat nou gemaak?
------Kommunikasie. Vertel hom in geen onduidelike taal wat jou probleem
met hom is en kom met voorstelle wat julle saam kan doen om dit reg te maak.
Niks is so irriterend as iemand wat oor iets kla en self nie 'n moontlikheid
van 'n oplossing het nie. As jy kla dan moet jy tog weet wat die probleem
is en wat moet gebeur om die probleem op te los? Vertel hom! Maar wees
bereid om te 'compromise'. Beplan dus goed. Om ligtelik te wees, as jy
sy poepery in die bad afskuwelik vind, sal jy dalk uitvind dalk jou
oopmondetery hom teen die mure uitdryf. Die oplossing is mos eenvoudig?

Moet ek nou maar stilbly en vat wat ek kry, of mag ek myself maar so bietjie
laat geld.
------Wil jy vir my sê dat jy sê ja baas, ekskuus baas op alles?

> Volgens julle redenasie, moet 'n vrou soos 'n kind doen wat sy aangesê word
> om te doen, en soos 'n kind, gesien maar nie gehoor word nie.
------Dis enige normale man se droom, maar ons almal weet dat dit nie so
werk nie. Daai Utopia het die mansdom nog nie getref nie!
>
> 'n Huwelik is gee en neem, nie net vat, vat, vat nie (ek praat nie van geld
> of besittings nie). Net omdat jy geld huis toe bring, en jou vrou 'n
> huisvrou is, maak nie van jou heer en meester nie...
------Enige man vat net soveel soos sy vrou hom toelaat.
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94906 is 'n antwoord op boodskap #94903] Wo, 14 Julie 2004 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Dalk
> sal dit beter wees om te aanvaar dat 'n vrou nie so 'n beroep en 'n gesin
> saam kan bedryf nie? Dat die moontlikheid dat haar kinders nie 'heel'
> anderkant gaan uitkom, baie groot is?

Daar is in die moderne lewe talle voorbeelde waar die
man sy vrou se loopbaan voor sy eie stel, en uit praktiese
en emosionele oorwegings besluit om sy eie loopbaan
ondergeskik te maak aan hare. Ons het so een hier in
Ottawa in die SA High Commission gehad, waar die
vrou blykbaar die dominante loopbaan in die diplomatieke
diens gehad het en die man hoofsaaklik by die huis
gebly het en na die kinders gekyk het. 'n Wit Afrikaner,
bygesê.
Daar is ook bewyse dat wanneer die pa meer te doen
het met die huishouding en die kinders, die kinders baie
meer aangepas en baie minder probleme in hulle latere
lewe het.
In 'n onlangse opname is Kanadese vaders glo bo-aan
die lys van mans in die wêreld van in die huis help met
die kinders. Ek sien 'n voorbeeld in een van ons kinders
se huishouding. Die ma is 'n onderwyseres wat 20
minute moet ry na haar skool , en hulle twee kinders
saamneem na kindergarten en babysitter. Maar die
pa, 'n prokureur, kry die kinders op in die oggend,
trek hulle klere aan, gee hulle kos terwyl die ma
haarself regkry vir die rit, en eers wanneer die
gesin die huis verlaat het, begin hy self regmaak vir
die dag.

Gloudina
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94909 is 'n antwoord op boodskap #94851] Wo, 14 Julie 2004 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:7dRIc.1399$0o1.1275@news04.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Max" skryf
>
>> Die veelbesproke "sewende jaar" het gekom en gegaan in ons dolgelukkige
>> huwelik.
>
> Ek lees juis gister 'n artikel in die koerant oor hierdie
> onderwerp. Hulle sê die seven year itch is hoofsaaklik
> 'n mite. Die gevaarsone vir huwelike wat opbreek, is glo
> twee jaar.
>
> Tant Hessie, wat verlede jaar haar
> veertigste huweliksherdenking gevier
> het. Was nie van plan om iets spesiaals
> daarvan te maak nie, toe verras ons
> kinders ons. Kon teruggaan na waar
> ons getroud is ( in die kapel binne 'n
> universiteitsgebou in Kingston, Ontario.)
> Dit is nogal uniek om 'n foto te hê van
> meeste van jou kinders en kleinkinders
> op dieselfde plek waar jy getroud is.
>

Nou toe nou, baie geluk! Veertig jaar is volgens my langer as wat die
gemiddelde besoeker aan hierdie groepie oud is! Ek hoop ek word ook oud
genoeg om 40 jaar lank getroud te kan wees!

Max____________________________
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94910 is 'n antwoord op boodskap #94857] Wo, 14 Julie 2004 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, is jy gelukkig getroud? Is jou man gelukkig getroud?

As jy op altwee vrae ja antwoord, hoef jy nie die strooi wat mense kwytraak
oor hoe om 'n huwelik te bou, te lees nie. As jy egter ongelukkig is, kyk na
die raad, al volg jy dit nie.

En jou veral nie so opwerk nie, skattie!

Max____________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:cd0q5k$qvp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En mag 'n vrou nie ook gelukkig wees nie? Hoekom net die man se behoeftes
> eerste stel? Mag haar behoeftes nie ook saam met haar man s'n, op die
> voorgrond wees nie. Hoekom mag 'n vrou dan nou net deur haar man en kinders
> geluk vind? Nie alle vrouens word volkom vervul deur 'n man en kinders nie,
> maar het ook iets meer nodig. Ek's gelukkig saam met my man, maar die vader
> weet, hy verstaan my nie aldag so lekker nie. Wat nou gemaak? Moet ek nou
> maar stilbly en vat wat ek kry, of mag ek myself maar so bietjie laat geld.
> Volgens julle redenasie, moet 'n vrou soos 'n kind doen wat sy aangesê word
> om te doen, en soos 'n kind, gesien maar nie gehoor word nie.
>
> 'n Huwelik is gee en neem, nie net vat, vat, vat nie (ek praat nie van geld
> of besittings nie). Net omdat jy geld huis toe bring, en jou vrou 'n
> huisvrou is, maak nie van jou heer en meester nie...
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
>> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
>> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
>> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
>> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
>> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
>> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
>> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
>> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
>> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
>> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94921 is 'n antwoord op boodskap #94909] Wo, 14 Julie 2004 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf:
> Ek hoop ek word ook oud
> genoeg om 40 jaar lank getroud te kan wees!

Hopelik met dieselfde vrou, Max? ;-)
Ek en my man is ook al 'n kwarteeu gelukkig getroud. Het saam
studeer, saam swaargekry en word saam oud. Dis nogal tragies om te
lees wat sommige mense hier dink oor die huwelik en dan wonder mens
hoeveel van hulle wat so baie te sê het, werklik ooit 'n diep,
blywende en betekenisvolle verhouding ervaar het.
Ou Suidwester het so baie te sê oor kinders en die huwelik, maar ek
is seker hy was nog nooit getroud nie, of hy is geskei. Hy het
definitief nie kinders nie. Maar wie het altyd die meeste strooi om
kwyt te raak?
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94926 is 'n antwoord op boodskap #94921] Wo, 14 Julie 2004 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:qv9af01hb6oksd4l22564tqppgl3pherbh@4ax.com...
> "Max" skryf:
>> Ek hoop ek word ook oud
>> genoeg om 40 jaar lank getroud te kan wees!
>
> Hopelik met dieselfde vrou, Max? ;-)
> Ek en my man is ook al 'n kwarteeu gelukkig getroud. Het saam
> studeer, saam swaargekry en word saam oud. Dis nogal tragies om te
> lees wat sommige mense hier dink oor die huwelik en dan wonder mens
> hoeveel van hulle wat so baie te sê het, werklik ooit 'n diep,
> blywende en betekenisvolle verhouding ervaar het.
> Ou Suidwester het so baie te sê oor kinders en die huwelik, maar ek
> is seker hy was nog nooit getroud nie, of hy is geskei. Hy het
> definitief nie kinders nie. Maar wie het altyd die meeste strooi om
> kwyt te raak?
>

Jy't 'n belangrike puntjie aangeraak. Ek glo ook mens is gelukkiger as jy
arm is wanneer jy trou. (Dan kan dit net beter gaan!)

Maar nog iets: watse invloed het die feit dat mens saam emigreer het op jou
huwelik? Persoonlik dink ek dit het my huwelik verskriklik versterk. Mens
het gewoon net mekaar, geen vriende of familie...

Ek dink ook Nederland het 'n goeie invloed op my huwelik. Die kultuur hier
is om huistoe te gaan na werk. Nie om in 'n kroeg vas te haak nie (soos ek
eintlik bietjie te veel in SA gedoen het nie).

Max____________________________
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94928 is 'n antwoord op boodskap #94906] Wo, 14 Julie 2004 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet my asseblief reg lees. Ek het nooit gesê 'n vrou kan nie 'n beroep
beoefen nie. Ek het gesê daar kom 'n verantwoordelikheid daarmee saam wat
BEIDE moet dra. As die vrou die leidende is in 'n betrokke huwelik en sy
is die groot verdiener, dan moet sy werk en haar man by haar aanpas.
Watookal, die kinders kom EERSTE. As enigeen se beroepe die opvoeding van
die kinders skaad, dan moet daar reggemaak word.
"@rogers.com" wrote in message
news:AJ8Jc.929391$Ar.535476@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Dalk
>> sal dit beter wees om te aanvaar dat 'n vrou nie so 'n beroep en 'n gesin
>> saam kan bedryf nie? Dat die moontlikheid dat haar kinders nie 'heel'
>> anderkant gaan uitkom, baie groot is?
>
> Daar is in die moderne lewe talle voorbeelde waar die
> man sy vrou se loopbaan voor sy eie stel, en uit praktiese
> en emosionele oorwegings besluit om sy eie loopbaan
> ondergeskik te maak aan hare. Ons het so een hier in
> Ottawa in die SA High Commission gehad, waar die
> vrou blykbaar die dominante loopbaan in die diplomatieke
> diens gehad het en die man hoofsaaklik by die huis
> gebly het en na die kinders gekyk het. 'n Wit Afrikaner,
> bygesê.
> Daar is ook bewyse dat wanneer die pa meer te doen
> het met die huishouding en die kinders, die kinders baie
> meer aangepas en baie minder probleme in hulle latere
> lewe het.
> In 'n onlangse opname is Kanadese vaders glo bo-aan
> die lys van mans in die wêreld van in die huis help met
> die kinders. Ek sien 'n voorbeeld in een van ons kinders
> se huishouding. Die ma is 'n onderwyseres wat 20
> minute moet ry na haar skool , en hulle twee kinders
> saamneem na kindergarten en babysitter. Maar die
> pa, 'n prokureur, kry die kinders op in die oggend,
> trek hulle klere aan, gee hulle kos terwyl die ma
> haarself regkry vir die rit, en eers wanneer die
> gesin die huis verlaat het, begin hy self regmaak vir
> die dag.
>
> Gloudina
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94929 is 'n antwoord op boodskap #94921] Wo, 14 Julie 2004 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil nie met jou praat nie, maar kan nie help om te sê dat om 25 jaar met
jou getroud te wees moet 'n skrikwekkende ondervinding wees! Jou man se
hel is seker op die aarde?

"Katryn" skryf in boodskap news:qv9af01hb6oksd4l22564tqppgl3pherbh@4ax.com...
> "Max" skryf:
>> Ek hoop ek word ook oud
>> genoeg om 40 jaar lank getroud te kan wees!
>
> Hopelik met dieselfde vrou, Max? ;-)
> Ek en my man is ook al 'n kwarteeu gelukkig getroud. Het saam
> studeer, saam swaargekry en word saam oud. Dis nogal tragies om te
> lees wat sommige mense hier dink oor die huwelik en dan wonder mens
> hoeveel van hulle wat so baie te sê het, werklik ooit 'n diep,
> blywende en betekenisvolle verhouding ervaar het.
> Ou Suidwester het so baie te sê oor kinders en die huwelik, maar ek
> is seker hy was nog nooit getroud nie, of hy is geskei. Hy het
> definitief nie kinders nie. Maar wie het altyd die meeste strooi om
> kwyt te raak?
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94935 is 'n antwoord op boodskap #94840] Wo, 14 Julie 2004 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sou dink mans wat uit deperaatheid dit vir die vrou gee om te lees;))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40f39c50.0@news1.mweb.co.za...
> Desperate vrouens wat veg teen die spul mans wat op hulle neersien?
> "Annette" wrote in message
> news:cd04l5$hge$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Jy het jouself vasgeredeneer met jou laaste sin:)))
>> Wat ek oor wonder is wie die miljoen is wat die boek gekoop het.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
>>> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
>>> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
>>> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
>>> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
>>> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
>>> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
>>> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
>>> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
>>> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
>>> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
>>>> om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
>>>> gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
>>>> Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
>>>> moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
>>>> haar man daarom vra.
>>>> Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
>>>> om erkenning te kry van 'n vrou.
>>>> Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
>>>> and approval."
>>>> 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
>>>> kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
>>>> neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
>>>> 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
>>>> Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>>>>
>>>> --
>>>> Groetnis
>>>> Annette
>>>>
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94938 is 'n antwoord op boodskap #94926] Wo, 14 Julie 2004 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf:

> Maar nog iets: watse invloed het die feit dat mens saam emigreer het op jou
> huwelik? Persoonlik dink ek dit het my huwelik verskriklik versterk. Mens
> het gewoon net mekaar, geen vriende of familie...

Ai, ek moet eintlik ophou klets vir eers, maar net vinnig...;-)
Dit is 'n baie interessante vraag hierdie van jou, en ek dink dat dit
kan 'n groot rol speel in enige verhouding.
My persoonlike ervaring was dat omdat ons verhouding met mekaar was
dalk altyd eerder interafhanklik as afhanklik, het dit werklik nie 'n
groot rol gespeel nie. Ons vriendekring was nog altyd verskillend
(in SA en nou ook hier in Amerika), maar ons het darem ook
gesamentlike vriende, hoor? ;-)

Maar nou dat ek daaraan dink - dit was vir my baie moeilik toe ons
hier na die Suide getrek het. Ek wonder nou of dit die kultuur was
wat my gepla het, of die feit dat ek dalk soos jy nou genoem het, nuwe
vriende sou moes maak, en my familie bitter v^er is.
Hmmm....

> Ek dink ook Nederland het 'n goeie invloed op my huwelik. Die kultuur hier
> is om huistoe te gaan na werk. Nie om in 'n kroeg vas te haak nie (soos ek
> eintlik bietjie te veel in SA gedoen het nie).

Ek dink dit is soms goed om jou eie ding te doen. Maar ek praat vir
myself, hoor. My man reis nogal baie, want hy gaan gereeld na een of
ander kongres gaan om lesings en so aan aan te bied, of gaan na ander
laboratoria wat betrekking het tot sy navorsing, ens. Ek geniet
daardie "alleen tye" nogal. Maar dit is ook vreeslik lekker as hy
weer by die huis is, want dan het ek iemand om mee te stry en
redeneer. Ons doen dit nogsteeds baie! ;-)

Now I'm outta here!!
;-)
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94965 is 'n antwoord op boodskap #94935] Do, 15 Julie 2004 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Enigiets, net om die ware boodskap oor te kry!

"Annette" skryf in boodskap news:cd3jb7$i29$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek sou dink mans wat uit deperaatheid dit vir die vrou gee om te lees;))
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:40f39c50.0@news1.mweb.co.za...
>> Desperate vrouens wat veg teen die spul mans wat op hulle neersien?
>> "Annette" wrote in message
>> news:cd04l5$hge$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Jy het jouself vasgeredeneer met jou laaste sin:)))
>>> Wat ek oor wonder is wie die miljoen is wat die boek gekoop het.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
>>>> He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
>>>> haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
>>>> of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
>>>> nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
>>>> is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
>>>> wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
>>>> mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
>>>> bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
>>>> ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
>>>> gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
>>>> > om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
>>>> > gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
>>>> > Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
>>>> > moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
>>>> > haar man daarom vra.
>>>> > Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
>>>> > om erkenning te kry van 'n vrou.
>>>> > Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
>>>> > and approval."
>>>> > 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
>>>> > kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
>>>> > neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
>>>> > 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
>>>> > Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>>>> >
>>>> >
>>>> > --
>>>> > Groetnis
>>>> > Annette
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94971 is 'n antwoord op boodskap #94965] Do, 15 Julie 2004 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hopeloos verkeerde raad in die boek.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40f6274a.0@news1.mweb.co.za...
> Enigiets, net om die ware boodskap oor te kry!
> "Annette" wrote in message
> news:cd3jb7$i29$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek sou dink mans wat uit deperaatheid dit vir die vrou gee om te lees;))
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:40f39c50.0@news1.mweb.co.za...
>>> Desperate vrouens wat veg teen die spul mans wat op hulle neersien?
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:cd04l5$hge$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> Jy het jouself vasgeredeneer met jou laaste sin:)))
>>>> Wat ek oor wonder is wie die miljoen is wat die boek gekoop het.
>>>> --
>>>> Groetnis
>>>> Annette
>>>> "Suidwester" wrote in message
>>>> news:40f389e6.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > He-he! Uiteindelik 'n vrou met wysheid! Dit klink vir my na iemand wat
>>>> > haar prioriteite reggekry het. Sekerlik het sy haarself die vraag afgevra
>>>> > of sy getroud wil bly of nie? Toe't sy bepaal wat gaan haar getroud hou en
>>>> > nou doen sy dit. Die groot gros van vrouens sêl dink dis aaklig en daarin
>>>> > is miskien die rede vir die stygende egskeidingsyfer? Vrouens wat nie meer
>>>> > wil vrou nie. Hulle dra pakke klere werk toe soos mans. Hulle wil soos
>>>> > mans behandel word in die professionele wêreld, ook by die huis tot hulle
>>>> > bed toe gaan......dan wil sy skielik soos 'n vrou behandel word. Wat moet
>>>> > ons arme mans dink van hierdie gekkespul? Het jy al ooit van EEN man
>>>> > gehoor wat soos 'n vrou behandel wil word by die werk of by die huis?
>>>> > "Annette" wrote in message
>>>> > news:ccvvus$92r$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>>> > > 'n Skrywer, 'n vrou, het in die VSA 'n boek uitgegee wat 'n vrou moet doen
>>>> > > om haar man gelukkig te hou. Die openbare vrystelling van die boek is
>>>> > > gekanselleer omdat daar geen belangstellendes was nie.
>>>> > > Daar is egter 'n miljoen kopieë verkoop in ses maande. Volgens die skrywer
>>>> > > moet 'n vrou te alle tye 'n behoorlike bord kos en seks beskikbaar hê as
>>>> > > haar man daarom vra.
>>>> > > Sy beweer goeie mans is eenvoudige skepsels, en al begeerte wat hulle het is
>>>> > > om erkenning te kry van 'n vrou.
>>>> > > Die raad aan vroue is: " The key is the three A's - affection, acceptance
>>>> > > and approval."
>>>> > > 'n Vrou sal glo al die geluk en liefde wat sy wil hê ontvang as sy nooit
>>>> > > kerm nie, altyd goedversorg is, hom toelaat om met die manne te kuier, nie
>>>> > > neuroties te wees nie, om hom voor enig iets anders in haar lewe te plaas,
>>>> > > 'n warm ete per dag te voorsien en nooit seks te weier nie.
>>>> > > Ek wonder in watter kas die skrywer die afgelope dertig jaar gesit het.
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > > --
>>>> > > Groetnis
>>>> > > Annette
>>>> > >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94990 is 'n antwoord op boodskap #94910] Do, 15 Julie 2004 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en ja, ek is baie gelukkig - na 9 jaar saam met dieselfde man, maar ek
vererg my vir mense wat jy aan albei spektrums kry. Die wat vrouens
veroordeel wat huisvrouens wil wees (soos my ma en kleinsus), en die
anderkant wat besigheidsvrouens veroordeel. Hulle weet nie watse struggle
dit vir baie van ons is in die besigheidswêreld nie, en baie verstaan nie
dat daar nie 'n way is dat ek nooit sal ophou werk nie. Kinders sal ons
sekerlik binnekort begin kry, maar ek's gelukkig want ek werk van die huis
af, maar wat van vrouens soos my ousus ('n rekenmeester), wat dag in en dag
uit veroordeel word deur mense omdat sy nie by die huis wil bly en kinders
grootmaak nie? Sy's lief vir haar meisiekind, maar ek weet sy sal haar
vermoor as sy permanent by die huis saam met haar moet bly. Sy sal
intellektueel en geestelik onvervul wees daardeur. Mense kan dit nie
verstaan nie.

E

"Max" skryf in boodskap news:40f5219c$0$14941$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Elaine, is jy gelukkig getroud? Is jou man gelukkig getroud?
>
> As jy op altwee vrae ja antwoord, hoef jy nie die strooi wat mense kwytraak
> oor hoe om 'n huwelik te bou, te lees nie. As jy egter ongelukkig is, kyk na
> die raad, al volg jy dit nie.
>
> En jou veral nie so opwerk nie, skattie!
>
> Max____________________________
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94991 is 'n antwoord op boodskap #94990] Do, 15 Julie 2004 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nou moet ek sê dat dit vir my ook bietjie raar klink as jy sê dat jou sussie
lief is vir haar kind, maar nie die hele dag by haar kind wil wees nie...

Kinders kies nie om jou te hê nie, jy kies om hulle te hê.

Max____________________________

"Elaine" wrote in message
news:cd5sed$cab$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ja en ja, ek is baie gelukkig - na 9 jaar saam met dieselfde man, maar ek
> vererg my vir mense wat jy aan albei spektrums kry. Die wat vrouens
> veroordeel wat huisvrouens wil wees (soos my ma en kleinsus), en die
> anderkant wat besigheidsvrouens veroordeel. Hulle weet nie watse struggle
> dit vir baie van ons is in die besigheidswêreld nie, en baie verstaan nie
> dat daar nie 'n way is dat ek nooit sal ophou werk nie. Kinders sal ons
> sekerlik binnekort begin kry, maar ek's gelukkig want ek werk van die huis
> af, maar wat van vrouens soos my ousus ('n rekenmeester), wat dag in en dag
> uit veroordeel word deur mense omdat sy nie by die huis wil bly en kinders
> grootmaak nie? Sy's lief vir haar meisiekind, maar ek weet sy sal haar
> vermoor as sy permanent by die huis saam met haar moet bly. Sy sal
> intellektueel en geestelik onvervul wees daardeur. Mense kan dit nie
> verstaan nie.
>
> E
>
> "Max" wrote in message
> news:40f5219c$0$14941$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> Elaine, is jy gelukkig getroud? Is jou man gelukkig getroud?
>>
>> As jy op altwee vrae ja antwoord, hoef jy nie die strooi wat mense kwytraak
>> oor hoe om 'n huwelik te bou, te lees nie. As jy egter ongelukkig is, kyk na
>> die raad, al volg jy dit nie.
>>
>> En jou veral nie so opwerk nie, skattie!
>>
>> Max____________________________
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #94992 is 'n antwoord op boodskap #94991] Do, 15 Julie 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier moet ek met Max saamstem. Kinders maak is willekeurig, nie
onwillekeurig nie. As jy 'n kind in ongewenste omstandighede verwek en
inbring, dan is alles wat met daai kind verkeerd loop, jou skuld. Hoe kry
sit reg om haar beroep voor haar werk te stel? Watter boodskap gee dit vir
die kind?

"Max" skryf in boodskap news:40f67924$0$49711$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Nou moet ek sê dat dit vir my ook bietjie raar klink as jy sê dat jou sussie
> lief is vir haar kind, maar nie die hele dag by haar kind wil wees nie...
>
> Kinders kies nie om jou te hê nie, jy kies om hulle te hê.
>
> Max____________________________
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:cd5sed$cab$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ja en ja, ek is baie gelukkig - na 9 jaar saam met dieselfde man, maar ek
>> vererg my vir mense wat jy aan albei spektrums kry. Die wat vrouens
>> veroordeel wat huisvrouens wil wees (soos my ma en kleinsus), en die
>> anderkant wat besigheidsvrouens veroordeel. Hulle weet nie watse struggle
>> dit vir baie van ons is in die besigheidswêreld nie, en baie verstaan nie
>> dat daar nie 'n way is dat ek nooit sal ophou werk nie. Kinders sal ons
>> sekerlik binnekort begin kry, maar ek's gelukkig want ek werk van die huis
>> af, maar wat van vrouens soos my ousus ('n rekenmeester), wat dag in en dag
>> uit veroordeel word deur mense omdat sy nie by die huis wil bly en kinders
>> grootmaak nie? Sy's lief vir haar meisiekind, maar ek weet sy sal haar
>> vermoor as sy permanent by die huis saam met haar moet bly. Sy sal
>> intellektueel en geestelik onvervul wees daardeur. Mense kan dit nie
>> verstaan nie.
>>
>> E
>>
>> "Max" wrote in message
>> news:40f5219c$0$14941$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Elaine, is jy gelukkig getroud? Is jou man gelukkig getroud?
>>>
>>> As jy op altwee vrae ja antwoord, hoef jy nie die strooi wat mense kwytraak
>>> oor hoe om 'n huwelik te bou, te lees nie. As jy egter ongelukkig is, kyk na
>>> die raad, al volg jy dit nie.
>>>
>>> En jou veral nie so opwerk nie, skattie!
>>>
>>> Max____________________________
>>
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95041 is 'n antwoord op boodskap #94991] Vr, 16 Julie 2004 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
I rest my case.

E

"Max" skryf in boodskap news:40f67924$0$49711$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Nou moet ek sê dat dit vir my ook bietjie raar klink as jy sê dat jou sussie
> lief is vir haar kind, maar nie die hele dag by haar kind wil wees nie...
>
> Kinders kies nie om jou te hê nie, jy kies om hulle te hê.
>
> Max____________________________
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95043 is 'n antwoord op boodskap #94992] Vr, 16 Julie 2004 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit gee die regte boodskap. MOENIE VAN 'N MAN AFHANKLIK RAAK NIE, wees jou
eie mens, maak jou eie geld, volg jou eie belangstellinge, maak jou eie
loopbaan. Jy weet nooit wanneer jou man gatvol vir jou gaan raak of sy werk
gaan verloor of, hemele behoed, iets gaan oorkom nie. Watse use is jy dan
vir jou kind as jy nie 'n inkomste het nie?

My Ousus gee aandag aan haar kind, en spandeer naweke saam met haar. Ek
praat uit eie ondervinding wanneer ek jou sê dat kwaliteit baie beter is as
kwantiteit. My ma was 'n huisvrou, tog het my pa, wat ek net in die aande
en naweke gesien het, 'n groter impak op my lewe gehad. As daar een ding is
wat my pa my geleer is is dit dat die lewe nie om 'n man en kinders draai
nie. Moet nooit afhanklik raak van 'n man nie, moenie jou werk los as jy
kinders het nie, want jou hele lewe sal in duie stort die dag wat hulle uit
die huis uitgaan, ens tot vervelens.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:40f682cd.0@news1.mweb.co.za...
> Hier moet ek met Max saamstem. Kinders maak is willekeurig, nie
> onwillekeurig nie. As jy 'n kind in ongewenste omstandighede verwek en
> inbring, dan is alles wat met daai kind verkeerd loop, jou skuld. Hoe kry
> sit reg om haar beroep voor haar werk te stel? Watter boodskap gee dit vir
> die kind?
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95047 is 'n antwoord op boodskap #95043] Vr, 16 Julie 2004 10:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat my altyd van Suidwester se hele argument tiekel, is dat dit beteken die
die werkende pa gee nie om vir sy kind nie?
--
Groetnis
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:cd8auu$l08$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit gee die regte boodskap. MOENIE VAN 'N MAN AFHANKLIK RAAK NIE, wees jou
> eie mens, maak jou eie geld, volg jou eie belangstellinge, maak jou eie
> loopbaan. Jy weet nooit wanneer jou man gatvol vir jou gaan raak of sy werk
> gaan verloor of, hemele behoed, iets gaan oorkom nie. Watse use is jy dan
> vir jou kind as jy nie 'n inkomste het nie?
>
> My Ousus gee aandag aan haar kind, en spandeer naweke saam met haar. Ek
> praat uit eie ondervinding wanneer ek jou sê dat kwaliteit baie beter is as
> kwantiteit. My ma was 'n huisvrou, tog het my pa, wat ek net in die aande
> en naweke gesien het, 'n groter impak op my lewe gehad. As daar een ding is
> wat my pa my geleer is is dit dat die lewe nie om 'n man en kinders draai
> nie. Moet nooit afhanklik raak van 'n man nie, moenie jou werk los as jy
> kinders het nie, want jou hele lewe sal in duie stort die dag wat hulle uit
> die huis uitgaan, ens tot vervelens.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40f682cd.0@news1.mweb.co.za...
>> Hier moet ek met Max saamstem. Kinders maak is willekeurig, nie
>> onwillekeurig nie. As jy 'n kind in ongewenste omstandighede verwek en
>> inbring, dan is alles wat met daai kind verkeerd loop, jou skuld. Hoe kry
>> sit reg om haar beroep voor haar werk te stel? Watter boodskap gee dit vir
>> die kind?
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95049 is 'n antwoord op boodskap #95043] Vr, 16 Julie 2004 10:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
My suster, jy is te "ek" en "my" en "eie" vir my. Ons het duidelik
verskillende idees oor die huwelik. Gelukkig is ons nie met mekaar getroud
nie, want dit sou nie gehou het nie.

As mens trou, word jy een. As jy eie mens, eie werk, eie geld wil wees/hê,
moet jy eerder nie trou nie... My vrou is afhanklik van my, net soos wat ek
van haar is. Dit pla nie een van ons nie. Sou een wegval, gaan dit vir die
ander een 'n helse slag wees, want ons sal van voor af moet begin.

As jy dink dat jou inkomste die belangrikste is wat jy jou kind kan bied...
Dink weer! Jy praat van kwaliteit vs kwantiteit. Watse kwaliteit aandag kry
jou kind bedags by onderwysers ens? En as jy saans moeg by die huis kom,
watse kwaliteit tyd spandeer jy dan met jou kind?

Jou kop is hard.

Ek stem saam om van jou te verskil...

Max____________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:cd8auu$l08$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit gee die regte boodskap. MOENIE VAN 'N MAN AFHANKLIK RAAK NIE, wees jou
> eie mens, maak jou eie geld, volg jou eie belangstellinge, maak jou eie
> loopbaan. Jy weet nooit wanneer jou man gatvol vir jou gaan raak of sy werk
> gaan verloor of, hemele behoed, iets gaan oorkom nie. Watse use is jy dan
> vir jou kind as jy nie 'n inkomste het nie?
>
> My Ousus gee aandag aan haar kind, en spandeer naweke saam met haar. Ek
> praat uit eie ondervinding wanneer ek jou sê dat kwaliteit baie beter is as
> kwantiteit. My ma was 'n huisvrou, tog het my pa, wat ek net in die aande
> en naweke gesien het, 'n groter impak op my lewe gehad. As daar een ding is
> wat my pa my geleer is is dit dat die lewe nie om 'n man en kinders draai
> nie. Moet nooit afhanklik raak van 'n man nie, moenie jou werk los as jy
> kinders het nie, want jou hele lewe sal in duie stort die dag wat hulle uit
> die huis uitgaan, ens tot vervelens.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:40f682cd.0@news1.mweb.co.za...
>> Hier moet ek met Max saamstem. Kinders maak is willekeurig, nie
>> onwillekeurig nie. As jy 'n kind in ongewenste omstandighede verwek en
>> inbring, dan is alles wat met daai kind verkeerd loop, jou skuld. Hoe kry
>> sit reg om haar beroep voor haar werk te stel? Watter boodskap gee dit vir
>> die kind?
>
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95057 is 'n antwoord op boodskap #95047] Vr, 16 Julie 2004 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy het nogal 'n goeie punt daar beet :))

"Annette" skryf in boodskap news:cd8bpq$n90$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Wat my altyd van Suidwester se hele argument tiekel, is dat dit beteken die
> die werkende pa gee nie om vir sy kind nie?
> --
> Groetnis
> Annette
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95062 is 'n antwoord op boodskap #95049] Vr, 16 Julie 2004 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy verstaan my heeltemal verkeerd. Ek is emosioneel vreeslik afhanklik van
my man. Ek is nie een van daai vrouens wat alles self probeer fix nie. As
my man vir my 'n "battle kan fight" dan gee ek vir hom die swaard. Maar die
harde feite van die lewe is eenvoudig so dat 'n mens nie meer finansieel net
van jou man afhanklik kan wees nie.

Jy kan maar emosioneel afhanklik wees van jou eggenoot, maar moenie
finansieel afhanklik raak nie. Ons leef in moeilike gevaarlike tye. Mans
los hulle vrouens elke dag met minder as niks, more loop my man dalk oor die
straat en word deur 'n kar doodgery of is dalk in 'n ongeluk en kan nie meer
werk nie. Wie gaan vir jou werk gee as jy 20 jaar niks anders as 'n
huisvrou was nie? Hoe gaan jy vir jou kinders sorg? Is dit nie beter om
seker te maak jou kinders kry baie liefde op 'n vol magie, 'n dak oor hulle
kop en die kans om te gaan leer, as die teenoorgestelde nie?

E

"Max" skryf in boodskap news:40f7b598$0$48933$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> My suster, jy is te "ek" en "my" en "eie" vir my. Ons het duidelik
> verskillende idees oor die huwelik. Gelukkig is ons nie met mekaar getroud
> nie, want dit sou nie gehou het nie.
>
> As mens trou, word jy een. As jy eie mens, eie werk, eie geld wil wees/hê,
> moet jy eerder nie trou nie... My vrou is afhanklik van my, net soos wat ek
> van haar is. Dit pla nie een van ons nie. Sou een wegval, gaan dit vir die
> ander een 'n helse slag wees, want ons sal van voor af moet begin.
>
> As jy dink dat jou inkomste die belangrikste is wat jy jou kind kan bied...
> Dink weer! Jy praat van kwaliteit vs kwantiteit. Watse kwaliteit aandag kry
> jou kind bedags by onderwysers ens? En as jy saans moeg by die huis kom,
> watse kwaliteit tyd spandeer jy dan met jou kind?
>
> Jou kop is hard.
>
> Ek stem saam om van jou te verskil...
>
> Max____________________________
Re: Skryf 'n Boek [boodskap #95069 is 'n antwoord op boodskap #95043] Vr, 16 Julie 2004 12:10 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

. As daar een ding is
> wat my pa my geleer is is dit dat die lewe nie om 'n man en kinders draai
> nie. Moet nooit afhanklik raak van 'n man nie, moenie jou werk los as jy
> kinders het nie, want jou hele lewe sal in duie stort die dag wat hulle uit
> die huis uitgaan, ens tot vervelens.

Verskoon my, Elaine, maar ek dink jou pa is
verkeerd. Die hele prentjie wat jy hierbo
skilder is verkeerd. Ek het twaalf jaar "by
die huis gebly" sodat ek my kinders kon
grootmaak, en het eers weer begin werk
toe die jongste skooltoe is. En ek sal nooit
jammer daaroor wees nie. Nie alleen het
my lewe om my man en kinders gedraai
nie, maar die lewe in die dorp waar ons
gebly het, het ook soms om my gedraai, soos
ek en my man 'n William Blake workshop
vir tien jaar georganiseer het. En soos my
kinders in skoolaktiwiteite meer en meer
indruk begin maak het, het ek ook meer
en meer in die lewe van die gemeenskap
gewikkeld geraak. My lewe het nie in
duie gestort toe hulle die huis verlaat het
nie, want dit was 'n natuurlike ontwikkeling
in ons almal se lewens.

Gloudina
Vorige onderwerp: Opsoek na 'n Bollie
Volgende onderwerp: Die Lag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 17:34:00 MGT 2024